Die man van 'n Amerikaanse vrou, wat sedert Desember 2009 vermis word, het homself en hul seuns in 'n ontploffing uitgewis.
Die lyk van ‘n vrou wat verkrag en versmoor is, is in Kagiso in die Krugersdorp-gebied gevind, het die Gautengse polisie gesê.
Die polisie in Salvador het die lyke van sewe mense, waaronder 'n voormalige professionele sokkerspeler, in vullissakke gevind.
'n Vyftienjarige seun het sy ma en suster vermoor omdat hy glo daar is te veel mense in die wêreld, het 'n nuusberig in Hongkong gesê.
‘n Persoon is in hegtenis geneem nadat ‘n man in sy 30’s naby die Turnpike Lane-stasie in die noorde van Londen doodgeskiet is.
'n Afgaanse vrou is deur haar man en skoonma verwurg nadat sy vir die derde keer geboorte geskenk het aan 'n babameisie.
Die veroordeelde moordenaar Donovan Moodley sal in die Johannesburgse hooggeregshof aansoek doen om 'n herverhoor.
Drie opgekapte lyke is in ‘n Mexikaanse oord in Acapulco gevind in ‘n voorval van voortslepende dwelmgeweld, het die Guerrero-staatsregering gesê.
‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy glo sy 28-jarige eks-meisie in Jeffreysbaai doodgeslaan het, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
'n Boer van Noordwes is vermoor en sy vrou is aangerand nadat vyf mans toegang tot hul huis in Ventersdorp gekry het, het die polisie gesê.
’n Pretoriase boer is voor sy vrou en kleinkind doodgeskiet terwyl hy en ’n vriend ’n pap band langs die pad omgeruil het.
‘n Bende het ‘n bejaarde egpaar aan die brand gesteek ná die man en sy vrou van heksery in Lindelani, naby Ntuzuma, beskuldig is.
Agt lede van ‘n familie, insluitend vier kinders, is in die noordooste van Honduras in Sentraal-Amerika vermoor, het plaaslike media berig.
‘n Skare het buite die Mitchells Plain-landdroshof bymekaar gekom terwyl ‘n ma vir die moord op haar tweejarige seun verskyn het.
‘n Priester is op aanklag van moord in Vrischgewagte naby Mafikeng in hegtenis geneem, het die Noordwes-polisie gesê.
'n Vyfde man het weens die koelbloedige moord op Thomas Ferreira, ’n Vrystaatse boer en sakeman, in die landdroshof verskyn.
‘n Man het sy meisie in Horizon View, Roodepoort, doodgeskiet en daarna die vuurwapen op homself gerig, het die polisie gesê.
’n Raaisel omhul die moord op ’n Welkomse onderwyser wie se lyk in sy huis gekry is. Net ’n goedkoop DVD-speler is uit die huis weg.
‘n Polisieman van Pretoria het sy vrou en twee kinders geskiet voordat hy homself om die lewe gebring het, het die polisie gesê.
‘n Vrou wat waarskynlik met klippe doodgegooi is se lyk is in ‘n puttoilet in Maswiakae in die suidooste van Limpopo gevind.
'n Man is in hegtenis geneem nadat hy sy vriend glo tydens 'n argument doodgemaak het oor 'n sigaret, het die polisie in Limpopo gesê.
'n Man is skuldig bevind aan poging tot moord nadat hy sy meisie met 'n skokstok aangeval en haar lewendig in 'n kartonboks begrawe het.
n Man is in hegtenis geneem in verband met die moord op 'n vrou en haar twee dogters by Kameelsfontein in Pretoria, het die polisie gesê.
Twee mans is tot 37 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan roof, verkragting en moord, het die polisie gesê.
'n Brit wat in die tronk is nadat hy sy vrou vermoor en haar lyk in 'n meer in Frankryk gegooi het, se derde verhoor het begin.
Sewe verdagtes sal in die Katutura landdroshof verskyn in verband met twee moorde die naweek in Windhoek, het die Republikein berig.
‘n Vrou wat haar buurman in Iowa vermoor het, het volgehou dat sy onskuldig is toe ‘n hof haar tot lewenslange tronkstraf gevonnis het.
Skok en ongeloof heers sedert die naweek op die dorpie Senekal nadat ’n bekende sakeman koelbloedig in sy kombi doodgeskiet is.
Twee mans is op aanklagte van moord in hegtenis geneem ná die polisie die liggaam van ‘n 13-jarige meisie in ‘n kanaal gevind het.
Sewe mense in Soedan is die doodstraf opgelê nadat hulle daarvan beskuldig is dat hulle lede van ‘n rebelle-groep in Darfoer is.
'n Vrystaatse gesin is gebroke gelaat nadat hul man en pa herhaaldelik deur hul plaashuis se kombuisdeur vir sy selfoon doodgeskiet is.
Die polisie in Frankryk het ‘n pa van moord aangekla ná hy sy driejarige seun in ‘n wasmasjien gesit en die masjien aangeskakel het.
Twee mans is ‘n lewenslange tronkvonnis opgelê vir die verkragting en moord van ‘n matriekulant, het die Vrystaat-polisie gesê.
