Die bekende sakeman en uitvoerende hoof van Remgro, Thys Visser, is in 'n motorongeluk op die N1 naby Rawsonville in die Wes-Kaap dood.
‘n Man het gesterf en twee ander mense is ernstig beseer nadat hul motor teen ‘n boom in Masimongweg in Welkom in die Vrystaat gebots het.
Vier mense is dood en twee ander is ernstig beseer in 'n motorongeluk op die N3 in Durban, KwaZulu-Natal, het paramedici gesê.
'n Vrou is dood toe sy vermoedelik beheer oor haar motor verloor en teen 'n aankomende vragmotor op die R560 naby Skeerpoort gebots het.
Twee mense is dood en 11 is beseer in 'n botsing tussen 'n taxi en 'n motor op die R40 tussen Nelspruit en Barberton.
Twee mans is dood toe hul motor reg van voor teen 'n taxi op die R617 buite Underberg in KwaZulu-Natal gebots het, het paramedici gesê.
Drie mense, insluitende 'n tweejarige dogterjie, is dood en ses is beseer toe hul motor naby Bloemfontein in die Vrystaat omgeslaan het.
In Limpopo is vier mense dood en twee ernstig beseer in 'n botsing tussen twee voertuie op die R101 tussen Modimolle en Mookgopong.
'n Man is deur 'n petroltenkwa getref en doodgery toe hy besig was om 'n Durbanse hoofweg oor te steek, het paramedici gesê.
'n Man is dood en vyf mense is beseer toe 'n motor by 'n verkeerslig in Bloemfontein teen 'n bakkie gebots het, het paramedici gesê.
Twee mense is dood en een is beseer in ‘n kop-aan-kop-botsing op Malibongwe Rylaan, verby die Lanseria-lughawe noord van Johannesburg.
‘n Voetganger is in ‘n tref-en-trap-ongeluk in Vereeniging dood en die polisie ondersoek die voorval, het paramedici op die toneel gesê.
‘n Polisieman is dood en twee ander is beseer in ‘n motorongeluk in Springs op die Oosrand in Gauteng, het die polisie gesê.
Die Kaapse polisie het 'n saak van strafbare manslag geopen nadat drie mense in 'n motorongeluk in Goodwood dood is.
Drie jong mans is op slag dood in ‘n kop-teen-kop-botsing op die R103 in Vosloorus, het die Ekurhuleni metro-polisie gesê.
Die bestuurder in ‘n tref-en-trap-ongeluk in Italië waartydens 'n jong Amerikaanse toerleier dood is, het homself aan die polisie oorgegee.
Altesaam 57 ongelukke is die naweek in Windhoek aangemeld en in twee van dié gevalle is twee mense dood, het die plaaslike polisie gesê.
Twee mans is ernstig beseer toe die bakkie waarin hulle gery het op die R24 buite Rustenburg omgeslaan het, het amptenare gesê.
’n Italiaanse vrou is in ’n ongeluk met ’n Land Cruiser-voertuig in Namibië dood en agt ander Italiaanse toeriste is ernstig beseer.
Die metropolisie in Johannesburg het 14 mense wat die M1 naby die Booysens-afrit onwettiglik oorgesteek het in hegtenis geneem.
Twee mense is in ‘n kettingbotsing op die N4 naby Brits in Noordwes dood toe 'n motorbestuurder 'n diabetiese aanval gekry het.
Een persoon is dood toe 'n motor sowat 6 km buite Springs, reg van voor teen 'n vragmotor gebots het, het Netcare911-paramedici gesê.
Kinders mag dalk veiliger in die motor wees wanneer ouma of oupa in plaas van mamma of pappa bestuur, het navorsers tot hul eie skok bevind.
'n Vrou is dood en 16 mense beseer toe hulle minibus op die N3-suid naby Heidelberg in Gauteng omgeslaan het.
