ARTIKELS OOR mynongelukke

60 mynwerkers in Zim vasgekeer ná brand

2012-05-22 17:00

Sowat 60 mynwerkers is ondergrond vasgekeer in ‘n platinummyn in die suide van Zimbabwe ná ‘n brand uitgebreek het.

Reddingspoging kan lank duur

2012-04-10 08:00

’n Reddingspoging om nege mynwerkers te red kan dalk vir twee tot drie dae vertraag word, het ’n regerings­amptenaar aangekondig.

Twee mynwerkers sterf by Carletonville

2012-03-13 19:53

Twee mynwerkers het gesterf by Harmony Gold se Kusasalethu-goudmyn buite Carletonville, het die maatskappy Dinsdag gesê.

Mynwerker sterf in ongeluk naby Randfontein

2012-01-26 14:21

‘n Mynwerker het in ‘n ongeluk by die Harmony Gold's Doornkop-myn naby Randfontein gesterf, het die maatskappy gesê.

40 Chinese myners ondergronds vasgekeer

2011-11-10 14:42

Meer as 40 steenkoolmyners is ondergronds vasgekeer as gevolg van ‘n gaslekkasie by ‘n myn in die suidooste van China, berig Chinese media.

Vier mynwerkers dood, 50 vasgekeer in China

2011-11-04 13:10

Vier mynwerkers is dood en 50 vasgekeer ná 'n rotsbank by 'n steenkoolmyn in China gebars het toe 'n aardbewing die gebied getref het.

China: 17 sterf in myn-ontploffing

2011-10-05 11:23

Die dodetal van ‘n ontploffing by ‘n steenkoolmyn in suidwes-China het tot 17 gestyg nadat drie mense in 'n hospitaal dood is.

Vierde mynwerker dood gevind

2011-09-16 19:39

Nooddienswerkers het die vierde, en laaste mynwerker wat in die steenkoolmyn in die suide van Wallis vasgesit het, se liggaam gevind.

26 Mynwerkers sit vas in onwettige steenkoolmyn

2011-08-25 23:14

Ses-en-twintig mynwerkers sit al die afgelope twee dae in ‘n oorstroomde, onwettige steenkoolmyn in die noordooste van China vas.

16 dood, 10 vermis in Oekraïne-ontploffing

2011-07-29 11:05

Altesaam 16 mynwerkers is dood en nog tien is vermis ná ‘n ontploffing in ‘n steenkoolmyn in die Lugansk-streek in die Oekraïne.

Ontploffing by myn eis sewe

2011-05-06 22:55

Sewe mynwerkers is dood en sewe ander word nog vermis ná ‘n ontploffing by ‘n koolmyn in die noorde van Mexiko.

Chileense deskundiges na Mexiko-myn om te help

2011-05-06 22:51

‘n Span van Chileense deskundiges het na Mexiko gegaan om te help om agt mynwerkers wat in ‘n steenkoolmyn vasgekeer is, te bevry.

Onwettige mynwerkers lewendig begrawe

2011-04-27 19:42

Die liggame van twee onwettige mynwerkers is by ‘n mynskag in Springs aan die Oos-Rand uitgegrawe, het die polisie gesê.

Talle vasgekeer ná ontploffing by myn

2011-03-20 15:29

Minstens drie mynwerkers is dood en 45 ander is vasgekeer nadat ‘n Pakistanse steenkoolmyn ineengestort het.

Vyf in myn vasgekeer ná ontploffing

2011-02-05 23:05

'n Groep van vyf elektrisiëns is ná 'n ontploffing by die Uricani-myn in die suid-weste van Roemenië vasgekeer, het nuusagentskappe berig.

Gedenkdiens in NS gehou vir mynwerkers

2010-12-03 02:32

'n Nasionale Gedenkdiens is in Nieu-Seeland gehou vir die 29 steenkoolmynwerkers wat dood is in die ontploffing by die Pike Rivermyn verlede maand.

Tweede ontploffing by NS-myn: Al 29 sterf

2010-11-24 06:38

‘n Tweede ontploffing het by die Pike River-steenkoolmyn in Nieu-Seeland plaasgevind en al 29 mynwerkers is na verwagting dood.

Robot soek na vermiste NS-mynwerkers

2010-11-22 14:22

Nieu-Seeland beplan om ‘n robot te gebruik om te help soek na 29 vermiste mynwerkers wat reeds drie dae ondergronds vasgekeer is.

