Vier verdagtes, wat na bewering beplan het om 'n kuierplek in KwaNdengezi wes van Durban te beroof, is dood in 'n skietgeveg met die polisie.
Die polisie het twee voertuie in Pretoria voorgekeer vir 'n roetine-deursoeking, toe die insittendes op hulle begin skiet het.
'n Raadslid, wat die geskorste polisiehoof Bheki Cele ondersoek, is met wapens soortgelyk aan die wat deur pres. Jacob Zuma se wagte gebruik word, beroof.
'n Vrou (40) is in hegtenis geneem vir moord nadat sy glo kokende water oor haar kêrel se gesig en maag uitgegooi het.
Polisie ondersoek tans die moontlikheid dat ‘n baba wat in ‘n huis in PE gevind is, dieselfde baba is wat vroeër uit 'n hospitaal gesteel is.
Polisieduikers in die Italiaanse stad Rome soek na 'n 16 maande oue babaseuntjie wat volgens ooggetuies deur sy pa in 'n rivier gegooi is.
Die Amerikaanse tiener wat die "barefoot bandit" gedoop is, gaan na verwagting skuld beken op aanklagtes van huisinbraak en vliegtuigdiefstal.
'n Sewentienjarige tiener is in hegtenis geneem vir die moord op 'n plaasboer van Merweville, in die Wes-Kaap, het die polisie gesê.
Die man wat in verband met die ontvoering en moord van Louise de Waal gearresteer is sal weer in die Krugersdorp landdroshof verskyn.
Die twee kinders wat uit ’n BMW in ’n parkeerterrein van ’n winkelsentrum in Vereeniging gered is, is in die sorg van hul oupa en ouma geplaas.
'n Chinese egpaar sal in die hof in Germiston verskyn op aanklagte wat met die immigrasiewet verband hou, het die Gautengse polisie gesê.
‘n Man van KwaZulu Natal is ‘n tronkvonnis van 102 jaar opgelê nadat hy oor 'n tydperk van ses maande ‘n reeks misdade gepleeg het.
Die Oos-Randse vrou wat daarvan beskuldig is dat sy haar bure se lewe die afgelope ses jaar hel gemaak het, het haar in haar motor vergas.
Laurent Gbagbo, voormalige president van die Ivoorkus, is saam met sy vrou Simone van “ekonomiese misdade” aangekla.
Die DRK benodig ‘n sterker regsstelsel om te veg teen strafloosheid vir misdade wat deur die weermag gepleeg word, sê Amnestie Internasionaal.
'n Beweerde OTM-rower is noodlottig gewond in 'n skietgeveg met polisielede in Vosloorus, het die Gautengse polisie gesê.
Die feit dat sy haar kind geslaan het, beteken nie sy het hom doodgemaak nie, het Chantel Booysen aangevoer in die saak oor die moord op haar seun.
Die vermeende petrolbom-bekruiper Shumsheer Singh Hhumman het sy slagoffer glo genooi vir ’n piekniek in ’n begraafplaas.
'n Moordverdagte en drie van sy makkers is in hegtenis geneem ná 'n skietery met die polisie in Giyani, Limpopo.
Met blinkgepoetste skoene het 900 nuwe Wes-Kaapse polisiekonstabels hulle eerste treë as volwaardige polisiemanne en -vroue gegee.
'n Berugte mafiabaas wat op die FBI se mees gesoekte lys was, is naby Los Angeles vasgetrek nadat hy die gereg vir 16 jaar lank ontwyk het.
’n 22-jarige Man is vroeg Maandagoggend in hegtenis geneem nadat hy glo ’n 16-jarige meisie in die Oos-Kaap verkrag het.
Twee mans wat Botswana se destydse minister van vervoer naby Rustenburg tydens 'n kaping beroof het, is deur die polisie vasgetrek.
’n Vrou wat haar na bewering as ’n polisiebeampte voorgedoen het en lede van die publiek “werf” vir ’n polisiekollege, het in die landdroshof verskyn.