Sewentien mense is beseer in 'n botsing tussen 'n taxi en 'n motor in Phoenix noord van Durban, het paramedici gesê.
Twee mans is dood en 'n vrou is ernstig beseer in 'n motorongeluk in Sunward Park, Boksburg, het Netcare911 gesê.
Al vier lede van 'n gesin, met twee kleuters, is beseer toe hul motor sewe meter by ‘n wal afgeval het op die N3 naby Escort.
Vier mense is dood en sewe beseer toe 'n minibus-taxi en 'n paneelwa naby Nigel aan die Oos-Rand gebots het, berig RSG.
Die F1-renjaer Robert Kubica sal waarskynlik vir 'n jaar buite aksie wees nadat hy in 'n ongeluk betrokke was en 'n operasie aan sy hand moes ondergaan.
Drie mense is dood nadat 'n bestuurder op die N1-pad buite Bela-Bela in Limpopo, beheer oor die voertuig verloor en dit omgeslaan het.
Die ouer broer van die gewese Idols-wenner Karin Kortjé-Aspeling het gisteroggend vroeg in die Houhoekpas in ’n motorongeluk gesterf.
‘n Man en vrou is dood toe twee bakkies Maandagaand trompop teen mekaar gebots het in Durban, het die paramedici gesê.
Die uitvoerende bestuurder van een van Volkswagen se gesamentlike ondernemings in China is in 'n motorongeluk dood.
Twee SARS-werkers is in 'n motorongeluk in die Noordwes oorlede toe hulle 'n sinkgat in die pad probeer vermy.
Twee mense het Maandag ná 09:00 in ’n trompop-botsing tussen twee motors en ’n vragmotor gesterf, het die paramedici gesê.
’n Skoolseun het ernstige beserings opgedoen nadat hy deur ’n voertuig getref is wat besig was om agteruit te beweeg.
’n Man het gesterf en sewe ander motoriste is beseer nadat hulle in ’n kettingbotsing in betrokke was, het paramedici gesê.
Vyf mense is dood en 13 ander beseer toe drie taxi's in 'n botsing op die R61 tussen Aberdeen en Beaufort-Wes betrokke was.
Twee mense is gedurende ’n motorbotsing aan die agterkant van die Amerikaanse adjunk-president, Joe Biden se motorstoet beseer.
Een vrou is dood en sowat nege mense is beseer nadat twee motors in ’n motorongeluk in Kaapstad betrokke was.
’n Jong ma van Barkly-Wes is dood toe sy beheer oor haar bakkie verloor, die bakkie gerol en teen ’n draadheining tot stilstand gekom het.
‘n Vrou en haar seun het die dood naelskraap vrygespring toe hul motor teen ‘n vragmotor op die N3 naby Howick in KwaZulu-Natal gebots het.
Byna twee keer soveel mense as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar het in Desember reeds in die Wes-Kaap op die paaie gesterf.
Alan van Heerden, een van Suid-Afrika se beste fietsryers nóg, is dood nadat sy motor teen ’n muur gebots het ’n dag ná ’n klein operasie aan sy arm.
Die gr. 11-leerling van Helpmekaar Kollege in Johannesburg wat in ’n motorongeluk beseer is, is eergister omstreeks 17:40 dood.
Drie mense het dood gebrand toe die minibus-taxi waarin hulle onderweg was, teen ’n motor op die N2 in Grahamstad gebots het.
'n Man (18) is dood en sy broer (28) is vir strafbare manslag in hegtenis geneem nadat hul motor buite Graaff-Reinett omgeslaan het.
‘n Motoris is in ’n kritieke toestand nadat sy motor teen ’n vragmotor op die N1-noord naby die New Road-afrit, gebots het.
‘n Polisievrou het vroegoggend gesterf en nóg twee polisielede is ernstig beseer nadat hulle in ‘n motorongeluk betrokke was.
Twee mense is ernstig beseer in ‘n ongeluk in Pietermaritzburg nadat sterk winde die sleepwa van hul bakkie losgeruk het.
