'n Beheerde ontploffing, treinstakings en onvoorspelbare bande, het 'n spannende atmosfeer op die vooraand van die Grand Prix in Monaco geskep.
'n Suid-Afrikaans-gebore renjaer het in 'n ongeluk tydens 'n tydtoets by die Goodwood-renbaan in Chichester, Engeland gesterf.
Citroën se Finse renjaer Mikko Hirvonen is nou bo-aan die WRC-punteleer nadat hy die Portugese tydren in Faro gewen het.
McLaren se Lewis Hamilton het die vinnigste tye in albei oefenrondes op die vooraand van die Maleisiese Grand Prix in Sepang opgestel.
Die McLaren-jaer Jenson Button het die vinnigste tyd in die eerste oefensessie vir die Australiese Grand Prix in Melbourne opgestel.
Die Brasiliaanse Formule Een-veteraan, Rubens Barrichello, het aangekondig dat hy aan die Amerikaanse Indy-reeks gaan deelneem.
Jari-Matti Latvala (Ford) van Finland het die WRC-reeks se Sweedse tydren gewen, met sy landgenoot Mikko Hirvonen wat tweede geëindig het.
Suid-Afrikaanse motorsport het 'n swart naweek beleef toe twee renjaers in aparte ongelukke in Port Elizabeth en Pretoria dood is.
Die verdedigende wêreldtydrenkampioen Sebastien Loeb van Frankryk, het die Monte Carlo-tydren vir die sesde keer in sy Citroen gewen.
Die Argentynse motorfietsryer Jorge Martinez Boero het gesterf ná 'n ongeluk op die eerste dag van die Dakar-tydren.
Die voormalige Formule Een-wêreldkampioen Kimi Raikonnen maak aanstaande jaar sy terugkeer nadat hy 'n kontrak met Lotus Renault gesluit het.
Die Fransman Sebastien Ogier het 'n drie jaar kontrak met Volkswagen gesluit om in die nuwe Polo R aan volgende jaar se WRC-reeks deel te neem.
IndyCar het gesê hy sal die ongeluk wat die jaer Dan Wheldon se lewe geëis het ondersoek en binne weke voorlopige bevindinge maak.
Die Britse renjaer Jenson Button van McLaren het die vinnigste tyd opgestel in 'n oefenronde vir die Japannese Grand Prix in Skukuza.
As planne goed verloop, sal die Suid-Afrikaner Jaki Schekter aanstaande jaar in ‘n Suid-Afrikaanse motor by die Le Mans-wedren wegtrek.
Weens swaar reëns in die Wes-Kaapse kusgebiede moes daar veranderinge aan die grondpaaie van die gewilde Tuinroete-tydren gebring word.
Die Spanjaard Fernando Alonso het met sy Ferrari die vinnigste tyd in die eerste oefensessie van die Duitse Grand Prix gejaag.
Die Red Bull-renjaer Mark Webber het die vinnigste kwalifiserende tyd opgestel om die voorste wegspringplek by die Britse Grand Prix te beklee.
Inwoners van Groenpunt is nie die enigste belanghebbendes wat deur die Cape Town Grand Prix-bodmaatskappy tevrede gestel moet word nie.
Die voormalige Formule Een-kampioen Jacques Villeneuve meen die 2010-wenner Sebastian Vettel gaan vanjaar maklik met die titel wegjaag.
Dit was naelskraap en dramaties, maar die verdedigende wêreldkampioen, Sebastian Vettel, is steeds op die wenpad in die Formule Een-reeks.
Die Red Bull-renjaer Sebastian Vettel moes sy oorwinning by die Turkse Grand Prix sonder 'n slukkie sjampanje vier, weens dié land se streng drankwet.
Die Formule Een-kampioen Sebastian Vettel en sy Red Bull-spanmaat, Mark Webber, het in die voorste posisies vir die Turkse Grand Prix gekwalifiseer.
Die Brasiliaanse renjaer Gustavo Sondermann is ernstig beseer nadat hy beheer oor sy vragmotor verloor het tydens 'n wedren in Sao Paolo.
Sebastian Vettel van die Red Bull-span het gewys hy gaan moeilik as Formule Een-kampioen onttroon word toe hy die Australiese Grand Prix gewen het.
