Drie mense is dood nadat 'n Ferrari 599 GTO 'n rooi verkeerslig in Singapoer verontagsaam en 'n taxi teen 'n hoë spoed getref het.
Twee mense is dood en 11 ander beseer nadat 'n bakke en 'n motor op die N3 naby Harrismith gebots het, het paramedici gesê.
Die saak teen 'n man wat daarvan beskuldig word dat hy 'n fietsryer naby die Knysna-lagoon raakgery het, is in die plaaslike hof uitgestel.
'n Man is dood en twee ander mense is kritiek beseer nadat die motor waarin hulle gery het by 'n brug in Eeufeesweg in Pretoria afgestort het.
'n Vierjarige meisie is dood nadat 'n Corsa-bakkie by die kruising van Labelle- en Ou Paarlweg teen 'n Toyota RunX gebots het.
Drie mense is dood nadat die motor waarin hulle gery het in Benoni aan die brand geslaan het, het paramedici gesê.
'n Man is dood en drie ander is beseer nadat 'n taxi teen die muur van 'n huis in Orlando, Johannesburg, gebots het.
Dertien mense is dood en ses ander mense beseer nadat 'n motor en 'n bus trompop naby die dorp Azare gebots het, het 'n beampte gesê.
Drie mense is dood nadat 'n vragmotor en 'n motor 10 km buite Potchefstroom trompop gebots het, het paramedici in die Noordwes gesê.
Veral die bestuurders van minibustaxi's en busse sal dié naweek moet ligloop vir verkeersbeamptes op die land se paaie.
Twee mans is dood en twee ander beseer nadat die motor waarin hulle gery het op die M1-hoofweg teen 'n stoomroller gebots het.
Vyftien mense is beseer nadat twee taxi's op die N12 naby die Putfontein-afrit in Benoni gebots het, het paramedici gesê.
Dertien mense is beseer nadat die taxi waarin hulle gery het op die N4 naby Middelburg in Mpumalanga omgeslaan het
'n Man is dood en vier ander mense beseer nadat die motor waarin hulle gery het op die M41 in Durban-Noord omgeslaan het.
Meer as 10 000 bestuurders sal maandeliks vir die misbruik van alkohol getoets word om sterftes op paaie hok te slaan.
Opvoeding oor padveiligheid en sigbare polisiëring is waarskynlik die rede waarom die aantal padsterftes die afgelope Paasnaweek laer is.
’n Swanger vrou is in haar slaapkamer doodgery nadat ’n bakkie in die vroeë oggendure in haar HOP-huis in Bloemfontein ingebars het.
'n Man is dood nadat sy motor die pad verlaat en by 'n wal afgerol voor dit teen 'n boom tot stilstand gekom het, het paramedici gesê.
Veertien mense is dood nadat die bus waarin hulle gery het die pad verlaat en in 'n sloot in noordoostelike China beland het.
Net omdat die bestuurder van ’n motor “lig na drank ruik” is hoegenaamd geen regverdige grond om hom weens dronkbestuur in hegtenis te neem nie.
Onlangse navorsing in die VSA toon mense oorskat hoeveel hulle kan drink voordat hulle nie meer in staat is om motor te bestuur nie.
Kapenaars kan binnekort hul selfone kwyt wees as hulle herhaaldelik gevang word dat hulle praat terwyl hulle bestuur.
Provinsiale en munisipale verkeersdepartemente het motoriste gewaarsku dat hulle oor die Paastyd geen genade aan padoortreders gaan betoon nie.
'n Man is dood en agt mense beseer nadat die motors waarin hulle gery het trompop gebots het, sê die departement van gemeenskapsveiligheid.
'n Durbanse jaagduiwel het hom ’n boete van R25 000 op die hals gehaal nadat hy teen 215 km/h in ’n snelstrik gevang is.
Twee motorfietsryers is ernstig beseer in 'n ongeluk op die N1 tussen Pretoria en Johannesburg, het paramedici gesê.
