‘n Sesde man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n polisieman in ‘n sjebien in Soweto, het die metropolisie gesê.
Die uitlating “mik vir die kop” beteken nie daar word van polisiebeamptes verwag om misdadigers dood te maak nie, het Bheki Cele gesê.
Die ondersoekbeampte in die Eugene Terre’Blanche-moordsaak het glo gedreig om een van die beskuldigdes dood te maak.
‘n Polisiekonstabel se vaardigheid om te lees is tydens die die moordverhoor van die mans wat Eugene Terre'Blanche vermoor het bevraagteken.
‘n Polisiebeampte se lyk is in ‘n sloot in Pietermaritzburg gevind nadat hy by 'n padwoede-voorval betrokke wasl, het die polisie gesê.
Boere sê dit is kommerwekkend dat slegs een polisieman die afgelope naweek uitgestuur is na ’n dreigende plaasaanval.
Vier stasiebevelvoerders van Limpopo het in die Polokwane-landdroshof verskyn nadat hulle glo misdaadstatistieke gemanipuleer het.
Vier polisiebeamptes wat glo ‘n Ghanese man by die OR Tambo Internasionale Lughawe vir geld afgepers het, het borgtog gekry.
‘n Polisieman en sy meisie se lyke is in ‘n dokter se spreekkamer in Mdantsane in die Oos-Kaap gevind, het die polisie gesê.
Drie polisiebeamptes is dood nadat gewapende mans ‘n polisiekantoor in ‘n voormalige rebelle-vesting in die weste van Irak aangeval het.
Sewe polisiebeamptes en vier burgerlikes is in hegtenis geneem vir die diefstal van 20 plasma-televisiestelle by ‘n ongelukstoneel.
Die polisie het die publiek gewaarsku dat vals aanklagte hul vermoë om aandag aan werklike misdaad te gee, ernstig belemmer.
'n Polisiebeampte wat daarvan beskuldig word dat hy 'n gevangene in 'n polisiesel verkrag het, sal binnekort om borgtog aansoek doen.
Twee mans, wat vir moord gesoek is, is dood in ‘n skietery met die polisie by ‘n huis in Amaoti, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.
Twee mense, insluitend 'n polisievrou, is in Kaapstad in hegtenis geneem vir die verkoop van ongelisensieerde ammunisie.
‘n Polisiekonstabel het in die hof verskyn op aanklag van poging tot moord nadat hy skote op ‘n vroulike konstabel afgevuur het.
Die polisie het die afgelope week meer as R50 miljoen in vervalsde produkte gekonfiskeer, het minister Nathi Mthethwa gesê.
Nathi Mthethwa het interne ondersoeke gelas na die rits senior poste en goue handdrukke wat Bheki Cele die afgelope twee jaar uitgedeel het.
‘n Polisiebeampte het glo sy meisie doodgeskiet en hul vierjarige seun in KwaMhlanga beseer, het die polisie in Mpumalanga gesê.
‘n Polisiebeampte het in ‘n hospitaal gesterf ná hy tydens ‘n jaagtog aan die Gautengse Oos-Rand in die oog geskiet is.
‘n Polisiekonstabel is in die oog geskiet toe die polisie ‘n groep vermeende rowers aan die Oos-Rand in Gauteng agterna gesit het.
Die Wes-Kaap wetgewende gesag ondersteun die herinstelling van gespesialiseerde dwelm- en bende-eenhede deur die polisie.
Ses polisiebeamptes is die afgelope week vir verskeie misdade, insluitend moord, verkragting, diefstal en korrupsie, in hegtenis geneem.
Volgens die Sondagkoerant City Press het ‘n ondersoek 115 senior polisiebestuurders aan moontlike tenderbedrog gekoppel.
Twee polisiebeamptes wat van moord aangekla word, het in die George-landdroshof verskyn, het die Onafhanklike Klagtedirektoraat gesê.