Die owerhede het tien Liberiërs in hegtenis geneem omdat hulle glo huursoldate was tydens die naverkiesingskrisis in die Ivoorkus.
‘n Mosambiekse minister wat van korrupsie aangekla is, het sy tronkstraf begin uitdien nadat hy die hof oortuig het om sy straf te verlig.
‘n Thaise wetgewer wat die opposisieparty Puea Thai ondersteun, is deur ‘n gewapende man op ‘n motorfiets in die rug geskiet.
'n Motorkaper het 'n passasier doodgeskiet voordat hy selfmoord gepleeg het nadat die gekaapte motor in Polokwane in 'n ongeluk betrokke was.
Generaal Bheki Cele, nasionale polisiehoof, voer aan voorvalle van polisiewreedheid is geïsoleerd. Statistieke vertel ’n ander verhaal.
Drie bure is doodgeskiet en ‘n polisiebeampte is in die gesig geskiet toe ‘n gewapende man in Adelaide op hulle losgebrand het.
Altesaam 37 mense is die afgelope naweek in die Oos-Londen-gebied vir verskeie misdade soos moord en diefstal in hegtenis geneem.
Die voormalige kêrel van Chane van Heerden, een van die vermeende moordenaars van 'n Welkomse man, vrees vir sy lewe nadat hy gedreig is.
Die grusame moord op ’n Welkomse man het ernstige kommer oor die gevare van die internet, subkulture en godsdienste gewek.
’n Kinderwelsynsbeampte wat glo babas verkoop het, is moontlik aan die hart van ’n mensemokkelsindikaat in Suid-Afrika.
'n Man is doodgeskiet en sy vrou is ernstig gewond nadat gewapende rowers hulle in hul huis in Elandskraal beroof het, het die polisie gesê.
'n Polisieman van Limpopo is op 'n misdaadtoneel op Namakgale naby Phalaborwa gewond toe 'n verdagte op hom begin skiet het.
'n 23-jarige man in New York het minstens drie mense met 'n mes doodgesteek en twee ander beseer, voordat hy op die vlug geslaan het.
Die Staat het sy kans verbeur om oud-president Nelson Mandela se skoonseun, Isaac King Amuah, aan Amerika uit te lewer.
’n Londense finansiële bestuurder wat hom voorgedoen het as ’n fotojoernalis was eintlik op soek na iemand wat namens hom sou moor.
Die polisie het nog 'n wapenopslagplek ontdek - die keer op 'n plaas naby Durbanville in die Wes-Kaap.
Sekuriteitswagte het drie mans se planne om 'n gewapende rooftog by 'n besige winkelsentrum in Johannesburg uit te voer, in die wiele gery.
Shrien Dewani, man van die vermoorde Anni Dewani, het glo hul huwelikseremonie onder die voorwendsel van ’n konferensie by 'n luukse hotel bespreek.
‘n Man sal in die hof verskyn nadat hy glo met dagga met ‘n straatwaarde van R5 000 in sy sak betrap is, het polisie in die Vrystaat gesê.
'n Agtjarige seun van die Oos-Kaap het in Delft op die Kaapse Vlakte vermis geraak, het die polisie bekend gemaak.
Die Britse sakeman wie se vrou verlede maand in Guguletu vermoor is, se stryd om nie aan Suid-Afrika uitgelewer word nie begin op 20 Januarie.
Anni Dewani, die toeris wat in Kaapstad gekaap en vermoor is, was glo nie wettiglik met haar man Shrien getroud nie, het haar pa gesê.
Die driejarige meisie wat saam met haar ouers op hul plaas in die Lindley-distrik in die Vrystaat vermoor is, wou graag 'n “lofkleuter” wees.
Die Wes-Kaapse polisie wou steeds geen kommentaar lewer oor die moord op die Britse toeris, Anni Dewani in Guguletu, Kaapstad nie.
Drie mans wat in verband met verskeie misdade gesoek was, is in ‘n skietery met die polisie doodgeskiet, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.
Die Leeus-afrigter John Mitchell sê hy het "nog nooit so baie gehuil" soos die aand wat hy in sy huis in Hyde Park aangeval is nie.