Indien Gareth Cliff, 5FM-omroeper, onder Aarto beboet was, sou hy nie ’n misdaadrekord gehad het nie, sê S’bu Ndebele.
’n Polisieman het in Pretoria plat op die teer gaan sit en ’n ma vasgehou wie se matriekseun in ’n botsing met ’n bus dood is.
Lasbrief-inhegtenisnemings, dronkbestuur en spoed: dit is die grootste redes waarom voertuigbestuurders agter tralies beland.
Minstens 50 mense is dood en 27 ander beseer in 'n ongeluk in oostelike Guinee, het die regering in 'n verklaring gesê.
'n Vrou is dood en ses ander mense beseer nadat drie voertuie in Ventersdorp in die Noordwes gebots het, het paramedici gesê.
Twee mense is dood en vyf ander mense beseer nadat die voertuig waarin hulle gery het, teen 'n lamppaal gebots het.
Altesaam 17 mense is beseer toe 'n taxi gerol het. Die taxi het vir 'n Audi probeer uitswaai en gevolglik gerol en ‘n ander taxi getref.
Inwoners van ’n straat in North Riding, Johannesburg, meen dis net ’n kwessie van tyd voordat iemand in die reuse-gat daar val.
Ses spelers van die Duitse Bundesliga-span Hoffenheim se o.23-span is beseer in 'n busongeluk in Namibië, het die span se woordvoerder gesê.
’n Toyota-bakkie van 1976 waarvan “net die voorruit nog padwaardig was” is van die pad getrek. Die man is beboet en die bakkie geskrap.
Drie jong susters is dood nadat die Opel Kadett waarin hulle passasiers was, teen 'n Ford Focus in Hartenbos gebots het.
Hope suurkool het uit ’n vragmotor op ’n besige Duitse hoofweg gestort en vinnig aan die blad van die autobahn vasgevries.
’n Ma van Centurion het ’n saak by die polisie teen haar 16-jarige seun aanhangig gemaak nadat hy haar motor sonder toestemming gevat het.
Hoewel Thomas Ferreira goeie vordering toon, gaan dit twee jaar duur voordat die langtermyneffek van sy breinbesering vasgestel kan word.
Vyf mense is dood nadat 'n taxi teen 'n stilstaande vragmotor op die N1 in Kraaifontein gebots het, het paramedici in die Wes-Kaap gesê.
Die polisie in Nieu-Seeland het gesê hy is geskok oor die aantal ma's in Auckland wat hul kinders borsvoed terwyl hulle bestuur.
Verbruikers gaan van 1 Februarie ’n heffing van R2,30 per kilogram op nuwe bande betaal ná die amptelike aankondiging van Redisa.
Ses mense, waarvan vyf in hul 20's, is dood toe 'n Honda Ballade deur 'n winkel in Plumstead, Kaapstad, geploeg het, het paramedici gesê.
‘n Egpaar het gesterf en hul twee kinders is ernstig beseer toe hul motor teen ‘n boom op die N4 buite Swartruggens gebots het.
Mans is hofliker teenoor vroue in die verkeer en gee meer dikwels aan die skoner geslag toe as aan hul manlike eweknieë, toon 'n studie.
‘n Vrou is dood nadat sy in Ontdekkersrylaan naby die Corlettrylaan-kruising beheer oor haar voertuig verloor en teen ‘n motor gebots het.
Twee mans is dood en twee mense het ernstige beserings opgedoen in ‘n trompop-botsing op die Zuurfontein-pad naby Kemptonpark.
‘n Kleuter het op die toneel gesterf toe ‘n motor haar in Vukani, Grahamstad, getref het, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
‘n Man het in ‘n padongeluk buite Louis Trichardt gesterf nadat hy teen ‘n vragmotor vasgery het, het paramedici gesê.
