Verskeie bote is verwoes nadat magte van die Europese Unie (EU) die eerste klopjag op seerowerbasisse in Somalie uitgevoer het.
Twee gyselaars is dood ná ‘n Deense oorlogskip ‘n vragskip onderskep het wat deur seerowers op die Somaliese kus gekaap is.
Die vloot gaan sy patrollies teen seerowery aan die ooskus van Afrika uitbrei nadat 'n memorandum van verstandhouding onderteken is.
Turkse kommando's het 'n veerboot aan die see van Marmara bestorm en 'n seerower doodgeskiet. Die 24 gyselaars wat aan boord was, is ongedeerd.
Argeoloë het ‘n kanon van die wrak van die seerower Blackbeard se legendariese skip naby die kus van Noord-Carolina gelig.
Somaliese seerowers wat verlede jaar ‘n Suid-Afrikaanse paartjie ontvoer het, het ‘n losprys van R33 miljoen van die familie geëis.
Slegs in die eerste ses maande van die jaar is daar reeds 266 seeroweraanvalle aangemeld – 70 meer as in dieselfde tydperk verlede jaar.
‘n Deense oorlogskip het 'n seerowerskip in Somaliese water aangeval, vier seerowers doodgeskiet en 16 Iranse gyselaars aan boord gered.
Skepe wat maklik deur seerowers geteiken word, sal moontlik hulself in die toekoms met ‘n kragtige laserstraal kan beskerm.
Die Duitse eienaar van ‘n vragskip wat met 12 bemanningslede aan boord in die Indiese Oseaan gekaap is, sê die skip is vrygelaat.
'n Iranse nuusagentskap sê kommando's van die Iranse weermag het losgebrand op vermeende Somaliese seerowers wat 'n supertenker wou kaap.
Die Indiese vloot het 61 Somaliese seerowerverdagtes gevang en 13 vissermanne gered ná ‘n skietgeveg met ‘n skip in die Arabiese See.
‘n Matroos van Suid-Korea wat onlangs deur Somaliese seerowers vrygelaat is, het van sy hotelkamer se balkon geval en gesterf.
‘n Griekse supertenkskip, die Irene SL, wat deur seerowers gekaap is, is besig om in die rigting van die Somaliese kusdorp Garaad te beweeg.
Die Somaliese seerowers wat ‘n Suid-Koreaanse vragskip gekaap het, sal na hul inhegtenisneming deur Suid-Koreaanse owerhede verhoor word.
Somaliese seerowers sê hulle sal ‘n “voorbeeld” van hul Suid-Afrikaanse gyselaars maak as ‘n R70 miljoen-losprys nie betaal word nie.
Suid-Koreaanse maritieme kommandos het agt seerowers doodgeskiet in ‘n poging om 21 bemanningslede aan boord die Samho Jewelry te red.
‘n Rekordaantal gyselaars is in 2010 deur seerowers aangehou, ondanks hernude pogings om seerowery hok te slaan.
Somaliese seerowers het ‘n Griekse vragskip gekaap nadat hulle die vorige dag ‘n tenkskip vrygelaat het, het die EU se vlootmag gesê.
Maritieme rowers kos die wêreldekonomie tussen R48 miljard en R82 miljard ‘n jaar ondanks verskerpte kuspatrollies.
Vermeende Somaliese seerowers het 'n vragskip naby Oman gekaap. Daar was sowat 27 bemanningslede aanboord.
Somaliese seerowers het ‘n Somaliese skip, Al Nisr al Saudi, vrygelaat nadat hulle ‘n onbekende bedrag geld ontvang het.
Maleisië probeer die vrylating van ‘n Maleisiese vragskip en sy 23 bemanningslede verseker ná die skip deur Somaliese seerowers gekaap is.
‘n Maleisiese skip met ‘n bemanning van 23 aanboord, is in die Indiese Oseaan deur Somaliese seerowers gekaap.
