Navorsingspermitte is heruitgereik aan Chris Fischer en ander wetenskaplikes wat ’n TV-dokumentêr oor haaie vir National Geographic maak.
’n Haaikenner wat haaie aan die kus van SA vang en met elektroniese opspoorders merk, is deur seeliefhebbers oor sy metodes aangevat.
Die wêreld se eerste “toetsbuis-vleis”, ‘n hamburger wat gemaak is van ‘n koei se stamselle, sal hierdie jaar vervaardig word.
Russiese wetenskaplikes sê na meer as twee dekades se boorwerk het hulle die oppervlak bereik van 'n reusagtige varswatermeer in Antarktika.
Die rektor van die Universiteit van die Noordwes se Potchefstroomkampus meen SA belê te min in landbounavorsing en -ontwikkeling.
Dokters wat op traumapasiënte werk sal binnekort met ‘n nuwe tegniek eksperimenteer waar pasiënte se liggaamstemperatuur baie verlaag word.
‘n Span Taiwannese navorsers het ‘n “onsigbare sleutel” ontwerp wat mense sal toelaat om deure met eenvoudige handgebare oop te sluit.
Kleiner as die breedte van ’n haar – só fyn was die beste skandering wat tot nog toe van ’n menslike voorsaat se skedel gemaak is.
Om ná werk voor die televisie te sit is dalk nie net sleg vir die omtrek van die middel nie – dit kan ook tot dodelike bloedklonte lei.
‘n Oostenrykse dokter word daarvan beskuldig dat hy stamsel-navorsing op honderde pasiënte gedoen het sonder hul toestemming.
'n Tipe medisyne wat ir bloeddruk voorgeskryf word, voorkom moontlik die spierverlies en immobiliteit wat met ouderdom gepaard gaan.
Wetenskaplikes het ‘n biologiese basis gevind vir die gevoel van verleentheid wat mens ervaar as iemand anders iets simpels doen.
Suid-Afrika se Vigs-sterftes het met byna 25% afgeneem as gevolg van verbeterde toegang tot medikasie, het nuwe navorsing getoon.
Wat Adelie-pikkewyne aanvang wanneer hulle onder die golwe verdwyn is danksy kameras wat aan hul lyfies vasgemaak is, nie meer 'n geheim nie.
‘n Kunsmatige retina het ‘n pasiënt in Brittanje in staat gestel om die sypaadjie te kan uitmaak en sonder sy gidshond reg te kom.
Ontwyk inspirasie jou? Sukkel jy om te dink? Binnekort sal jy 'n spesiale mus op jou kop kan sit om jou brein weer aan die gang te kry.
Die beste manier om ‘n nuut geleerde gedig, kaart-toertjie of algebra-formule te onthou mag dalk wees om ‘n vinnige slapie te neem.
Opspoorbandjies strem swemvaardighede en verlaag glo pikkewyne se kanse op oorlewing en kleintjies kry.
Ná nege maande se toetse het navorsers in Frankryk die kop van Frankryk se koning Henry IV, wat in 1610 vermoor is, geïdentifiseer.
Die uitsterwing van dinosourusse het soogdiere se groottes laat styg – met sommiges wat groter as heelwat olifante geword het.
Myne in Suid-Afrika hoef nie genasionaliseer te word nie omdat ’n staatsbeheerde mynmaatskappy reeds om prospekteerregte aansoek gedoen het.
Dogters van vet pa’s is meer geneig om later in hul lewe diabetes te ontwikkel, het ‘n studie met rotte getoon.
Stap minstens 10 kilometer ‘n week en dit kan dalk die een ding wees wat verhoed dat jou brein krimp, het 'n studie in die VSA getoon.
Navorsers het 'n fossiel ontdek wat bewys dat pikkewyne miljoene jare gelede twee keer die grootte was van ‘n normale keiserpikkewyn.