'n Man is dood en nog twee is gewond tydens 'n skietery met polisiebeamptes in Brakpan, het die Ekurhuleni-metropolisie gesê.
Die polisie is op soek na straatrowers wat ontlasting na hul slagoffers gooi om hul aandag af te trek en hulle dan beroof.
Vyf mans van Soweto is in hegtenis geneem nadat hulle 'n gesin in Roodepoort beroof het, het die Gautengse polisie gesê.
Minstens 227 mense is tydens klopjagte vir verskeie misdade in dele van Gauteng in hegtenis geneem, het die polisie gesê.
'n Veiligheidswag is dood ná 'n skietery met gewapende mans wat 'n kitsbank in die Mpumalanga township wes van Durban beroof het.
Vier mans sal in die landdroshof op Scottburgh in KwaZulu-Natal verskyn in verband met die roof en verkragting van 'n hotelgas op die dorp.
'n Hof in Finland het die voormalige F1-jaer Jyrki Jarvilehto tronk toe gestuur vir 'n bootongeluk wat sy vriend se dood veroorsaak het.
Die man wat in verband met die ontvoering en moord van Louise de Waal gearresteer is se saak is tot Februarie 2012 uitgestel.
Vier gewapende rowers is in hegtenis geneem nadat hulle op die perseel van 'n winkel in Pinetown betrap is, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.
Die polisie op Nigel het dringend begin soek na ’n boer van die omgewing wat vermoedelik tydens ’n rooftog ontvoer is.
Misdaadgroepe in Suider-Afrika werk ál beter met mekaar saam, ongeag die verskille tussen individue se tale, etnisiteit en nasionaliteit.
Twee SA-fotograwe is die jongste slagoffers van misdaad in Nieu-Seeland nadat toerusting ter waarde van R60 000 uit hul huurmotor gesteel is.
'n Man is in hegtenis geneem nadat die liggaam van 'n vierjarige meisie in 'n yskas in sy huis op Cathcart in die Oos-Kaap gevind is.
'n Somaliese winkeleienaar is deur drie rowers in sy winkel in die Noordwes-provinsie doodgeskiet, het polisie gesê.
Drie mans, waaronder 'n polisielid, is in Witbank in Mpumalanga in hegtenis geneem nadat hulle probeer het om 'n bank te beroof.
Desirée Malan (31) van Pretoria is in die Vrystaat-stadion, ná die wedstryd tussen die Vrystaat Cheetahs en die WP, glo deur ’n mesrower aangeval.
Moet nooit die lang arm van die gereg onderskat nie, veral nie as dit aan ’n fyn, blonde polisievrou behoort nie.
Vier mans is in Vosloorus in hegtenis geneem nadat hulle vals dranklisensies aan kroeë verkoop het, het die Ekhurleni metropolisie gesê.
Suid-Afrika se rekordhouer in die 400-hekkies, LJ van Zyl, het nadat hy in Italië aangekom het, ontdek dat sy klere uit sy bagasie gesteel is.
Die VN-hof vir Rwanda het die eerste vrou wat aangekla is van menseslagting en aansporing om te verkrag tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Die nuus dat haar reservis-pa doodgeskiet is, het “gevoel of my hart, maag en keel uit my lyf geruk is”, het Juliette Ishlove (36) van Australië gesê.
Veiligheids-, opsporings- en versekeringsmaatskappye is dit eens dat misdaad in Gauteng sedert Oktober verlede jaar afgeneem het.
Die ouers van ’n verstandelik gestremde seun het ’n klag by die polisie ingedien nadat die seun se twee voortande by die skool “uitgeval” het.
’n Bankier, hope geld, ’n hangende egskeiding en ’n huurmoord. Dít is enkele van die bestanddele in ’n drama wat hom tans in die Bellville-landdroshof afspeel.
'n Man is op 'n aanklag van moord in hegtenis geneem nadat sy vrou se liggaam naby 'n begraafplaas in Bothaville, opgehang aan 'n boom gevind is.