Somaliese seerowers het glo op ‘n skip in die Indiese Oseaan toegesak en hou die 23 bemanningslede gyselaar.
Die Nederlandse vloot het 20 mense in hegtenis geneem wat vermoedelik betrokke was in die aanval op 'n Suid-Afrikaanse seiljag.
Sewe vissermanne van die Seychelles wat deur Somaliese seerowers gevange geneem is, is gered en hulle aanvallers is in hegtenis geneem.
Al sou dit sy dood beteken, het die Suid-Afrikaanse seiljagvaarder homself voorgeneem om sy boot met seerowers en al te sink.
Paul en Rachel Chandler, wat deur Somaliese seerowers gyselaar gehou is, het nou eers gehoor Paul se pa is in Julie oorlede.
AFP berig dat sewe buitelanders - twee van Indonesië - op 'n olieboor aan die kus van Nigerië tydens 'n aanval gyselaar geneem is.
Die departement van internasionale betrekkinge probeer vasstel of twee mense wat in Somalië ontvoer is, Suid-Afrikaners is.
'n Singapoerse tenkskip met 17 bemanningslede is langs die Keniaanse kus deur seerowers gekaap, het die skeepsowerheid gesê.
Somaliese seerowers voer al meer aanvalle uit en is verantwoordelik vir 44% van die aanvalle in die eerste nege maande van 2010.
Somaliese seerowers het glo ‘n vragskip wat na Suid-Afrika onderweg was langs die kus van Tanzanië gekaap, sê owerhede.
Die Griekse vragskip met 12 Oekraïniese bemanningslede, wat glo deur seerowers aangeval en gekaap is, is vrygelaat.
Somaliese seerowers het Donderdag 'n Turkse vragskap wat hul vier maande gelede gekaap het, verlaat, het 'n prokureur gesê.
’n Nederlandse duikboot vertrek binnekort van die vlootbasis Den Helder na die Golf van Aden om seerowery te help bestry.
Somaliese sekuriteitsbeamptes het ‘n gekaapte vragskip oorval en die seerowers aangeval nadat hulle die skip se kaptein doodgeskiet het.
Ses Somaliese seerowers is met die doodstraf gevonnis nadat hulle ‘n olie-tenker gekaap het en twee bemanningslede vermoor het.
‘n Groep Somaliese seerowers wat deur die Russiese vloot gevang en weer vrygelaat is, is waarskynlik dood, het die Russiese media gesê.
‘n Russiese oorlogskip het die 23 bemanningslede van ‘n olietenker wat ‘n dag gelede deur seerowers gekaap is, bevry.
'n Islamitiese milisie het een van Somalië se gewildste areas vir seerowers oorgeneem en gesê dat hulle seerowery in dié area gaan stop.
Die Turkse vloot het 12 vermeende seerowers in die Indiese Oseaan in hegtenis geneem en twee moontlike aanvalle op skepe gekeer.
'n Turkse vragskip wat drie dae gelede deur seerowers gekaap is, is verlate deur Somaliese seerowers agtergelaat.
Somaliese seerowers het na bewering twee Taiwannese vissersbote aangeval en een van hulle gekaap, het owerhede gesê.
‘n Kuswag-boot van Seychelle het ‘n aanval deur Somaliese seerowers afgeweer en sodoende twee van hul bote vernietig.
Die EU se vlootmagte het berig dat private sekuriteitswagte aan boord ‘n vragskip ‘n seerower doodgeskiet het tydens ‘n aanval.
'n Hof in Puntland het 22 seerowers wat sê hulle is doodgewone vissermanne tot ses jaar tronkstraf gevonnis, het 'n beampte gesê.
Somaliese seerowers het glo ‘n vragskip en sy 14 bemanningslede in die Golf van Aden gekaap, sê ‘n Keniaanse seevaart amptenare.
Drie bemanningslede is dood op 'n vissersboot gevind nadat 'n losprysgeld betaal is en Somaliese seerowers die boot vrygelaat het.
