Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die Australiese losvoorspeler Scott Higginbotham, wat tans vir die Reds uitdraf, het 'n tweejaarkontrak met die Melbourne Rebels geteken.
Die Reds het die Chiefs, wat ná nege Super-rugbywedstryde onoorwonne was, stert tussen die bene kleedkamer toe gestuur.
Digby Ioane het 'n drie in die eerste minuut van sy 50ste Super-rugbywedstryd gedruk in die Reds se sege oor die Blues op Eden Park in Auckland.
Die Stormers het 'n begeesterde Reds-span in die Super-rugbykragmeting by die Suncorp-stadion in Brisbane geklop.
Die afrigter van die Reds het gesê die aankondiging van Richard Graham as sy opvolger is nie 'n aanduiding dat hy die Wallabies gaan afrig nie.
Die breier van die Western Force, Richard Graham, gaan Perth aan die einde van die jaar verlaat om die Queensland Reds in Brisbane af te rig.
Die Force het die Reds behoorlik laat les opsê, en die besoekers moes met hulle derde agtereenvolgende nederlaag tevrede wees.
In ’n super-, nee, skittersuper-vertoning van totale rugby het die Bulls die huidige Super-kampioene, die Reds, met 61-8 verwoes.
Die Bulls moet die Reds se gebrek aan ervaring in die middelveld uitbuit as hulle as wenners van Loftus Versfeld wil afstap.
Die Wallaby-vleuel Digby Ioane is vir vyf weke geskors ná sy gevaarlike duikslag tydens die Super-rugbystryd tussen die Reds en die Sharks in Durban.
Die Sharks het met net 23 spelers na Australië vertrek. Die span se voorspeler-krisis het verder verdiep met die slot Steven Sykes.
John Plumtree se besluit om Charl McLeod as skrumskakel bo die Fransman Frederic Michalak te kies, kon nie ’n oomblik té gou gekom het nie.
Die afrigter van die Sharks, John Plumtree, wil hê sy span moet meer onverbiddelik teenoor teenstanders in die Super-rugbyreeks wees.
Die Reds, die Super-rugbykampioene van 2011, gaan op hul Suid-Afrikaanse rugbytoer R16 000 verdien vir elke drie wat hulle druk.
Die Sharks se reeds uitgedunde slotgeledere is verder uitgedun. Ross Skeate sal waarskynlik nie in die Super-stryd teen die Reds kan speel nie.
Die verdedigende kampioene, die Queensland Reds, het 'n begeesterde Western Force-span in hul Super-rugbykragmeting in Brisbane geklop.
Die Crusaders se segetog het tot ’n einde gekom toe die Reds hulle in die tweede helfte van die veld gespeel het om met 18-13 te wen.
'n Merkwaardige einde tot ’n merkwaardige seisoen. Dié slagspreuk gaan beslis in die Crusaders se kleedkamer opgeplak wees as hulle in Brisbane uitdraf
Die Queensland Reds se span sal so te sê op volle sterkte vir die Super Rugby-eindstryd teen die Crusaders in Brisbane wees.
Todd Blackadder, afrigter van die Crusaders, kan dié naweek ’n unieke dubbelprestasie behaal as sy span die Reds in Brisbane klop.
Die vleuel Rod Davies het drie drieë gedruk om te verseker die Queensland Reds klop die Auckland Blues om ‘n finaal op hul tuisveld te verseker.
Die voormalige Crusaders-afrigter Robbie Deans sê sy ou span gaan ’n opdraande stryd voer om die Stormers op Nuweland te klop.
Die Queensland Reds het skoonskip gemaak by die Australiese Super Rugby-toekennings wat tydens 'n galageleentheid in Sydney aangebied is.
Die Queensland Reds het die Western Force in die doodsnikke van dié twee spanne se Super Rugby-kragmeting in Perth uitoorlê.
Die Brumbies het die Reds verras met ‘n oorwinning in hul Vodacom Super Rugby-wedstryd by Suncorp-stadion in Brisbane.
