Bomme het by twee groot militêre-basisse op die buitewyke van ‘n Sentraal-Nigeriese stad ontplof en ‘n onbekende getal mense is beseer.
Twee OTM-masjiene is in Goodwood in Kaapstad opgeblaas, maar dit was nog onduidelik of enige geld gesteel is, het die polisie gesê.
Werkers en sekuriteitswagte is beseer in ‘n ontploffing by die Festival-winkelsentrum in Kempton Park, het die Ekurhuleni-nooddienste gesê.
Die Islamitiese groep Boko Haram het verantwoordelikheid aanvaar vir die dood van minstens sewe mense in ontploffings in Kano, Nigerië.
Een persoon is dood en 27 , insluitend sewe polisiebeamptes, beseer in ‘n ontploffing wat glo ‘n polisievoertuig in Turkye geteiken het.
Die leier van ‘n vlugtelingkamp in Mogadisjoe sê ‘n plofbare toestel het ontplof kort nadat joernaliste en VN-beamptes die kamp besoek het.
Drie bemanningslede is dood en agt ander vermis nadat 'n Suid-Koreaanse vragskip ontplof en gesink het, het 'n kuswagbeampte gesê.
Twee mense is dood en 16 ernstig beseer tydens ‘n bomontploffing in Kigali, die hoofstad van Rwanda, het die plaaslike polisie gesê.
‘n Ontploffing het by die provinsiale kantoor van die Zimbabwiese president Robert Mugabe se Zanu-PF-party in Gweru plaasgevind.
'n Ontploffing is op Kersdag naby 'n kerk, waar 'n diens gehou is, in die sentrale Nigeriese stad Jos gehoor, het inwoners gesê.
Talle mense is beseer nadat 'n ontploffing 'n kerk op Kersoggend naby die Nigeriese stad Abuja geruk het, het 'n beampte gesê.
Ten minste ses mense is dood nadat ‘n groot ontploffing Kaduna, ‘n stad in die noorde van Nigerië, geruk het, het ooggetuies gesê.
Minstens 34 mense het op die heilige dag van Ashura gesterf toe twee ontploffings by Afgaanse tempels plaasgevind het.
'n Ontploffing het in 'n bus in 'n parkeerterrein naby die Britse ambassade in die Bahreinse hoofstad, Manama, plaasgevind.
Verdedigingsmagte in Kenia het 300 inwoners in hegtenis geneem ná ‘n ontploffing op die grens ‘n soldaat gedood en 11 ander beseer het.
Vier kinders is dood toe ‘n landmyn in die vroeë oggendure in die ooste van Afganistan ontplof het, het ‘n beampte gesê.
Sowat 40 pasiënte is uit die Leratong-hospitaal in Krugersdorp ontruim nadat 'n suurstofsilinder in die toelatingsaal ontplof het.
Ten minste drie mense is in Taraz, ‘n stad in die suide van Kazakstan, dood toe 'n aanvaller 'n wapenwinkel beroof het en talle geskiet het.
Ses fabriekwerkers is beseer toe 'n drukkoker by ‘n fabriek in Springs aan die Oos-Rand ontplof het, het paramedici gesê.
Talle burgerlikes is dood in ‘n lugaanval op ‘n voedselverspreidingssentrum in die suide van Somalië nadat ‘n sending deur Kenia begin is.
Een mens het gesterf en 14 ander is beseer ná ‘n ontploffing by ‘n woonstelblok in Yverdon-les-Bains, Switserland, het die polisie gesê.
Minstens 14 mense is dood en twaalf ander beseer nadat ‘n ontploffing op 'n passasiersbus plaasgevind het, het die polisie gesê.
Terwyl regeringsbeamptes van Kenia met Somaliese amptenare vergader het, was daar 'n groot ontploffing in Mogadisjoe, het inwoners gesê.
Twee mense is in die suide van Denemarke dood in 'n ontploffing by 'n kamp, wat voorheen as militêre barakke gedien het.
Ten minste 65 burgerlikes, studente en soldate is dood en 50 beseer ná ‘n ontploffing buite regeringsgeboue in Mogadisjoe, Somalië.
