Twee buitelandse noodlenigingswerkers en hul drie Afgaanse kollegas is deur gewapende mans in die Badakhshan-provinsie, Afganistan ontvoer.
Altesaam 29 Chinese vissermanne is ter see deur ongeïdentifiseerde Noord-Koreane, wat 'n losprys van sowat R1 miljoen geëis het, ontvoer.
Die families van 'n Suid-Afrikaanse paartjie wat deur seerowers in Somalië ontvoer is, het bevestiging ontvang dat hulle lewend is.
‘n Vyfde verdagte wat by die ontvoering van Nayati Moodliar in Maleisië betrek word, het landuit gevlug, het ‘n koerant berig.
'n Al-Kaïda-geaffilieerde Islamitiese groep, wat sewe Algierse diplomate ontvoer het, het die land voor 'n ultimatum gestel.
Ses mans het in die Musina-landdroshof verskyn op aanklagte van mensehandel, het die provinsiale polisie in Limpopo gesê.
Die familie van 'n 12-jarige Nederlandse seun het 'n beroep op inligting gedoen wat kan help om hul vermiste seun op te spoor.
'n Suid-Afrikaner wat deur die Soedannese weermag in hegtenis geneem is, was besig om ontmyningswerk in Suid-Soedan te doen.
'n Suid-Afrikaans-gebore paartjie het gepleit vir die vrylating van hulle 12-jarige seun, wat in Maleisië ontvoer is.
'n Ma van Khayelitsha is met haar drie week oue babaseun herenig ná hy deur 'n vrou ontvoer is wat 'n miskraam gehad het.
'n Vyfjarige seun wat op 'n waglys is vir 'n hartoorplanting is vermoedelik deur sy pa uit 'n hospitaal in St. Louis ontvoer.
'n Franse man wat werksaam is by die internasionale komitee van die Rooi Kruis (ICRC) is in Jemen ontvoer, het 'n woordvoerder gesê.
Die drie dae oue seuntjie wat ontvoer is nadat sy ma buite ‘n pediatriese sentrum in Texas doodgeskiet is, is sowat ses ure later veilig gevind.
'n Italiaanse toeris wat in Februarie verlede jaar deur Al-Kaïda in die Islamitiese Magreb in suidelike Algerië ontvoer is, is vrygelaat.
Die polisie het die ondersoek na die ontvoering en moord op Marissa Naidoo (10) in September 2005 in Benoni heropen.
'n Spaanse dokter wat vroeër vandeesmaand uit sy huis in Nigerië ontvoer is, is lewend, het 'n polisiewoordvoerder gesê.
’n Paartjie en kind van Bloemfontein is deur gewapende mans in hul meenthuis oorval, aangehou, met die dood gedreig, ontvoer en beroof.
Gewapende Islamiete het die konsulaat in Mali aangeval en sewe diplomate ontvoer, het die ministerie van buitelandse sake gesê.
Twee mans wat daarvan verdink word dat hulle 'n sesjarige meisie ontvoer het, het in die Paarlse streekhof verskyn.
‘n Agt-en-twintig-jarige man is in die Hooggeregshof in Pretoria, wat in Middelburg gesit het, lewenslange tronkstraf opgelê vir moord.
Die polisie het die lyk van ‘n vrou, wat glo in Welkom deur onwettige mynwerkers ontvoer en ondergrond as ‘n seksslaaf aangehou is, gevind.
Die polisie in Texas het 'n seun opgespoor wat agt jaar gelede na bewerin deur sy oppasser ontvoer is toe hy nog 'n baba was.
Die vermeende baasbrein agter die ontvoering van 'n Brit en Italianer, wat in Nigerië vermoor is, is dood, het die polisie gesê.
‘n Man het in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn in verband met die ontvoering van en moord op ‘n swanger vrou van dié stad.
Twee Chinese werkers is deur gewapende mans vir 'n losprys in Kaïro ontvoer, het 'n beampte van die ambassade gesê.