Die Reds sal ’n goeie aanduiding kry van hul kanse om as Super Rugby-kampioene gekroon te word wanneer hulle op hul tuisveld teen die Crusaders te staan.
Die Reds het die Rebels gemaklik geklop in Melbourne om na die tweede plek van die Super Rugby-punteleer te skuif.
Die Reds het Saterdag die verloorspook teen die Waratahs in Brisbane begrawe en hul sewende agtereenvolgende wedstryd gewen.
Die kans is skraal dat Werner Kruger sal voor draf om sy 50ste wedstryd vir die Bulls te vier. Daarvoor is dié 26-jarige speler heeltemal te beskeie.
Bulls-afrigter Frans Ludeke is nie 'n man wat onnodig aan 'n span torring nie, maar na die Crusaders sy span pakslae gegee het, was veranderinge nodig.
Die Stormers se onoorwonne rekord het tot 'n einde gekom nadat die Reds die Kapenaars in hul Super Rugby-kragmeting op Nuweland geklop het.
Die Reds het “rooi gesien” oor die Stormers se aantygings van verneukery en ’n span gekies om vuur met vuur in die Super Rugby-stryd op Nuweland te veg.
Julle gaan ons nie sommer boelie nie. Dít was die boodskap aan die Stormers uit die Reds se kamp voor die Super Rugby-wedstryd op Nuweland.
Braam van Straaten se stelskopskoen het die Stormers dikwels uit ’n penarie gehelp, maar dié week kan hy dinge vir sy ou rugbyspan kompliseer.
Die Lions het op verrassende wyse die kapteinsarmband by Franco van der Merwe afgeneem vir die Super Rugby-stryd teen die Reds in Johannesburg.
Die Reds het ses drieë verby ‘n ongelukkige Toyota Cheetahs se verdediging gekry en hulle met ‘n gemaklike 41 – 8 in Brisbane geklop.
Die Springbok-flank Heinrich Brüssow se terugkeer tot Super-Rugby sal beslis vrees inboesem by die Bokke se teenstanders voor vanjaar se Wêreldbeker.
Die Reds het 31-25 oor die Brumbies geseëvier in dié twee spanne se Super Rugby-kragmeting in Canberra.
Toeskouers op die Suncorp-stadion in Brisbane het rugby uit die boonste rakke aanskou in die Reds se oorwinning oor die Highlanders.
Die Reds is een van ’n handjievol spanne wat nog ’n invloed op die Bulls en die Stormers se kanse op tuishalfeindstryde in die Super14-reeks kan hê.
Die Stormers het in hul laaste Super14-wedstryd in Australasië, voor hulle huiswaarts keer, teen die Reds in Brisbane vasgeval.
JC Kritzinger se insluiting as loskopstut is die enigste verandering aan die Stormers se beginspan vir hul Super14-stryd teen die Reds in Brisbane.
Die Stormers sal vergewe word as hulle beplan het om minstens vier punte teen die Reds in te samel voor vanjaar se Super14-reeks begin het.
'n Vasberade Queensland Reds-span het rotsvas in die laaste minute van hul Super14-kragmeting verdedig om die Bulls met 19-12 te klop.
Die Queensland Reds loop rustyd met een punt voor in hul Super14-kragmeting teen die Bulls in Brisbane, Australië.
Ruan Pienaar het net betyds sy spelpeil herontdek, want die Reds se skakelpaar is aan die spits van hul beste aanslag op Super14-glorie in jare.
Die Reds loop teen rustyd met 11-10 voor in hul Super14-kragmeting teen die Cheetahs op 'n nat veld in Bloemfontein.
Die Reds het die Chiefs, wat tot dusver onoorwonne in die Super14-reeks was, geskok met ‘n oorwinning.
Die Waratahs het ’n drie in die laaste minuut van hul Super14-kragmeting teen die Reds aangeteken om hul aartsvyande met 28-30 te klop.
Die Reds het twee drieë in die tweede helfte van hul Super-rugbykragmeting in die Suncorp-stadion in Brisbane gedruk om die Lions te klop.
