ARTIKELS OOR oorlog

Bom eis nóg drie in Afganistan

2011-12-03 17:13

Drie lede van Navo se Internasionale Sekerheidsbystandsmag is dood toe 'n bom langs 'n pad in die ooste van Afganistan ontplof het.

Minstens 7 sterf in hernude geweld in Jemen

2011-11-02 14:16

Minstens sewe mense is in twee Jemenitiese stede dood nadat geweld weer in die land opgevlam het, het paramedici en aktiviste gesê.

‘Ons is deur die ore gewerk’

2011-10-30 07:04

Muammar Gaddafi se Suid-Afrikaanse huursoldate was net pionne wat “deur die ore gewerk is” as deel van ’n internasionale sameswering.

Gaddafi dood in aanval, beweer NOR

2011-10-20 14:26

Muammar Gaddafi, die voormalige Libiese leier, het beswyk aan sy wonde nadat hy naby Sirte gevange geneem is, het 'n NOR-beampte gesê.

NOR in beheer van Sirte

2011-10-20 13:30

Vegters van die Libiese Nasionale Oorgangsraad het bevestig dat hulle Muammar Gaddafi se tuisstad, Sirte, oorgeneem het.

Uganda: 'Amerikaanse troepe kom nie namens ons veg'

2011-10-17 15:29

Yoweri Museveni, die Ugandese president, het gesê dat Amerikaanse “personeel” wat na Uganda gestuur word, nie aan gevegte gaan deelneem nie.

Gaddafi skuil dalk in gebergtes

2011-10-11 11:43

Muammar Gaddafi skuil heel moontlik in ‘n afgeleë en yl bevolkte, bergagtige gebied, het 'n woordvoerder van Libië se oorgangsraad gesê.

Tutu: 'Wêreld sal meer vreedsaam wees as vroue regeer'

2011-10-08 15:15

Die wêreld sal ‘n vreedsame plek wees as dit deur vroue regeer word, het emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu aan die Dalai Lama gesê.

Sirte raak ‘n doring in NOR se vlees

2011-10-05 16:04

Talle inwoners van Sirte blameer Libië se nuwe regering vir die dood en verwoesting wat deur weke se gevegte op dié stad losgelaat is.

Gaddafi-magte vang huursoldate

2011-09-19 16:55

Muammar Gaddafi se lojaliste het 17 huursoldate, party van Brittanje en Frankryk, gevang, het Gaddafi se woordvoerder gesê.

Uitgeweke Libiese vlieëniers keer terug huis toe

2011-09-19 07:59

Twee Libiese vlieëniers wat in Februarie na Malta uitgewyk het nadat hulle geweier het om burgerlikes te bombardeer, is terug by die huis.

Libië benodig nie buitelandse hulp – rebelle

2011-08-31 16:23

Die Nasionale Oorgangsraad dring daarop aan dat Libië nie buitelandse hulp nodig het nie en dat die land nie 'n burgeroorlog beleef nie.

Sowat 50 000 Libiërs reeds dood

2011-08-31 08:36

'n Geraamde 50 000 mense is in gevegte in Libië dood sedert opstande ses maande gelede begin het om kol. Muammar Gaddafi te ontsetel.

Gaddafi word weer oupa

2011-08-30 18:57

Muammar Gaddafi se dogter, Aisha, wat saam met ander familielede na Algerië gevlug het, het glo geboorte aan ‘n babadogtertjie gegee.

Libiese rebelle trek op na Gaddafi se tuisstad

2011-08-29 14:47

Libiese rebelle wat deur Navo gesteun word is besig om aan die buitewyke van Muammar Gaddafi se tuisstad stelling in te neem.

Gaddafi straks in Zim

2011-08-29 09:11

Gerugte dat die Libiese diktator, Muammar Gaddafi, hom in Zimbabwe bevind, kon nie deur die Suid-Afrikaanse regering bevestig word nie.

Navo verskuif fokus na Gaddafi se tuisdorp

2011-08-26 17:36

Navo het die fokus van sy aanvalle na Muammar Gaddafi se tuisdorp waar Gaddafi-magte nog oorlog teenoor die Libiese mense maak, verskuif.

