'n Pa het sy twee jong kinders van die sesde verdieping van hul woonstel na hul dood gegooi voordat hy self na sy dood gespring het.
Die advokaat Mvuseni Ngubane se lyk is op die agtersitplek van sy Mercedes Benz by sy huis in Pinetown, KwaZulu-Natal gevind.
Betogers en die polisie in Athene het gebots nadat 'n pensioenaris homself buite die Griekse parlement doodgeskiet het.
Die man wat homself en nog drie mans in Centurion doodgeskiet het, het met wapens en ammunisie aan hom na die rampspoedige vergadering gegaan.
‘n 31-jarige vrou van Taiwan het haar eie lewe geneem deur giftige gas in te asem terwyl sy met vriende op Facebook gepraat het.
‘n Senior bestuurder van die Japannese firma Olympus se lyk is in ‘n kinderpark buite sy woonstel naby Nieu-Delhi gevind.
'n Ma en haar twee kinders is buite Eersterivier deur 'n trein doodgery en owerhede vermoed die vrou het selfmoord gepleeg.
’n Man het in vreemde omstandighede selfmoord gepleeg deur ’n dodelike gaskonkoksie in sy motor te meng. Sy lyk is buite Parys in die Vrystaat gekry.
Die afrigter van Wallis se nasionale sokkerspan, Gary Speed, is dood in sy huis gevind waar hy homself opgehang het.
‘n Man het sy meisie doodgeskiet voordat hy selfmoord gepleeg het deur die geweer op homself te draai in Thabong in die Vrystaat.
‘n Franse wiskunde onderwyseres is dood nadat sy petrol oor haar uitgegooi en haarself voor haar leerlinge aan die brand gesteek het.
Vyf Tunisiërs het hulself probeer hang na hulle misluk het in ‘n kompetisie om as onderwysers aangestel te word, berig plaaslike media.
’n Tandarts van Ermelo het met sy motor in 'n vragmotor vasgejaag kort ná hy sy vrou in hulle huis doodgesteek het.
'n Man van Midrand het eers sy vrou doodgeslaan en toe sy twee kinders verwurg voor hy homself opgehang het, het die polisie gesê.
Aanwysings van ’n pastoor wat sê sy het in ’n visioen gesien waar twee vermiste meisies is, is gebruik in 'n soektog in die Oranjerivier.
‘n Hongaarse man van 'n klein dorpie buite Boedapest het sy vriendin, ma en ouma vermoor voordat hy selfmoord gepleeg het.
‘n Verpleër het selfmoord gepleeg by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg, het die Gautengse departement van gesondheid gesê.
Twee Duitse tieners het in ‘n selfmoordpoging hulself aan die brand gesteek en een is dood, terwyl die ander ernstig beseer is.
Die vorige president van Israel se prokureur is bang dat sy kliënt sal selfmoord pleeg as hy gedwing word om sy sewe jaar vonnis uit te dien.
‘n 32-jarige man het sy eie lewe geneem nadat hy sy vrou doodgemaak het, het die polisie in die Oos-Kaap bekend gemaak.
’n Vrou van Trawsfynydd, naby Harlech in noord Wallis het glo haar twee seuns versmoor en toe selfmoord gepleeg net dae voor Kersfees.
‘n Ma met selfmoordneigings het glo probeer om haar twee kinders te vergiftig voordat sy haar eie lewe wou neem, het nooddienspersoneel gesê.
Dit is die media se skuld dat die Gautengse premier, Nomvila Mokonyane, se seun Retlabusa selfmoord gepleeg het, het min. Lindiwe Sisulu gesê.
Volgens die polisie in Suid-Korea het ‘n 15-jarige seun selfmoord gepleeg nadat hy sy ma vermoor het tydens ‘n geveg oor aanlynspeletjies.
Nuwe statistiek toon dat twee keer soveel Duitsers selfmoord pleeg as wat in motorongelukke sterf, het kenners aangekondig.
'n Restaurateur wat op die bekende sjef Gordon Ramsay se 'Kitchen Nightmares' verskyn het, het selfmoord gepleeg.
‘n Student van Johannesburg en haar babadogtertjie is dood nadat sy met die kind aan haar rug vasgemaak by ‘n gebou afgespring het.
‘n Jong sokkergeesdriftige in Haïti het selfmoord gepleeg nadat die Brasiliaanse sokkerspan uit die Wêreldbeker-sokkertoernooi geskop is.
Tom Nicon, 'n 22-jarige Franse model en gesig van Louis Vuitton, Hugo Boss en Versace, is dood ná hy meters ver uit sy woonstel gespring het.
’n Seun (17) is dood toe hy glo deur ’n venster van die Arwyp- private hospitaal in Kempton Park aan die Oos-Rand gespring het.
Volgens Taiwan se departement van gesondheid pleeg daar gemiddeld elke twee uur iemand selfmoord op dié eiland met meer as 4 000 gevalle per jaar.
‘n Man (28) van Tweefontein Village in Mpumalanga het eers sy eks-meisie en toe homself doodgeskiet met sy pa se geweer.
