Die Proteas se t20- en eendagkaptein, AB de Villiers, is een van vyf spelers wat deur Krieket Suid-Afrika as speler van die jaar benoem is.
Wayne Parnell het 'n verklaring uitgereik ná berigte dat hy in 'n polisie-klopjag betrokke was by die Oak Woods-hotel in Juju, Indië.
Krieket Suid-Afrika het gesê dit het 'n uitnodiging om eendag- en twintig20-wedstryde in 'n reeks teen Bangladesj te speel van die hand gewys.
Die veelsydige krieketveteraan Jacques Kallis wil Suid-Afrika help om die Wêreldbeker in 2015 te wen voor hy uittree.
Jacques Kallis is Suid-Afrika se alles. Daarom sal elke beweging van dié kolfkoning gedurende die Indiese Premierliga (IPL) fyn dopgehou word.
Suid-Afrika het Indië tydens hul Twintig20-wedstryd by die Wanderers stadion in Johannesburg met 11 lopies geklop.
Johan Botha, die Proteas se waarnemende blitskaptein, meen die tuisspan hét genoeg skietgoed om Indië op die Wanderers te troef.
'n Mens kan met redelike sekerheid sê dat die Nieu-Seelandse weer die Proteas van ’n reekssege van 3-0 oor die Kiwi's weerhou het.
Morné van Wyk is vanweë sy veelsydigheid ’n sterk aanspraakmaker om weer die krieketgroep vir die T20-Wêreldtoernooi te haal.
Die Proteas-kolwer Hashim Amla het 'n noodoperasie ondergaan nadat hy 'n liesbesering opgedoen het, het die spanbestuurder gesê.
Alviro Petersen sal moet wag vir sy derde toetshonderdtal nadat swak lig spel op die tweede dag van die kriekettoets teen Nieu-Seeland vertraag het.
Daar is nie net ’n reeksoorwinning op die spel in die derde kriekettoets tussen Nieu-Seeland en Suid-Afrika nie, maar ook ’n paar rekords.
SA se boulaanval voer ’n skrikbewind in Nieu-Seeland, maar is hy goed genoeg om later vanjaar die voorste span in die wêreld, Engeland, te troef?
Vernon Philander se puik seisoen het op die tweede dag van die tweede toets tussen Nieu-Seeland en SA selfs meer lyf gekry.
Suid-Afrika het in die laaste skof op die tweede dag van die tweede kriekettoets teen Nieu-Seeland vier toporde-paaltjies laat kantel.
Suid-Afrika se boulers sou nie hul oë geglo het toe hulle die grasgroen kolfblad in Hamilton, Nieu-Seeland, gesien het nie.
Swaar deurdringende reën het tot gevolg gehad dat die laaste dag van die eerste toets tussen Suid-Afrika en Nieu Seeland nie kon plaasvind nie.
Die Proteas het ná die derde dag van spel teen Nieu-Seeland sterk gestaan danksy 'n honderdtal deur beide Graeme Smith en Jacques Kallis.
Die Proteas het duur betaal vir sy besluit om nie ’n eersterangse oefenwedstryd te reël voor die eerste toets teen Nieu-Seeland nie.
Die Proteas se kaptein, Graeme Smith, sal gereed wees om sy land te lei in die eerste toetswedstryd teen Nieu-Seeland in Dunedin.
Die Indiese krieketspan gaan in 'n eenmalige twintig20-wedstryd teen Suid-Afrika op die Wanderers in Johannesburg speel.
Die Proteas het skoonskip gemaak in die eendagreeks teen Nieu-Seeland nadat hulle die derde en laaste kragmeting in Auckland gewen het.
Die Proteas sal nie die fout maak om te fokus op die opkomende toetsreeks wanneer hulle hul laaste eendagstryd teen Nieu-Seeland speel nie.
Indien die Proteas skoonskip maak, sal hy die seisoen bo-aan die toetsranglys afsluit en ’n aansporing van sowat R1,3 miljoen ryker wees.
Die Proteas het Nieu-Seeland tot 230 lopies beperk in die tweede eendagwedstryd in Napier nadat die Kiwi's gestuur is om eerste te kolf.