Gaddafi kruip dalk weg waar kernwapens is

2011-08-26 08:59

Kol. Muammar Gaddafi en van sy familielede het hulle vermoedelik in sy etniese basis by Sebha in die suide van Libië ingegrawe.

Verband tussen klimaat, oorloë

2011-08-25 20:52

Oorloë en konflik is twee keer meer geneig om plaas te vind tydens jare waarin El Niño-klimaatstoestande voorkom, het ‘n studie bevind.

17 lyke in Gaddafi-woning gevind

2011-08-25 14:37

‘n Hospitaal in Tripoli het 17 lyke ontvang van mense wat glo deur regeringsmagte in Muammar Gaddafi se kamp in die hoofstad tereggestel is.

R12 miljoen vir Gaddafi, lewend of dood

2011-08-24 18:30

Die Libiese Nasionale Oorgangsraad het gesê hulle sal R12 mijoen betaal as iemand Muammar Gaddafi dood of lewendig aan hulle uitlewer.

Gaddafi het lankal gevlug, meen dokter

2011-08-24 08:55

Rebellemagte het Bab-Azizi­yah, die laaste vesting van die Libiese leier, Muammar Gaddafi, binnegedring maar geen teken van hom gevind nie.

AU gaan noodvergadering oor Libië hou

2011-08-23 13:42

Die Afrika-unie gaan ‘n noodvergadering oor Libië hou terwyl die rebelle spoedig op pad is om Muammar Gaddafi se regering tot ‘n einde te bring.

Libië: Kinders veg om hulle lewens

2011-08-22 18:59

Onder meer twee kinders veg om hulle lewens in die enigste werkende hospitaal in Tripoli nadat die rebelle die stad binnegeval het.

Rebelle beheer strategiese punte in Tripoli

2011-08-22 08:07

Rebelle in Libië is in beheer van die mees strategiese plekke in Tripoli, buiten die Libiese leier, Muammar Gaddafi, se vesting in die stad.

Gaddafi ‘is afgesny van buitewêreld’

2011-08-16 09:26

Libiese rebelle sê hulle het binne 24 uur ’n tweede strategiese dorp naby Tripoli oorgeneem wat die omsingeling van die hoofstad voltooi.

Te min wapens vir Libiese rebelle

2011-08-08 22:56

Rebelle in Zliten het glo baie min ammunisie en is op die defensief, terwyl Muammar Gaddafi se magte van die suide af op die aanval is.

Navo-aanval dood glo Gaddafi se seun

2011-08-05 09:43

Libiese rebelle beweer dat Muammar Gaddafi se seun, Khamis, tydens ‘n Navo-aanval op ‘n beheerpunt in Zliten gedood is.

Rusland, Libië bespreek glo Gaddafi se 'uittrede'

2011-07-22 11:30

Russiese en Libiese diplomate het tydens ‘n vergadering die moontlike uittrede van Muammar Gaddafi, die Libiese leier, bespreek.

Zuma, Cameron stem saam oor Gaddafi

2011-07-18 13:01

Die Britse premier David Cameron en Suid-Afrika se president, Jacob Zuma, sê hulle stem saam dat Libië se leier, Muammar Gaddafi, moet gaan.

Gaddafi wil stad van rebelle 'bevry'

2011-07-15 09:02

Muammar Gaddafi, die Libiese leier, het sy ondersteuners aangemoedig om op te ruk na Benghazi, die rebelle-vesting in die ooste van Libië.

Parys sê Gaddafi is gereed om oor te gee

2011-07-12 16:20

Alain Juppe, die Franse minister van buitelandse sake, het gesê Muammar Gaddafi is volgens sy gesante "gereed om te gaan."

Gaddafi nie deel van onderhandelinge met rebelle

2011-07-12 09:29

Muammar Gaddafi sal nie deelneem aan 'n voorgestelde vergadering tussen sy regime en die rebelle nie, sê die Libiese premier.

ISH sal nie Gaddafi-lasbrief terugtrek

2011-07-08 16:39

Die ISH sal nie die lasbrief vir die inhegtenisname van Muammar Gaddafi as basis vir onderhandelinge oor Libië gebruik nie.

