’n Sonsverduistering wat die son in ’n vlammende ring omskep het, het dele van Asië en Noord-Amerika in halfdonkerte gehul.
Omtrent 400 robwelpies het in Valsbaai en Kommetjie uitgespoel, het die Stad Kaapstad se rampbestuur-eenheid gesê.
Kerri Bowie van Kaapstad was skaars 400 m weg van die hoofhek van die Skukuza-kamp in die Krugerwildtuin toe leeus ’n buffelbul plattrek.
‘n Gat in die osoonlaag wat vyf keer die grootte van Kalifornië is het hierdie lente oor die Noordpool gevorm, het wetenskaplikes gesê.
Die stad New York het 'n tornado-waarskuwing uitgereik nadat orkaan Irene Saterdagaand dié stad bereik het. Tien mense is reeds dood.
Orkaan Irene het New York laat Saterdag getref, het Michael Bloomberg, burgemeester, gesê terwyl reën en sterk winde die stad teister.
Danksy heilsame koeimelk uit ’n staatmaker-jersey genaamd Bretta se spene het ’n verswakte bastergemsbokkie oorleef.
’n Nag-apie wat deur sy ouers weggegooi is en ’n bobbejaan by ’n diereskuiling in Nairobi het onwaarskynlike kamerade geword.
Een soort vlinder sien net een keer in ‘n leeftyd kans vir paar. Daarna maak sy haar vlerke toe en ignoreer mannetjies wat wil paar.
Of dit nou as gevolg van mensgemaakte besoedeling of die natuurlike erosie van tyd is, sommige dele van die wêreld se toekoms is in gedrang.
Die nuwe spesie is in die Tafelberg Nasionale Park ontdek en het bene wat gemaak is vir spring terwyl sy antennes hom stuur.
Dramatiese nuwe beeldmateriaal deur die fotograaf Terje Sorgjerd wys hoe die Aarde oor tyd beweeg en ons uitsig oor die Melkweg verander.
’n Span kundiges gaan na die Tristan da Cunha-eilandgroep vertrek, waar duisende oliebesmeerde seevoëls rehabilitasie nodig het.
Asof 'slackpacking' nie maklik genoeg is nie, sit Fiona McIntosh se nuwe stapgids nou SA se beste luilekker-roetes in een boek saam.
Twee renosters is doodgeskiet en twee gewond in ‘n wildreservaat naby Klerksdorp, het die polisie in Noordwes bekend gemaak.
‘n Kleurvolle reënboogring om die son het Gautengers lekker kop laat krap en na hul selfone laat gryp vir foto's.
Aktiwiteit van die vuurspuwende berg Merapi het die afgelope week skerp toegeneem en dié kragtige vulkaan kan enige tyd uitbars.
Sanparke se Wild-kaart word eersdaags met ‘n nuwe kaart vervang, en Wild-kaarthouers moet so gou moontlik hulle lidmaatskapbesonderhede opdateer.
Koolsuurgasvrystellings en kosproduksie is nou die vernaamste dryfvere vir die mensdom se groeiende ekologiese voetspoor.
Teen 2015 sal sowat 80% van Suid-Afrika se varswater so erg besoedel wees dat dit glad nie gesuiwer kan word nie.
Minstens drie mense is steeds vermis ná vloede wat in die land woed terwyl die tropiese storm Hermine uit die land beweeg.
Nog nie ’n enkele rinkhals is die afgelope vyf jaar in een van Kaapstad se natuurreservate of natuurlike gebiede opgemerk nie.
Noord-Carolina se goeweneur het 'n noodtoestand verklaar terwyl ontruiming van die kus voor orkaan Earl voortgaan.
‘n Dorp in Engeland oorweeg ‘n omstrede plan om seemeeue te skiet weens klagtes oor die voëls wat inwoners wakker hou.
Terwyl die VSA-regering sê 75% van die olie wat in die Golf van Mexiko gelek het, verdamp, opgelos of skoongemaak is, is wetenskaplikes skepties.
Bobbejane in die Kaapse Skiereiland luister uit vir motoralarmstelsels om te weet of dit veilig is om kos uit toeriste se motors te "steel."
Rypskade aan aartappel-oeste in Limpopo, die grootste aartappelproduserende gebied, kan tot so hoog as 100 miljoen rand wees.
Honderde mense wat probeer het om koel te bly tydens 'n hittegolf het in Rusland gesterf, 63 mense op een dag, sê die noodministerie.