In Mayville, Pretoria, is 'n man in 'n botsing tussen 'n bakkie en 'n taxi dood, het Gautengse nooddienswerkers gesê.
Vier mense is buite Pretoria dood en drie is beseer toe 'n band van 'n bakkie gebars en die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het.
'n Vrou is dood en nog twee mense is beseer toe hul motor gerol het op die N4 in Watermeyer, Pretoria, het die metropolisie in Tswane gesê.
’n Lid van die burgemeesterskomitee van Matjhabeng en hooggeplaaste in die ANC en vroueliga is in ’n motorongeluk buite Welkom dood.
Nie genoeg motoriste het al die morele keuse gemaak om nugter te bestuur, spoedbeperkings te gehoorsaam en hul sitplekgordels te dra nie.
Vyf mense is dood in twee aparte ongelukke op die N6 tussen Reddersburg en Rouxville in die suidoos-Vrystaat.
In Vanderbijlpark is een vrou dood en 'n ander ernstig beseer toe die bakkie waarin hulle gery het, omgeslaan en verkeie kere gerol het.
Twee vroue is dood toe hul motor op die N1 tussen Richmond en Drie Susters in die Karoo omgeslaan het, het verkeersbeamptes in die Wes-Kaap gesê.
Vyf mense is dood en 'n 13-jarige seun is ernstig beseer in 'n trompop-botsing tussen twee motors in Heidelberg in Gauteng, het paramedici gesê.
Drie mans is dood en 'n vrou is beseer in 'n trompop-botsing naby Kroonstad in die Vrystaat, het paramedici gesê.
‘n Man en vrou is in ‘n kritieke toestand nadat hul motor in die vroeë oggendure in Vereeniging gerol het, het paramedici gesê.
‘n Vragmotorbestuurder is dood toe hy tussen Carltonville en Potchefstroom beheer van sy voertuig verloor het, het paramedici gesê
Minstens agt mense, waaronder vyf lede van ‘n jong sokkerspan, is in ‘n padongeluk in Argentinië dood, het amptenare in die land gesê.
Vroue is meer geneig om in motorongelukke beserings op te doen omdat veiligheidstoestelle hoofsaaklik vir mans se liggame ontwerp word.
'n Man (25) is in 'n kritieke toestand in die hospitaal nadat sy taxi met 'n Nissan Navara naby die Maxwell-rylaan in Sunninghill gebots het.
‘n Sewentienjarige seun is dood toe ‘n trok bo-oor hom ry naday hy uit ‘n motor wat naby die Hans Dettman-afrit omgeslaan het geslinger is.
'n Man is dood en sewe ander mense is beseer toe twee motors op 'n kruising in Benoni gebots het, het paramedici op die toneel gesê.
Twee mense is dood toe hul voertuig op die JG Strydom-straat in Alberton omslaan, het die Ekurhuleni metropolisie gesê.
Twee mense is dood en drie ander beseer toe die bakkie waarin hulle gery het op die R24 omslaan, het paramedici gesê.
'n Vrou in 'n Bentley wat 'n Mercedes wou verbysteek het 'n peperduur ongeluk in Monaco veroorsaak toe sy in vier supermotors vasgery het.
Vier mense is in Groblersdal dood toe hulle motor omgeslaan en gerol het nadat dit 'n betoneiland getref het.
‘n Rower wat weggehardloop het ná hy 'n motoris langs hoofweg probeer beroof het, is deur ‘n motor op die N3 naby Durban doodgery.
'n Man is dood en ses mense is beseer in 'n trompop-botsing op die N12 naby Klerksdorp in Noord-Wes, het paramedici gesê.
'n 74-jarige vrou is dood toe die motor waarin sy 'n passasier was teen 'n bakkie gebots het in Vereeniging, het paramedici gesê.