Die hoof van 'n reuse elektroniese maatskappy het sy die aanleg in China oopgemaak vir die media nadat die 10de werker selfmoord gepleeg het.
Die gewese Springbokrugbyspeler Bolla Conradie moes die liggaam van sy pa, Johannes, gaan uitken nadat hy van 'n brug gespring het.
Die lyk van ‘n student is na bewering op die oos-kampus van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) in Braamfontein gevind.
’n Sakeman het selfmoord gepleeg toe die Valke op sy huis toeslaan weens beweerde belastingbedrog van sowat R60 miljoen.
Die man van Namibië was glo nie alleen in die voertuig toe hy homself met 'n haelgeweer geskiet het ná hy in 'n ongeluk betrokke was nie.
’n Polisieman van Kaapstad het homself geskiet ná hy in ’n motorongeluk betrokke was, het polisie in die Wes-Kaap gesê.
Die bekende Britse mode-ontwerper Alexander McQueen se lyk is in sy huis gevind ná hy glo selfmoord gepleeg het.
‘n Jong vrou wat uit ‘n venster gespring het, het die voorval oorleef maar in die proses ‘n bejaarde vrou doodgeval.
’n Polisieman het glo sy vervreemde vrou doodgeskiet en daarna sy suster gevra om soos “ ’n ma vir sy kind te sorg”.
Die polisieman wat homself met sy dienspistool geskiet het, was ontsteld oor 'n driejarige meisietjie wat in ’n toilet vermoor is.
Die lyk van ’n 18-jarige weeskind van Evander is gevind nadat hy hom met ’n elektriese koord aan ’n boom gehang het.
’n Man is in 'n kritieke toestand ná hy vermoedelik selfmoord probeer pleeg het deur by die Groot Gat af te spring.
‘n Australiese vrou wat kaal tot haar dood gespring het, het aan intense psigose gely wat deur ‘n selfhelpkurus veroorsaak is.
Vir die familie en vriende van die veteraan-joernalis, Chris Louw, is dit 'n tergende raaisel oor waar hy aan die AK47 gekom het.
Die vinnige optrede van ‘n groep natuurbewaarders in Camperdown het ‘n vrou se lewe gered wat selfmoord wou pleeg.
Die pa van ‘n seun wat beweer dat hy seksueel gemolesteer is deur Michael Jackson het homself in die kop geskiet.
‘n Paartjie is dood, nadat ‘n verkeerskonstabel glo eers sy vriendin geskiet het, en toe sy dienspistool op homself gerig het.
‘n Seun is aangekla nadat hy tamatiesous op sy arms gesit het en ‘n selfmoordpoging vervals en op die internet uitgesaai het.
'n Man het sy twee kinders en daarna homself by sy huis in Mondeor doodgeskiet, het nooddienste in Johannesburg gesê.
'n Suid-Koreaanse man wat die afgelope jaar glo geld by 'n casino verloor het, het by die casino selfmoord gepleeg, het die polisie gesê.
‘n Man het sy tienerjarige meisie doodgeskiet, waarna hy die geweer op homself gedraai het, het die polisie in Noordwes gesê.
'n Tienermeisie van Heidedal, Bloemfontein, het 'n boodskap op haar nuwe selfoon gelos voordat sy selfmoord gepleeg het.
Die bestuurder van ‘n wildplaas in Limpopo, wat van renosterstropery verdink word, het homself by sy huis in die Atherstone-reservaat doodgeskiet.
Die tegnologiereus Apple het uiteindelik onder die druk geswig om onafhanklike inspeksies by sy produksie-aanlegte toe te laat.
'n Polisieman het sy vrou buite 'n winkelsentrum in Port Shepstone doodgeskiet, voordat hy homself om die lewe gebring het.
‘n Paartjie het doodgebrand toe hul sinkhuis aan die brand geslaan het in Ha-Mutsha naby Thohoyandou in Limpopo, het die polisie gesê.
Die Zimbabwiese politikus Justine Chiota het sy vrou na bewering doodgeskiet voordat hy selfmoord gepleeg het by sy huis in Morningside, Johannesburg.
‘n Polisiebeampte van Mpumalanga het sy meisie doodgeskiet voor hy die geweer op homself gedraai het, het die polisie gesê.
Meer as ‘n honderd soldate in die Russiese weermag het sedert die begin van die jaar selfmoord gepleeg, het ‘n amptenaar gesê.
Die Oos-Randse vrou wat daarvan beskuldig is dat sy haar bure se lewe die afgelope ses jaar hel gemaak het, het haar in haar motor vergas.
’n Pa van Centurion het sy twee blonde kleuters in sy motor vergas voordat hy hul lykies in hul beddens gaan terugsit het.
'n Ouma in Pole het na bewering haar twee gestremde kleinkinders geskiet voordat sy haarself om die lewe gebring het.
Die liggaam van 'n Olimpiese skiër is in ‘n afgeleë kloof tussen Salt Lake City en Park City in die Amerikaanse staat Utah gevind.