Die parasiet wat die mees dodelike weergawe van malaria veroorsaak het glo sy oorsprong by gorillas, berig navorsers.
Onlangse navorsing deur Australiese wetenskaplikes toon dat vlermuise verskillende aksente het, afhangende van waar hul habitat geleë is.
Psigiaters reken hulle weet hoe mans wat die dames wil beïndruk hul boude op die dansvloer moet swaai om die regte aandag te trek.
‘n Internasionale wetenskaplike span het vir die eerste keer ‘n genetiese risiko identifiseer wat met ‘n algemene migraine geassosieer word.
Gewasse wat met salmonella-bakterieë behandel word kan glo 'n reaksie in die liggaam veroorsaak wat kankerselle doodmaak.
‘n “Elektroniese neus” kan dalk gebruik word as ‘n eenvoudige asemtoets om long-, bors-, kolon- en prostaatkanker op te spoor.
Al ooit gewonder hoe sekere mense deur ‘n donderstorm of verkeergeraas slaap terwyl ander van die sagste geluid wakker word?
Jou beroep kan moontlik eendag die oorsaak van jou dood wees, toon 'n nuwe studie wat deur navorsers in Engeland uitgevoer is.
Die aankondiging van ‘n deurbraak-jel wat vroue help om hulself teen MIV en ander infeksies te beskerm, is deur die kabinet verwelkom.
Navorsers het 'n deurbraak gemaak deur ‘n kunsmatige long te ontwikkel waarmee rotte vir omtrent agt ure kon asemhaal.
Hoe oud jy eendag gaan word hang wel baie van lewenstyl af, maar, sê navorsers, jou gene speel dalk 'n groter rol.
'n Verslag wat dui dat die groei van MIV/Vigs in Suid-Afrika op 'n afneem is, is deur die vakverbond Cosatu verwelkom
Die eerste foto’s van ‘n rots van die Kuiper Belt Object, wat miljarde kilometer van om die son wentel, is deur wetenskaplikes geneem.
Mense se produktiwiteit sal glo tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi daal aangesien baie van die wedstryde tydens kantoorure gespeel word.
Mans met erektiele disfunksie (ED) se kans om hartprobleme te ontwikkel is byna net so groot soos mans wat rook en met bloeddruk sukkel.
Amerikaanse wetenskaplikes beweer dat hulle ‘n entstof wat die ontstaan van borskanker in muise kan stuit, geskep het.
Die meeste van Nasa se navorsingslaboratoriums is oud, en die sny van begrotings het wetenskaplike navorsing ‘n ernstige knou gegee.
Navorsers wat die gedrag van sjimpansees dopgehou en bestudeer het, het gevind dat dié ape hul koppe skud om nee te sê.
Lasertegnologie kan glo die 21ste eeu se reëndans word nadat navorsers gesê het hulle kan reën 'maak' met laserstrale.
Navorsing toon dat ‘n massiewe hoeveelheid water Alaska sowat 17 000 jaar gelede getref het en die grootste varswater vloed ooit veroorsaak het.
Navorsers in Maleisië het na 10 jaar se studie bewys dat daar wel Luiperds in Maleisië is deur die eerste foto’s van dié spesie te neem.
Volgens ‘n nuwe studie kan ‘n klein, daaglikse dosis sjokolade jou kanse om ‘n hartaanval of beroerte te kry met amper 40% verminder.
‘n Derde van borskanker-gevalle kan in Westerse lande vermy word as vroue minder eet en meer oefening doen, het navorsers gesê.
Of jy ‘n geliefde verloor of deur ‘n monster gejaag word – jou nagmerries dra betekenis waarvan wetenskaplikes probeer sin maak.
Wetenskaplikes van die Universiteit Kollege in Londen het ‘n rekenaarprogram ontwikkel wat mense se gedagtes kan lees.
Atrazine, een van die mees algemene en kontroversiële onkruiddoders, kan glo mannetjiespaddas in wyfies verander.
