ARTIKELS OOR onderwys

LUR neem verantwoordelikheid vir chaos by skool

2012-05-18 11:30

Donald Grant, LUR vir onderwys in die Wes-Kaap, neem verantwoordelikheid vir probleme by 'n skool waar leerders roomysbakke as lessenaars gebruik.

Handboek-sage: Menseregte is oortree

2012-05-17 16:01

Die departement van basiese onderwys se versuim om handboeke te voorsien aan verskeie skole in Limpopo is onwettig en oortree die grondwet.

Handboek-krisis 'is ‘n skande' – DA

2012-05-13 22:58

Probleme wat daartoe gelei het dat sommige skole nie handboeke ontvang het in die eerste vyf maande van die skooljaar nie, is ‘n “skande”.

Miljarde benodig om onderwys hupstoot te gee

2012-04-11 13:00

‘n Ontleder sê dit sal miljarde rande kos om SA se onderwysstandaarde te verbeter aangesien talle kwessies bydra tot die lae standaarde.

Woede oor mobiele klaskamers in Grabouw

2012-04-04 10:02

‘n Gemeenskapleier in Grabouw dreig met betogings as die Wes-Kaapse onderwysdepartement mobiele klaskamers op ‘n betwiste terrein gaan oprig.

Minister soek oudit van onnies

2012-03-27 09:01

Angie Motsh­ekga, minister van basiese onderwys, is ontevrede met die ondoeltreffende aanwending van onderwysers.

Onderwysers vas ná leerder 15 houe kry

2012-03-23 10:00

Vier onderwysers is in hegtenis geneem ná hulle 'n leerder glo só erg aangerand het dat hy gevoel in een van sy testikels verloor het.

Nuwe vereistes vir skoolhoofde

2012-03-10 06:39

Die diensvoorwaardes van skoolhoofde gaan ingrypend verander word, sou onderwysvakbonde daartoe instem, het die minister van basiese onderwys gesê.

Skole gou verplig oor inheemse tale

2012-01-27 09:06

Verpligte onderrig in ’n inheemse taal is vir alle Suid-Afrikaanse skole op pad, het departement van basiese onderwys gesê.

Gratis hoër onderwys vir armes oorweeg

2012-01-13 06:51

Die regering ondersoek die moontlikheid om gratis hoër onderwys te verskaf aan armes wat akademies daarvoor kwalifiseer.

Matriekslaagsyfer: Min rede vir feesvier

2012-01-03 09:46

Al skuif die nasionale matriekslaagsyfer vanjaar tot bo die 70%-vlak, sal daar min rede vir feesvieringe wees, meen onderwyskenners.

Langer dag vir gr. 1 tot 3

2011-12-29 10:00

Die meeste skole het reeds hul roosters aangepas vir die langer skooldag wat volgende jaar vir leerlinge in die grondslagfase (gr. 1 tot 3) wag.

Zuma: Onderwys bly topprioriteit

2011-12-11 23:02

Onderwys is steeds een van die Suid-Afrikaanse regering se grootste prioriteite, het pres. Jacob Zuma in Benin gesê.

Onderwys 'het wêreldwyd groot gapings'

2011-11-02 09:05

Onderwys is die sleutel tot vooruitgang, maar dit word wêreldwyd deur enorme uitdagings in die gesig gestaar.

Baie onnies dop laerskool-wiskundetoets

2011-10-11 19:01

Baie Suid-Afrikaanse onderwysers kan nie wiskunde-vrae beantwoord wat 'n jaar of twee hoër is as die graad wat hulle aanbied nie.

Al hoe meer wit kinders gaan nie skool

2011-08-04 09:07
95 menings

Die getal wit leerders tussen 16 en 18 jaar wat geen onderwysinstellings bywoon nie, het van 2002 van 8,1% tot 13,4% in 2009 toegeneem.

Zim kort sowat 15 000 onderwysers

2011-07-18 09:17

Sowat 15 000 onderwysposte in Zimbabwiese staatskole bly vakant omdat skoolverlaters ongewillig is om die beroep na skool aan te pak.

SA se onderwys 'teen die grond'

2011-06-25 08:45

Suid-Afrika se onderwysstelsel is teen die grond weens verpolitisering, swak differensiasie in die stelsel en swak beleide.

'Studente móét meer as een taal kan praat'

2011-06-15 14:52

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het gesê dit is in sommige gevalle nodig vir studente om meer as een taal te praat.

Jansen: Onderwys gaan land verwoes

2011-05-16 09:11

“Misdaad gaan nie die land verwoes nie. ’n Swak onderwysstelsel gaan die land verwoes,” meen prof. Jonathan Jansen.

