'n Kragtige aardbewing van 6,5 het sowat 116 km noordwes van die Chileense hoofstad, Santiago, plaasgevind, sê die USGS.
Die wêreldekonomie het verlede jaar skade van sowat $370 miljard gely weens natuurrampe, het die Switserse versekeringsreus Swiss Re gesê.
Die oliereus BP sal $7,8 miljard betaal om duisende eise te skik wat spruit uit die oliestorting in die Golf van Mexiko in 2010.
Drie dae nadat ’n tornado dele van Duduza getref het, is die eerste van bykans 600 tydelike hutte langs die oorblyfsels van Hop-huise opgerig.
Die tornado-geteisterde gebied Duduza, suidoos van Johannesburg, sal tot 'n rampgebied verklaar word, het Mondli Gungubele gesê.
Opruimingswerk duur voort in Ficksburg nadat 'n tornado die afgelope naweek die gebied in die oostelike Vrystaat getref het.
Noord-Carolina het ‘n noodtoestand aangekondig ter voorbereiding vir die orkaan Irene, wat vinnig op pad is na die ooskus van Amerika.
‘n Aardbewing wat 4.5 op die Richterskaal meet, het Mosambiek getref en is in die ooste van Zimbabwe gevoel, berig 'n Zimbabwe publikasie.
Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika sê hy sal voortgaan om die situasie in die Kaapse lugruim te monitor en sal passasiers op hoogte hou.
Sommige vlugte in Oos-Afrika word weens 'n vulkaniese aswolk ontwrig, het 'n woordvoerder van die Ethiopiese Lugdiens gesê.
Die dodetal na die verwoestende tornado wat deur die stad Joplin in die Amerikaanse staat Missouri getrek het, het tot 139 gestyg.
‘n Aardbewing het die Richterskaal in die Fiji-gebied tot 6.4 laat steier, maar geen tsoenamiwaarskuwing is uitgereik nie.
’n Natuurramp is besig om in Tristan da Cunha af te speel nadat ’n vragskip op die rotse geloop het waar duisende diere broei.
‘n Jong ma is in Rayne, Louisiana, dood terwyl sy haar kleuter teen die sterk winde van ‘n tornado probeer beskerm het.
Slagoffers van die onlangse oorstromings gaan 50 miljoen rand van die Nasionale Loteryraad ontvang, het RSG berig.
Die Vaalrivier is in vloed en ten spyte van waarskuwings swem kinders in die water en waag ander dit om paaie te gebruik wat oorspoel het.
‘n 41-jarige vrou is dood nadat sy en haar motor in die noord-ooste van Australië deur vloedwaters meegesleur is.
Vloede na ‘n week van swaar reënval in sentrale Viëtnam het die lewe van 22 mense geëis, het owerhede gesê.
'n Vulkaan in Indonesië het pres. Barack Obama gedwing om sy besoek aan dié land kort te knip en sommige internasionale vlugte is gekanselleer.
Sowat 80 mense is beseer en verskeie geboue beskadig toe ‘n aardbewing die noordweste van Iran geruk het, het CNN Saterdag berig.
Kitsvloede het deur ‘n groot aantal stede in die suide van Thailand gespoel en sowat 100 000 mense gestrand gelaat.
Die vulkaan, Berg Merapi, wat vroeër die week in die Sentraal Java in Indonesië uitgebars het, het wéér uitgebars.
‘n 69-jarige vrou is dood toe die mure van haar huis inmekaargeval het tydens ‘n storm in die Sunnyside-informele nedersetting.
Indonesiese amptenare het toegegee dat die vroeë waarskuwingstelsel teen tsoenami's nie reg gewerk het tydens die getygolf nie.
Die dodetal ná die vulkaniese uitbarsting van Mount Merapi in Indonesië het na 29 gestyg, het amptenare gesê.
Indonesië se berg Merapi het drie keer ontplof en wolke en vulkaniese as die lug ingestuur, het 'n vulkanoloog gesê.
‘n Driejarige kind is dood toe die muur van ‘n huis op haar geval het tydens ‘n storm in Vleinfontein in Limpopo.
Die tropiese storm Julia het die sterkte van 'n orkaan oor die ver oostelike Atlantiese Oseaan bereik, sê die nasionale orkaansentrum.
Die tropiese storm Hermine het in die Golf van Mexiko gevorm en waarskuwings is in verskeie gebiede uitgereik, het die orkaansentrum gesê.
Meer as 5000 vakansiegangers is by Hatteras en Ocracoke eilande in Noord-Carolina ontruim terwyl die orkaan Earl sy verskyning maak.
Orkaan Earl is tot 'n katagorie 4 storm aangepas te midde van waarskuwings dat groot skade aangerig sal word indien die orkaan die Amerikaanse kus bereik.
Volgens die Verenigde Nasies is 13,8 miljoen mense die afgelope twee weke deur die oorstromings in Pakistan geaffekteer.
In die jongste natuurramp wat China tref, is minstens 65 mense dood in grondstortings in die noordweste van die land.