Vier mense is beseer toe ‘n vermeende gaslek ‘n ontploffing by ‘n winkelsentrum in die Maleisiese hoofstad, Kuala Lumpur, veroorsaak het.
Amsterdam se hofkompleks is beskadig nadat ‘n ontploffing in die vroeë oggendure by die geboue plaasgevind het.
Beeldmateriaal op Turkse televisie-uitsaaiers wys hoe vlamme talle voertuie in die hoofstad, Ankara, ná ‘n ontploffing verswelg het.
Die dodetal van 'n oliepyplyn-ontploffing in Kenia het tot 82 gestyg nadat inwoners self die rivier vir nóg liggame deursoek het.
Minstens vyf mense is dood in ‘n ontploffing by ‘n vuurwerk-fabriek in die dorp Arpino in Italië, het brandweerbeamptes op die toneel gesê.
Ten minste tien mense is in die bomontploffing by die Verenigde Nasies se kantoor in Abuja in Nigerië dood, het ‘n mediese werker bevestig.
Een persoon is beseer in 'n ontploffing by die Sasol-aanleg in Secunda, het 'n woordvoerder gesê.. Die aanleg is intussen ontruim.
’n Bom wat aan ’n tydhouer vas was, het ’n tweeverdiepinghotel in Dera Allah Yar in die suidweste van Pakistan in puin gelê.
Twee mense is dood na ‘n bomontploffing en ‘n skietgeveg tussen soldate en ‘n Islamitiese sekte in die noorde van Nigerië.
Altesaam vyf mans is dood nadat ‘n ontploffing in ‘n industriële gebou in die sentrale deel van Engeland plaasgevind het.
Gesondheidsbeamptes sê honderde mense is behandel nadat ‘n giftige chloorgas-lekkasie in Bagdad, Irak, voorgekom het.
Minstens 12 mense is dood in ‘n ontploffing by ‘n opslagplek vir krygsvoorraad in die suide van Ciprus, waar 'n onbeheerste brand steeds woed.
Vyftien mense is dood toe ‘n voertuig wat brandstof van Nigerië by die Kameroen ingesmokkel het, ontplof het, het 'n radiostasie berig.
‘n Ontploffing by 'n kroeg naby polisiebarakke in Maiduguri in Nigerië het vyf lewens geëis en tien mense is in die voorval beseer.
Ses-en-veertig mense is ernstig beseer tydens ‘n gasontploffing by ‘n troue in die suide van Rusland, het beamptes gesê.
Vier mense is beseer nadat 'n tuisgemaakte bom in 'n karaoke-kroeg in die suidelike Filippyne ontplof het, het die polisie gesê.
Een mens is dood en ten minste 42 is beseer na ‘n misterieuse ontploffing in die middestad van Nairobi, Kenia.
Altesaam vier mense is dood in ‘n ontploffing wat by ‘n Chevron-olieraffinadery naby Pembroke, Wallis, plaasgevind het.
Ikea-winkels in België en Nederland het bomdreigemente ontvang voordat skadelose ontploffings by beide meubelwinkels plaasgevind het.
'n Ontploffing naby ‘n winkelsentrum in Istanboel het ‘n busstop geruk en die polisie sê minstens een mens is dood en verskeie ander is beseer.
Minstens 22 mense is dood en 60 ander is beseer toe twee motorbomme en ‘n aparte plofbare toestel in die noorde van Irak ontplof het.
Drie mans wat daarvan verdink word dat hulle tuisgemaakte plofstof vervaardig het, is in hegtenis geneem, het die polisie in Suid-Korea gesê.
Altesaam vier landsburgers en vyf soldate is dood nadat ‘n bom in ‘n militêre voertuig in die suide van Jemen ontplof het.
Altesaam vier mense is dood en meer as 50 ander is beseer toe twee busse wat Pakistanse vlootbeamptes vervoer het, deur bomme geteiken is.