Seun dagvaar staat omdat hy ongeletterd is

2011-03-08 15:35

‘n Australiese seun dagvaar die regering aangesien hy glo steeds ongeletterd en ongesyferd is ten spyte daarvan dat hy by ‘n skool geleer is.

Facebook-groep help taalonderwysers

2011-02-15 13:32

‘n Facebook-groep is gestig om laerskoolonderwysers te help om hulle taalonderrigvermoë te verbeter.

Wag binnekort verby vir matrieks

2010-12-30 17:52

Die raad vir gehalteversekering in algemene en verdere onderwys het bevestig dat die 2010-matriekuitslae gereed is om vrygestel te word.

Robotte gee Engels in Suid-Korea

2010-12-29 10:01

Robotte neem dalk binnekort die poste van menigte Engelssprekende onderwysers, wat Ooste toe reis om Engels te gee, oor.

Onnie lê sewe jaar leeg met volle salaris

2010-12-09 06:30

Dr. Manie van Dyk, bekende DA-LP se vrou van is sedert 2003 op die betaalstelsel van die Laerskool Wierdapark waar sy musiek gegee het.

Sadtu: Gee voorkeur aan swart matrikulante

2010-12-01 11:38

Die onderwysersvakbond Sadtu het gevra dat nasieners lig moet merk as hulle swart matrikulante se vraestelle nasien.

‘Politieke magspel knou SA onderwys'

2010-11-16 08:15

Die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel het ’n ernstige probleem as gevolg van politieke magspel en die kultuur van middelmatigheid in skole.

Onnies met vals kwalifikasies gevang

2010-10-19 12:04

Talle skoolkinders in KwaZulu-Natal word al vir jare onderrig deur persone met vals grade en kwalifikasies, het uit 'n ondersoek geblyk.

Verdeling van onderwys kos R150m

2010-10-14 06:33

Die verdeling van die departement van onderwys in een vir basiese en een vir hoër onderwys het die belastingbetaler sowat R150 miljoen gekos.

Verslag: behoefte aan tolkdienste by US

2010-10-02 11:44

Sommige Engelssprekende Matie ingenieurstudente wat nie met Afrikaans alleen die mas kan opkom nie het aangedui 'n tolkdiens is nodig.

Leerling verdrink in dam

2010-09-29 16:14

‘n Wes-Kaapse leerling het verdrink tydens ‘n leerskool die afgelope vakansie, het die provinsiale minister van onderwys gesê.

Sadou se ontwrigting nou verbied

2010-09-20 08:11

Die onderwysdepartement het ’n dringende interdik gekry om die vakbond Sadou te verbied om die matriekeksamen te ontwrig.

Zuma: Gratis onderwys noodsaaklik

2010-09-08 08:29

President Jacob Zuma het ‘n beroep gedoen op die departement van onderwys om die implementering van gratis onderwys te versnel.

Skool ontruim weens betogers

2010-08-25 12:00

‘n Skool in die Noord-Kaap is ontruim nadat stakende onderwysers die skoolgronde betree het en vrywillige onderwysers geïntimideer het.

Alle onderwysvakbonde wil volgende week staak

2010-08-20 08:40

Ouers sal dalk volgende week alternatiewe reëlings vir hul kinders moet tref wanneer alle onderwysvakbonde aan die landwye stakings gaan deelneem.

Situasie by skole ‘fyn dopgehou’

2010-08-18 07:45

Amptenare van staatsdiensvakbonde is steeds nie te vinde vir die jongste “verbeterde” aanbod nie en gaan voort met stakings.

Seks-nes by skool oopgekrap

2010-08-13 10:42

Die departement van onderwys in Gauteng het drie onderwysers afgedank nadat hul glo gekoppel kan word aan seksuele misdrywe.

Kurrikulum ‘ontoeganklik’

2010-07-28 09:07

Die Suid-Afrikaanse kurrikulum vir die grondslagfase is vir die gemiddelde onderwyser ontoeganklik en die inhoud is nie duidelik uitgestippel nie.

Minister vat laatkommers vas

2010-07-20 11:45

Kaapse skoliere wat laat was vir skool moes aan ‘n goeie verskoning dink toe die provinsiale minister van onderwys hulle vasgevat het.

Gee meer vir onderwys, sê Zuma

2010-07-11 22:24

Regerings moet harder probeer om onderwys beskikbaar te stel aan kinders oor die wêreld wat nie skoolgaan nie, het pres. Zuma gesê.

Selfone kan maak dat Afrika gou e-leer

2010-07-05 12:08

Internettoegang via selfone is die antwoord vir e-onderrig in Afrika, meen verskeie Kaapse internetkenners.