Agt verdagtes is met die doodstraf gevonnis vir die moord van albinos sedert ‘n vlaag moorde wat met heksery verbind word in 2007 begin het.
Twee polisiebeamptes wat van moord aangekla word, het in die George-landdroshof verskyn, het die Onafhanklike Klagtedirektoraat gesê.
‘n Man wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n sekuriteitswag in Umbumbulu, KwaZulu-Natal, vermoor het, is in hegtenis geneem.
‘n Man wat ‘n vierjarige dogtertjie se nek gebreek het terwyl hy besig was om haar te verkrag, is ‘n lewenslange tronkvonnis toegedien.
‘n Tiener van die Kalifornië-gebied is daaraan skuldig bevind dat hy sy vriend doodgeskiet en daarna die lyk opgekap en verbrand het.
Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die onlangse moord op ‘n taxi-bestuurder van Soweto, het die polisie gesê.
‘n Paartjie is in Brits in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ‘n man keelaf gesny het, het die polisie in Noordwes gesê.
‘n Vrou is in hegtenis geneem nadat sy na bewering beplan het om iemand dood te maak aan die Wes-Rand, het die polisie gesê.
Die Libiese oorgangsraad wil die rol van Muammar Gaddafi se seun in die dood van ‘n sokkerspeler ondersoek.
'n Getuie sê Eugene Terre'Blanche het “baie beserings”, bloed op sy gesig en ‘n panga op sy bors gehad toe hy dood aangetref is.
‘n Pastoor is onder polisiebewaking in ‘n hospitaal nadat hy na bewering sy tweejarige seun naby Port Elizabeth vermoor het.
‘n Vrou is in hegtenis geneem nadat ‘n ander vrou met ernstige steekwonde in ‘n parkeerterrein in die suide van Londen aangetref is.
Paul Kagame, die Rwandese president, het volgens ‘n voormalige bondgenoot 'n rol gespeel in die dood van 'n vorige president van die land.
Twee Somaliese seerowers is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir hulle aandeel in die moord op twee Amerikaanse paartjies.
Amanda Knox berei voor om terug huis toe te vlieg nadat sy en haar eks-kêrel vrygespreek is op aanklag van moord.
’n Minderjarige seun is 25 jaar lank tronk toe gestuur nadat hy ’n bejaarde inwoner van 'n rustige Karoo-dorpie vermoor het.
‘n Gevangene is in ‘n polisievoertuig verwurg toe die polisie hom na die hooggeregshof in Mthatha vervoer het, het die polisie gesê.
‘n Man – vermoedelik ‘n verkeersbeampte wat nie aan diens was nie – is in ‘n sjebeen in Protea Glen in Soweto doodgeskiet.
Libië se voormalige ambassadeur in Frankryk, Omar Brebesh, het gesterf terwyl hy deur burgermagte van Tripoli gevange geneem is.
'n Man wat daarvan aangekla is dat hy 'n hawelose man met 'n byl doodgekap en toe sy brein geëet het, moet psigiatriese evaluering ondergaan.
‘n Agt-en-twintig-jarige man is in hegtenis geneem nadat twee mans se lyke onlangs in ‘n dam in Canterbury, Kent, gevind is.
‘n Man is in hegtenis geneem nadat twee mans se lyke onlangs in ‘n dam in Canterbury in Engeland se Kent-streek gevind is.
'n Ses-en-twintigjarige man is in Moembaai vermoor nadat hy in 'n geveg betrokke geraak het omdat hy te lank in 'n openbare toilet draai.
Jeffrey Ntuka, 'n voormalige sokkerspeler van die Bafana-span, is in Kroonstad by 'n nagklub doodgesteek, het Kickoff.com op hul webwef berig.
‘n Vrou en haar kêrel is in hegtenis geneem vir die moord op haar broer oor ‘n gesteelde selfoon, het die Gautengse polisie gesê.
‘n Vrou is die naweek in Ncambedlana, Mthatha, na bewering deur haar kêrel doodgekap, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
’n Man wat na bewering die naweek ’n ma en haar twee jong kinders in Botshabelo vermoor het, is deur die polisie vasgetrek.
Altesaam 14 mense is in die vroeë oggendure in hegtenis geneem vir die moord op ‘n bejaarde egpaar in KwaZulu-Natal.
Terwyl die polisie, die Valke en Interpol landwyd na hom gesoek het, het Johan Kotzé langer as ’n week net buite dié dorp gewoon.
Die hofsaak van ‘n 17-jarige Viëtnamese seun wat erken het dat hy drie mense dood gemaak het om geld vir aanlynspeletjies te kry, het begin.
Zulpha Jacobs van Mitchells Plain wroeg volgens kennisse oor die dood van haar kind, nadat sy skuld aan die moord erken het.
‘n Man van Soweto het sy vervreemde vrou voor hul ses maande oue baba doodgeskiet en daarna die vuurwapen op homself gerig.
Die jong man wat deur sy stiefpa in Nylstroom doodgeskiet is, het herhaaldelik om sy lewe gepleit, het Volksblad verneem.