Reddingspoging om NS-mynwerkers te red vertraag

2010-11-21 22:14

Pogings om 29 mynwerkers te red wat na 'n ontploffing in 'n steenkoolmyn in Nieu-Seeland vasgekeer is, gaan nog langer vertraag word.

NS-myn brand, 29 werkers steeds vermis

2010-11-20 23:28

Toetse het getoon dat 'n brand by die Nieu-Seelandse myn uitgebreek het waar 29 mans steeds vermis is nadat 'n ontploffing plaasgevind het.

Twee sterf in mynongeluk in Chili

2010-11-09 05:36

Twee mynwerkers is dood in dieselfde noordelike streek waar 33 mynwerkers verlede maand gered is, het Chileense beamptes gesê.

Mynvloede dood 12 in China

2010-10-28 11:29

Minstens 12 mense is dood nadat 'n steenkoolmyn in suidwestelike China oorstroom het, het die staatsmedia in dié land berig.

Mynwerker nog soek ná ramp in Ecuador

2010-10-22 09:16

Reddingswerkers het die lyk van die derde van vier vermiste mynwerkers in Ecuador gevind, maar die vierdie man is steeds soek.

Chili-myners gaan huwelikbeloftes hernu

2010-10-21 09:00

Vier van die 33 mynwerkers wat sowat twee maande ondergronds in Chili vasgekeer was, gaan hul huweliksbeloftes hernu.

Dodetal styg ná mynramp

2010-10-19 07:30

Die dodetal in die naweek se mynontploffing in China het tot 30 gestyg, terwyl die hoop vervaag dat sewe mynwerkers lewend gevind sal word.

Twee sterf in mynongeluk

2010-10-17 05:05

Twee van die vier mans wat vasgekeer was in ‘n myn in Ekwador is dood gevind in die jongste voorval in die industrie in Latyns-Amerika.

Ekwador: Vier mynwerkers vasgekeer ná ineenstorting

2010-10-16 03:18

Vier mynwerkers is in 'n ondergrondse myn in Ekwador vasgekeer nadat 'n tonnel ineengestort het. Reddingswerkers is oppad na die toneel.

Feesviering toe laaste mynwerker gered is

2010-10-14 07:00

Die laaste mynwerker wat uit die Chileense myn gered is, is met harde gejuig en feesviering na die oppervlak gebring.

Chili: Reddingspoging vertraag

2010-10-13 01:52

Die reddingspoging om die 33 mynwerkers wat in 'n Chileense myn vasgekeer is te red, is vertraag, het 'n beampte gesê.

Chili: Eerste mynwerker dalk vannag bevry

2010-10-12 05:23

Reddingswerkers gaan begin om die 33 mynwerkers wat vir die afgelope twee maande in 'n Chileense myn vasgekeer is, te bevry, het beamptes gesê.

Chili: Reddingskag bereik mynwerkers dalk Saterdag

2010-10-08 03:34

Die eerste reddingskag om die 33 mynwerkers te red wat in 'n Chileense myn vasgekeer is, behoort die mans Saterdag te bereik.

Chili: Mynwerkers twee maande vasgekeer

2010-10-05 01:46

Die 33 mynwerkers wat ondergronds in 'n Chileense myn vasgekeer is, is presies twee maande van hul families geskei.

Mynwerker sterf by Tau Tona-myn

2010-09-15 18:23

‘n Mynwerker het by die AngloGold Ashanti se Tau Tona-myn naby Carletonville gesterf, het die maatskappy bevestig.

Chili: Myners moet 3 000 ton rots skuif

2010-09-02 16:47

Die 33 mynwerkers wat sowat 600m ondergronds vassit, sal meer as 3 000 ton rots moet skuif om die reddingspoging se sukses te verseker.

Boor staan reg vir mynredding

2010-08-26 07:36

Die boor wat gebruik sal word om die 33 vasgekeerde mynwerkers by die San José-goud-en-kopermyn in Copiapo in Chili te bevry, het by dié myn aangekom.

Chili: Mynwerkers dalk lewend gevind

2010-08-22 23:10

Hoop het begin opvlam om 33 mynwerkers, wat reeds vir meer as twee weke vasgekeer is, lewend te vind nadat reddingswerkers 'n klopgeluid gehoor het.