Onderwys-amptenare gaan vasgevat word

2010-06-16 04:46

Die KwaZulu-Natalse onderwysedepartement het gesê hy oorweeg om kriminele klagte teen sommige van sy amptenare te lê.

109 skole sal in Gauteng gesluit word

2010-06-03 04:59

‘n Totaal van sowat 109 skole in Gauteng sal gesluit word weens die “verouderende populasie”, het die departement van onderwys gesê.

Seun by Pta-skool deur mans aangeval

2010-04-15 15:15

‘n 15-jarige skoolseun is by die Hoërskool Montana in die hand gesteek deur twee gewapende mans, het die polisie in Pretoria gesê.

Stand and Deliver-onnie oorlede

2010-04-01 11:14

Jaime Escalante, die wiskunde-onderwyser wat die inspirasie was vir die film Stand and Deliver, is aan kanker oorlede.

Amptenare warm onder die kraag oor hemp-reël

2010-03-19 13:04

Staatsamptenare in Botswana sal voortaan langmouhemde moet dra en kortbroeke en stywe rompe is nou iets van die verlede.

Wonder tweeling (9) op pad na hoërskool

2010-03-02 01:39

Twee negejariges, beter bekend as die wonder tweeling sal die jongste kinders in Brittanje wees wat hoërskool toe gaan.

Woedende ouers rand glo onderwyser aan

2010-01-29 02:16

‘n Onderwyser se arm is in ‘n verband nadat ‘n groep woedende ma’s dit glo gedurende ‘n argument beseer het.

BSB: Onnies wag steeds

2010-01-08 15:58

Onderwysers wat wag vir beroepspesifieke vergoeding sal aanstaande week betaal word, sê die departement van basiese onderwys.

Kenner: Opvoeding loop groot risiko

2009-12-21 15:24

Die voorsitter van die Molteno Instituut vir Taal en Letterkunde sê die kwalitiet van die onderwysers in SA het dringend aandag nodig.

 

Motshekga begroot R16 miljard vir basiese onderwys

2012-05-18 07:31

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, sê haar departement gaan R6 miljard slegs aan infrastruktuur bestee.

Oos-Kaap ontken storting van skoolboeke

2012-05-14 20:59

Die Oos-Kaapse departement van onderwys het ontken dat hy amper drie ton se handboeke by ‘n herwinningsaanleg gestort het.

Drie 'rassistiese' onderwysers geskuif

2012-05-07 19:59

Drie onderwysers wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n rassistiese opmerking teenoor hul skoolhoof gemaak het, is na ander skole oorgeplaas.

‘SA sal binne 5 jaar brand’

2012-04-07 11:00

“Suid-Afrika sal binne vyf jaar brand en sy eie Arabiese Lente hê met miljoene jong mense wat oor werkloosheid en swak onderrig in opstand kom”.

Tot 70% lees vrot

2012-04-04 09:01

Daar is ernstige probleme met lees op skool in Suid-Afrika en tussen 60% en 70% van leerlinge lees nie op ’n aanvaarbare vlak nie.

Onderwysstelsel 'erger as in apartheidsjare'

2012-03-23 10:00

Suid-Afrika se onderwysstelsel is vandag veel swakker as tydens die apartheidsjare, het die akademikus en struggle-held Mamphela Ramphele gesê.

Afrikaanse studente raak minder

2012-03-16 08:45

Die prestasie van Afrikaanse skole is uitmuntend, maar daar is kommer oor Afrikaanssprekende skoolverlaters se deelname aan hoër onderwys.

Te min onnies vir wiskunde, wetenskap in NW

2012-01-27 10:54

Een van die skole wat deur 'n afvaardiging in die Noordwes besoek is, is reeds vir 'n jaar sonder 'n wiskunde- en wetenskaponderwyser.

Laat aansoeke probleem op eerste skooldag

2012-01-18 14:00

Die departement van Basiese Onderwys sê laat aansoeke het op die eerste skooldag in vyf provinsies probleme veroorsaak.

Oos-Kaap kort R15 milj. om onnies te betaal

2012-01-05 11:47

Die Oos-Kaap se departement van onderwys het die provinsiale tesourie genader vir R15 miljoen om agterstallige salarisse te betaal.

Goeie nuus, matrieks!

2011-12-31 07:48

Die nasionale se­nior sertifikaat-eksamen “stabiliseer baie goed”, hoewel daar kommer is oor swak pre­stasie in ’n vak soos wiskunde.

LUR: 'Kind is nie ’n plek in skool gewaarborg'

2011-12-19 11:00

Barbara Creecy, Gautengse LUR vir onderwys, soek ’n wen-wen-oplossing vir toelatingskwessies in haar provinsie.