Die dodetal ná die tifoon wat die Filippyne verlede week getref het, het na 111 gestyg en 45 mense is steeds vermis.
Kitsvloede in die heuwels bo die Franse Riviera het die lewe van 20 mense geëis en 'n tronk en tehuis moes ontruim word.
Honduras het 'n noodtoestand verklaar ná die tropiese storm Agatha die lewens van 14 mense geëis het, het reddingswerkers gesê.
Seewater gaan vir menslike gebruik in Mosselbaai ontsout word om dié gewilde Suid-Kaapse kusdorp se waterkrisis die hoof te bied.
Vloedreën wat klaarblyklik deur die El Nino-weerverskynsel veroorsaak is, het oeslande verwoes en ten minste 70 lewens in die suide van China geeis.
Vloede in Angola, wat sedert die begin van hierdie land se reënseisoen in Januarie vanjaar getref het, het reeds die lewens van 54 mense geëis.
‘n Aardbewing van 5.9-grootte het in die see langs die kus met Japan getref. Geen tsoenami-waarskuwings is uitgereik nie.
Tornado’s het ‘n doodspad deur die suider Amerikaanse staat van Mississippi gemaak en minstens nege mense se lewens geëis.
Christina van Deventer, wat die afgelope ses jaar in Reykjavik, Ysland, woon vertel oor die situasie in dié stad.
Talle lughawens in Europa is gesluit en duisende reisigers is gestrand nadat ‘n vulkaniese uitbarsting in Ysland ‘n aswolk veroorsaak het.
Die dodetal van modderstortings en vloede in en om Rio de Janeiro vandeesweek, staan op 219 en die soektog na oorlewendes duur voort.
‘n Aardbewing van 7.6-grootte het langs die kus van die eiland Sumatra in Indonesië getref en vrese van ‘n dodelike tsoenami gewek.
‘n Reeks aardbewings het die Stille Oseaan aan die kus van Amerika en Mexiko Maandagoggend omstreeks 00:40 (SA-tyd) getref.
Pres. Barack Obama het ‘n noodverklaring uitgereik nadat stortreën in die staat van Rhode Island neergeval het en gevaarlike vloede dreig.
’n Soveelste aardbewing wat 5.9 op die Richeterskaal gemeet het, het die Filippyne vroegoggend in die noorde getref.
Agt mense is dood nadat ‘n sneeustorting voertuie op ‘n bergpad in Tajikistan in Sentraal Asië begrawe het.
Twee maande ná die reuse-aarbewing in Haïti, staar inwoners wat in tentedorpe bly die risiko van vloede in die gesig.
Die tsoenami-waarskuwings ná die Sumatra-aardbewing het wéér ’n leemte in Port Elizabeth se waarskuwingstelsel uitgewys.
'n Tweejarige meisie het 'n verwoestende tornado, wat die lewe van haar gesin geëis het, oorleef, het die plaaslike media berig.
Vroeër was die neiging dat rampe net drie provinsies getref het, maar dit is nie meer die geval nie, het Mbuso Mthembu van die SARKV gesê.
Gautengse boere samel tans voedsel in om die gemeenskap van Duduza by te staan ná ’n tornado dié informele nedersetting getref het.
'n Totaal van 113 mense is beseer nadat 'n tornado Duduza, buite Nigel getref het, het André Visser, woordvoerder van ER24, gesê.
Minstens 23 mense is dood tydens grondverskuiwings wat deur ‘n stortvloed reën in Uganda veroorsaak is, het die Rooikruis gesê.
’n Personeellid van die Oppikoppi-span was op die toneel toe vyf mense by die Pukkelpop-fees in België dood is weens ’n storm.
Dit is onduidelik hoe lank die vulkaniese aswolk in die Suid-Afrikaanse lugruim gaan wees, het die Burgerlugvaartowerheid gesê.
Vlugte van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) sal weer volgens hul normale skedule hervat word, het die maatskappy Sondag gesê.
Lugrederye wat die Oos-Afrika-roete gebruik hou die Dubbi-vulkaan in Eritrea, wat 'n aswolk van tot 15 km die lug in geskiet het, fyn dop.
'n Amptenaar van Alabama het bevestig dat drie mense dood is toe 'n tornado 'n huis in sentraal-Alabama getref het.
Natuurrampe het die Suid-Afrikaanse belastingbetaler sedert 2000 R1 miljard per jaar gekos, sê Edna Molewa, minister van omgewingsake.
‘n Matige skudding van 5.1-grootte het die noorde van Chili Vrydag getref, het navorsers bekend gemaak.
'n Sikloon het in die vloedgeteisterde oostelike deel van Australië geboue se dakke afgeruk, bome ontwortel en elektrisiteit afgesny.
’n Aardbewing suid van Suid-Afrika het ’n duidelike leemte in die land se waarskuwingstelsel oor moontlike tsoenami’s uitgewys.
Minstens vier mense is die afgelope twee dae in KwaZulu-Natal dood en families dakloos gelaat toe verskeie riviere hul walle oorstroom het.
Sowat 200 mense word vermis gevrees ná ‘n grondverskuiwing sowat 10 huise in Medellin, Colombia, verswelg het.
