Helen Zille, DA-leier, het in 'n televisie-onderhoud teen Cosatu uitgevaar oor gewelddadige botsings tussen groepe betogers in Johannesburg.
Die ANC oorweeg dit om "eenhede" by tersiêre instellings en werksplekke op die been te bring om nuwe lewe in sy tak-strukture te blaas.
Duitsland beskou SA as 'n swaargewig op die Afrika-vasteland en is vasbeslote om ekonomiese betrekkinge met die land te versterk.
Pule Mabe, tesourier-generaal van die ANC se jeugliga (ANCYL), het die trekpas gekry, het die openbare uitsaaier pas berig.
Die presidensie het gesê die Suid-Afrikaanse adjunk-president, Kgalema Motlanthe, sal volgende week na Duitsland en Finland reis.
Die ANC-jeugliga sal oor die naweek ‘n nasionale uitvoerende komiteevergadering hou om die party se toekoms te bespreek.
Die ANC het gesê hy is nie bewus dat sy voormalige woordvoerder, Carl Niehaus, moontlik weer ‘n pos in die party gaan beklee nie.
Carl Niehaus, gewese beeldpoetser vir die ANC, dink die regerende party gaan hom ‘n nuwe posisie binne die hooggeplaasde range aanbied.
Cosatu en die SAKP span nie saam teen sy alliansie-vennoot die ANC nie, het Sdumo Dlamini, president van Cosatu, gesê.
Politieke partye het Vryheidsdag gebruik om op beide die positiewe en negatiewe aspekte van 18 jaar van demokrasie in die land te wys.
Julius Malema is benoem tot die presidium van die Internasionale Unie van Sosialistiese Jeug, maar is "te besig" om daarop te dien.
Julius Malema, geskorste president van die ANC-jeugliga, het gesê niemand kan hom keer om jeugliga-lede by sy huis toe te spreek nie.
Vandag is die sperdatum vir Julius Malema om geskrewe betoë in te dien in sy appèl teen sy skorsing uit die regerende party.
Pres. Jacob Zuma het sy goeie wense aan prinses Anne van Brittanje oorgedra wat SA besoek as deel van koningin Elizabeth II se jubileumjaar.
Die DA het die ANC daarvan aangekla dat hy blomme-versierings by ‘n park in Durban gebruik het om die regerende party te bevorder.
Interne struwelinge en faksiegevegte oor mag verteer die ANC en lei kaders se fokus van Suid-Afrikaners se werklike behoeftes af.
Mathews Phosa, die ANC se tesourier-generaal, het tjoepstil op die verhoog gesit terwyl Julius Malema vir pres. Jacob Zuma aangeval het.
Landsburgers moet ophou om te betoog en liefs hul probleme onder die regte mense se aandag bring, het adv. Thuli Madonsela gesê.
Cosatu is ontstoke oor 'n hofbevinding dat dokumentasie rakende 'n besluit in 2009 om pres. Zuma nie te vervolg nie, vrygestel moet word.
Die ANC sal alles doen om transformasie van die regbank te versnel, het Mathole Motshekga, ANC-hoofsweep, gesê.
In ’n toespraak waarin pres. Jacob Zuma indirek gekritiseer is, het Julius Malema ’n skare van 5 000 mense op hul voete gehad.
Die ANC is nie daar om individuele belange te dien nie, het dié party se KwaZulu-Natalse voorsitter, Zweli Mkhize, in Durban gesê.
Die DA wil soveel as moontlik munisipaliteite in KwaZulu-Natal wen met die oog op die nasionale verkiesing in 2014, het Helen Zille gesê.
SA het die Nigeriese regering om verskoning gevra nadat ’n diplomatieke storm oor die deportasie van 125 Nigeriërs losgebars het.
Pule Mabe, tesourier-generaal van die ANC se jeugliga, ontken bewerings dat hy die leisels by Julius Malema wil oorneem.
Elke kieser wat in 2014 vir sterk opposisiepartye stem, sal help keer dat die ANC die Grondwet verander op die skaal wat hy beplan.
Die ANC wil provinsiale grense skuif, en wil die Grondwet wysig sodat hulle dit nie op die huidige voorgeskrewe manier hoef te doen nie.
Julius Malema sal aanbly in sy posisie as leier van die ANC se jeugliga – selfs al is hy uit die ANC geskors, het die ANCYL gesê.
Julius Malema, geskorste president van die ANC-jeugliga, het in Limpopo by 'n konferensie van die ANC se vroueliga 'n helde-ontvangs gekry.
Die ANC wil hê die DA-beheerde Wes-Kaapse regering moet met sy begroting bewys hy is inderdaad die armes goedgesind.
Skote is buite Julius Malema se huis in Seshego, Limpopo, afgevuur nadat die ANC aangekondig het dat hy uit die party geskors is.
Die ANC sal na verwagting ‘n aankondiging maak oor die toekoms van die geskorste leier van die party se jeugliga, Julius Malema.
Ingeligtes het bewerings dat Helen Zille, DA-leier, Mamphela Ramphele as haar opvolger in die oog het, as ongegronde bespiegeling verwerp.