Ouer bestuurders kan nou langer en veiliger op die pad bly weens nuwe tegnologie wat deur wetenskaplikes ontwikkel word.
'n Groep aktiviste het 'n petisie begin om 'n einde te bring aan die planne van 'n filmmaker van die VSA wat haaie in Valsbaai wil merk.
Verliefdheid doen snaakse dinge aan die liggaam. Jou hart klop vinniger, jou maag trek op ‘n knop en jou emosies is soos 'n wipplank.
Om ’n fossiel op Antarktika in temperature van tot -30°C uit die klipharde rotsformasies uit te haal, het ’n mens ’n saag met diamantlemme nodig.
Groenteproduksie op die maan klink na iets wat in wetenskapfiksieflieks hoort, maar dis glad nie meer so ’n vergesogte idee nie.
Een honderd jaar nadat die eerste mense die Suidpool bereik het, beplan twee Belgiese mans om ‘n soortgelyke uitdaging te takel.
Fisici het sub-atomiese partikels gevind wat vinniger as lig kan beweeg, wat moontlik Einstein se teorie van relatiwiteit verkeerd kan bewys.
Japanese bio-ingenieurs het daarin geslaag om ‘n tand te kweek uit selle wat in ‘n muislewer ingeplant is.
Die mens het sowaar ‘n sesde sintuig, lui ‘n nuwe studie wat bevind het ‘n proteïne in ons oë kan magnetiese velde aanvoel.
‘n Vrou se plooie is ‘n goeie aanduiding van beendigtheid en hoe geneig sy is om beenfrakture op te doen, het ‘n studie getoon.
Dokters in Taiwan het gevind dat depressie tot breinskade kan lei, wat dit noodsaaklik maak vir dié pasiënte om hul medikasie te neem.
'n Nuwe meningsopname het bevind dat 90% van die stedelike volwassenes voel dat die grootste behoefte in die land werkskepping is.
Die gawe om goed te kan ruik, is nie noodwendig ‘n talent waarmee ‘n mens gebore word nie, het onlangse navorsing getoon.
Navorsers het ’n kragtige chemiese stof ontdek wat muise se hare laat teruggroei deur ’n stres-verwante hormoon te blok.
‘n Nuwe meningspeiling toon dat Australiërs hul verhouding met die inheemse Aboriginale mense al hoe minder belangrik ag.
Net soos mense, verkies papegaaie ook om een kant van hulle lywe meer as die ander kant te gebruik. En meeste verkies hul linkerkant.
Japannese navorsers sal hierdie jaar ‘n projek loods om die uitgestorwe mammoet in die volgende vyf jaar weer te laat leef.
Duitse navorsers wat 'n beenmurg-oorplanting gebruik het om 'n kankerpasiënt met MIV te behandel, sê hy is vry van die MI-Virus.
Vroue wat as sag op die oog beskou word, is meer geneig om geboorte aan dogters te skenk, het ‘n Britse studie getoon.
'n Navorser het bakterieë 'opgelei' om die suiker in vrugte, groente en tuinvullis te omskep in hoë-kwaliteit omgewingsvriendelike produkte.
'n Nuwe studie het bevind dat werkstres 'n uitwerking op 'n vrou se hart kan hê. Altesaam 17 000 vroue het aan die studie deelgeneem.
Teen 2030 gaan die mensdom twéé planete nodig hê om in sy behoeftes te voorsien as sy huidige verbruikspatrone voortduur.
Amerikaanse bioloë het dit reggekry om sywurms geneties te manipuleer om supersterk spinnekop-sy eerder as normale sy te spin.
Die minister van polisie, Nathi Mthethwa, het navorsers aangemoedig om by te dra tot die verlaging van gewelddadige misdaad in Suid-Afrika.
Volgens navorsers was ‘n sterk oostewind glo verantwoordelik vir die skeiding van die waters deur Moses soos in die Bybel vertel.