Die Suid-Afrikaanse mokerman Richard Levi is deur die Mumbai Indians vir die Indiese Premierliga (IPL) opgeraap.
Die Suid-Afrikaanse breier, Gary Kirsten, wil hê dat blits-krieket in die jaar van die T20-Wêreldbeker-toernooi voorop gestel moet word.
Brendon McCullum het sy tweede en derde kanse tot sy voordeel gebruik en 56 lopies vir sy span se totaal van 253-9 aangeteken.
Marchant de Lange het gewys dat hy ’n speler vir die oomblik is, toe hy in ’n laaste boulbeurt teen die Kiwi's koelkop gebly het om SA te laat seëvier.
Die Proteas het met 'n grootse terugvegpoging vorendag gekom om Nieu-Seeland in die beslissende t20-wedstryd by Eden Park in Auckland te klop.
Nieu-Seeland se veelsydige speler Jacob Oram is weens 'n kuitbesering nie vir die eendagreeks teen die Proteas oorweeg nie.
As hy Gary Kirsten was, sou Richard Levi beslis deel van my planne in die eendagreeks teen die Kiwi’s gewees het, sê Richard Pybus.
Nieu-Seeland se mokerman Jesse Ryder is opgeneem in die Kiwi's se beslissende t20-kragmeting met die Proteas by Mclean Park in Napier.
Die Nieu-Seelandse krieketspan het die eerste van drie blitswedstryde teen die Proteas, met ses paaltjies in Wellington gewen.
Die bou van ’n krieketspan vir die T20-Wêreldtoernooi in Sri Lanka is in die stadium belangriker vir Suid-Afrika as sy ranglysposisie.
Die snelbouler Lonwabo Tsotsobe het 'n driekuns behaal in die Proteas se oorwinning in die opwarmwedstryd teen Canterbury-provinsie in Christchurch.
Die toer na Nieu-Seeland is waar die Proteas hulself as die beste ter wêreld gaan onderskei, glo die afrigter, Gary Kirsten.
Mohammed Moosajee, die Proteas se spandokter, het die groen lig vir al die lede van die toergroep na Nieu-Seeland gegee.
Die Internasionale Krieketraad het in Doebai aangekondig dat hy die prysgeld vir die wêreld se voorste toetsspanne meer as verdubbel.
Die Proteas se aanvangskolwer Graeme Smith is uit die twintig20-span weggelaat vir Suid-Afrika se reeks teen Nieu-Seeland.
Sri Lanka het Suid-Afrika met twee paaltjies en slegs een bal oor geklop in hul vyfde eendagstryd by die Wanderers in Johannesburg.
AB de Villiers het die Proteas se eerste nederlaag onder sy kapteinskap vierkantig op sy eie kennebak gevat.
Die uitjouery is met ’n luide applous vervang toe Graeme Smith in die vierde eendagwedstryd teen Sri Lanka van die krieketveld af gestap het.
Graeme Smith het al baie vir Suid-Afrika beteken en verdien meer tyd as ander om weer sy voete vind, sê Gary Kirsten.
“Duik, kyk en gooi.” Só eenvoudig, is hoe Faf du Plessis die paar sekondes beskryf waarin hy van Kumar Sangakkara ontslae geraak het.
Die Proteas-kolwer Jacques Kallis se “ruskans” vir die res van die eendagreeks teen Sri Lanka het uiteenlopende reaksies tot gevolg gehad.
Die Sri Lankaanse krieketspan het op ‘n mak kolfblad in Bloemfontein 266 lopies aangeteken vir die verlies van nege paaltjies.
AB de Villiers, in sy eerste reeks as kaptein van Suid-Afrika se eendagspan, het gesê die Proteas kan nie op hul louere rus nie.
Die Suid-Afrikaanse staatmaker-kolwer Hashim Amla sal die res van die internasionale eendagreeks teen Sri Lanka misloop.
Die Proteas het vroeg teen Sri Lanka toegeslaan toe Tillakaratne Dilshan uitgehardloop is na uitstekende veldwerk van Faf du Plessis.