Nege sterf ná gas by myn inlek

2010-08-03 05:04

Nege werkers is dood en sewe ander is vasgekeer nadat ‘n dodelike gas by ‘n steenkoolmyn in sentraal China ingelek het.

Liggame van mynwerkers gevind

2010-07-08 11:17

Die liggame van die vyf mynwerkers wat in ‘n mynongeluk naby Rustenburg gesterf het is gevind, het die unie NUM gesê.

Minstens 70 sterf toe myn in Ghana ineenstort

2010-06-30 02:06

Minstens 70 mense is dood nadat ‘n gedeelte van ‘n myn in Ghana ineengestort het. Sowat 140 amateur myners is vasgevang.

Drie sterf by Buffelsfontein-goudmyn

2010-05-05 12:06

Drie mense het gedurende ’n grondinstorting by die Buffelsfontein-goudmyn gesterf, het die eienaar van die myn gesê.

Mosambiek: Weduwees wag vir uitbetalings van SA

2010-04-16 04:23

Ongeveer 1000 weduwees van Mosambiekse mynwerkers wat in myne in Suid-Afrika gewerk het, word meer as R400 miljoen se pensioengeld geskuld.

Greintjie hoop vir China-mynwerkers

2010-04-03 14:10

‘n Groep reddingswerkers het ‘n oorstroomde mynskag in China, waar 153 mynwerkers al vir ses dae vasgekeer is, binnegegaan.

Vier sterf in ontploffing by myn

2010-03-04 04:20

Vier mynwerkers is dood en verskeie ander beseer in ‘n ontploffing by ‘n steenkoolmyn in die voormalige Sowjetrepubliek van Georgië.

Woede na man se grudood

2010-01-05 08:29

’n Fratsongeluk waarin ’n Koffiefonteinse man onthoof is, het sy gesin woedend en hulle eis antwoorde van die myn.

15 Turkse mynwerkers vasgekeer

2009-12-11 04:01

Vyftien werkers is in 'n Turkse myn vasgekeer nadat ‘n skag in die dorpie Deveci, in die weste van Turkye ineengestort het.

Gold Fields-mynwerker se lyk gevind

2009-12-08 11:25

Die lyk van een van die twee mynwerkers wat vermis geraak het ná skuddings by die Driefontein-myn buite Carletonville, is gevind.

 

Nege mynwerkers in Peru gered

2012-04-11 15:01

Reddingswerkers in die suidelike deel van Peru het die nege mynwerkers wat sewe dae reeds ondergronds vasgekeer is gered.

China: 17 mynwerkers vasgekeer ná ontploffing

2012-03-23 13:00

Chinese reddingswerkers is besig om 17 mynwerkers te bevry wat reeds vir meer as 48 uur vasgekeer is ná 'n gasontploffing.

Mynwerker sterf by Harmony-myn in Vrystaat

2012-01-30 16:55

‘n Mynwerker is by Harmony Gold se westelike skag langs die Bambanani-myn in die Vrystaat dood, het die maatskappy gesê.

Man sterf in mynongeluk

2011-11-30 22:02

‘n Man wat al 26 jaar by AngloGold Ashanti se Kopanong-myn naby Klerksdorp werk, is hier dood in 'n ongeluk, het dié maatskappy gesê.

45 Chinese mynwerkers uit steenkoolmyn gered

2011-11-05 17:05

Altesaam 45 Chinese steenkoolmynwerkers wat vasgekeer was ná 'n ineenstorting is ná 'n nagmerrie-ondervinding van 36 uur gered.

Mynwerker gered wat onder klippe vas was

2011-10-14 21:13

Reddingswerkers het daarin geslaag om 'n mynwerker in die suide van Wallis, wat onder 'n hoop klippe vasgekeer was, te red.

Reddingswerkers sterf in myn-ongeluk

2011-09-27 17:58

Twee reddingswerkers het gesterf terwyl hulle probeer het om die lyk van ‘n mynwerker in Harmony Gold se Evander-myn terug te vind.

7 sterf in Colombiaanse mynongeluk

2011-09-14 20:03

Sewe mynwerkers is dood toe ‘n goudmyn in ‘n afgeleë Colombiaanse woud ineengestort het, het dié land se mynreguleerder gesê.

Myners kry swaar ná reddingsdrama

2011-08-05 07:03

Byna ’n jaar nadat 33 mynwerkers uit ’n Chileense myn gered is, neem baie mense aan hulle is miljoenêrs en hoef nie te werk nie.