Chinese diplomaat, Libiese rebelle vergader

2011-07-07 21:06

‘n Senior Chinese diplomaat het die Libiese rebelle in Benghazi besoek terwyl Beijing al hoe meer betrokke by dié Noord-Afrika-land raak.

Zuma, Russe oortuig nie oor lugaanvalle

2011-07-05 07:58

Pogings deur pres. Jacob Zuma en pres. Dmitri Medvedev van Rusland om Navo-lande te oortuig om hul lugaanvalle op Libië te staak, het misluk.

Libiese regering onderhandel glo met rebelle

2011-07-01 13:17

Die Libiese regering is betrokke by samesprekings met die rebelle wat Muammar Gaddafi se regering wil omverwerp, het sy dogter gesê.

Noord- en Suid Soedan maak ooreenkoms oor grensdorp

2011-06-30 15:04

Noord- en Suid-Soendan het ooreengestem om ‘n buffersone te vorm by hulle gemeenskaplike grens voor die suide se amptelike skeiding van sy buurman.

Spaanse soldate sterf in Afganistan

2011-06-26 20:00

Twee Spaanse soldate het in Afganistan gesterf en nóg drie is beseer toe hul gepantserde voertuig ‘n tuisgemaakte ploftoestel getref het.

Suid-Koreaanse weermag skiet op passassiersvliegtuig

2011-06-18 17:52

Seesoldate het met vuurwapens op 'n Suid-Koreaanse passassiersvliegtuig geskiet ná hulle dit aangesien het vir 'n militêre vliegtuig.

Twitter help Navo in Libië

2011-06-16 12:17

Navo-magte wat spook om die Libiese leier Muammar Gaddafi uit sy stoel te lig, het 'n nuwe wapen in die arsenaal – Twitter.

Liberiese huursoldate vir die Ivoorkus gevang

2011-06-09 20:59

Die owerhede het tien Liberiërs in hegtenis geneem omdat hulle glo huursoldate was tydens die naverkiesingskrisis in die Ivoorkus.

Navo bespreek Libiese lugaanvalle

2011-06-08 15:34

Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie het in Brussel vergader om die uitkoms van sowat twee maande se lugaanvalle in Libië te bespreek.

Gaddafi se dogter kla Navo aan

2011-06-08 08:45

Aisha Gaddafi, Muammar Gaddafi se dogter, beskuldig Navo van oorlogmisdade nadat haar dogter en ander familielede in 'n Navo-aanval dood is.

VN: Soedan sê Abyei-inwoners kan terugkeer

2011-06-07 10:20

Die VN sê die Soedannese regering gaan die weg baan vir inwoners wat uit die Abyei-gebied gevlug het om terug te keer.

Helikopters gebruik om Libië aan te val

2011-06-04 15:25

Aanvalshelikopters het Muammar Gaddfi se magte aangeval, met die Navo-beheerde oorlog wat ‘n nuwe fase ingegaan het.

Ivoorkus: 150 Gbagbo-ondersteuners vermoor

2011-06-03 10:38

Sowat 150 ondersteuners van die Ivoorkus se vorige president is sedert middel April in Abidjan vermoor deur Alassane Ouattara se lojaliste.

Libië: Rebelle moet gevangenes só behandel

2011-05-31 09:17

Die rebelle se administrasie in die ooste van Libië het riglyne versprei oor hoe die rebelle-soldate oorlogsgevangenes moet behandel.

Somalië: Sewe dood in mortier-aanval

2011-05-26 23:19

Sowat sewe burgers is dood en 17 beseer in ‘n mortier-aanval in Mogadisjoe, wat deur regeringsmagte beheer word, het die polisie gesê.

Soedan: Spanning verhoog tussen noorde, suide

2011-05-24 10:32

Vredesmaglede van die VN in Soedan sê die omstrede grensdorp Abyei is aan die brand gesteek sedert dit deur soldate van die Noorde beset is.

 

Somalië: Spanning loop hoog tussen soldate, rebelle

2011-11-21 14:06

Al-Shabaab-rebelle het gewaarsku dat hulle Ethiopiese soldate "se nekke sal breek" nadat honderde soldate Somalië binnegeval het.