Krieket SA het 24 spelers genoem waaruit 'n Suid-Afrikaanse A-span gekies sal word vir wedstryde teen spanne van Sri Lanka en Zimbabwe.
Die voormalige draaibouler van die Proteas Paul "Gogga" Adams, kan dalk as die nuwe afrigter van die Cape Cobras-krieketspan aangestel word.
Wanneer toetskrieket se twee beste boulaanvalle mekaar later vanjaar pak, gaan dit straks die kolwers wees wat bepaal watter span die beste is.
Farhaan Behardien in die Titans-ligblou het dié seisoen ál wat krieketkenner is met sy kanon-kolfwerk laat regop sit.
Die veelsydige Suid-Afrikaanse krieketspeler Johan Botha is as kaptein van die Australiese twintig20-span, die Redbacks, aangewys.
Die Suid-Afrikaanse krieketspelers AB de Villiers en Vernon Philander het die IKR-ranglys geklim ná die Proteas se reeksoorwinning oor Nieu-Seeland.
Die Proteas het dalk nie skoonskip gemaak teen Nieu-Seeland nie, maar hulle ís ’n reuse-tree nader daaraan om die nommereen-span in die wêreld te word.
Die Proteas-snelbouler Morné Morkel het Nieu-Seeland laat steier deur ses paaltjies vir 23 lopies plat te trek in die derde toets in Wellington.
Vernon Philander se sprokiesverhaal het voortgeduur toe hy ses paaltjies in Nieu-Seeland se eerste beurt in die derde toets platgetrek het.
Die krieketkeurders het Dane Vilas van die Cape Cobras en Farhaan Behardien van die Titans vir hul goeie peil in die plaaslike T20-reeks beloon.
Hashim Amla en Alviro Petersen het Suid-Afrika se eerste beurt in die derde en laaste kriekettoets teen Nieu-Seeland op dreef gekry.
Kaptein Graeme Smith en sy Proteas kry nou ’n gulde geleentheid om te wys dat hul wisselvalligheid iets van die verlede is.
Nieu-Seeland se krieketkeurders het versterkings ontbied vir die Kiwi’s se beleërde kolflys vir die derde toets teen Suid-Afrika.
Suid-Afrika het die Kiwi’s met nege paaltjies geklop op die derde dag van die tweede toets in Hamilton, Nieu-Seeland.
'n Vurige Dale Steyn en Vernon Philander het hul kaptein se besluit om eerste veldwerk te doen in die tweede kriekettoets teen Nieu-Seeland.
Die Kiwi-bouler Tim Southee het die prys betaal vir sy vrot vertoning in die eerste toets teen SA toe hy gepos is vir die tweede toets in Hamilton.
Nieu-Seeland sal sy hoogste toetstelling in krieket moet aanteken, as hy die eerste toets teen Suid-Afrika in Dunedin wil wen.
Suid-Afrika se boulers het goed teruggeveg op die tweede dag van die eerste kriekettoets teen Nieu-Seeland in Dunedin.
Aan die einde van die eerste dag van die eerste toets tussen SA en Nieu-Seeland in Dunedin staan die Proteas op 191 vir die verlies van sewe.
AB de Villiers en Hashim Amla gaan sleutelrolle in die eerste kriekettoets teen Nieu-Seeland vertolk. Die eerste toets begin vanaand.
Die Proteas pryk nou ook in die 2de plek op die wêreldranglys van kitskrieket nadat hy in 'n reeks teen die Kiwi's skoonskip gemaak het.
Die Nieu-Seelandse mokerman Jesse Ryder is uit die span vir die eerste van drie wedstryde in die toetsreeks teen Suid-Afrika weggelaat.
Die Nieu-Seelandse kolwer Jesse Ryder en snelbouler Doug Bracewel is geskors nadat hulle spanreëls oor alkoholgebruik oortree het.
Die Suid-Afrikaanse krieketspan het die tweede eendagwedstryd teen Nieu-Seeland met 6 paaltjies gewen en sodoende die reeks met 2-0 beklink.
AB de Villiers het gesê sy span sal die reeks wil beklink wanneer hulle in die tweede eendagwedstryd teen Nieu-Seeland te staan kom.