Vyf mense is dood nadat 'n taxi en 'n afleweringsvoertuig in Etwatwa, oos van Johannesburg, gebots het, het paramedici gesê.
'n Vrou is dood en 16 ander mense beseer nadat 'n bakkie Saterdag op die M13 in Kloof naby Durban omgeslaan het, het paramedici gesê.
Altesaam 34 mense is dood en 20 ander mense is beseer nadat 'n bus omgeslaan, by 'n brug afgestort en 'n rivier in sentraal Viëtnam beland het.
Vyf mense is dood nadat 'n SA Roadlink-bus, wat in die rigting van Bloemfontein gery het, op die N1 omgeslaan het, het owerhede gesê.
Minstens 11 mense is dood en 10 ander beseer nadat 'n erg oorlaaide Jeep 150 m ver in ’n ravyn afgestort het, het die polisie gesê.
Sewe mense, waaronder twee kinders, is dood nadat die motor waarin hulle gery het, teen die sleepwa van 'n vragmotor gebots het.
Twee mans is dood en drie ander mense het kritieke beserings opgedoen nadat twee motors trompop gebots het op die Ikageng-pad in Potchefstroom.
Die motorvervaardiger Honda het die wêreld se eerste stelsel ontwerp wat in staat is om verkeersopeenhopings te voorkom.
Vier mense is dood en sewe beseer toe hul minibus-taxi op die N3 naby die De Hoek-tolplaza, in Grootvlei, Mpumalanga, omgeslaan het.
Dertien mense is dood en 21 ander beseer nadat 'n toerbus en 'n vragmotor in oostelike China gebots het, het die amptelike nuusagentskap berig.
Fietsry Suid-Afrika (FSA) het die dood van 'n fietsryer in 'n beweerde padwoede-aanval in Alberton sterk veroordeel.
'n Motorfietsryer is dood nadat hy in Main Reefweg, tussen Brakpan en Benoni, teen 'n motor gebots het, het paramedici gesê.
Vier mense is dood nadat die motor waarin hulle gery het op die N11 teen 'n vragmotor gebots het, het paramedici gesê.
'n Man is dood nadat hy beheer oor sy motorfiets verloor en teen 'n boom in Roshnee in Vereeniging gebots het, het paramedici gesê.
Hy is vreeslik bly om tuis te wees, maar hy haat dit dat hy niks kan dóén nie. So het die 19-jarige Thomas Ferreira gesê.
Altesaam 72 mense is beseer toe ‘n bus in die vroeë oggendure naby Rosendal in die Vrystaat omgeslaan het, het paramedici gesê.
Ernstige ongelukke gedurende die Paasnaweek het landwyd drasties verminder, het die woordvoerder van die RTMC gesê.
Ses mense is dood in die Nebo-gebied van Limpopo in 'n trompop-botsing wat vermoedelik deur moegheid veroorsaak is, het die SABC berig.
'n Motorfietsryer is op die N1 naby Olifantsfontein in hegtenis geneem vir 'n ernstige spoedoortreding, het Gautengse verkeersowerhede gesê.
Moegheid is ’n stille moordenaar en sal waarskynlik die Paasnaweek weer die meeste padsterftes veroorsaak, sê Themba Vundla.
As jy ’n boete van R300 000 van die Johannesburgse metropolisie kry, moenie benoud wees nie. Kontak die metropolisie.
Die kruising op die R59 waar die sanger Zak van Niekerk die naweek dood is, word al jare lank as “die kruising van die dood” beskryf.
’n Man van Oos-Londen is op die N1-hoofweg buite die Rosestad in hegtenis geneem nadat hy na bewering teen 226 km/h gejaag het.
'n Man is dood en drie ander mense het kritieke beserings opgedoen nadat die motor waarin hulle gery het, in Randpark Ridge gerol het.
Die Amerikaanse maatskappy AT&T Labs het 'n "slim" stuurwiel ontwerp wat dalk eendag jou GPS kan vervang.