VSA soldaat hou Afgane se vingers as trofee

2011-11-01 15:20

‘n Amerikaanse stafsersant aangekla van die moord op drie Afgaanse burgerlikes het erken hy het hul vingers as oorlogstrofeë gehou.

Oorlog in Irak verby, sê Obama

2011-10-21 20:01

Barack Obama het 'n belofte nagekom wat hy vóór sy presidentskap gemaak het toe hy vandag die einde van die oorlog in Irak aankondig.

Gaddafi glo vas, gewond

2011-10-20 13:36

Muammar Gaddafi van Libië is deur NOR-vegters in Sirte gevange geneem en in albei sy bene gewond, het ‘n NOR-beampte gesê.

Kenia wil buffersone skep in Somalië ná ontvoerings

2011-10-18 08:00

Die Keniaanse weermag se inval in die suide van Somalië is daarop gemik om ’n militêre buffersone tussen dié twee lande te vestig.

Kenia, Somalië bal vuiste vir mekaar

2011-10-17 08:31

Keniaanse troepe het die grens na Somalië oorgesteek om Islamitiese Shebab-rebelle, wat van ontvoering beskuldig word, aan te val.

NOR mik om volle beheer oor Sirte te hê

2011-10-10 20:53

Die NOR mik om binnekort volle beheer oor Sirte, Muammar Gaddafi se tuisdorp, te hê nadat belangrike posisies in dié stad oorgeneem is.

Kommer oor vasgekeerde burgers in Sirte

2011-10-05 23:03

Daar is vermoedelik talle burgers wat in die oorlog-geteisterde stad Sirte vasgekeer is omdat hulle nie petrol vir hul voertuie het nie.

Bomme sal aanhou neerreën in Libië, sê Amerika

2011-10-05 10:55

Die Navo-veldtog in Libië sal voortduur tot botsings tussen rebelle en die lojaliste van Muammar Gaddafi verby is.

Gaddafi-regime blameer nóg sterftes op Navo

2011-09-19 14:07

Navo is verantwoordelik vir die dood van 354 mense tydens oornagse lugaanvalle in Sirte, het ‘n woordvoerder vir Muammar Gaddafi gesê.

Libië kort kos en water

2011-09-02 14:47

Libië word deur ‘n tekort aan drinkwater, brandstof en medisyne in die gesig gestaar, het die VN se humanitêre koördineerder vir dié land gesê.

Gaddafi-magte het nou vier dae om oor te gee

2011-08-31 08:57

Die Libiese rebelle het Gaddafi-lojaliste vier dae gegee oor te gee of deur ’n militêre konfrontasie in die gesig gestaar te word.

Libiese rebelle 'byna seker' intelligensiehoof is dood

2011-08-30 18:57

Die Libiese rebelle is “byna seker” daarvan dat Abdullah al-Senussi, die intelligensiehoof, en Khasim, Muammar Gaddafi se seun, dood is.

Rebelle sê Gaddafi-familie moet terug van Algerië

2011-08-30 08:11

Die leierskap van die Libiese rebelle gaan 'n versoek aan Algerië rig dat Muammar Gaddafi se vrou en kinders na Libië teruggestuur word.

Tripoli: Verbrande lyke in pakhuis gevind

2011-08-29 10:42

Verbrande lyke is in 'n pakhuis in Tripoli gevind terwyl daar na sowat 50 000 vermiste gevangenes van die Gaddafi-regime gesoek word.

Gaddafi verkrag glo vroulike lyfwagte

2011-08-29 07:58

Vyf vroue wat deel was van Muammar Gaddafi se uitsoekeenheid van vroulike lyfwagte beweer hulle is deur hom verkrag en misbruik.

Gaddafi sê Tripoli moet ‘bevry word’

2011-08-26 11:12

Kol. Muammar Gaddafi het in ‘n klankopname gesê dat 'n gewapende stryd nodig is om die “vyande” te oorwin en om “Tripoli te bevry.”