‘n Vrou wat na bewering haar tweejarige seun, Tariq Jacobs (2), vermoor het, het in die Mitchells Plain-landdroshof verskyn.
‘n Driejarige meisie is steeds in ‘n stabiele toestand in hospitaal nadat haar pa – ‘n polisiebeampte – haar geskiet het.
Vier mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n vrou in Nhlanhleni, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.
’n Vrou en haar minnaar is in KwaZulu Natatl aangekeer enkele ure nadat hulle haar man glo in sy slaapkamer vermoor het.
'n Amerikaanse man wat sy broer oorreed het om kokaïene te sluk nadat hulle in hegtenis geneem is sal vir sy moord aanspreeklik gehou word.
'n Man is tydens 'n bakleiery in 'n kroeg in Jabulani, Soweto doodgesteek. Hy het op die toneel gesterf, het die polisie gesê.
Die polisie in Swede sê hulle het die moord op 'n vierjarige kind opgelos en bevind dat hy deur 'n tienjarige seun verwurg was.
'n Sewentienjarige tiener is in hegtenis geneem vir die moord op 'n plaasboer van Merweville, in die Wes-Kaap, het die polisie gesê.
‘n Sewentigjarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n man in Mankweng, Limpopo, het die polisie gesê.
’n Man met 15 vorige veroordelings wat ’n melk-afleweraar met ’n polisie-dienspistool doodgeskiet het, is lewenslank tronk toe gestuur.
’n Tradisionele dokter van Bloemfontein sou R15 000 vir die vet van ’n meisie betaal, het die hooggeregshof oor 'n moetie-moord gehoor.
Die polisie is op soek na ‘n man nadat ‘n vrou en haar bejaarde ma die afgelope naweek in ‘n kusdorp in Engeland vermoor is.
‘n Vier-en-twintig-jarige man is in Kagiso in hegtenis geneem vir moord en roof, het die polisie aan die Wes-Rand gesê.
Libië se NOR sê ‘n vorige adjunk-premier van die NOR was betrokke by die moord op een van die rebelle-beweging se senior militêre beamptes.
'n Oos-Kaapse polisiebeampte wat van moord aangekla is, is op borgtog van R1 000 vrygelaat, het die Onafhanklike Klagtedirektoraat gesê.
'n Pakistanse vrou word daarvan verdink dat sy haar man vermoor het, sy liggaam opgekap het en die stukke gekook het.
Moordbendes wat glo deur die regering ondersteun word, het in vyf maande meer as 300 lede van 'n Burundese rebelle-groep vermoor.
‘n Jong vrou is na bewering deur ‘n Grahamstadse huiseienaar doodgesteek voordat die man die huis aan die brand gesteek het.
Duitse aanklaers vermoed dat tien moorde wat oor ‘n tydperk van sewe jaar plaasgevind het, waarskynlik deur verregse ekstremiste gepleeg is.
‘n Vrou (23) is in Orange Farm suid van Johannesburg in hegtenis geneem nadat sy haar pasgebore baba lewend begrawe het.
Onder die voorwendsel dat hulle haar van demone wou bevry, het 'n paartjie hul dogter geslaan, haar ingewande uitgeruk en haar vertrap.
Nicolette Lotter, wat vir die moord op haar ouers teregstaan, sê sy het haar ma doodgesteek om haar gehoorsaamheid aan God te betoon.
‘n Taxi-bestuurder is die afgelope naweek deur twee mans in ‘n motor agternagesit en doodgeskiet, het die polisie gesê.
‘n Man is in die Amerikaanse staat Alabama tereggestel nadat hy sy ses maande oue seun in Februarie 2005 vermoor het.
‘n Italiaanse katolieke priester is binne sy kerkkompleks in 'n afgeleë dorp in die suidelike Filippyne doodgeskiet, het die polisie gesê.
’n Man verskyn vandag in die Sasolburg-landdroshof in verband met die verkragting en moord van ’n negejarige meisie.
‘n Vyfde getuie sê Eugene Terre'Blanche se vermeende moordenaars het erken dat hulle die AWB-leier verlede jaar vermoor het.
’n Man wat ’n ander man in ’n bakleiery op ’n vleisbraaiery geslaan het dat hy op die warm kole beland het, is aan moord skuldig bevind.
Drie mans se lyke met talle steek- en skietwonde is op die oewers van ‘n dam in Flagstaff gevind, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
Negentien mense is dood toe 'n gewapende roofbende op 'n plaasgemeenskap in Lingyado toegeslaan het, het die Nigeriese goewerneur gesê.
Die pa van Meredith Kercher, ‘n Britse student wat in 2007 vermoor is, sê Amanda Knox en Raffaele Sollecito se vryspreking is “belaglik.”
Die onlangse skietdood van twee Vrystaatse polisiemanne wie se lyke langs mekaar in ’n motor gekry is, is steeds ’n raaisel.
‘n Bejaarde paartjie het in die hof op Thaba Nchu verskyn ná die moord op hul negejarige kleunseun en die poging tot moord op sy suster.
‘n Regter in Amerika het beslis videomateriaal van ‘n sterwende man wat deur sy oë te knip sy moordenaar uitken, kan in die hof gebruik word.