‘n Kitsbank is in Brakpan aan die Oos-Rand opgeblaas en ‘n onbekende hoeveelheid geld gesteel, het die polisie in Gauteng gesê.
Minstens 50 mense, waarvan die meeste burgerlikes is, is dood toe Siriese magte die stad Homs kort na middernag gebombardeer het.
Die getal beseerdes ná ‘n gasontploffing by die Mugg and Bean-restaurant in die Festival Mall in Kempton Park het tot 23 gestyg.
Minstens 10 mense is beseer, drie van hulle kritiek, in ‘n ontploffing by Mugg & Bean by die Festival-winkelsentrum.
Talle ontploffings het Kano, in die noorde van Nigerië, geruk, maar verdere besonderhede is nie onmiddellik beskikbaar nie.
Twee mense is in ‘n ontploffing wat kort na middernag by ‘n chemiese fabriek in Durban plaasgevind het dood, het East Coast Radio berig.
Die Rwandese hooggeregshof het 10 mense tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis vir hulle betrokkenheid by handgranaatontploffings.
Twee mense is in ‘n klein ontploffing by ‘n woonstelblok in Bloemfontein beseer, het die polisie in die Vrystaat gesê.
Agt mense is dood en 44 beseer tydens ‘n poging van gevangenes om uit ‘n tronk in die ooste van die DRK te ontsnap, het die polisie gesê.
Boko Haram het verantwoordelikheid aanvaar vir aanvalle op kerke in Nigerië wat die lewens van minstens 25 mense op Kersdag geëis het.
Minstens 15 mense is dood in 'n ontploffing wat 'n Katolieke kerk tydens 'n Kersdiens naby Nigerië se hoofstad geruk het, het 'n beampte gesê.
'n Fabriekwerker veg om sy lewe in die hospitaal nadat hy in 'n ontploffing by 'n fabriek aan die Oosrand beseer is, het paramedici gesê.
Minstens tien mense is dood toe ‘n stoorkamer waarin ammunisie gestoor is in sentraal-Libië ontplof het, het militêre owerhede gesê.
‘n Polisiebeampte is dood en drie mense is beseer in ‘n ontploffing in die Dadaab-vlugtelingkamp in 'n vlaag bomaanvalle in Kenia.
Gewapende mans met maskers het ‘n pyplyn wat gas van Egipte na Israel lei, opgeblaas, het die amptelike Mena-nuusagentskap berig.
Ses mense het ernstige beserings opgedoen in ‘n gasontploffing by ‘n toeristehotel op die Spaanse Kanarie-eilande se Gran Canaria.
Die oorsaak van ‘n suurstoftenk-ontploffing by die Leratong-hospitaal aan die Wes-Rand word ondersoek, het die Gautengse regering gesê.
Sewe mense is dood en 31 ander het beserings opgedoen nadat ‘n ontploffing by ‘n kitskosrestaurant in Xi'an, China, plaasgevind het.
‘n Ontploffing is by ‘n militêre basis in die weste van Tehran, die Iranse hoofstad, gerapporteer, het die nuusagentskap ISNA berig.
Minstens drie mense is dood en meer as 100 is beseer in ‘n ontploffing wat huise langs 'n hoofweg in die suidooste van China vernietig het.
Nege en twintig mynwerkers is in sentraal-China in ‘n gasontploffing by ‘n steenkoolmyn dood, het Chinese amptenare gesê.
Meer as 100 mense is dood nadat ‘n brandstoftenk in Sirte, Libië ontplof het minder as ‘n week nadat Muammar Gaddafi om die lewe gebring is.
'n Man is ernstig beseer in 'n ontploffing by sy huis in Helderkruin in Roodepoort aan die Wes-Rand, het paramedici gesê.
‘n Tweede aanval op Berlyn se spoorweë was minder suksesvol toe treinwerkers die ploftoestel ontdek voor dit kon ontplof.
Die Somaliese president het hospitale en oorlewendes van 'n bomaanval deur militante groepe waartydens meer as 70 mense dood is, besoek.
Nege Afgaanse soldate is dood en vier ander is beseer nadat 'n bom langs die pad ontplof en hul weermagvoertuig beskadig het.
