Stropers het 220 renosters doodgemaak sedert die begin van die jaar, het die departement van omgewingsake in 'n verklaring gesê.
'n Viëtnamese man is in hegtenis geneem nadat 10 renosterhorings tydens 'n klopjag op sy woonstel in Bedfordview in sy besit gevind is.
Vyf mense is in Polokwane in hegtenis geneem vir die besit van ‘n renosterhoring, het die provinsiale polisie in Limpopo gesê.
Polisiebeamptes het buite Dawie Groenewald, ‘n vermeende baas van ‘n renoster-sindikaat, se huis opgedaag om beslag te lê op sy bates.
AfriForum het gesê hy steun die beginsel dat handel in renosterhoring gewettig moet word om renosterstropery hok te slaan.
Stropery het sedert die begin van 2012 in Suid-Afrika al 199 renosters geëis, het die departement van omgewingsake gesê.
Daar is 'n toenemende vraag na die bene van leeus in Asië, wat tot 'n toename in stropery in Suid-Afrika kan lei.
Elf mense het in die Musina-landdroshof verskyn nadat hulle na bewering renosters onthoring en die horings verkoop het sonder ‘n permit.
DNS-monsters en mikroskyfies vorm deel van die nuwe maatreëls wat ingestel is om beter beheer oor die renosterkrisis in SA te kry.
‘n Renosterstroper wat in ‘n skietery in Ndumo gewond is, het in ‘n hospitaal gesterf, het Ezemvelo KwaZulu-Natal Wildlife gesê.
Die plaasbestuurder van 'n natuurreservaat naby Alma in Limpopo het gehoor hoe stropers ’n renosterkoei se horings met byle afkap.
Nóg ’n renosterkarkas is in die Krugerwildtuin gevind, maar die minister van water en omgewingsake glo dat die oorlog teen stropers gewen kan word.
As die regering die handel in renosterhoring goedkeur, sal dit net ’n paar mense – die wildboere – ryk maak, meen 'n wildkenner.
Iewers skuil ’n veselglasrenoster-stroper. Intussen word gewonder of dit horingkoors of wingerdgriep was wat die “stroper” se naam sot gemaak het.
Die getal renosters wat vanjaar onwettig in Suid-Afrika gejag is, staan op 150, het die departement van omgewingsake gesê.
Jack is een van drie honde wat tans opgelei word om nie net die spoor van renosterstropers te vat nie, maar ook hul eie hanteerders te beskerm.
Die bestuurder van ‘n wildplaas in Limpopo, wat van renosterstropery verdink word, het homself by sy huis in die Atherstone-reservaat doodgeskiet.
Die getal renosters wat vanjaar onwettig in Suid-Afrika gejag is, staan op 135, het die departement van omgewingsake gesê.
Die LUR vir maatskaplike ontwikkeling in KZN het voorgestel dat voormalige kaders van Umkhonto we Sizwe betrek word by teenstropery-eenhede.
Tot 100 renosters is in die eerste twee maande van 2012 deur stropers doodgemaak, het ‘n woordvoerder vir ‘n nuwe “renoster-weeshuis” gesê.
Drie vermeende wildstropers, onder wie ’n vlieënier van Pretoria, het kaalvoet en in voetboeie in dié Vrystaatse dorpie se landdroshof verskyn.
Vier beamptes van SA Nasionale Parke (SANParks) het in die Witrivier-landdroshof verskyn in verband met renosterstropery.
Die karkasse van drie witrenosters, wat vermoedelik deur stropers doodgeskiet is, is in Limpopo gevind, het die Valke gesê.
’n Oudpolisieman wat vermoedelik een van die mees gesoekte opperbreine in die onderwêreld van renosterstropery is, is die naweek aangekeer.
Twee reeds onthoringde renosters is op die plaas van ’n bekende renosterboer, John Hume, naby Malalane gestroop.
Wat eers gelyk het soos ‘n renosterhoring wat deur die polisie in Bedfordview gevind is, is eintlik vals, het die Valke gesê.
Die karkasse van ‘n renosterkoei en haar kalf is sonder hul horings in die Kruger Nasionale Park gevind, het 'n woordvoerder gesê.
Amerikaanse federale natuurlewe-ondersoekbeamptes het 'n internasionale renosterhoring-sindikaat oopgevlek, het RSG berig.
Minstens 54 renosters is sedert die begin van die nuwe jaar deur renostertropers vir hul horings doodgemaak, het The Mercury berig.
Twee-en-vyftig renosters is tot dusver vanjaar in onder meer die Kruger Nasionale Park gestroop, het SA Nasionale Parke (Sanparks) gesê.
‘n Renoster het tydens ‘n demonstrasie van 'n teenstropingsbehandeling gesterf, het die Rhino Rescue Project gesê.
Afgetrede wildbewaarders sal vir stakende wildbewaarders instaan by die Kruger Nasionale Park (KNP), het die park gesê.
Die Professionele Jagtersvereniging het teruggekap na nie-regeringsorganisasies wat ’n moratorium op die jag en skuif van renosters voorstaan.