‘n Polisiebeampte van Durban wat glo op pad werk toe ontvoer is, was nooit vermis nie en dit blyk of die storie deur sy vrou opgemaak is.
‘n Durbanse polisiebeampte is ontvoer terwyl hy op pad werk toe is, het die SABC berig. Die motief vir die ontvoering is nog onbekend.
Die man wat daarvan aangekla word dat hy verlede jaar ‘n leerling buite Hoërskool Die Burger probeer ontvoer het, het in die hof verskyn.
‘n Groep Chinese werkers wat deur rebelle in Soedan ontvoer is, is vrygelaat en na die Chinese ambassade in Nairobi, Kenia, geneem.
'n Ses maande oue baba is vermoedelik uit sy huis in Hestia Park in Pretoria deur sy oppasser ontvoer. Talle ander items word ook vermis.
Gewapende mans het twee Amerikaanse vroulike toeriste in Egipte se Sinai-skiereiland ontvoer, het Egiptiese veiligheidsbronne gesê.
Egiptiese Bedoeïene het die 25 Chinese werkers wat in Soedan ontvoer is vrygelaat, het beamptes van die Chinese ambassade gesê.
Nie een van die 29 Chinese werkers wat ontvoer is tydens 'n aanval in Soedan is nog bevry nie, het die Chinese staatsmedia berig.
Die pa van ‘n Suid-Afrikaanse man wat in November in Mali ontvoer is, is steeds hoopvol dat sy seun vrygelaat sal word, het hy gesê.
‘n Duitser wat in Nigerië werksaam is by 'n konstruksiemaatskappy, is deur gewapende mans ontvoer, het die polisie in Nigerië gesê.
Gewapende mans het ‘n Amerikaanse man in die noordelike Somaliese dorp Galkayo ontvoer, het amptenare gesê.
‘n Een maand oue baba en ‘n vrou wat hom glo uit die kantoor van binnelandse sake in Ladysmith ontvoer het, word gesoek.
‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy ‘n 18-jarige meisie in Zola, Soweto, ontvoer en verkrag het, het die polisie gesê.
‘n Vrou van Nieu-Seeland wat haar swangerskap vervals het, is in hegtenis geneem nadat sy ‘n baba by ‘n hospitaal in Auckland wou ontvoer.
'n Seun van tien jaar oud is in 'n woud naby Khothana in Nqamakwe in die Oos-Kaap deur 'n man wat hom met 'n mes gejaag het, ontvoer.
Die “ontvoerde” sakeman wat op Kersdag by ’n braai by Hartbeespoortdam gearresteer is, sal Nuwejaarsdag agter die tralies sit.
Die soektog na die oorskot van die fotograaf Anton Hammerl gaan steeds voort, het die minister van internasionale betrekkinge en samewerking gesê.
Twee Spanjaarde en 'n Italianer wat in Algerië ontvoer is en glo deur 'n Al-Kaïda-groep aangehou word, is op 'n video lewend gewys.
Al-Kaïda in die Islamitiese Maghreb (AQIM) het verantwoordelikheid aanvaar vir die ontvoerings van toeriste in Mali verlede maand.
Gewapende mans het gedreig om ‘n Britse gyselaar wat in Nigerië ontvoer is om die lewe te bring as daar nie aan hulle eise voldoen word nie.
Polisiebeamptes in die Filippyne het bloedvlekke naby die huis van ‘n Australiese man gevind ná hy in die suide van die land ontvoer is.
‘n Polisiekommissaris sê twee mans is in Mauritanië in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van drie Europeërs in Algerië.
Die ma van 'n tienjarige Durbanse meisie wat na bewering vandeesweek ontvoer is, is by 'n woonstel in dié stad in hegtenis geneem.
Die ontvoering van buitelandse toeriste in afgeleë gebiede van Mali word om net een rede gedoen: geld, meen 'n gyselaaronderhandelaar.
Daar is "baie min" inligting oor die ontvoering van 'n Suid-Afrikaner in Mali, sê die departement van internasionale betrekkinge en samewerking.