Die atleet Maxim Narozhny, wat 'n medalje by die Paralimpiese Spele in Beijing gewen het, is dood nadat hy vermoedelik van 'n balkon gespring het.
'n KwaZulu-Natalse polisiebeampte het sy meisie vier keer geskiet en daarna sy eie lewe geneem, het die SABC berig.
Die lyke van ‘n man en vrou is in hulle huis in Protea Glen-uitbreiding14 in Soweto gevind, het die polisie in Gauteng gesê.
Die verdagte in ‘n moordsaak se lyk is gevind waar dit aan ‘n boom naby Mmabatho gehang het, het die polisie in Noordwes gesê.
Die broer van die skatryk sakeman en weldoener, Rob Taylor, wat vanaf Tafelberg na sy dood gespring het, het sy lyk uitgeken.
Verkeer op die N1-suid naby Maraisburg was erg opgehoop nadat ‘n man probeer het om selfmoord te pleeg deur van ‘n brug te spring.
Die lyk van prof. Jean Prieur du Plessis (64), ’n Stellenbosse navorser, is Vrydagoggend in die swembad by sy huis aangetref.
'n Man is in die middel van die N1 in Kaapstad dood nadat hy van die R300 oorpad bo die snelweg gespring het.
‘n Vrou het met haar baba by die vyfde verdieping van ‘n gebou afgespring, het die Johannesburgse nooddienste gesê.
Die polisie het bevestig dat Pieter Boshoff, stigter van Missing Children SA, Vrydagmiddag selfmoord gepleeg het.
‘n Man is per helikopter na die hospitaal vervoer nadat hy homself glo in sy motor by die O.R. Tambo-lughawe geskiet het.
‘n 43-jarige polisieman van Limpopo, wat sowat ‘n maand gelede vermis geraak het, is dood gevind, het die polisie gesê.
‘n Gewilde Suid-Koreaanse akteur en sanger is dood by sy huis aangetref ná ‘n beweerde selfmoord, het polisie gesê.
‘n Man is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal, maar lewendig nadat hy homself probeer skiet het en toe deur ‘n vragmotor raakgery is.
’n Bejaarde man van Roodepoort aan die Wes-Rand het die naweek 80% brandwonde opgedoen toe hy vermoedelik selfmoord wou pleeg.
Romeo Mbambo, voormalige huurmoordenaar vir die IFP, se vrou is dood in hul badkamer gekry waar sy haarself gehang het.
‘n Vierjarige meisie het oorleef nadat haar ma selfmoord gepleeg het deur met haar kind in haar arms 16 verdiepings ver te spring.
Noemi Lenoir, die supermodel van Marks & Spencer, is bewusteloos gevind nadat sy probeer het om selfmoord te pleeg.
Die voormalige bokskampioen Edwin Valero het homself in sy tronksel opgehang ná hy in hegtenis geneem is vir die moord op sy vrou.
‘n Tiener (19) van Delft wat van sy broer se dood verdink word sal vandag in die landdroshof in Bellville verskyn.
’n Werknemer het by Sasol se Secunda-aanleg selfmoord gepleeg deur hom te versmoor met ’n plastieksak waarin stikstof was.
Marie Osmond se 18-jarige seun Michael Blosil, is dood, het sy Saterdag aangekondig.
Selfmoordnette van ses meter breed word glo binnekort onder die Golden Gate-brug in San Francisco aangebring.
Die vrou wat aangekla is dat sy 'n pianis van die Strand vermoor en haar lyk in ‘n tas versteek het, het glo selfmoord gepleeg.
‘n 23-jarige vrou wat in hegtenis geneem is vir die moord op haar baba het selfmoord gepleeg in ‘n tronksel in Bethulie.
‘n Toegewyde ma in Engeland het haar sieklike dogter glo gehelp om selfmoord te pleeg deur haar ‘n oordosis morfien te gee.
Colin Dettmer, ’n krieketafrigter van die Universiteit van Pretoria (UP), het vermoedelik selfmoord gepleeg.
Die Franse rockster en moordenaar Bertrand Cantat is deur die polisie ondervra nadat sy voormalige vrou glo selfmoord gepleeg het.
‘n Vyfjarige seun het gesterf toe hy homself per abuis met ‘n das by sy ouerhuis in Northdale gehang, het paramedici gesê.
’n Brandweerman kon ’n 14-jarige meisie oortuig om nie van die derde verdieping van die Tshwane-distrikshospitaal te spring nie.
Polisie in Hong Kong is op soek na ‘n internetgebruiker wat glo tieners aangemoedig het om massa-selfmoord te pleeg.
Die man wie selfmoord gepleeg het omdat hy nie ‘n identiteitsdokument kon kry nie, se gesin sal nou 'n huis van die regering kry.
Robert Enke, ster-doelwagter van Duitsland se sokkerspan, het selfmoord gepleeg deur voor ‘n trein in te spring.
Die visepresident van UPS het glo selfmoord gepleeg nadat hy verdink is van die verkragting van ‘n 21-jarige student.
Een van Suid-Afrika se top-fotojoernaliste is in sy huis in Woodstock gevind nadat hy glo selfmoord gepleeg het.