McLaren se Jenson Button en Lewis Hamilton het die vinnigste tye opgestel in die eerste oefensessie van die Australiese Grand Prix in Melbourne.
Die Formule Een-grootbaas Bernie Ecclestone hou vol sy idee om wedrenne meer opwindend te maak, kan ‘n werklikheid word.
Die Formule Een-reeks se openingswedren in Bahrein is afgelas nadat protesoptogte dié land tot stilstand gedwing het.
Die Formule Een-renjaer Robert Kubica is ernstig in 'n ongeluk beseer toe hy onderweg was na die Ronde di Andorra-motorwedren in Italië.
Ná 5 000 km deur bosse, reuse-duine en donderstorms, keer die renjaer Giniel de Villiers tevrede terug na SA met ’n tweede plek in die Dakar.
Giniel de Villiers het sy eerste skofsege in die Dakar-tydren behaal. Maar dit het hom nie gehelp om op sy algehele derde plek te verbeter nie.
Twee agtereenvolgende derde plekke in die Dakar-tydren kon nog nie Giniel de Villiers help om sy algeheel vierde posisie te verbeter nie.
Die Italiaanse motorreus Ferrari het bevestig dat Jules Bianchi aangewys is as dié span se Formule Een-toetsjaer vir aanstaande jaar.
Die wêreldliggaam vir motorsport (FIA) het 'n rekord 20 wedrenne vir aanstaande jaar se Formule Een-kalender goedgekeur.
Ferrari se Fernando Alonso het met sy sege in ’n sopnat en chaotiese Koreaanse Grand Prix die voortou in die Formule Een-kampioenskapsreeks geneem.
Fernando Alonso se eerste seisoen as renjaer onder die Ferrari-vaandel is volgens dié Spanjaard beter as sy kampioen-seisoene by Renault.
Fernando Alonso het meesterlik gejaag om ’n opwindende Singapoerse Grand Prix net-net voor Sebastian Vettel te wen.
Fernando Alonso van Spanje het die vinnigste tyd in sy Ferrari opgestel om in die eerste plek vir die Italiaanse Grand Prix op Monza te kwalifiseer.
Motorsportspanne kan nou die nuwe Mercedes-Benz SLS AMG GT3 bestel, net betyds vir die opkomende motorsport-seisoen.
Die Red Bull-renjaer, Sebastian Vettel, het die vinnigste kwalifiserende tyd opgestel vir die voorste wegspringplek in die Hongaarse Grand Prix
Ferrari se president, Luca di Montezemolo, het Fernando Alonso se omstrede oorwinning by die Duitse Grand Prix in Hockenheim verdedig.
Die Kanadese Grand Prix sal opgeteken word as een van die klassiekes: vyf verskillende voorlopers, talle suksesvolle verbysteke en 'n paar botsings.
Die tweemalige Formule Een-wêreldkampioen Fernando Alonso het sy duime vir €10 miljoen (byna R100 miljoen) verseker.
Drie oefenrondes, drie verskillende menings. Dít is die verhaal van die oefenrondes vir die Maleisiese Grand Prix naby Kuala Lumpur.
Suid-Amerika sal vir die derde agtereenvolgende jaar gasheer vir die Dakar-uithouwedren speel, het organiseerders aangekondig.
Die 2008 Formule Een-kampioen Lewis Hamilton sal verlede jaar se slaggate wil vermy in sy poging om Jenson Button te onttroon.
Met sewe van die verwagte dertien 2010-motors wat teen druktyd reeds bekend gestel is het ’n paar ontwerppatrone duidelik geword.
’n Ernstige olielek, gevolg deur ’n enjin wat in ’n rookwolk die gees gegee het gesorg vir groot drama by die Edge-SA Toerismetrofee-ren.
Die voormalige Formule Een-renjaer, Nelson Piquet jr, gaan voordat hy sy NASCAR-debuut maak aan ’n wedren in Suid-Afrika deelneem.
Die voorsitter van Motorsport Suid-Afrika (MSA) se raad van direkteure, Roger Pearce, het as voorsitter en direkteur bedank.