Die Internasionale Strafhof het ‘n lasbrief vir die inhegtenisname van Muammar Gaddafi, sy seun en die land se spioenasiehoof versoek.
In die soveelste aanval op ’n Vrystaatse kleinhoewe is ’n bejaarde egpaar getraumatiseerd gelaat nadat hulle met ’n mes en hamer oorval is.
Ondersoekers van die IKH het glo bewyse dat Muammar Gaddafi, die Libiese leier, se magte misdaad teenoor die mensdom gepleeg het.
Terwyl ’n Suid-Afrikaner in Nieu-Seeland op Skype gesien het hoe sy pa in Centurion deur rowers oorval word, het hy die polisie gebel.
’n Verpleegsuster is in Welkom in die middel van ’n straat na bewering deur haar gewese vriend met ’n byl doodgekap.
Sowat sewe honde is die afgelope twee weke op ’n streep wreed in die Tempe- en Heuwelsig-omgewing van Bloemfontein vergiftig.
Die woonstel waar die vermeende moordenaars van Michael van Eck in Welkom in hegtenis geneem is, word steeds as ’n misdaadtoneel gehanteer.
Bisarre inligting, soos dat katte buite die huis van die verdagte moordenaars van Michael van Eck begrawe is, stuur skokgolwe deur die land.
Twee verdagtes is in verband met die skietery op twee polisiereserviste in Hillbrow, deur die Johannesburgse polisie vasgetrek.
Die Kaapse polisie ondersoek 'n bende verwante voorval in Lavender Hill waarin minstens drie mense dood en verskeie beseer is, het RSG berig.
‘n Man wat by ‘n huis in Portland, Oregon ingebreek het, het die polisie gebel. Hy was glo bang dat die huiseienaar ‘n geweer mag hê.
Die polisie in Limpopo het die vrou se naam bekendgemaak wat vermoor in haar meenthuis in Polokwane gevind is.
Die polisiebeamptes van die voormalige eenheid teen georganiseerde misdaad wat in 2009 met die dood van ’n man in aanhouding verbind is, loop nog skotvry.
Vyf verdagtes is in Yeoville en Hillbrow in verband met verskeie oortredings in hegtenis geneem, berig RSG.
’n Gesamentlike polisietaakspan is opsoek na ’n Franse egpaar nadat hulle ’n polisiekonstabel buite Sutherland doodgeskiet het.
'n Man wat probeer het om 'n gesteelde motor in Soweto weg te steek is doodgeskiet nadat hy 'n vuurwapen op die polisie gerig het.
Die polisie het een van die twee verdagtes wat ses passasiers in 'n minibus op pad na die OR Tambo-lughawe beroof het, geskiet en gewond.
'n Veroordeelde sekspes in KwaZulu-Natal is opsoek nadat hy versuim het om vir sy tronkstraf by die hof aan te meld.
Twee mans sal binnekort in die hof verskyn nadat hulle met liggaamsdele in hul besit betrap is, het polisie in KwaZulu-Natal gesê.
Bruno Souza, die Brasiliaanse doelwagter wat daarvan verdink word dat hy sy eks-meisie vermoor het, is tot vier en 'n half jaar tronkstraf gevonnis.
In ’n nuwe verwikkeling in die opspraakwekkende Dewani-moordsaak soek die polisie glo “meer inligting” by ’n onbekende Groenpuntse sakeman.
Die Valke se loskopstut is gewond toe ’n rower hom gesien het terwyl hy (die rower) besig was om te vlug nadat hy die bure aangehou en beroof het.
Die bekendheid van Siphiwe Tshabalala, Bafana Bafana se Wêreldbeker-doelskieter kon nie keer dat rowers hom, sy familie en sy vriende beroof nie.
Aanvallers het die voormalige Comrades-kampioen Nick Bester van sy fiets afgegooi, geskop en geslaan en met ’n mes gedreig.
Die twee mans wat na bewering by die Leeus-afrigter, John Mitchell, se huis in Hyde Park ingebreek en hom met messe aangeval het, is steeds op vrye voet.