China: 13 sterf in mynongelukke

2011-05-23 14:37

Altesaam dertien mense is die afgelope naweek in twee ongelukke by steenkoolmyne in China dood, het die media berig.

Ses vasgekeer ná brand in Poolse myn

2011-05-06 22:51

Vier mynwerkers en twee reddingsbeamptes is in die Krupinski-myn in Pole vasgekeer nadat ‘n ondergrondse brand uitgebreek het.

Mexiko: 3 sterf, talle vasgekeer in myn

2011-05-04 14:05

Drie mynwerkers se lyke is gevind en elf ander is steeds in ‘n myn vasgekeer nadat ‘n gasontploffing in dié primitiewe myn ontstaan het.

China: Mynwerkers sterf in ontploffing

2011-04-05 10:35

Altesaam tien steenkoolmynwerkers is dood nadat ‘n gasontploffing in 'n skag in die noordweste van China plaasgevind het.

Chileense mynwerkers kry steeds behandeling

2011-03-04 09:04

Altesaam elf van die 33 Chileense mynwerkers wat 69 dae in 'n myn vasgekeer was, ontvang steeds behandeling vir post-traumatiese stres.

'Beroemde' Chileense mynwerkers hul geld kwyt

2010-12-30 22:42

Vier van die mynwerkers wat uit 'n myn in Chili gered is, is hul ongeskiktheidstoelae kwyt omdat hulle nie mediese toetse bygewoon het nie.

Families neem afskeid van NS-mynwerkers

2010-11-27 17:19

Vriende en familielede van die 29 mynwerkers wat in 'n ontploffing in Nieu-Seeland gesterf het, het van hul geliefdes afskeid geneem.

Hoop om NS-mynwerkers lewend te vind raak minder

2010-11-23 05:32

Pogings om die 29 mynwerkers wat in die Pike-rivier steenkoolmyn in Nieu-Seeland vasgekeer is te vind, raak al hoe minder.

Vasgekeerde Chinese mynwerkers lewend gevind

2010-11-22 12:25

Die 29 mynwerkers wat weens ‘n vloed in ‘n ondergrondse myn in die suidweste van China vasgekeer is, is lewendig gevind.

Familie van vermiste SA-mynwerker reis moontlik na NS

2010-11-21 17:30

Die departement van internasionale verhoudings en samewerking het bevestig dat ‘n Suid-Afrikaner in ‘n myn in Nieu-Seelandse vermis is.

Mynwerker sterf in grondstorting

2010-11-16 16:09

n Mynwerker is dood ná ‘n grondstorting by die Ezulwini myn in Westonaria buite Johannesburg, het die National Union of Mineworkers gesê.

Mynwerker sterf toe rots op hom val

2010-11-01 23:14

'n Mynwerker van die Impala Platinum se myn by Rustenburg is dood nadat 'n rots op hom geval het, het die mynwerkersvakbond NUM gesê.

Regstappe kom teen Chili-mynbase

2010-10-22 17:03

Die meeste van die myners wat verlede week in Chili gered is, gaan regstappe doen teen die myneienaar, 'n maatskappy en die Chileense regering.

Werker sterf by Harmony-myn

2010-10-21 14:25

n Werker is dood in ‘n ongeluk by Harmony Gold se Kusasalethu-myn in Carletonville, het die maatskappy gesê.

China-mynramp: Al 37 mynwerkers dood

2010-10-19 10:20

Al 37 vermiste en vasgekeerde mynwerkers in China se jongste steenkoolmyn-ramp se dood is bevestig, het staatsmedia berig.

Chili: Mynwerkers sal dalk boek uitbring

2010-10-18 05:36

Meeste van Chili se 33 mynwerkers wat vir 69 dae ondergrond vasgekeer was, bly by hul ooreenkoms om die voorval stil te hou.

Chili: Twee mynwerkers steeds in hospitaal

2010-10-16 04:14

Een-en-dertig van die 33 mynwerkers wat vir 69 dae in 'n Chileense myn vasgekeer was, is terug by die huis saam met hul families.

Chili: Eerste drie mynwerkers verlaat hospitaal

2010-10-15 05:08

Die eerste drie mynwerkers wat ná 69 dae uit 'n Chileense myn gered is, het die hospitaal verlaat en is gereed om huistoe te gaan.