Die driemalige Formule Een-kampioen Nicky Lauda is oortuig dat Michael Schumacher vanjaar nog op die wennerspodium sal staan.
Citroën se Finse jaer Mikko Hirvonen is kort ná sy oorwinning in die WRC-motortydren in Portugal gediskwalifiseer.
Die agtmalige wêreldkampioen Sebastien Loeb is uit die WRC-tydren in Portugal geboender toe hy sy motor onherstelbaar beskadig het in 'n ongeluk.
In die lig van sy oorheersing in 2010 en 2011 word Sebastian Vettel as die gunsteling beskou om sy driekuns aan F1-wêreldtitels te behaal.
Die Russiese Formule Een-span Marussia het die ervare Spaanse vroue-jaer, Maria De Villota, as een van hul toetsjaers aangestel.
Duitsland se tweemalige F1-wêreldkampioen Sebastian Vettel het die vinnigste tyd opgestel tydens ‘n oefensessie in Barcelona.
Toyota is terug in Le Mans en dié keer met ’n hibriedrenmotor, die eerste keer dat ’n renspan amptelik van dié tegnologie gebruik maak.
Die Fransman Sébastien Loeb het verlede jaar sy agtste WRC-titel op ’n ry ingeoes en mik vanjaar na ’n ongekende negende titel.
Die dood van Jorge Martinez Boero by Dakar het die fokus weer geplaas op die gevare van dié uitmergelende wedren.
Formule Een se grootbaas, Bernie Ecclestone, meen 'n Grand Prix-wedren gaan in 2013 op Suid-Afrika se kalender wees.
Red Bull se Mark Webber het uiteindelik sy eerste oorwinning by die laaste wedren van 2011 se Formule Een-seisoen in Brasilië behaal.
'n F1-wedren word in 2013 vir New Jersey langs die Hudson-rivier net buite New York beplan, het 'n amptenaar aan die AP-nuusagentskap gesê.
Sebastian Vettel het die jongste F1-kampioen geword wat die titel agtereenvolgend kon verower, deur 3de te kom in die Japannese Grand Prix.
Die renjaer Sebastian Vettel het, met die wete dat hy sy titel as wêreldkampioen kan behou, ’n traan weggepink ná sy sege in die Italiaanse Grand Prix.
Mercedes se Formule 1-jaer Michael Schumaker het gerugte dat hy aan die einde van die 2011-seisoen sal aftree as bog afgemaak.
Die Duitser Franz Engstler het sy eerste oorwinning in die World Touring Car Championship op die ouderdom van 50 jaar by Oschersleben behaal.
Fernando Alonso het Ferrari se eerste Formule Een-oorwinning vanjaar behaal toe hy Sebastian Vettel in die Britse Grand Prix geklop het.
Red Bull se Mark Webber het die vinnigste tyd tydens die eerste oefensessie van die Britse Grand Prix op 'n nat Silverstone-baan opgestel.
Inwoners van Groenpunt het koue water op die planne vir ’n Formule Een-straatwedren in dié buurt gegooi deur die projek teen te staan.
Die F1-kampioen, Sebastian Vettel, het met sy oorwinning in die Europese Grand Prix gewys sy 2de plek in Kanada het hom nie van stryk gebring nie.
Michael Schumacher kan moontlik aan die einde van die F1-seisoen uittree ná hy erken het die "gevoel van vreugde" op die renbaan is weg.
Die Formule Een-wêreldkampioen, Sebastian Vettel, het sy aanspraak op vanjaar se titel met ’n sege in die Turkse Grand Prix verstewig.
Die Spanjaard Fernando Alonso was die pasaangeër in sy Ferrari tydens die eerste oefenronde vir die Turkse Grand Prix in Istanbul.
Die voormalige Formule Een-kampioen, Kimi Raikkonen, wat tans aan die wêreldtydrenreeks deelneem, gaan nou ook sy verskyning in 'n Nascar-motor maak.
Die wêreldkampioen, Sebastian Vettel, het die vinnigste kwalifiserende tyd in sy Red Bull opgestel vir die voorste wegspringplek in die Australiese Grand Prix.
Verby is die dae waar Formule Een-renjaers bloot voet in die hoek gesit het om eindelik vonkelwyn op die wennerspodium te drink.