‘n Man is geskiet en drie polisiebeamptes is beseer in ‘n konfrontasie tussen die polisie en klante by ‘n taverne in Matsulu.
‘n Polisieman is dood en twee ander is beseer in ‘n motorongeluk in Springs op die Oosrand in Gauteng, het die polisie gesê.
‘n Polisieklerk het in die Bolobedu-landdroshof verskyn op twee aanklagte van moord, het die provinsiale polisie in Limpopo gesê.
Vier mans is daaraan skuldig bevind dat hulle ‘n Vrystaatse polisiebeampte twee jaar gelede doodgemaak het, het die polisie gesê.
‘n Man wat nie verwag het sy meisie gaan by die huis wees as sy skelmpie oorkom nie, het die polisie gebel en gesê sy is 'n inbreker.
Suid-Afrika se waarnemende nuwe polisiehoof, genl.maj. Nhlanhla Sibusiso Mkhwanazi, sê hy is gereed om sy nuwe rol aan te pak.
Pres. Jacob Zuma het by die Uniegebou in Pretoria aangekondig dat genl. Bheki Cele, nasionale polisiekommissaris, geskors is.
Twee polisiemanne is deur verdagtes in die Oos-Kaap doodgeskiet. Die slagoffers het op 'n oproep oor 'n inbraak by 'n winkel gereageer.
Polisiebeamptes los hul vuurwapens in badkamers en motors, of laat dit rondlê in hul kantore en huise sonder om dit in kluise toe te sluit.
‘n Polisiebeampte wat van diens af was, is in Ladysmith doodgeskiet deur twee mans wat voorgegee het om hom te help, het die polisie gesê.
Die polisie het twee vermeende rowers, waarvan een ook in verband met 'n moord gesoek is, in Limpopo doodgeskiet, het 'n woordvoerder gesê.
’n Nutsman gaan ’n siviele eis van R500 000 teen die minister van polisie instel nadat hy aangekla is van die moord op ’n seun.
‘n Polisiebeampte is ‘n boete van R10 000 opgelê in die spesiale hof vir kommersiële misdade nadat hy ‘n dronkbestuurder besteel het.
Inwoners het amok gesaai op die buitewyke van Colombo, Sri Lanka, in protes teen die dood van ‘n verdagte terwyl hy in aanhouding was.
Die polisie moet toegerus word met beter wapens, het Sapu gesê ná die moord op ‘n polisiebeampte in Bizana in die Oos-Kaap.
‘n Polisiekonstabel wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n taxi-eienaar vermoor het, het vlugtig in die Malamulele-landdroshof verskyn.
‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy ‘n polisiebeampte in Ikageng met oop hande in die gesig geklap het, het die polisie in die Noordwes gesê.
‘n Polisiebeampte is van statutêre verkragting skuldig bevind nadat hy seks gehad het met ‘n 15-jarige meisie by sy huis in Willowmore.
Vyf polisiemanne en oud-polisiemanne se korrupsieverhore het die goeie naam en reputasie van die polisie deur die modder gesleep.
Ernstige aanklagte staar ’n polisieman in die gesig nadat hy na bewering sy geweer aan ’n klein seuntjie gegee het om vas te hou.
Geen polisielede sal tot minstens middel Januarie volgende jaar verlof kry nie – nie eens genl. Bheki Cele, hul hoof, nie.
Byna ’n miljoen liter drank, maar nie ’n druppel om te drink nie. Dit was die geval in Potchefstroom toe 919 341 liter drank in dreine weggevloei het.
Die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) ondersoek ‘n aanval op ‘n joernalis deur 'n polisiebeampte, het 'n woordvoerder gesê.
Die polisie het ‘n man in hegtenis geneem nadat hy in belhar, Kaapstad, op ‘n polisieman geskiet het, het polisie in die Wes-Kaap gesê.
Vier mans het gesterf en een aanvaller en twee polisiebeamptes is gewond tydens ‘n skietery met die polisie in Durban-Noord.