Skool-, klasgeld gaan ouers wurg

2011-11-29 07:00

Skool- en universiteitsgeld styg volgende jaar met gemiddeld 10% wat dit vir al hoe meer mense onbekostigbaar maak.

VSA gekap oor onderwys en ontwikkeling

2011-11-02 07:05

Prof. Jeffrey Sachs van die Columbia-universiteit in Amerika, het gesê Amerika is ’n swak voorbeeld van hebsug en selfsug.

Skool verbied kinders om drukkies te gee

2011-10-01 10:24

’n Kaapse laerskool het sover vasgestel kon word die eerste skool in die land geword wat leerlinge verbied om mekaar drukkies te gee.

Suid-Korea: Uit met handboeke, in met rekenaars

2011-07-20 10:16

Handboeke behoort teen 2015 iets van die verlede te wees vir laerskoolkinders in Suid-Korea, wanneer dit met tabletrekenaars vervang sal word.

Kenia: Minister weier om te bedank

2011-06-29 10:32

Kenia se minister van onderwys het gesê dit sal “politieke selfmoord” wees as hy uit sy pos bedank en hou voet by stuk dat hy onskuldig is.

VK aan Kenia: 'Betaal ons gesteelde geld terug'

2011-06-23 09:09

Onthullings dat miljoene dollars wat vir Keniaanse skoolkinders geskenk is, gesteel is, is besig om in Kenia in 'n politiese tameletjie te ontaard.

Leerders brand klaskamers af by skool

2011-05-25 15:46

Leerders wat ontevrede is oor 'n gebrek aan leermateriaal het hul skool in Mariannhille naby Pinetown aan die brand gesteek.

Geld 'nie oorsaak van onderwysprobleme in SA'

2011-04-15 09:30

Geld is nie noodwendig die oorsaak van die probleme in die onderwysstelsel nie. Die swak resultate kan aan ander redes toegeskryf word.

'Laat rykes betaal vir onderwys'

2011-03-03 07:07

Die studente-organisasie Sasco meen rykes soos die sakeman en soesji-koning Kenny Kunene moet belas word om vir gratis onderwys te betaal.

4219 onderwysers glo hul werk kwyt

2011-01-18 21:00

Die departement van onderwys in die Oos-kaap het die kontrakte van meer as 4000 tydelike onderwysers gekanselleer weens ‘n finansiële krisis.

Neusie verby met musiek as skoolvak, sê minister

2010-12-29 11:22

Dit lyk of dit neusie verby is met musiek as skoolvak as die departement van basiese onderwys voortgaan om eksterne musiekprogramme uit te faseer.

Fokus op wiskunde, onderwys, sê Manuel

2010-12-18 12:42

As Suid-Afrika internasionaal wil meeding moet die verbetering van die gehalte van onderwys en wiskunde-uitkomste aandag kry.

Kougom help glo dat kinders se punte verbeter

2010-12-02 04:00

‘n Primêre skool in die suide van Duitsland moedig kinders aktief aan om kougom te kou, aangesien dit tot beter punte lei.

Onderwys in Wes-Kaap geprys

2010-11-30 07:02

Die Wes-Kaapse departement van onderwys is ingesluit in ’n onlangse studie oor verbeterde onderwysstelsels in 20 lande.

Onderwys in SA ‘van swakste ter wêreld’

2010-11-15 06:25

Die regering se beheptheid met matriek en universiteitsgrade is sleg vir die land se ekonomie, meen die ekonoom Dawie Roodt.

'Slaagsyfer sal nie swakker wees'

2010-10-15 09:20

Die regering is vol vertroue dat daar nie ’n daling in vanjaar se matriekslaagsyfer sal wees nie, ondanks ontwrigtings soos stakings.

Hoe ryker die skool, hoe beter dié punte

2010-10-05 09:06

Sowat 50% van matrikulante wat wiskunde of fisiese wetenskappe slaag, kom uit 5% tot 6% van die land se openbare skole.

‘Leerlinge nie belangrik vir onnies, geld ís’

2010-09-30 07:46

Suid-Afrika se onderwysstelsel is steeds in ’n krisis, te oordeel aan diie onlangse staking deur onderwysers en hul optrede.

Vakante poste in onderwys vertraag dienslewering

2010-09-27 08:22

Die opdeling van die nasionale departement van onderwys het die afgelope jaar tot vakante poste en 'n stadiger pas van dienslewering gelei.

73 oproerige leerlinge vas

2010-09-11 12:00

Chaos oor onder meer eksamenpunte het op Parys losgebars wat tot die inhegtenisneming van 73 oproerige hoërskoolleerlinge gelei het.