Die 29 Chinese vissermanne en drie bote wat deur ongeïdentifiseerde Noord-Koreane gevange geneem is, is vrygelaat en het veilig in China aangekom.
Die Maleisiese regering sê talle mense wat by die ontvoering van Nayati Moodliar betrek word, kan die doodstraf opgelê word.
Die polisie sê hulle het reeds vyf mense in hegtenis geneem in verband met Nayati Moodliar se ontvoering. Twee verdagtes is nog soek.
Drie mans en ‘n vrou is in hegtenis geneem in verband met Nayati Moodliar (12) se ontvoering in Maleisië, het ‘n koerant berig.
'n Priester wat in Libanon ontvoer is nadat hy 'n Moslem-meisie gedoop het, is vrygelaat, het die Libanese Nasionale Nuusagentskap berig.
Nayati Moodliar, die 12-jarige Nederlandse seun wat sowat 'n week gelede in Maleisië ontvoer is, is met sy gesin herenig.
'n Maatskappy sê hy werk saam met die internasionale en Soedannese owerheid om die veilige terugkeer van sy werknemers te verseker.
Vier buitelanders, waaronder 'n Suid-Afrikaner, is deur die weermag in die Heglig-olievelde in Soedan gevange geneem.
'n Gewapende bende het probeer om die vierjarige dogter van 'n vrou wat die grootste egskeidingskikking ooit in Hongkong gekry het, te ontvoer.
‘n Vrou wat beweer het sy is ‘n maatskaplike werker het ‘n twee weke oue babaseun in Lingelethu Wes ontvoer, het die polisie gesê.
'n Islamitiese groep in die noorde van Mali het gesê hulle wil 'n Switserse vrou, wat hulle gyselaar geneem het, vrylaat.
‘n Vrou van Texas wat aangekla word van die moord op ‘n jong ma en die ontvoering van haar drie dae oue baba, wou die kind glo aanneem.
'n Vrou is buite 'n pediatriese sentrum in Houston doodgeskiet en haar pasgebore babaseun ontvoer, het ondersoekbeamptes gesê.
Die polisie sê twee mans is in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van ‘n 14-jarige seun in Blanco, wat naby George geleë is.
Volgens ‘n joernalis in die noorde van Mali is ‘n Switserse vrou deur gewapende mans in Timboektoe uit haar huis ontvoer.
Spanje het gesê een van sy burgers, wat glo ‘n dokter is, het in die suide van Nigerië vermis geraak en is vermoedelik ontvoer.
‘n Agt-en-twintigjarige man van Rustenburg is in hegtenis geneem nadat hy glo sy meisie ontvoer en verkrag het, het die polisie gesê.
Drie vriende het na bewering 'n Indiese skoolseun ontvoer en vermoor in 'n komplot wat glo geïnspireer is deur misdaadreekse op televisie.
‘n Nigeriese joernalis wat vandeesweek vir ‘n losprys ontvoer is in die stad Warri het sy ontvoerders ontglip deur deur ‘n venster te klim.
‘n Man is in hegtenis geneem vir die ontvoering en moord op die sesjarige meisie wat sedert Januarie vermis word.
Twee Italiaanse toeriste is glo gyselaar geneem deur Maoïstiese rebelle in Indië se oostelike staat Orissa, het plaaslike media berig.
‘n Werknemer van die regering het in die Bloemfontein-landdroshof verskyn in verband met die moord op ‘n swanger vrou.
Die Taliban het 'n Switserse toeristepaartjie, wat nege maande gelede in die suidweste van Pakistan ontvoer is, vrygelaat.
‘n Maand oue baba is uit die Harry Gwala Kliniek in Zamdela naby Sasolburg ontvoer, het die polisie in die Vrystaat gesê.
‘n Alliansie van Zimbabwiese menseregtegroepe vrees dat ‘n veteraan-aktivis ontvoer is nadat hy weke terug vir die laaste keer gesien is.