Chili: Drie-en-dertigste mynwerker bevry

2010-10-13 12:10

Luis Alberto Urzua Irribarren het die drie-en-dertigste mynwerker geword wat meer as twee maande in 'n Chileense myn vasgekeer was en nou bevry is.

Florencio Avalos glo eerste mynwerker wat bevry word

2010-10-13 00:03

Florencio Avalos is glo die eerste mynwerker wat bevry gaan word nadat 33 mynwerkers vir die afgelope twee maande in 'n Chileense myn vasgekeer is.

Myners in Chili dalk gou bevry

2010-10-11 10:02

As alles volgens plan verloop, gaan die eerste van die 33 vasgekeerde Chileense mynwerkers moontlik vandeesweek weer die daglig aanskou.

Noodtoerusting arriveer vir mynwerkers se redding

2010-10-08 02:45

Groot dele van ‘n hyskraan wat gebruik gaan word om die 33 mynwerkers wat ondergrond in Chili vasgekeer is te red, het gearriveer.

Myndrama: Kritieke reddingstoerusting land

2010-09-27 14:00

Vier vragte metaalpype, van uiterste belang vir die redding van 33 mynwerkers wat ondergronds in Chili vasgekeer is, het gearriveer.

Mynwerker moet dalk liefs ondergronds bly

2010-09-03 10:45

Een van die mynwerkers wat onder die grond in Chili vasgekeer is sal lig moet loop as hy uitkom ná sy vrou in sy minnares vasgeloop het.

Chili-myndrama: Boorwerk begin

2010-08-31 10:36

Ingenieurs in Chili het met boorwerk aan 'n mynskag begin om die 33 mynwerkers wat vir die afgelope drie weke vasgekeer is, te probeer red.

Suid-Afrikaanse boor na Chili-ramp

2010-08-25 07:47

'n Suid-Afrikaansvervaardigde hidroliese boor - die Strata 950 - het by die myn in Chili aangekom waar 33 mynwerkers reeds 2 weke ondergronds vasgekeer is.

14 sterf in brand by myn

2010-08-07 05:42

Minstens 14 mynwerkers is dood en 23 is steeds ondergrond vasgekeer nadat ‘n brand by ‘n goudmyn in die ooste van China uitgebreek het.

Beijing: 24 Steeds in myn vasgekeer

2010-08-02 03:12

Reddingswerkers is steeds besig om 24 mense wat in ‘n oorstroomde myn in die noordooste van China vasgekeer is, te red.

Vyf sterf in mynongeluk

2010-07-07 16:04

Vyf mense het in ‘n mynongeluk naby Rustenburg gesterf, het die National Union of Mineworkers (NUM) gesê.

Turkye: 28 liggame gevind ná mynontploffing

2010-05-20 13:04

Reddingswerkers het 28 liggame gevind ná 'n ondergrondse mynontploffing in Turkye, die derde mynongeluk in ses maande.

Mynwerker sterf, twee vasgekeer onder grond

2010-05-05 05:47

‘n Mynwerker is dood en twee ander is ondergrond vasgekeer nadat ‘n myn by die Buffelsfontein goudmyn inmekaargestort het.

95 oorleef oorstroming in steenkoolmyn

2010-04-05 08:46

Minstens 95 mynwerkers het 'n oorstroming in 'n steenkoolmyn in die noorde van China oorleef, aldus die jongste berigte uit dié land.

China: 12 Dood, 32 ander in myn vasgekeer

2010-04-02 02:52

Twaalf werkers is dood en twee-en-dertig ander is steeds vasgekeer, ná 'n gasontploffing by 'n ondergrondse myn in sentraal China.

Man val na sy dood in myn

2010-02-04 05:45

‘n Man het na sy dood geval by DRDGold se Blyvooruitzicht myn naby Carletonville in die Noordwes, het paramedici gesê.

Ontploffing by myn eis 12

2009-12-28 10:56

‘n Ontploffing by ‘n steenkoolmyn in die noorde van China het die lewens van sowat 12 persone geëis, het die media berig.

Gold Fields-ongeluk: 2de lyk gevind

2009-12-10 11:32

Die lyk van die tweede vermiste mynwerker by die Driefontein-goudmyn naby Carletonville is gevind, het Gold Fields gesê.

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Ranger 2.2i LWB PU MY09
2009
R 139,900.00

AUDI

A4 2.0 Multitronic 7-sp MY05
2006
R 200,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.