Universiteite ‘kort taalbegroting’

2010-08-30 08:03

Die departement van hoër onderwys en opleiding se begroting maak nie voorsiening vir geld vir veeltaligheid aan universiteite nie.

Staking gaan beslis voort, sê vakbonde

2010-08-21 11:08

Leë skoolbanke, stil hofgange, geslote deure by staatsdepartemente en dansende betogers voor hospitaalingange was gister die gesig van die staatsdiensstaking in die Wes-Kaap.

Vuiste klap glo toe stakende onnies ma's vat

2010-08-19 15:21

Stakende onderwysers in Parys, Vrystaat, het voor skool saam met kinders deur die skoolhekke gebeur en met ouers slaags geraak. Vuiste het glo geklap.

Stakers slaan toe op skole

2010-08-17 08:13

Chaos het by skole uitgebreek toe stakende onderwysers onregmatig toegang tot dié skole verkry en leerlinge en onderwysers geïntimideer het.

Honderde poste weg weens geldtekort

2010-08-05 09:37

Altesaam 300 onderwysposte in die Wes-Kaap gaan aanstaande jaar afgeskaf word weens ’n tekort van R197 miljoen in dié departement.

Staking kan matrieks se eksamens ontwrig

2010-07-23 08:17

Daar sal geen onderrig, vraestelle, opsigters of nasieners vir die matrieks wees as 'n ooreenkoms nie vinnig met die regering bereik word nie.

Soektog na “spook-onnies” begin

2010-07-14 12:46

Die KwaZulu-Natalse departement van onderwys sal begin om sy werkers te tel sodat al die “spook-werknemers” geïdentifiseer kan word.

Kurrikulum word verander - nie geskrap

2010-07-06 14:26

Die uitkomsgebaseerde onderwysstelsel gaan nie geskrap word nie, maar sal aangepas word om leerders se werkverrigting te verbeter.

Sadtu verheug oor korrupsie-verslag

2010-06-17 18:08

Die vakbond Sadtu het die bevindinge van 'n forensiese verslag oor beweerde korrupsie in die onderwysdepartement verwelkom.

27 000 onderwysers weg oor ‘swak moreel’

2010-06-04 09:02

Byna 27 000 onderwysers het die skolestelsel die afgelope vyf jaar verlaat. Verreweg die meeste het bedank.

Onnie dwing seun (5) om rok te dra

2010-06-02 10:00
96 menings

’n Onderwyseres het ’n seun (5) van Doringpoort, Pretoria, een skooldag in ’n rok laat loop omdat hy met meisies gespeel en hulle gesoen het.

Duisende onnies sit dalk sonder salarisse

2010-04-12 06:36

Sowat 3 000 tydelike onderwysers in Mpumalanga begin die skoolkwartaal vandag met ’n baie swaar gemoed weens onsekerheid oor hul kontrakte.

Agterstand met skole beloop R140 miljard

2010-03-24 06:58

Die agterstand met die bou en opknapping van skole beloop tans R140 miljard en dit sal die regering 20 jaar neem om uit te wis.

WKOD: Kaapse skole onveilig

2010-03-02 08:23

Talle Wes-Kaapse skole is nie veilig nie, blyk uit statistiek van die Wes-Kaapse departement van onderwys (WKOD).

Gr. 11 wen saak teen departement

2010-02-25 18:26

Die A-student van Krugersdorp het sy hofsaak teen die Gauteng se onderwysdepartement gewen en mag nou in gr. 12 wees.

Malema gekap oor hy skole besoek

2010-01-28 11:23

Kgalema Motlanthe, ANC adjunk-president, het die jeugleier Julius Malema se skoolbesoeke gekritiseer, volgens die Sowetan.

SA jonges sit op tydbom

2009-12-22 07:33

SA sit op ’n “maatskaplike tydbom” met sy meer as 3 miljoen mense tussen 18 en 24 wat nie werk het of onderrig of opleiding kry nie.

Tender vir skool-werkboeke teruggetrek

2009-12-11 12:03

Die departement van basiese onderwys het besluit om ’n tenderproses vir die ontwikkeling van werkboek-pakkette vir gr. 1 tot 6 te staak.

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Java Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Java Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

IT Manager

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2011
R 144,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2008
R 255,000.00

FORD

Fiesta 1.6 Ambiente 5-dr AT MY06
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Ghost Recon Future Soldier

Vanaf: R349.95

Beplan, vernietig, infiltreer. Verloor jouself in die toekoms van oorlogvoering, word 'n Future Soldier met Gost Recon.Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.