‘n Polisieman is dood en talle ander polisielede en burgers is beseer in ‘n dubbele ontploffing in die suide van Rusland.
Altesaam drie mense is dood en 15 beseer toe ‘n bom – vermoedelik 'n motorbom – naby ‘n hoërskool in die Turkse hoofstad ontplof het.
Vier mans het brandwonde opgedoen in 'n gasontploffing by 'n fabriek in Alrode Park aan die Oosrand, het paramedici gesê.
Een mens is dood en vier beseer in ’n ontploffing in ’n kernaanleg in Frankryk, het die atoomveiligheidsorganisasie bekend gemaak.
Een persoon is dood en drie ander beseer ná 'n ondergrondse ontploffing in Mosselbaai, het die Wes-Kaapse departement van gesondheid gesê.
‘n Bomontploffing het Vrydag die Verenigde Nasies-gebou in Abuja, Nigerië, geruk. Ooggetuies sê lyke word tans uit die gebou verwyder.
Altesaam 15 mense, insluitende drie kinders, is beseer toe twee sterk ontploffings in ‘n supermark in Rusland plaasgevind het.
‘n Verdagte toestel wat veroorsaak het dat die Kolosseum ontruim moes word was ‘n valse alarm, het Rome se burgemeester gesê.
'n Man en sy driejarige seun is dood in 'n ontploffing buite hulle huis in 'n informele nedersetting in Atteridgeville.
Minstens 17 mense is dood en meer as 70 is beseer toe drie ontploffings Moembaai, Indië se besige finansiële hoofstad, geruk het.
Sewentien mense is dood tydens ‘n militêre aanval teen ‘n radikale Moslem-sekte in die noordooste van Nigerië, het 'n beampte gesê.
Twee weermaglede en 13 burgerlikes is dood in ‘n reeks ontploffings wat die buitewyke van die hoofstad van Toerkmenistan geruk het.
Saboteurs het ‘n Egiptiese gaspyplyn in die Sinai-skiereiland opgeblaas, wat voorraad na Israel en Jordanië afgesny het, het 'n beampte gesê.
Twee meisies is dood en drie doeane-beamptes is beseer tydens ‘n ontploffing in Nigerië, 'n dag nadat 25 mense in 'n bomaanval dood is.
Een-en-twintig mense is dood en 107 beseer toe drie ontploffings deur ‘n besige mark in die suide van Bagdad geskeur het.
Agt mense is dood en ses beseer toe ‘n trok wat plofbare chemikalieë vervoer het in ‘n parkeerarea in Litang ontplof het.
Minstens 17 mense is dood en 55 is beseer nadat ‘n ontploffing binne ‘n moskee in die noorde van Irak plaasgevind het.
Die Libiese rebelle-administrasie het ‘n groot motorbomontploffing naby 'n hotel in Benghazi op magte lojaal teenoor Muammar Gaddafi blameer.
Sowat tien mense is dood in bomontploffings by ‘n biertuin in Nigeriese militêre barakke enkele ure ná Goodluck Jonathan ingesweer is.
Minstens vyf mense is beseer na drie ontploffings, waarvan twee motorbomme was, regeringsgeboue in Fuzhou, China geruk het.
Drie harde ontploffings het die Bab al-Aziziya woonbuurtvan Tripoli , waar Gaddafi se woning is, Maandagaand geruk.
Twee polisiekonstabels is dood en vyf ander mense is beseer in ‘n bomaanval wat ‘n hof in die noordweste van Pakistan geteiken het.
‘n Ontploffing het glo in Parys, Frankryk, plaasgevind. Luidens Twitter-gebruikers is die voorval ‘n gasontploffing.
‘n Groot nitrogliserien-ontploffing wat by ‘n fabriek in die Tsjeggiese Republiek gebeur het, het nege mense beseer en vier vermis gelaat.
Een soldaat is dood en 25 ander mense is beseer toe vermeende Moslem-rebelle ‘n motorbom in die suide van Thailand laat ontplof het.