Die beampte wat die moord op die regse leier Eugene Terre’Blanche ondersoek, is daarvan beskuldig dat hy die twee beskuldigdes mislei het.
Polisiebeamptes se name is op die betaalstate van Wes-Kaapse dwelmbase en figure in die onderwêreld gevind, het Dan Plato gesê.
Die polisie in Limpopo het ‘n interne ondersoek van stapel gestuur nadat mans in polisie-uniforms ‘n kruidenierswinkel beroof het.
‘n Ses-en-twintig-jarige man het inmekaargesak en gesterf terwyl hy ‘n fiksheidstoets by die Tshwane-metropolisie se akademie afgelê het.
‘n Polisiebeampte is in hegtenis geneem nadat hy na bewering geld geëis het by ‘n misdaadslagoffer om ‘n dossier oop te maak.
Vier polisiebeamptes wat aangekla word van die moord op ‘n man wat in polisie-aanhouding was, het in die Athlone-landdroshof verskyn.
‘n Polisiebeampte van KwaMhlanga het sy vrou doodgeskiet en ‘n buurman beseer voordat hy selfmoord gepleeg het, het die polisie gesê.
'n Polisieman is deur drie mans by sy huis in die KwaSwesi-informele nedersetting in Port Elizabeth doodgeskiet, het die polisie gesê.
Vier polisiebeamptes is by die OR Tambo- internasionale lughawe in hegtenis geneem op aanklagte van afpersing ná ‘n voorval by doeane.
Aanklaers wil hê 30 Roemeense polisiebeamptes moet in hegtenis geneem word nadat hulle glo omkoopgeld by 'n kollega aanvaar het.
Nathi Mthethwa het die SAPD en ander sekerheidsagentskappe geluk gewens omdat hulle misdaad oor die feestyd in toom gehou het.
'n Polisiebeampte het sy meisie doodgeskiet en toe selfmoord gepleeg naby Witrivier in Mpumalanga.
'n Polisieman het sy vrou buite 'n winkelsentrum in Port Shepstone doodgeskiet, voordat hy homself om die lewe gebring het.
'n Polisiereservis wat hom na bewering as 'n lid van die Valke voorgedoen het om omkoopgeld te eis, is vasgetrek.
‘n Polisiebeampte is in KwaMhlanga in Mpumalanga deur drie mans wat geryloop het, geskiet, het die polisie gesê.
'n Polisiebeampte wat wyle regter Patrick Maqubela se vrou op aanklagte van moord in hegtenis geneem het, het in 'n motorongeluk gesterf.
‘n Polisiebeampte wat vervalsde eise ingdien het vir die hoeveelheid kilometers wat hy met sy gesubsidieerde motor afgelê het, is afgedank.
Die Oos Kaapse Operation Duty Calls-veldtog, wat verlede maand geloods is, het tot die inhegtenisname van meer as 'n duisend misdadigers gelei.
‘n Polisiebeampte het in die hospitaal aan sy wonde beswyk nadat ATM-rowers in Alexandra op hom en sy mede-polisiebeampte geskiet het.
‘n Ondersoek is geloods nadat die polisie ‘n man in Port Elizabeth per ongeluk doodgeskiet het, het Onafhanklike Klagtedirektoraat gesê.
Twee mense in Kagiso in Krugersdorp is in aparte voorvalle deur twee mans wat voorgegee het dat hulle polisiebeamptes is, beroof.
Sowat 3 000 polisiebeamptes het in hul blou uniforms buite die parlementsgebou in Sydney, Australië, bymekaar gekom.
Nathi Mthethwa, minister van polisie, sê R16,2 miljoen is begroot om speurders op te lei om sodoende misdaad te bekamp.
'n Twaalfjarige meisie word in ‘n hospitaal behandel nadat ‘n polisiekoeël haar in Kamesh, Uitenhage, getref het, het die polisie gesê.
Die polisie wou nie reageer op gerugte dat die voormalige Springbok Solly Tyibilika doodgeskiet is in ’n aanval wat op hom gemik was nie.