‘n Matige 5.9-grootte skudding het die noorde van Papua Indonesië getref, het die Amerikaanse Geologiese Opname (USGS) gesê.
Verskrikte inwoners aan die voet van Indonesië se dreunende vulkaan het gevlug vir hul lewens met Mount Merapi wat enige oomblik kan uitbars.
Minstens 54 mense is dood en talle ander beseer nadat die Indonesiese vulkaan op berg Merapi weer uitgebars het, het beamptes gesê.
Ses mense is dood en een vermis in sentraal-Viëtnam na afloop van kitsvloede die afgelope paar dae, het owerhede gesê.
Meer as 130 mense wat as vermis gelys is, is lewend gevind op 'n eiland in Indonesië wat vyf dae gelede deur 'n tsoenami verwoes is.
Die dodetal van die tsoenami wat westelike Indonesië vroeër vandeesweek getref het, staan op 408. Sowat 303 mense is nog vermis.
Meer as 300 mense is tot dusver dood in die tsoenami en dodelike vulkaan-uitbarsting in Indonesië terwyl meer as 400 mense vermis is.
Minstens 154 mense is dood en nog 400 is vermis ná ‘n kragtige aardbewing ‘n tsoenami in die weste van Indonesië veroorsaak het.
Rampbeamptes sê die dodetal van 'n tsoenami in die westelike Indonesië het tot 23 gestyg en talle dorpenaars is vermis.
‘n Kragtige aardbewing van 6.9-grootte het langs die kus van Mexiko se Baja California-peninsula plaasgevind, het die USGS gesê.
Terwyl orkaan Igor op die eiland afpyl, het die regering van Haïti planne bekend gemaak om duisende hawelose slagoffers te hervestig.
Die aardbewing van 7.1-grootte wat Nieu-Seeland getref het, het na bewering geboue inmekaar laat stort en paaie verwoes.
‘n Hele aantal vlugte is gekanselleer met bootreise wat herlei is nadat die Karribiese eilande hulself gereed kry vir orkaan Earl.
Jacob Zuma het sy medelye uitgespreek aan president Jintao van China ná die modderstortings wat tot talle se dood gelei het.
Die dodetal weens modderstortings in die noordweste van China het tot 337 gestyg terwyl nog sowat 1000 mense vermis word.
Die ergste rookmis nog het Moskou getref en volgens ‘n longdokter is dit so erg as om ongeveer 40 sigarette elke paar uur te rook.
Minstens tien mense is dood en 22 word vermis nadat ‘n kragtige tifoon die noordelike en oostelike Filippyne verwoes het.
Sewe mense is dood en talle huise is verwoes nadat ‘n tornado die noordwestelike deel van Ohio getref het. Nóg skade word verwag.
BP se poging om die oopgeboorde gat in die Golf van Mexiko met 30 000 vate “swaar modder” toe te stop, het misluk.
Die Keniaanse regering het gewaarsku teen vloede weens vrese dat verskeie damwalle as gevolg van swaar reënval kan oorstroom.
‘n Aardbewing van 7.2-grootte het Indonesië se Aceh-provinsie geruk en plaaslike tsoenami-waarskuwings is kort daarna uitgereik.
Die oliemaatskappy BP, het erken dat hulle “ten volle verantwoordelik” is vir die skoonmaak van die reuse olielek in die Golf van Mexiko.
Navorsing toon dat ‘n massiewe hoeveelheid water Alaska sowat 17 000 jaar gelede getref het en die grootste varswater vloed ooit veroorsaak het.
Na bewering is ‘n ligte aardskudding Woensdag in die suidweste en weste van Johannesburg gevoel, het iol berig.
Die lugruim oor verskeie lande reg oor Europa bly gesluit en reisigers bly gestrand, terwyl ‘n reuse aswolk oor dié kontinent versprei.
Minstens 400 mense is dood en honderd duisend beseer ná 'n aardbewing van 6.9-grootte China geruk het.
Sowat 200 mense is naby Rio de Janeiro in modderstortings begrawe nadat vloede die streek getref het.
‘n Storm in Musina het sowat 15 huise sonder dakke gelaat en skade aan verskeie besighede gerig, het die polisie in Limpopo gesê.
Wetenskaplikes het ontdek dat die algemene padda ‘n sesde sintuig oor natuurlike rampe het en dat hulle kan voorspel wanneer ‘n aardbewing aankom.
Die lyke van 30 mense is in die afgeleë gedeeltes van noordoos Afghanistan gevind nadat dit sowat ‘n week gelede getref het.
Australiese owerhede het ‘n bevel goedgekeur wat inwoners verplig om hulle huise te ontruim weens ‘n tropiese sikloon wat op pad is.
Fidji het merkwaardige skade gely nadat ‘n kragtige sikloon vir meer as drie dae in die eilande gewoed het en hulp is nou ontbied.
Sikloon Tomas het begin kalmeer, maar ‘n noodtoestand is verklaar in die buite-eilande van Fidji wat die ergste geraak is.