Die Australiese spelmaker Quade Cooper sal ná sy knie-operasie Saterdag vir die eerste keer in byna sewe maande op die rugbyveld uitdraf.
Die Canterbury Crusaders het die Queensland Reds in hul Super-rugby-kragmeting in Christchurch, Nieu-Seeland, met 15-11 geklop.
Digby Ione is terug vir die Reds ná sy skorsing van vier weke, maar sal waarskynlik op senter eerder as sy gewone vleuel-posisie uitdraf.
Die Queensland Reds het bevestig dat die Wallaby-losskakel, Quade Cooper, se jongste besering nie sy tyd op die krukkelys sal verleng nie.
Die slot van die Stormers, Andries Bekker, sal weens 'n laerug-besering nie in die Super-rugbywedstryd teen die Reds in Brisbane speel nie.
Die Reds is terug op die wenpad nadat hulle die Brumbies tydens hul Super Rugby-wedstryd in Brisbane met 20-13 geklop het.
Die Queensland Reds het Sam Lane, 'n oud-leerder van Bishops Kollege in Kaapstad, nadergetrek ná die span se vyfde losskakel beseer is.
Verlede jaar se Super-rugbykampioene, die Queensland Reds, is op Loftus Versfeld in Pretoria deur 'n vuurwarm Bulls-span verwoes.
Die Bulls het aangekondig dat die ervare baljagter Deon Stegmann, nie betyds sal herstel vir die Super-rugbykragmeting met die Reds in Pretoria nie.
Die Wallaby-vleuel Digby Ioane, is vir gevaarlike spel uitgewys in die Reds se nederlaag teen die Sharks op Kingspark in Durban.
Die Sharks het as wenners uit die stryd getree na 'n taai kragmeting teen die Reds in gietende reën op Kingspark in Durban.
Die Sharks se afrigter, John Plumtree, het 'n paar veranderinge gemaak aan sy span wat in die Super-rugbystryd teen die Reds in Durban uitdraf.
Bismarck du Plessis ís die Sharks, het Ewen McKenzie, die Reds se afrigter, aan 'n Australiese koerant in Brisbane gesê.
Die Sharks se assistent-afrigter, Grant Bashford, sê die Reds ís gedugte opponente, met of sonder hul Wallaby-losskakel, Quade Cooper.
John Plumtree, die Sharks-breier, erken sy span het niks beter gespeel teen die Lions as die voorafgaande twee wedstryde wat hulle verloor het nie.
Die Wallabies het 'n terugslag op die vooraand van die Drienasies-reeks beleef met nuus dat die loskopstut Benn Robinson sy knie beseer het.
Die jong span van die Queensland Reds het die gedugte Crusaders in Brisbane getroef om as Super Rugby-kampioene van 2011 gekroon te word.
Die Reds en die Crusaders het albei 'n onveranderde 15-tal vir die Super Rugby-eindstryd by die Suncorp-stadion in Brisbane aangekondig.
Nieu-Seeland se media het die Canterbury Crusaders geprys nadat hulle die eindstryd van die Super Rugby-reeks gehaal het.
Die afrigter van die Blues, Pat Lam, sê dit is te moeilik om te voorspel wie die Super Rugby-eindstryd tussen die Reds en Crusaders gaan wen.
Die Reds verloor nie sommer op hul tuisveld nie en moet die gunstelinge wees om in die Suncorp-stadion in Brisbane teen die Blues te wen.
Die Reds het ’n hupstoot voor hul halfeindstryd teen die Blues in Brisbane gekry met die nuus dat drie sleutelspelers ná beserings oorweeg kan word.
Die Queensland Reds is verseker van tuisveldvoordeel in die Super Rugby-uitspeelrondes nadat hulle die Chiefs op 'n nat veld in Hamilton geklop het.
Die Brumbies se agsteman, Ita Vaea, is vir 'n week geskors nadat hy deur 'n Sanzar-tugkomitee skuldig bevind is aan vuilspel.