Faf du Plessis was in die herontmoeting met die Kiwi's in die Westpac-stadion een van die helde vir SA wat oortuigend met 6 paaltjies gewen het.
Suid-Afrika het Nieu-Seeland in die eerste internasionale eendagwedstryd in die Westpac-stadion met ses paaltjies geklop.
Jacques Kallis is dit eens dat die Proteas ’n slag geslaan het met hul reekssege in die t20-reeks teen Nieu-Seeland.
Die Proteas het opgeskuif na die tweede plek op die IKR se T20-ranglys ná hul haas ongelooflike oorwinning oor Nieu-Seeland.
Nieu-Seeland het die Proteas tot 165 lopies in hul toegelate 20 boulbeurte beperk in die beslissende blitswedstryd by Eden Park in Auckland.
Die Suid-Afrikaanse kolfster Richard Levi sal nie in Nieu-Seeland aanbly vir die Proteas se opkomende eendagwedstryde nie.
Johan Botha glo sy span het nog nie hul volle potensiaal in Twintig20-krieket bereik nie en daar is ruimte vir verbetering.
Die Proteas is in die eerste van drie Twintig20-wedstryde teen Nieu-Seeland, nie net óp die veld verrinneweer nie.
Die Proteas het ná 'n wankelrige begin, 'n wenteiken van 148 lopies aan Nieu-Seeland gestel in die eerste twintig20-kragmeting in Wellington.
Die sewe maande lange voorbereiding van die Proteas se T20-groep begin met die eerste T20-wedstryd teen Nieu-Seeland in die Wellington.
Die mokerman Richard Levi het by ’n moderne towermasjien gaan aanklop om hom vir die Proteas se komende krieketreeks in Nieu-Seeland voor te berei.
Gaan Suid-Afrika se krieketspan in Nieu-Seeland dieselfde fout begaan as dié waaraan Engeland homself in Doebai skuldig gemaak het?
Graeme Smith moet ’n blaadjie uit Ricky Ponting se boek neem en afstand doen van sy kapteinskap, glo die voormalige Australiese kaptein Steve Waugh.
KSA se Mediese Komitee het die meeste Protea-spelers aangeraai om die ronde Supersportreeks-wedstryde wat Donderdag begin, uit te sit.
Die Protea-bouler Lonwabo Tsotsobe het met 'n briljante vertoning teen Sri Lanka, tien plekke op die IKR-ranglys vir eendagwedstryde gespring.
Corlett-rylaan is gesluit as gevolg van ‘n hoë aantal voetgangers wat by die Wanderers opdaag vir die krieketwedstryd tussen SA en Sri Lanka.
Graeme Smith se toekoms in die nasionale eendagspan hang aan ’n draadjie, met krieketkeurders wat vandag sy lot gaan beslis.
Die Sri Lankaanse krieketspan het die vierde en voorlaaste eendagwedstryd teen die Proteas op Kimberley met vyf paaltjies gewen.
Die Proteas-afrigter Gary Kirsten is opgewonde oor mededinging vir plekke in die span en sê dit dien sy langtermyn-strategie goed.
Moet die snelboulstaatmaker Dale Steyn rus, of moet hy juis meer geleenthede gegun word om topvorm in die eendag-formaat te bereik?
Die eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Sri Lanka is deur reën onderbreek. Suid-Afrika sal wen indien verdere spel nie moontlik is nie.
Die plaasvervangers vir Hashim Amla en Jacques Kallis, is darem nie “onbekendes in die span nie”, waarsku AB de Villiers.
Hashim Amla, Jacques Kallis en Rory Kleinveldt sal die res van die internasionale eendagreeks van vyf wedstryde teen Sri Lanka misloop.
Die Proteas het Sri Lanka met vyf paaltjies geklop in die tweede internasionale eendag-wedstryd wat op Buffalo-park, Oos-Londen gespeel is.
Die Proteas is slaggereed vir Sri Lanka se verwagte terugvegpoging in die eendagreeks wanneer dié twee spanne in Oos-Londen kragte meet.