Dit is nou om meer as een rede ’n goeie tyd om te gaan kyk hoe die kokerbome goudgeel blom op die plaas Gannabos.
Twee walvisse is gered en terug in die see geplaas nadat hulle op Muizenberg se strand naby Kaapstad uitgespoel het.
Drie bedreigde berggorillas (’n ma en haar twee kleintjies) het waarskynlik omgekom weens uiters koue en nat, winderige weer in Rwanda.
’n Witdoodshaai wat per abuis deur ’n spiesvisser gekwes is, sal moontlik op ’n strand uitswem as hy nie gered kan word nie.
Die laagste temperature tot dusver vanjaar is die afgelope nagte aangeteken, wat daarop dui dat die winter onomkeerbaar op pad is.
Dis nie aldag dat jy sien ‘n luiperd vat ‘n krokodil aan nie. Natuurfotograaf, Hal Brindley, het dié geleentheid op kamera vasgevang.
Europa se grootste ondersese vulkaan kan inmekaarsak en ‘n tsoenami veroorsaak wat die suide van Italië “enige oomblik” kan verwoes.
Sowat 80 ton dooie visse het op strande in Rio de Janeiro uitgespoel nadat hulle glo weens hoë vlakke alge in die water, dood is.
Die vlak van die water in die Vaaldam is besig om te daal en sewe sluise is oop, sê die departement van waterwese.
Bestaansvissers, swanger vroue en kinders wat gereeld vis eet, word dalk onwetend blootgestel aan hoë kwikvlakke wanneer hulle vis eet.
Australië se premier dreig Japan met regsaksie as hy nie sy navorsing waarin meer as 1000 walvisse 'n jaar doodgemaak word, stop nie.
Die Bosveld is daarmee heen as die Eskoms, die Exxaro’s en die Sasols met hom klaar is, meen boere in Limpopo.
Die Deense ambassade sê ander se kulture en koskeuse moet respekteer word ná wêreldwye kritiek oor walvisjag by die Faroe-eilande.
Wetenskaplikes in Wellington het aangekondig dat ysberge in die rigting van Nieu-Seeland oppad is, en 400 km van die kus gesien is.
Bioloë het ‘n unieke spinnekop in Sentraal Amerika gevind wat miere vermy om by sy gunsteling proteïn-ryke plant uit te kom.
Suid-Afrika se natuurlike omgewing het die afgelope 20 jaar die vinnigste van alle lande ter wêreld agteruitgegaan.
Kapenaars is sopas nóg 'n rede gegee om hul neus in die lug te steek: hulle woon aan die voet van een van die sewe natuurwonders.
Die Wêreldnatuurfonds (WWF) sê Suid-Afrika se mariene bronne het in sekere gevalle in duie gestort en word in ander gevalle ten volle benut.
Die Bosveldklimaat, wilde diere en ’n “lekker berg” wag naby Bela-Bela vir natuurliefhebbers, skryf Henk Kruger.
Minstens sewe mense, insluitend 'n 11-jarige seun, is dood in stormverwante voorvalle sedert orkaan Irene die ooskus van Amerika getref het.
Rocklands in die Pakhuisberge net buite Clanwilliam word nou as een van die drie beste plekke ter wêreld beskou vir rotsblok-klim.
Miljoene ton plastiek wat jaarliks in die see gestort word is een van die grootste bedreigings vir walvisse en ander diere in die oseaan.
Kaapstad het een van die digste konsentrasie van bedreigde spesies in enige metropolitaanse gebied op aarde, het die provinsiale regering gesê.
‘n Video van ‘n leeuwyfie wat ‘n kamera "steel" het onlangs baie gewildheid op YouTube, Facebook en Twitter verwerf, kyk hier daarna.
Die ontwikkeling van die reuksintuig het soogdiere ’n voordeel gegee en vir skielike breinontwikkeling gesorg, reken wetenskaplikes.
Besoekers na Kenia kan nou die Karura-woud besoek, iets wat nie moontlik sou gewees het as planne vir ontwikkeling in die woud goedgekeur is nie.
Riviere loop deur van ons land se mooiste, onbereikbaarste natuurskoon, skryf Clifford Roberts nadat hy die Stormsrivier besoek het vir kloofing.
So, jy’t al jou moed bymekaar geskraap en besluit om jou geliefde te vra om te trou, maar nou moet jy tog net die regte plek kies.