Huursoldate van SA ‘help Gaddafi se familie vlug’

2011-08-26 08:06

Minstens vyf Suid-Afrikaners was glo deel van ’n span huursoldate wat moes help kol. Muammar Gaddafi se gesin die laaste paar weke te beskerm.

Burkina Faso bied politieke asiel aan Gaddafi

2011-08-25 18:58

Burkina Faso het aangebied om politieke asiel aan kol. Muammar Gaddafi te bied, maar het terselfdertyd die Nasionale Oorgangsraad erken.

Nigerië verklaar hul steun aan oorgangsraad

2011-08-25 08:30

Nigerië het die eerste Afrika-land van die VN se Veiligheidsraad geword wat amptelik verklaar het hy erken die NOR as die regering van Libië.

Libiese ambassades vernietig Gaddafi-foto’s

2011-08-24 14:29

Libiese diplomate by die land se ambassades van oor die wêreld heen vernietig foto's van kol. Muammar Gaddafi terwyl hy weier om oor te gee.

Gaddafi het kamp verlaat weens 'taktiese redes'

2011-08-24 08:15

Muammar Gaddafi het glo sy kamp in Tripoli, wat deur die rebelle oorgeneem is, in ‘n “taktiese skuif”, verlaat.

Rebelle wis nie hoe Gaddafi se seun kon ontsnap

2011-08-23 12:15

Die leier van Libië se oorgangsraad het bevestig dat Muammar Gaddafi se seun, Saif al-Islam, gevange geneem is, maar verstaan nie hoe hy kon ontsnap nie.

Steeds geen teken dat Gaddafi oorgee

2011-08-22 13:15

Libiese rebelle het beheer oor Tripoli verskerp terwyl dit nog onseker is waar Muammar Gaddafi, die Libiese leier, homself bevind.

Gaddafi se dae is getel, sê Amerika

2011-08-18 08:31

Rebelle wat die regering van Muammar Gaddafi probeer omverwerp, het berigte van geheime samesprekings met die hom met minagting bejeën.

VN bekommerd oor burgerlike slagoffers in Libië

2011-08-12 11:28

Ban Ki-moon, die sekretaris-generaal van die VN, is bekommerd oor die stygende aantal burgerlike slagoffers in die Libiese krisis.

Libiese rebelle se visier nou op kusgebied

2011-08-06 23:22

Rebelle het 'n nuwe offensief uit hulle vesting in Libië se westelike gebergtes van stapel gestuur, en mik nou na die hoofstad, Tripoli.

Chavez: Venezuela staan agter Gaddafi

2011-08-02 14:41

Pres. Hugo Chavez sê Venezuela sal nie Libië se rebelle-regering erken nie en dat Muammar Gaddafi, die Libiese leier, sterk moet staan.

Ondersteuning vir Gbagbo kwyn

2011-07-19 13:36

Magte lojaal aan Laurent Gbagbo, die voormalige president van die Ivoorkus, hou nie meer ‘n bedreiging vir vrede en orde in dié land in nie.

Chavez spreek steun uit vir Gaddafi

2011-07-15 12:25

Hugo Chavez, president van Venezuela, het in 'n televisie-uitsending duidelik gemaak dat hy Muammar Gaddafi, die Libiese leier, ondersteun.

Brandstoftekort het Tripoli in wurggreep

2011-07-14 08:18

Inwoners van Tripoli, Libië se hoofstad, is in ’n desperate wurggreep weens tekorte aan brandstof, elektrisiteit en kos.

Frankryk wil troepe uit Afganistan onttrek

2011-07-12 14:09

Frankryk gaan teen die einde van 2012 ‘n kwart van sy troepe uit Afganistan onttrek, het die Franse president, Nicolas Sarkozy, gesê.

Talle Tsjadiërs probeer Libiese krisis ontvlug

2011-07-11 18:03

Sowat 2 000 Tsjadiërs het van Libië terug na hulle tuisland gevlieg in 'n poging om die Libiese krisis te ontvlug, het die IOM gesê.

Navo ontken bewerings oor verskerpte aanvalle

2011-07-08 09:27

Navo het ontken dat die lugaanvalle in Libië versterk word in 'n poging om die rebelle te help om Muammar Gaddafi se regering omver te werp.