'n Griekse olietenkskip met sowat 'n miljoen vate ruolie aanboord, is deur seerowers in die Arabiese See gekaap.
Die familie van 'n Durbanse paartjie wat meer as 'n jaar gelede deur seerowers gyselaar geneem is, het die hulp van die publiek ingeroep.
’n Weermagspan se ontsetting van noodwerkers uit die hande van seerowers het bittersoet hoop gebring vir die familie van twee Suid-Afrikaners.
Die 25 gyselaars wat deur Somaliese seerowers aangehou is sedert die skip op 1 Januarie gekaap is, is vrygelaat, het Algerië gesê.
Twee Somaliese seerowers is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir hulle aandeel in die moord op twee Amerikaanse paartjies.
‘n Keniaanse man is aangekla van die ontvoering van die Britse toeris Judith Tebbutt by ‘n strandoord in Kenia en die moord op haar man.
Gewapende mans het ‘n Griekse olietenkskip naby die Nigeriese kus gekaap en hou die 20 personeellede wat aan boord was as gyselaars aan.
Andrew Mwangura, wat met die seerowers wat ‘n Suid-Afrikaanse paartjie ontvoer het onderhandel, glo dié paartjie is steeds lewendig.
Die geld wat geëis word vir die vrylating van ‘n Durbanse paartjie wat deur Somaliese seerowers ontvoer is, is met die helfte verminder.
Somaliese seerowers het gesê ‘n losprys van $5 miljoen (sowat R33,4 miljoen) is aan hulle betaal om ‘n vragskip van Thailand vry te laat.
Nederlandse vlootsoldate het twee Somaliese seerowers doodgeskiet en talle beseer tydens ‘n geveg in ‘n poging om ‘n vissersboot te bevry.
Onderhandelinge was nog onderweg om vier Amerikaanse gyselaars op ‘n gekaapte seiljag te bevry toe die koeëls begin vlieg het.
'n Deense skip wat die Golf van Aden patrolleer het 16 vermeende Somaliese seerowers aangekeer op 'n gekaapte vissersboot van Jemen.
‘n Reddingspoging na ‘n kaping van ‘n Duitse skip deur Somaliese seerowers naby die Seychelle het misluk en een bemanningslid is dood.
Die kapers van die twee Suid-Afrikaners wat verlede jaar in Somalië ontvoer is, het hul families gekontak met hul eis van R70 miljoen as losprys.
Die jongste tegnologie beskikbaar het die Suid-Koreaanse vloot gehelp om die bemanningslede van ‘n skip te red na Somaliese seerowers hulle gekaap het.
Somaliese wetgewers skaaf steeds aan ‘n wet om seerowery onwettig te maak na sommige parlementslede hulle helde genoem het.
Seerowers aan die Somaliese kus het ‘n Griekse vragskip gekaap na die vrylating van ‘n ander Griekse skip na ses maande van gyselaarskap.
Maritieme owerhede vrees bemanningslede aan boord ‘n Deense vragskip is deur Somaliese seerowers in die Golf van Aden ontvoer.
Somaliese seerowers het ‘n Indiese vaartuig, waarop 14 vissermanne was, aan die kus van Oman gekaap, het ‘n Indiese vlootbeampte gesê.
'n Skip wat deur ‘n Japannese skeepmaatskappy bestuur word, is aan die Somaliese kus aangeval, het ‘n beampte van die Japanse regering gesê.
Die vyf Somaliese seerowers wat glo twee Suid-Afrikaners in die Seychelles gekaap het, sal in Nederland verhoor word.
Daar is steeds geen teken van die Durbanse paartjie wat sowat drie weke gelede deur Somaliese seerowers gyselaar geneem is nie.
'n Somaliese man is tot 30 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig gepleit het oor sy aandeel in die aanval op 'n vlootskip in April.
Seerowery aan die kus van Afrika is een van die redes waarom plesiervaarte nie teen dieselfde spoed in dié streek as elders posvat nie.