Die witrenoster moet van die lys vir bedreigde spesies verwyder word sodat die handel in renosterhoring gewettig kan word, meen die SAJWV.
'n Renosterbul se karkas wat van beide sy horings gestroop is, is op die Bergsig-plaas naby Hartenbos en Mosselbaai gevind.
Nóg 150 veldwagters sal vanjaar in die Krugerwildtuin ontplooi word in 'n poging om renosterstropery te bekamp, het Edna Molewa gesê.
Nog drie renosterkarkasse is na verneem word in die gebied in die Krugerwildtuin gevind waar agt karkasse kort vantevore gevind is.
Minstens agt renosterkarkasse is binne 24 uur in die Krugerwildtuin ontdek. Al die diere se horings is verwyder.
‘n Wildveearts en ekoloog van Limpopo wil renosterhorings gratis aan misdadigers weggee om stropers te wys dat die horings waardeloos is.
'n Zimbabwiese burger is in die Loskopdam-reservaat in Mpumalanga in hegtenis geneem toe hy na bewering ’n renoster wou stroop.
Die twee witrenosters wie se horings onlangs tydens ‘n wrede panga-aanval naby Worcester gestroop is, veg steeds dapper vir hul lewens.
Die Suid-Afrikaanse Veterinêre Raad (SAVR) het sy kommer uitgespreek oor die gebruik van opiate deur renoster-stropers.
Die Valke ondersoek die voorval waarin twee renosters se horings by in ’n wildreservaat in Worcester afgekap is.
Die renosterslagting in die land het in felheid in Limpopo toegeneem met minstens nege renosters wat sedert die naweek doodgemaak is.
Diewe het sekuriteitswagte by ‘n museum met ‘n skokstok oorweldig voordat hulle die horing van ‘n opgestopte witrenoster gesteel het.
Alles moontlik word gedoen om die renosterbulkalfie wie se horing in die Oos-Kaapse Shamwari-natuurreservaat gestroop is, se lewe te red.
Die diefstal van twee renosterhorings in Oostenryk is nou deel van ’n ondersoek regoor Europa ná 40 soortgelyke gevalle vanjaar.
’n Wildplaaseienaar van die Vrystaat het saam met twee Thaise “renosterjagters”, vir wie hy glo as “middelman” opgetree het, in die hof verskyn.
Twee witrenosters is in 'n reservaat in die Vrystaat onthoring, het Kgotso Tau, woordvoerder van die departement van omgewingsake, gesê.
’n Hoogs bedreigde renosterspesie in Viëtnam is uitgewis weens stroping, het bewaringsgroepe gesê nadat 'n Javaanse renoster dood gevind is.
Die beamptes wat 10 renosterhorings en sowat R3,5 miljoen kontant in ‘n klopjag in Bedfordview gevind het, verdien ‘n “klop op die skouer”.
‘n Viëtnamese man wat na bewering met drie renosterhorings betrap is, het in die Kempton Park-landdroshof verskyn, het die SABC berig.
‘n Vermeende renosterstroper is doodgeskiet in ‘n skietery by die Crocodile Bridge Ranger-afdeling van die Kruger Nasionale Park.
Altesaam 210 renosters is reeds sedert die begin van die jaar gestroop, het 'n woordvoerder van die departement van omgewingsake gesê.
Die internasionale gemeenskap sal moontlik genader word om voorstelle te bespreek oor die handel met renosterhorings.
‘n Polisiebeampte en ‘n Sanparke-wildbewaarder is in die Krugerwildtuin se Tshokwane-afdeling doodgeskiet, het die polisie gesê.
‘n Viëtnamese man wat na bewering in besit van drie renosterhorings betrap is, het in die Kempton Park-landdroshof verskyn.
Altesaam 181 renosters is vanjaar in Suid-Afrika gestroop, het 'n woordvoerder van die departement van omgewingsake gesê.
Die getal renosters wat vanjaar onwettig in Suid-Afrika gejag is, staan op 171, het die departement van omgewingsake gesê.
‘n Stroper is kritiek gewond in ‘n skietery in Ndumo toe die verdagte ‘n renoster probeer stroop het, het Ezemvelo KZN Wildlife gesê.
Byna twee renosters word daagliks in Suid-Afrika gestroop om te voldoen aan toenemende aanvraag vir die diere se horings in Asië.
Die getal renosters wat tot dusver vanjaar in Suid-Afrika gestroop is, staan op die “onrusbarende syfer” van 159, het Edna Molewa gesê.
Wildbewaringsbeamptes sê renosterstropery het krisisvlakke bereik, met byna 1 000 renosters wat in die afgelope vyf jaar doodgemaak is.
Die enigste manier om renosters van uitwissing te red is om 'n kommersiële waarde daaraan te koppel, sê Suid-Afrikaanse jagters.
'n Thaise man is by die Emperor's Palace-casino in Johannesburg in hegtenis geneem op aanklagte van die onwettige handel in renosterhorings.
Meer as 17 000 mense, plaaslik en internasionaal, volg op Facebook die herstelproses van die renosters wat van hul horings gestroop is.
SA het in die afgelope twee jaar, twee maande en drie weke 916 renosters weens stropery verloor, het die departement van omgewingsake gesê.