Burgerlikes sal ly onder verskerpte Navo-aanvalle, sê minister

2011-07-07 10:47

‘n Libiese amptenaar het gewaarsku dat burgerlikes die ergste sal deurloop onder Navo se "verskerpte aanvalle" op Libië.

Somalië: 25 dood tydens gevegte

2011-07-04 16:12

Tot 25 mense is dood en 75 beseer tydens swaar gevegte wat dae lank geduur het tussen Somaliese familiegroepe oor toegang tot water.

VN probeer afgeleë stam red

2011-07-01 09:29

Die VN sê Soedan weier om hom volle toegang te gee tot duisende burgers in ‘n omgewing tussen die noorde en suide waar geweld nog voortduur.

ISH sê hy teiken nie Afrikane

2011-06-30 13:04

Fatou Bensouda, die internasionale strafhof se adjunkaanklaer, het beskuldigings verwerp dat die hof Afrika onregverdig teiken.

Britse lugmag 'sal sukkel' met lang Libië-konflik

2011-06-21 14:16

Die hoof van Britse lugmagoperasies het gewaarsku dat die toekoms van veldtogte in Libië in gedrang kan kom as dit vir baie lank moet aanhou.

Bom dood Navo-soldaat in Afganistan

2011-06-17 09:28

‘n Navo-soldaat is dood in ‘n bomaanval in suidelike Afganistan, het die alliansie Vrydag gesê, en is die 30ste om vandeesmaand te sterf.

Kartoem verskerp aanvalle

2011-06-14 17:39

Kartoem het lugaanvalle in Suid Kordofan in Soedan opgeskerp en sodoende “erge swaarkry” vir die burgerlikes veroorsaak, het die VN gesê.

China: ‘Skietstilstand hoof-prioriteit in Libië’

2011-06-09 08:18

Die Chinese minister van buitelandse sake het aan sy Libiese eweknie gesê ‘n skietstilstand moet nou die hoof-prioriteit in Libië wees.

Soedan: Ses dood in gevegte

2011-06-08 11:30

Ses mense is dood tydens gevegte in Soedan se Suid-Kordofan-staat tussen magte van die noorde en suide, het die VN-sending in Soedan gesê.

Libiese rebelle neem Jafran oor

2011-06-07 11:37

Libiese rebelle het die dorp Jafran oorgeneem en Muammar Gaddafi se magte verdryf - 'n teken dat die Navo-lugaanvalle dalk vrugte begin afwerp.

Navo blits Tripoli voor Russiese besoek

2011-06-06 10:39

Navo-vegvliegtuie het die naweek Muammar Gaddafi se regeringsnetwerk erg laat deurloop onder lugaanvalle.

Libië: Navo bombardeer wapenstoorplek

2011-06-03 13:23

Navo het ‘n lugaanval vroeër die week op een van Muammar Gaddafi se wapenstoorplekke uitgevoer om verdere aanvalle op burgers te verhoed.

Libië: 718 burgers dood in Navo-aanvalle

2011-06-01 11:18

Libië sê Navo het 718 burgers vermoor in die tien weke van lugaanvalle terwyl AU-pogings om die krisis op te los tot 'n stilstand gekom het.

Menseregtegroep sien rooi oor 'oorlogsmisdade' in Soedan

2011-05-30 11:39

‘n Menseregtegroep het satellietfoto’s wat glo bewyse verskaf dat Noord-Soedannese soldate oorlogsmisdade gepleeg het in die Abyei-omgewing.

Libië vra Spanje glo vir skietstilstand

2011-05-26 14:42

Spanje het glo ‘n boodskap van die Libiese regering ontvang wat ‘n skietstilstand versoek, het ‘n regeringswoordvoerder gesê.

Weste stuur veghelikopters na Libië

2011-05-24 08:50

Frankryk en Brittanje het glo besluit om aanvalshelikopers in Libië ontplooi en sodoende Muammar Gaddafi se magte beter te teiken.

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bfn: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 1.9 TDi Trendline MPV Dsl
2006
R 185,500.00

JEEP

Cherokee Country 4.0i 4x4 AT
1999
R 49,990.00

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.