'n Polisiebeampte van Durban, wat op pad werk toe ontvoer is, is steeds soek, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.
Somaliërs in Suid-Afrika word versoek om die vrylating van twee Suid-Afrikaners, wat deur seerowers ontvoer is, aan te moedig.
Die polisie is nog op soek na die kinderoppasser wat ‘n ses maande oue baba, Kgosietsile Marobe, na bewering ontvoer het.
Die baba wat glo in Pretoria ontvoer en 'n losprys voor geëis is, is by 'n kleuterskool in Johannesburg gevind.
Twee Amerikaanse vroue en hul Egiptiese toergids wat deur ‘n gewapende groep mans in die Sinai-skiereiland ontvoer is, is weer vrygelaat.
Die vermeende ontvoerder van ‘n driejarige meisie in Kaapstad is vasgetrek nadat ‘n swerwer ‘n wenk verskaf het, het beamptes gesê.
Gewapende mans het vier buitelandse hulpwerkers en hul twee Jemenitiese drywers in die noordwes van Sanaa, Jemen, ontvoer.
Isabeau Potgieter, die 17 maande oue babameisie wat glo deur haar ma "ontvoer" is, is terug in Kaapstad by haar pa en ouma.
‘n Noorse burger wat byna twee weke gelede deur Jemenitiese stamlede ontvoer is, is vrygelaat en is in ‘n gesonde toestand.
Ethiopiese rebelle van die Afar Revolutionary Democratic Unity Front sê die toeriste wat hulle ontvoer het, is veilig en gesond.
Die Mexikaanse weermag het vier ontvoerde slagoffers gered en 14 verdagtes in verband met die geval in Cuernavaca-stad in hegtenis geneem.
‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy glo sy vyfjarige dogter in Orange Farm, suid van Johannesburg, ontvoer het, het die polisie gesê.
Al-Shabaab, ‘n militante groep in Somalië, hou Keniane as gyselaars aan na ‘n aanval in die noorde van Kenia waartydens ses mense dood is.
Die soektog na ‘n 10-jarige seun wat deur ‘n man in ‘n plantasie by die Khothana- informele nedersetting ontvoer is, sal voortgaan.
‘n Tweejarige seuntjie wat twee dae gelede laas by ‘n busstop in Mitchells Plain gesien is, word steeds vermis, het die polisie gesê.
Die Filippynse polisie bied 'n beloning van sowat R293 000 aan vir inligting wat kan lei tot die arrestasie van 'n voortvlugtige oudgeneraal.
Twee mense is in Mali in hegtenis geneem vir hul betrokkenheid by die ontvoering van twee Franse burgers in die dorp Hombori.
'n Foto van 'n Suid-Afrikaanse man wat in Mali ontvoer is, is deur sy ontvoerders aan die regering oorhandig, het The Star berig.
‘n Sakeman van Witbank is in hegtenis geneem nadat hy skynbaar ‘n 16-jarige meisie ontvoer het. Die meisie word steeds vermis.
Derduisende mense in Colombia het aan ‘n protesoptog deelgeneem teen linksgesinde rebelle wat burgerlikes en soldate ontvoer.
‘n Bejaarde man sê gewapende rowers het hom vroegoggend buite ‘n bank oorval, ontvoer en in ‘n veld buite ‘n dorp gelos.
Daar is geen nuus oor 'n Suid-Afrikaner wat 11 dae gelede in Mali ontvoer is nie, het die departement van internasionale betrekkinge gesê.
Daar is steeds geen teken van 'n Suid-Afrikaanse man wat saam met drie ander toeriste in Timboektoe ontvoer is nie.
‘n Gyselaar wat die enigste oorlewende is ná 12 jaar se aanhouding deur die linkse Farc-rebelle, het ontsnap en is weer tuis.
Daar word gevrees dat gewapende ekstremiste verwant aan Al-Kaïda die Suid-Afrikaner Stephen McGown saam met ’n Nederlander en ’n Sweed ontvoer het.