Die uitmergelende Dakar-motorwedren sal in 2012 weer in Suid-Amerika plaasvind met deelnemers wat vir die eerste keer ook in Peru gaan jaag.
Die F1-renjaer Robert Kubica sal waarskynlik vir 'n jaar buite aksie wees nadat hy in 'n ongeluk betrokke was en 'n operasie aan sy hand moes ondergaan.
Die Suid-Afrikaanse renjaer Giniel de Villiers het vir eers genoeg gehad van die binnekant van ’n renmotor en gaan nou vakansie hou.
Fernando Alonso meen Michael Schumacher gaan sy gevaarlikste teenstander wees, ten spyte van die Duitser se sukkelende terugkeer na Formule Een.
Kimi Raikkonen het bespiegeling oor sy loopbaan as renjaer beëindig met die aankondiging dat hy vir nog 'n seisoen aan die WRC-reeks sal deelneem.
Die Red Bull-renjaer Mark Webber het onthul dat hy met 'n skouerbreuk meegeding het vir die F1-titel in die laaste wedren van die jaar.
Die Ferrari-renjaer Fernando Alonso het op die vooraand van die Brasiliaanse Grand Prix gesê hy hoop sy spanmaat, Felipe Massa, wen dié wedren.
Fernando Alonso gaan nie terugsit en ontspan nie, al het hy 'n voorsprong opgebou met slegs twee wedrenne oor in vanjaar se F1-seisoen.
Ferrari World, die wêreld se grootste binnenshuise temapark, maak binnekort sy deure in in Aboe Dhabi in die dorre Midde-Ooste oop.
In die twee renne na die Belgiese Garnd Prix het Sebastian Vettel kop gehou en in albei beter as sy spanmaat, Mark Webber, gevaar.
Die Spanjaard Fernando Alonso het die vinnigste tyd in sy Ferrari opgestel om in die voorste plek vir die Singapoer Grand Prix te kwalifiseer.
Mark Webber sal vir die vyfde keer vanjaar eerste in 'n wedren wegspring nadat hy die vinnigste kwalifiserende tyd vir die Belgiese Grand Prix opgestel het.
Michael Schumacher het erken dat sy rywerk wat Rubens Barrichello in die Hongaarse Grand Prix verhoed het om hom verby te steek, waaghalsig was.
Formule Een se kontrak met Monaco is vir 10 jaar hernu ondanks kommer dat dié land se wedren nie geld vir die sport maak nie.
Die Red Bull-jaer Sebastian Vettel het die vinnigste tyd in die kwalifiserende ronde gejaag om in die eerste plek van die Duitse Grand Prix weg te spring.
’n Rapsie meer as twee jaar nadat Roberta Kubica sy deurbraak met ’n oorwinning in Kanada gemaak het, is Formule Een terug op dié baan.
McLaren-renjaer Jenson Button het papnat toestande getrotseer om die Chinese Grand Prix te wen, met sy spanmaat Lewis Hamilton tweede.
Fernando Alonso en Michael Schumacher sê mense wat die openingsresies van die F1-seisoen gekritiseer het, moet 'n ander sport begin kyk.
Die Duitse renjaer Sebastien Vettel het met sy kwalifiserende tyd die voorste wegspringplek vir die Formule Een-wedren in Bahrein behaal.
Die Gautengse departement van ekonomiese ontwikkeling het 'n motorsport-kontrak gekanselleer en meer as R700 miljoen gespaar.
Daar was ’n hele paar grinnikke toe die nuus bekend gemaak is dat die Chinese vervaardiger Chery ook vanjaar aan die moordende Dakar-tydren sou deelneem.
Die voormalige F1-renjaer David Coulthard het pas die Castrol-indeks vir motorsport bekend gestel – die wêreld se eerste graderingstelsel wat die vertonings van elke jaer oor die wêreld meet.
Dié wat asem ophou dat Kimi Räikkönen ná sy “gap”-jaar volgende seisoen in die WRC na Formule Een sal terugkeer, kan maar die asem uitlaat.
Die roete vir die 32ste Dakar-tydren, wat in Buenos Aires op 1 Januarie begin en weer in dié stad op 16 Januarie eindig, is bekendgemaak.