Tien Somaliërs verskyn voor ’n hof in Hamburg in die eerste seerowersaak in Duitsland sedert die Middeleeue.
'n Sakeman sê hy was in gevaarlike samesprekings om 'n Britse paartjie te help bevry omdat hy bang was dat hul dood Somalië se beeld sou skaad.
‘n Rap-video wat deur Somaliërs saamgestel is, het ongeveer R1,6 miljoen ingesamel om by te dra tot die vrylating van Paul en Rachel Chandler.
Britse leier David Cameron het die vrylating van Paul en Rachel Chandler deur Somaliese seerowers na meer as 'n jaar in aanhouding toegejuig.
Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het bevestig dat die twee mense wat in Somalië ontvoer is, Suid-Afrikaners is.
Die Deense vloot het beslag gelê op wapens en brandstof van 'n seerowerskip aan die kus van Somalië en dit toe aan die brand gesteek.
Somaliese seerowers het hul aanvalle op skepe ver van hul kuslyn verskerp en vanjaar selfs ’n tenkskip in die Rooisee gekaap.
Seerowers het ‘n Taiwannese vissersboot met 14 bemanningslede aan boord gekaap in 'n aanval wat baie ver suid plaasgevind het.
‘n Hof in Somalië se wegbreekstaat, Puntland, het die leier van ‘n seerower-kring, wat ‘n Pakistanse burger is tot die dood gevonnis.
Die Duitse vragskip, Magellan Star, is vrygelaat ná ‘n skietstilstand tussen seerowers en die vloot, het die eienaar van die skip gesê.
China sê 'n Singapoerse skip met 19 Chinese bemanning is deur seerowers in die Golf van Aden gekaap.
Vyf seerowers is elk tot vyf jaar lange tronkstraf gevonnis in Nederland in die eerste hofsaak van sy soort in Europa.
‘n Somaliese man het in ‘n Amerikaanse hof skuld erken nadat hy mense gekaap, ontvoer en as gyselaar aangehou het.
Die kaptein en hoof-ingenieur van ‘n Russiese vragskip is vermis nadat gewapende mans die skip in Kameroen aangeval het.
Seerowers het outomatiese wapens en granate gevuur en ‘n Duitse chemiese tenkskip met 22 bemanningslede aan boord gekaap.
‘n Russiese oorlogskip is onderweg na ‘n olietenker langs die kus van Oos-Afrika om in te gryp nadat dié tenker gekaap is.
Elf vermeende Somaliese seerowers, wat skuldig bevind is in afsonderlike aanvalle op twee vlootskepe, gaan voor ‘n landdros in die VSA verskyn.
Seerowers in Somalië het ‘n vragskip wes van die Seychelles gekaap. Dit is nog nie bekend hoeveel bemanningslede aan boord is nie.
'n Olietenker van Suid-Korea met 24 bemanningslede aan boord is Sondag vermoedelik deur seerowers langs die Somaliese kus gekaap.
Seerowers het twee seemanne van Wes-Afrika vrygelaat nadat hulle die afgelope naweek aan die kus van Kameroen gevang is.
Die EU se vlootmagte het gesê dat hulle ses Somaliërs vrygelaat het wat daarvan verdink word dat hulle ‘n skip wou kaap.
Seerowers van Somalië het glo ‘n Turkse skip met 21 bemanningslede aan boord gekaap, het die Europese Unie se vlootmag gesê.
Seerowers het ‘n Noorweegse boot aan die kus van Madagaskar gekaap en neem dit nou in die rigting van Somalië, het die boot se eienaar gesê.
‘n Somaliese hof het Sondag elf seerowers elkeen met tronkstraf van 15 jaar gevonnis nadat hulle 'n boot wou kaap.
Seerowers het die Griekse supertenkskip, die Maran Centaurus, en sy bemanning vir 'n rekordbedrag van R37 miljoen vrygelaat.