Met die skoolvakansie, langnaweke en die Absa KKNK voor die deur is padwerk na en in die Suid-Kaap ’n kopseer, sê die verkeersdepartement.
Motoriste is bang om nee te sê vir ruitwassers wat by verkeersligte diens doen omdat die ruitwassers glo aggressief raak.
Om 62 jaar lank te bestuur sonder om ’n verkeersboete te kry, beteken nie noodwendig ook 62 jaar sonder ’n ongeluk nie.
Die omstrede Aarto-verkeerstelsel sal as gevolg van verskeie probleme nie soos verwag op 1 April in werking gestel word nie.
'n Vrou is dood nadat 'n taxi op die R509 tussen Derby en Magalies omgeslaan het, sê die departement van gemeenskapsveiligheid.
Altesaam 11 mense is dood nadat twee taxi's in Georgedaleweg in Hammersdale in KwaZulu-Natal gebots het, het paramedici gesê.
'n Vrou is dood en vier ander mense beseer nadat 'n vragmotor in Eston naby Pietermaritzburg gerol het, het paramedici gesê.
Die verbetering van die padinfrastruktuur in stedelike gebiede en beter wetstoepassing het gelei tot ’n afname in motorongelukke.
’n Spoedvraat is op die R61 tussen Aberdeen en Beaufort-Wes gevang nadat sy teen ’n gemiddelde snelheid van 192 km/h gejaag het.
Motoriste wat moeg is vir ongeskikte mede-padgebruikers het nou ’n manier om op die internet aan hul frustrasies uiting te gee.
'n Polisieman is dood nadat sy motor in 'n ongeluk middeldeur gebreek en hy uit die motor geslinger is, het paramedici gesê.
'n Man is dood en drie mense is beseer nadat 'n taxi trompop teen 'n klein bus in Brakpan aan die Oosrand gebots het, het paramedici gesê.
Oos-Kapenaars op pad na Bloemfontein sal hul roete fyn moet beplan noudat slegs sekere voertuie oor ’n brug by Aliwal-Noord toegelaat word.
Dertien mense, waarvan twee kritiek, is beseer in 'n taxi-ongeluk naby Potchefstroom in die Noordwes, het paramedici gesê.
Die Padongelukfonds (POF) moet R300 000 aan die voormalige Vrystaatse 100 m-hekkiesatleet Madré Janse van Rensburg (23) betaal.
Onlangse voorstelle om die spoedperk te verlaag om verkeersongelukke te verminder, toon dat die regering “na strooihalms gryp”.
‘n Polisiebeampte is in hegtenis geneem nadat hy op die N4 tussen Zeerust en Swartruggens in die Noordwes gejaag het.
Suid-Afrikaners het ’n kopskuif nodig om die slagting op die paaie stop te sit en strenger wetgewing word beplan om dit te help bewerkstellig.
‘n Sesjarige seun se lyk is op 'n sypaadjie gevind nadat 'n motor hom raakgery het, het Gautengse paramedici gesê.
Twee mans het gesterf en vyf mense is kritiek beseer toe drie voertuie naby Nkomazi, Mpumalanga, opeengehoop het.
’n Voetganger is buite Bloemfontein deur ’n ambulans doodgery toe die voertuig ’n motor verbygesteek en vir ’n vragmotor uitgeswaai het.
‘n Man is dood en talle ander het beserings opgedoen toe drie motors op die R23 tussen Heidelberg en Standerton gebots het.
‘n Bestuurder is in Pietermaritzburg in hegtenis geneem nadat hy ‘n ongeluk veroorsaak het en weggery het, het die polisie in KZN gesê.
‘n Driejarige meisie is dood toe ‘n motor haar in Honeydew, wes van Johannesburg, raakgery het, het paramedici gesê.
Volgens voorlopige syfers van die RTMC is minder mense in Desember in padongelukke dood as in dieselfde tydperk die afgelope twee jaar.