‘n Man is in ‘n kritieke toestand ná motorongeluk op die M4-Suid tussen Edwin Swales en Qualitystraat, Durban.
Twee mense en 'n kind is in 'n kettingbotsing in Durban dood, het 'n woordvoerder vir die ER24-nooddienste gesê.
'n Man is dood en vier mense is beseer in 'n kettingbotsing op die N2-snelweg in KwaZulu-Natal, het paramedici gesê.
Een persoon is dood en twee is beseer toe hulle voertuig op die N2 noord van Durban van die pad geloop en omgeslaan het.
Die Formule Een-renjaer Robert Kubica is ernstig in 'n ongeluk beseer toe hy onderweg was na die Ronde di Andorra-motorwedren in Italië.
Drie mense is dood in drie afsonderlike padongelukke op Limpopo se paaie, het die provinsiale departement van vervoer Sondag gesê.
’n Student van Potchefstroom wat in ’n kinderhuis grootgeword het, het ernstige gesig- en kopbeserings in ’n motorongeluk opgedoen.
Een man is dood en ‘n ander een ernstig beseer nadat hulle op die N1 naby die Atterbury-afrit in Pretoria in ‘n motorongeluk was.
“Ek kry hierdie mense net so jammer. In daardie stadium het die kinders seker net nie gedink wat hulle doen nie. Hulle hou nie kop nie.”
’n Man is besig om vir sy lewe te veg nadat hy in in die vroeë oggendure in ’n tragiese ongeluk op die N1-snelweg betrokke was.
’n Vrou het gesterf en vier ander mense is ernstig beseer nadat hulle deur ’n minibus-taxi in Durban getref is.
Een persoon is dood en agt is ernstig beseer nadat twee motors net buite Wartburg in Pietermaritzburg in 'n botsing betrokke was.
George Struwig is in ’n motorongeluk beseer toe hy vir ’n reuseslaggat op ’n pad tussen Beestekraal en Brits uitgeswaai het.
Toyota amptenare is uit die veld geslaan deur ‘n verslag dat ‘n man van Kalifornië se Prius buite beheer versnel het na sy versneller vasgesit het.
Nege mense is beseer nadat ’n minibus-taxi teen ’n ander voertuig op die N1-snelweg in Johannesburgse gebots het.
Twee vroue is ernstig in Kempton Park beseer toe die Mercedes Benz waarin hulle gery het, teen ’n ander voertuig gebots het.
Drie mense is in ’n motorongeluk beseer toe hul motor van die pad gery en ’n boom getref het, het paramedici in KwaZulu-Natal gesê.
Vyf mense is dood en vier ander is ernstig beseer in ‘n trompop-botsing buite Lichtenburg.
Sowat 20 mense, waarvan sommige vanaf Suid-Afrika teruggekeer het, het op Kersdag in ’n ongeluk buite Maputo gesterf.
Twee mense is dood en nóg vyf is beseer toe ’n motorongeluk in Kaapstad plaasgevind het, het paramedici gesê.
Die departement van vervoer is betrokke by samesprekings om weggooibare alkohol-asemtoetsers by Engen-vulstasies beskikbaar te stel.
Drie mense, insluitend ‘n getroude paartjie, is dood in ‘n ongeluk reg van voor op die Koster-Swartruggenspad in die Noordwes.
Die bestuurder van ’n bakkie is dood toe sy voertuig beheer verloor en by ’n steil wal in Tongaat afgerol het, het paramedici gesê.
Amptenare het gesê Tiger Woods se vrou het sy motorvenster met 'n gholfstok uitgeslaan om hom te probeer help na sy ongeluk.
'n Gesin is in rou nadat hulle 22-jarige seun in 'n motorongeluk gesterf het toe hy 'n vriendin te hulp gesnel het.
'n Kop-aan-kop botsing tussen 'n Toyota Quantum minibus en 'n bakkie het vier mense se lewens geëis en vyf ernstig beseer.