'n Storm in die Oos-Kaap het talle mense op Matatiele, Mount Frere en Mount Ayliff dakloos gelaat en vier skole in die gebied beskadig.
Net sowat 50 km noord van Oos-Londen lê Cintsa, die Wildekusdorpie met ’n groot groen hart, het Mariska Spoormaker gevind.
Sommige piesangboere in Limpopo het tot 30% van hul oes verloor weens die kwaai hael- en reënstorm wat die gebied die naweek getref het.
Griekeland het 'n noodtoestand op die eilande van Ikarië en Chios in die oostelike Egeïese See verklaar, waar kitsvloede chaos veroorsaak het.
Die kettingwinkelreus Woolworths is baie bekommerd oor die land se watergehalte en die invloed wat dit op voedelsekerheid het.
Die wêreld se hoogste waterval, 'n eindelose soutpan, myle en myle se helder oranje sanduine... ervaar tien van die mees ondekbare wonders.
Minstens 170 mense het weens 'n hitteberoerte gesterf en meer as 54 000 mense is na 'n hospitaal in Japan gehaas.
Die Tshwane-metroraad sê hy weet nie daarvan dat rioolwater by die Rooiwal-rioolwerke, noord van Pretoria, in die Apiesrivier vloei nie.
70 000 bome, waarvan 99% wilgerbome is, gaan binne die volgende vyf tot sewe jaar langs die Wilgerivier buite Frankfort uitgeroei word.
‘n Nuut ontdekte tipe mikrobe wat floreer in die olie-besmette Golf van Mexiko is onlangs deur wetenskaplikes ontdek.
Miere is sowat 48 miljoen jaar gelede in zombies verander deur 'n swam wat hul gedrag beheer, het wetenskaplikes vasgestel.
Dit gaan goed met die twee wolkluiperdjies (Neofelis nebulosa) wat twee maande gelede in die Jardin des Plantes-dieretuin gebore is.
Pikkewyne wat skynbaar van die honger gevrek het, spoel steeds op strande in Brasilië uit, terwyl wetenskaplikes probeer bepaal wat fout is.
Die ys waarop ysbere loop word jaarliks dunner – só dun dat dié ikoniese spesie binne die volgende dekade kan uitsterf.
Wilddiewe wat diere uit helikopters uit jag, het ‘n hoogs-bedwelmde witrenoster se horings met ‘n kettingsaag afesny.
Navorsing wat onlangs in die joernaal Nature gepubliseer is toon ‘n verband tussen vulkaniese uitbarstings en klimaatsverandering.
PetroSA gaan moontlik R80 miljoen bydra tot die nuwe ontsoutingsaanleg wat in Mosselbaai gebou gaan word.
‘n Massiewe seestroom met die volume van 40 Amasone-riviere is in die suidelike Indiese Oseaan deur navorsers van Japan en Australië ontdek.
Byna drie keer soveel damherte as wat aanvanklik die laaste tyd op Robbeneiland getel is, word nou na ’n nuwe verskuif.
In die snikhete son het sy ’n maand lank by verkeersligte in Bloemfontein gestaan om geld vir haar “baba”, ’n leeuwelpie in te samel.
Minstens 20 mense is dood en sowat 25 vermis deur 'n modderstorting wat deur swaar reën in die Huanuco-streek in Peru veroorsaak is.
Die klein, maer naaldvis is hoog bo op die lys van vreemde diere: die mannetjie van dié spesie is die een wat swanger raak.
Inwoners van Potchefstroom is bekommerd oor hul drinkwater nadat miljoene liters suur mynwater uit ’n ou skag begin loop het.
Die kollig het by die nasionale vleilanddagvierings op die volgehoue verlies aan vleilandgebiede weens stedelike ontwikkeling geval
Groot dele van Europa is die naweek opnuut deur bittere vrieskoue en die ouma van alle sneeustorms getref. En die einde is nie in sig nie.
’n Reuse-waterreservoir 160 km diep onder die aarde se oppervlak, die eerste in sy soort in Suid-Afrika, is in die Vrystaat ontdek.
'n Waarskuwing is na skepe in die Stille Oseaan uitgereik dat honderde ysberge besig is om in die rigting van Nieu-Seeland te dryf.
Dis dikwels maar die beste om die natuur sy gang te laat gaan met babavoëltjies wat in slegte weer uit die nes val.
Die Listara rivier in noordoos Colombia het skielik in ‘n geologiese fout verdwyn, het amptenare in die dorp San Andres gesê.