Die Wallaby-losskakel Quade Cooper het in die 80ste minuut ‘n strafskop deur die pale gejaag om te verseker dat die Reds die Crusaders klop.
Die Reds het in 'n opwindende Super Rugby-kragmeting, wat agt drieë opgelewer het, teen die Blues in Brisbane geseëvier.
Die vleuel van die Reds, Digby Ione, is beboet en het 'n formele waarskuwing ontvang nadat hy op Twitter teenoor 'n skeidsregter uitgevaar het.
Die Reds het as wenners uit die stryd getree ná hulle Super Rugby-kragmeting met die Bulls in Brisbane.
Die afrigter van die Reds, Ewen McKenzie, het drie veranderinge gemaak aan die span wat in die Super Rugby-stryd teen die Bulls in Brisbane sal uitdraf.
Die Reds wil nou geskiedenis maak deur die Bulls in Brisbane te klop en hul sesde agtereenvolgende Super Rugby-oorwinning aan te teken.
As hul sielkundige oorlog as maatstaf dien, gaan die vonke behoorlik spat wanneer die Stormers en die Reds mekaar op Nuweland pak.
Die Stormers het die 15-tal wat die Sharks in Durban geklop het, onveranderd gelaat vir die Super Rugby-kragmeting teen die Reds in Kaapstad.
As die skakelpaar van die Reds, Quade Cooper en Will Genia, hul beste kunsies in 'n Super Rugby-wedstryd uithaal, moet jy bontstaan.
Die Reds het die Lions met 30-25 geklop in dié twee spanne se Super Rugby-wedstryd by Ellis Park in Johannesburg.
Dit klink soos ’n ou irriterende Lions-deuntjie, maar dié span se afrigter het ná die nederlaag teen die Bulls vir geduld gepleit met sy jong span.
Kort nadat die Reds Heinrich Brüssow se lof voor die Super Rugby-stryd in Brisbane besing het, het die einste Aussies ’n dwarsklap na hom gerig.
Die Reds het die Melbourne Rebels met sewe drieë pakslae gegee in hul Super Rugby-kragmeting in Brisbane.
Die Waratahs het hul reputasie as onoorwonne in die 2011 Vodacom Super Rugby behou met ‘n gemaklike oorwinning oor die Reds.
Die Queensland Reds het na die vyfde plek van die Super14-punteleer gegly toe hulle teen die Hurricanes in Wellington verloor het.
Beserings knou tans die Queensland Reds kort voor hul deurslaggewende Super14-kragmeting teen die Hurricanes in Wellington.
'Daar is ongelooflike opgewondenheid hier in Brisbane. Dit gaan een van die beste wedstryde in vanjaar se reeks wees.'
Bulls-losskakel Morné Steyn het net drie punte nodig om Suid-Afrika se voorste puntemaker in Superrugby te word.
In 'n taai SA-derby loop die Sharks teen halftyd met 22-18 voor in hul Super14-kragmeting teen die Lions op Coca Cola-park in Johannesburg.
'n Vasberade Queensland Reds-span het rotsvas in die laaste minuut van hul Super14-kragmeting verdedig om die Bulls met 19-12 te klop.
Die gevaarlike Queensland Reds loop teen rustyd met 14-9 voor in hul Super14-kragmeting teen die Sharks in Durban.
Die Queensland Reds het die Cheetahs oortuigend met 31-10 in hul Super14-kragmeting op Vodacompark in Bloemfontein geklop.
Springbok-agsteman Ashley Johnson wil sy tweede asem in die Super14 teen die Reds laat geld wanneer hy met nuwe selfvertroue op die veld draf.
Die Reds-losskakel Quade Cooper, wat in ’n motorongeluk betrokke was, sal wel vir sy span in hul wedstryd teen die Chiefs kan uitdraf.
Die Aussie-rugbybaas, John O’Neill, het sy voet neergesit en beter vertonings van die Australiese spanne in vanjaar se Super14-reeks geëis.