Die ANC het in die debat oor die openingsrede van die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, die raskaart gereeld uit die mou gepluk.
Die nasionalisering van myne sal ’n enorme ekonomiese ramp vir Suid-Afrika en ál sy inwoners wees, lui 'n navorsingsverslag.
Die Wes-Kaapse regering se prioriteit is om die regte toestande vir inklusiewe ekonomiese groei en werkskepping te skep, het Helen Zille gesê.
Suid-Afrika is die enigste land ter wêreld wat ’n toegewyde program vir die uitroei van korrupsie het, meen pres. Jacob Zuma.
’n Tweestryd om die beheer van misdaadintelligensie woed tussen twee van die land se top-polisiemanne, Richard Mdluli en Bheki Cele.
Julius Malema het die geloofwaardigheid van die regerende party se navorsing oor die nasionalisering van myne bevraagteken.
Die parlement het R6 miljoen begroot vir vandeesweek se parlementsopening en die onthaal ná pres. Jacob Zuma se staatsrede.
Politieke ontleders sê die bekragtiging van die skorsing van Julius Malema het sy politieke loopbaan groot skade berokken.
Die regering doen te min om werk te skep en armoede te verlig, het adj.pres. Kgalema Motlanthe in Oudtshoorn erken.
Die DA gaan probeer om die hegte samewerking wat verlede jaar rondom Swart Dinsdag ontstaan het, vanjaar in die parlement uit te brei.
Die DA-LP Masizole Mnqasela sal onskuldig pleit op ses aanklagte van wangedrag wat die party teen hom ingedien het.
Druk neem toe op die ANC om Cassel Mathale as premier van Limpopo te vervang weens dié provinsie se kontantvloeikrisis.
Die stryd om die DA se leiersposisie in Gauteng stuur af op ’n taai wedloop waarin gerugte oor rassepolitiek en inmenging reeds dik loop.
Die leidende internasionale nuustydskrif Time se nuutste uitgawe bevat ’n skerp kritiese artikel oor die ANC se regeringsrekord.
Pres. Jacob Zuma het pas in New York geland en sal die geleentheid gebruik om samewerking tussen die VN en die AU te bewerkstellig.
Die voormalige Cope-woordvoerder en LP Phillip Dexter het weer by die ANC aangesluit ná hy laasgenoemde party vroeër skerp gekritiseer het.
Die regering het sedert Mei 2009 meer as R220 miljoen bestee om luukse-wonings vir ministers en adjunkministers aan te skaf en op te knap.
Die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting is niks meer as 'n poging om 'n kriminele staat te fasiliteer nie, het 'n DA-LP gesê.
SA se demokrasie is in ‘n krisis as gevolg van leiers wat die land bestuur om misdaad-sindikate se belange te dien, het Frank Chikane gesê.
Die ANCYL se nasionale uitvoerende komitee het die naweek besluit om die ANC se skorsing van drie van die liga se leiers, te verwerp.
Helen Zille, leier van die DA, ontken berigte dat sy probeer het om Zwelinzima Vavi, sekretaris-generaal van Cosatu, vir haar party te werf.
Zwelinzima Vavi, hoof van Cosatu, beweer dat die DA-leier Helen Zille hom "lastig geval het" om by haar party aan te sluit.
Die ANC se jeugliga (ANCYL) sal die naweek ‘n nasionale uitvoerende komitee (NUK) hou om oor die liga se toekoms te besluit.
Die KwaZulu-Natalse LUR se gemeenskapsveiligheid en -skakeling het die moord op twee leiers van die Nasionale Vryheidsparty(NVP) veroordeel.
Pensioengeld en spaargeld word al hoe meer gesien as ‘n finansieringsbron vir die grootskaalse ontwikkeling aan infrastruktuur.
Pres. Jacob Zuma het by 'n Werkersdag-byeenkoms in die Vrystaat 'n beroep op eenheid binne die drieparty-alliansie gedoen.
Die tyd raak min vir Julius Malema en sy medebeskuldigdes om in die hof te reageer op die lastereis wat Helen Zille teen hulle ingedien het.
Julius Malema, geskorste president van die ANC-jeugliga, het 'n uitdaging gestel aan diegene in die regerende party wat hom teenstaan.
Demokrasie is veronderstel om die lewens van Suid-Afrikaners te verbeter, het Mbhazima Shilowa, voormalige onderleier van Cope, gesê.
Julius Malema se appèl teen sy tydelike skorsing het misluk, het die Nasionale Tugkomitee (NTK) pas bekendgemaak.
Die ANCYL sal 'n spesiale vergadering van sy Nasionale Algemene Raad belê om die uitdagings te bespreek wat Julius Malema in die gesig staar.
Leiers van die ANC kan in die toekoms deur 'n keurings- en siftingsproses gaan voordat hulle in senior posisies verkies kan word.
Dissipline, in beide die private en politieke sfeer, is nodig as Suid-Afrika vooruitgang wil maak, het Mathews Phosa gesê.