Die Dalai Lama het R362 000 van sy persoonlike trust geskenk vir navorsing rondom welwillendheid en medelye.
JK Rowling, skrywer van die Harry Potter-boeke, het R113 miljoen aan ‘n kliniek geskenk wat sal help om veelvuldige sklerose na te vors.
‘n Meer in die noordwes van Argentinië mag dalk wenke gee oor hoe lewe op aarde begin het en hoe dit op ander planete kan oorleef.
Mense wat Indië en Pakistan besoek om goedkoper mediese behandeling te kry, loop ‘n risiko om ‘n nuwe superkiem op te tel en te versprei.
Taiwan se Chang Gung Gedenkhospitaal het Dinsdag ‘n nuwe opsie aangekondig wat kan help om breinkanker te behandel.
Die vulkaniese uitbarsting in Ysland het aan wetenskaplikes ‘n unieke geleentheid gebied om die effek van so ‘n uitbarsting op seelewe te bestudeer.
Navorsers van Nederland het pas bevind jou gene bepaal in watter mate jy deur jou vriende beïnvloed word om saam te drink.
n Beskermende jel wat deur 'n Suid-Afrikaanse navorsingspan ontwikkel is, het die oordrag van MIV/vigs by vroue met 39% verminder.
'n Aanlyn-studie in Australië is geloods om te bepaal watter liggaamsvorme vir mense die mees aantreklike is.
Navorsers het ‘n toestel wat ‘n lewendige, asemhalende menslike long naboots en so groot soos ‘n uitveër is, geskep.
‘n Nuwe vroulike kondoom, wat toegerus is met vlymskerp hakies, is deur ‘n SA dokter ontwerp om voornemende verkragters af te sit.
'n Nuwe studie toon dat kort mense ‘n 50% groter kans as lang mense staan om op 'n jonger ouderdom van hartsiektes dood te gaan.
Kanadese navorsers het bevind macho mans het ’n aggressiewe bestuurstyl en is dalk gevaarliker op die pad as ander mans.
Kanker kan 13,3 miljoen lewens ‘n jaar eis teen 2030, het die Wêreldgesondheidsorganisasie se kankernavorsingsagentskap gesê.
Matige drinkers geniet wel ‘n gesonder leefstyl as wat groot drinkers doen, maar bevorder nie noodwendig ’n beter lewe nie.
Genetiese navorsing toon dat die moderne mens en die Neanderdal nie net saamgeleef het nie, maar ook 400 eeue gelede gekruisteel het.
Kleuters wat te veel televisie kyk kan later swakker punte in wiskunde kry en meer as ander kinders geboelie word, het 'n studie gewys.
‘n Hele generasie kinders en jong volwassenes kan as hul ouer is hul gehoor te verloor vanweë iPods en MP3-spelers wat aldag in hul ore blêr.
Navorsers het sowat 120 nuwe spesies op Borneo-eiland ontdek, insluitende ‘n longlose padda en die wêreld se langste stokinsek.
Ligte oefening tydens swangerskap is ook goed vir die ongebore baba se gesondheid deurdat dit ook die babatjie se gewig beheer.
Sterk Noordpoolse winde is glo verantwoordelik vir die afname in ys in die Noordelike Yssee oor die afgelope paar jaar.
‘n Nuwe spesies van dinosourusse is in die Amerikaanse staat van Utah ontdek wat moontlik oor die 185 miljoen jaar oud is.
Wetenskaplikes wat ‘n groep wilde blouapies in SA bestudeer, het gevind dat apies makliker leer by vroulike apies as manlike apies.
’n Studie wat deur ’n Amerikaanse slaapvereniging toegepas is, het getoon dat slaapgewoontes onder etniese groepe verskil.
Wetenskaplikes in Australië glo hulle kan katte se nuuskierigheid gebruik om dié land se wilde kat probleem op te los.