Renosters kan teen 2015 in Suid-Afrika se wildparke uitgewis wees indien stropery teen die huidige tempo voortduur, het ‘n aktivis gesê.
’n Wildboer is tot agt jaar tronkstraf gevonnis weens sy betrokkenheid by renosterstropery én hy moet R1 millj. aan die Groen Skerpioene betaal.
Laat ons met renoster boer soos ’n veeboer met skaap boer. Aan die woord is Tony Fuller, mede-eienaar van die Kariega-natuurreservaat.
'n 52-jarige man is tydens 'n padblokkade by Betlehem in die Vrystaat in hegtenis geneem weens die besit van 'n renosterhoring.
Drie renosters, waarvan twee dragtige koeie was, is by die Hannah Lodge buite Ohrigstad in Limpopo deur stropers doodgeskiet.
Wildbewaarders van Sanparks het ‘n vermeende renosterstroper doodgeskiet en twee ander gewond in die Kruger Nasionale Park.
‘n Man is by die Blue Haze Mall in Hazyview, Mpumalanga, in hegtenis geneem nadat hy in besit van vier renosterhorings betrap is.
‘n Renoster is doodgemaak en nog twee is kritiek beseer nadat stropers in die Oos-Kaap op die diere toegeslaan het, het die Valke gesê.
Vier beamptes van Suid-Afrikaanse Nasionale Parke is in hegtenis geneem in verband met renosterstropery, het Sanparke gesê.
Sewe mense is die afgelope week in hegtenis geneem in verband met die internasionale renosterhoring-sindikaat, het beamptes gesê.
Militêre tegnologie soortgelyk aan dié wat in Afganistan en Mexiko gebruik word, kan in die oorlog teen renosterstropers ingespan word.
Vyf vermeende renosterstropers verskyn vandag in die landdroshof. Sanparke sê 52 renosters is reeds vanjaar van kant gemaak.
'n Renoster en haar kalfie is deur stropers in ‘n wildreservaat naby Letsitele in Limpopo doodgeskiet, het die polisie gesê.
Mosambiek en SA het ’n ooreenkoms bereik om renosterstropery in die Groter Limpopo-oorgrenspark en spesifiek die Krugerwildtuin te bekamp.
Britse dieretuine en wildreservate stel nou nagwagte aan om hul renosters te beskerm. Horings is al meer as R300 000 per kilogram werd.
Openbare verhore oor hoe renosterstropery stopgesit kan word, word tans in die parlement gehou ná 28 renosters reeds in 2012 gestroop is.
Die eienaar van 'n renoster wat onder stropers deurgeloop het, sal ’n reuse-beloning betaal vir inligting wat die skuldiges kan help vastrek.
Die heining van 150 km wat tien jaar gelede laat sak is om die Groter Limpopo-oorgrenspark te vorm, gaan waarskynlik weer opgerig word.
Wildbewaarders het twee vermeende stropers in die Krugerwildtuin doodgeskiet, het Sanparke in 'n verklaring gesê.
Veldwagters en weermaglede het tydens 'n soektog agt renosterkarkasse in 24 uur in die Krugerwildtuin ontdek.
Vier vermeende renosterstropers sal in die hof verskyn nadat hulle in besit van ‘n geweer, ammunisie, ‘n byl en ‘n handsaag gevind is.
'n Kwazulu-Natalse sakeman het meer as R960 000 betaal vir die reg om 'n witrenoster in die Hluhluwe-natuurreservaat te jag.
Dit gaan "uitsonderlik goed" met die twee witrenosters wat onlangs buite Worcester onthoring is en dit is 'n "reuse-geskenk".
Die witrenosterbul wat buite Worcester onthoring is, is dalk blind. Stropers het dié bul, se horings in 'n wildreservaat met pangas afgekap.
‘n Vermeende renosterstroper is in die N’wanetsi-gebied in die Kruger Nasionale Park vasgetrek, het SA Nasionale Parke gesê.
Roccy, die blinde weesrenoster wat diep in die land se hart ingekruip het, sal eersdaags dalk weer kan sien.
Die Shamwari-natuurreservaat in die Oos-Kaap se wees 18 maande oue renosterkalfie, Tanner 2, moes uit sy lyding verlos word.
Zimbabwe het sowat 700 renosters oor, waarvan 23 hierdie jaar die slagoffers van stropers geword het.
As renosters uitsterf, sal die regering daarvoor verantwoordelik gehou word, het die Jagters-en-Wildbewaringsvereniging gesê.
Minstens 16 renosters kan binne die volgende 7 weke in Suid-Afrika gestroop word – 'n totaal van 364 renosterstropings vir 2011.
Nog twee renosters is die naweek in Mpumalanga naby Hectorspruit doodgeskiet, maar net ’n stuk van een se horing is afgesaag.
’n Groep besorgde natuurliefhebbers het naby Jeffreysbaai bymekaar gekom om tien renosters teen moontlike stropery te red.
‘n Renoster veg voort nadat dit 11 keer deur stropers geskiet is op ‘n wildplaas tussen Warmbad en Thabazimbi, berig Landbou.com.