Luidens die Afrobarometer-meningspeiling dink 40% van Suid-Afrikaners dat LP’s en raadslede korrup is, het The Star berig.
Die huidige leierskap van die ANC het dié organisasie se nalatenskap verraai, het die akademikus Mamphela Ramphele gesê.
Cassel Mathale, premier van Limpopo, het sy "liefde" vir pres. Jacob Zuma uitgespreek tydens 'n Menseregtedag-viering naby Polokwane.
Die appèlhof het beslis die DA mag dokumente sien oor 'n besluit in 2009 om aanklagte teen pres. Zuma te laat vaar.
Vertrouelinge van adj.pres. Kgalema Motlanthe het laat blyk hy sal wel beskikbaar wees om Jacob Zuma om die ANC-leierskap te kan uitdaag.
Dis die ANC-regering wat die land in die steek gelaat het, en nie die Grondwet nie, het die DA se parlementêre leier gesê.
Ondersteuners van Julius Malema het sowat 50 van sy teenstanders uit die saal gegooi waar hulle ure lank op hom gewag het.
Dit gons in die ANC nadat ’n paragraaf in die party se konsepbeleid oor strategie en taktiek skielik oornag uit die dokument verdwyn het.
Julius Malema, omstrede leier van die ANC se jeugliga, het bevestig dat hy van plan is om hard te baklei om in die ANC te oorleef.
Die regerende party is vasberade om ’n onafhanklike instelling, soos ’n mediatribunaal, in te stel om die drukmedia te reguleer.
Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, sal teen sy skorsing uit die regerende party appelleer, het sy adjunk, Ronald Lamola, gesê.
Die ANC het sy konsepbeleidsdokumente uitgereik en gesê die regerende party sal die land na sy “tweede oorgangsfase” neem.
Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, gaan na verwagting appelleer teen sy skorsing uit die regerende party.
Julius Malema het gewaarsku dat sy permanente skorsing “nie die einde van die pad is nie,” het die SABC se radionuus berig.
Julius Malema, omstrede leier van die ANC-jeugliga, is uit die ANC geskors, het die voorsitter van die ANC se tugkomitee, Derek Hanekom, gesê.
Die leiers van die ANC-jeugliga in KZN het hulle skerp uitgespreek teen die “boefagtige” leierskap onder die leiding van Julius Malema.
Die ANC het sy ongelukkigheid uitgespreek ná die metaalwerkersvakbond Numsa gesê het die regerende party se leierskap moet verander.
Dr. Pieter Mulder "lieg" as hy sê daar was geen ander inwoners in die Wes-Kaap toe die Hollanders en Hugenote daar aangekom het nie.
Dr. Pieter Mulder gaan nie as adjunkminister van landbou, bosbou en visserye bedank nie, al het pres. Jacob Zuma die vloer met hom gevee.
Hazel Jenkins, premier van die Noord-Kaap, het tydens haar provinsiale rede in 'n kerk inmekaargesak, het City Press berig.
Die ANC-jeugliga gaan alles moontlik doen om pres. Jacob Zuma in Desember in Mangaung as leier van die ANC te onttroon.
Oudpres. Nelson Mandela se gesig sal op 'n nuwe reeks banknote verskyn, het pres. Jacob Zuma Saterdag in Pretoria aangekondig.
“Sekerheid” en “hoop” is wat die VF+ van pres. Jacob Zuma se staatsrede verwag met die opening van die parlement in die Moederstad.
AfriForum het die ANC se nasionale appèlkomitee se besluit om Julius Malema se aansoek om appèl van die hand te wys, verwelkom.
‘n Saak van bedrog is teen die leier van die Congress of the People, Mosiuoa Lekota, geopen, het die Sunday Times berig.
Die DA-jeug se omstrede plakkaat-veldtog is daarop gemik om Suid-Afrikaners te skok en Helen Zille, partyleier, ondersteun dit.
'n DA-LP wat op verskeie klagtes voor ’n tugverhoor sal verskyn, het opnuut vir Helen Zille van diktatoriale neigings beskuldig.
Die eerste dag van Julius Malema se appèl teen sy skorsing uit die jeugliga én die ANC, het agter geslote deure plaasgevind.
Die DA in KZN het gewaarsku dat die ANC-beheerde eThekwini-metro in duie kan stort as gevolg van korrupsie en ondoeltreffendheid.
Die regering het onafhanklike kenners gevra om vas te stel of hy aan die verwagtinge van die publiek voldoen.
Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, sê die leierskap in die regerende party moet verander, het koerante berig.
Die ANC is op hete kole weens dreigemente van Julius Malema se ondersteuners om pres. Jacob Zuma by die eeufeesvieringe te verneder.
Die KwaZulu-Natalse premier, Zweli Mkhize, het ontken dat hy by enige "komplot" betrokke was om pres. Jacob Zuma uit sy amp te verwyder.
'n Sterk pleidooi word aan boere en ander inwoners gerig om grond beskikbaar te stel vir tentdorpe waarin die ANC se gaste kan bly.