‘n Man is deur die polisie doodgeskiet tydens ‘n jaagtog in George nadat hy en vier ander weggejaag het, het die polisie gesê.
‘n Polisieman wat met die Zwelitsha misdaadintelligensie-eenheid verbind word, is dood nadat hy ‘n paar dae gelede geslaan en gesteek is.
‘n Polisiebeampte van Mpumalanga het sy meisie doodgeskiet voor hy die geweer op homself gedraai het, het die polisie gesê.
Drie mans is in Polokwane in hegtenis geneem nadat hulle hulself as polisiebeamptes voorgedoen het en vir gewapende roof.
‘n Polisiebeampte het in die Nelspruit-landdroshof verskyn nadat hy na bewering omkoopgeld van ‘n sakevrou wou hê, het die polisie gesê.
’n Feitlik onbekende en "relatief junior" polisieman sal genl. Bheki Cele, nasionale polisiekommissaris, se skoene nou moet vol staan.
‘n Polisiekonstabel van Ga-Rankuwa het sy meisie doodgeskiet en toe die geweer op homself gedraai, het die polisie in Gauteng gesê.
‘n Regter het jurielede se uitspraak teen vyf polisiebeamptes wat betrokke was by ‘n noodlottige skietery ná Orkaan Katrina, omgekeer.
Drie voormalige polisiebeamptes is skuldig bevind aan handel in dwelms, waarvan sommige gekonfiskeerde dwelms was, het die NVG gesê.
‘n Man is dood in ‘n skietery met die polisie in Durban nadat die polisie 'n huis genader het waarin vermeende misdadigers geskuil het.
Polisielede wat verlede jaar afwesig was by die werk weens siekte, het die belastingbetaler meer as R771 miljoen gekos, het die VF+ gesê.
Die lyk van ‘n polisiebeampte is in Inanda gevind met ‘n skietwond aan die kop, het die departement van vervoer in KwaZulu-Natal gesê.
Die polisie het beloof om alles in hul vermoë te doen om die moordenaars van 'n konstabel wat in Queenstown doodgeskiet is, te vind.
‘n Polisiesersant het geweier om ‘n man se verklaring van huisbraak en diefstal te neem totdat die klaer hom R100 betaal.
’n Groep wat daarvan aangekla is dat hulle ’n verlamde vrou en haar ma aangerand het, is vrygespreek weens ’n uiters swak polisie-ondersoek.
‘n Gewapende man is doodgeskiet in ‘n skietery met die polisie in Orange Farm, naby Vereeniging, het die polisie in Gauteng gesê.
‘n Berig dat die polisiekommissaris Bheki Cele in die komende week geskors gaan word is ‘n tree in die regte rigting, het die DA gesê.
Vier skoolmeisies is beseer tydens ‘n plofstof-demonstrasie wat deur die plaaslike polisiemag by hulle skool aangebied is.
Die Britse polisie het die agste verdagte in ‘n anti-terreur operasie wat Islamitiese ekstremiste teiken in Birmingham in hegtenis geneem.
‘n Polisiekonstabel is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n taxi-eienaar in Malamulele, het die polisie in Limpopo gesê.
Die polisie word beskuldig dat hulle roekeloos en onnodig in Kimberley geskiet en onskuldige inwoners se lewe in gevaar gestel het.
‘n Maleisiese polisiebeampte wat 'n tiener-verdagte tydens 'n jaagtog doodgeskiet het, is vyf jaar gevangenisstraf opgelê.
Twee polisiebeamptes en ‘n prokureur is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ‘n vermeende inbreker naby Vereeniging doodgemaak het.
Twee mense, onder wie 'n polisieman, is in ‘n skietery by ‘n polisiestasie in Middelburg, Mpumalanga doodgeskiiet.
Twee polisiebeamptes is in hegtenis geneem toe hulle 'n motoris afgepers het deur geld by hom te eis weens 'n "onpadwaardige" voertuig.