'n Turkse man is voor 'n hotel in Somalië, waar hy tuisgegaan het, deur twee mans doodgeskiet, het beamptes gesê.
Twee Kanadese toeriste is deur 'n vrou doodgesteek tydens 'n rooftog in Atlantic City wat skeefgeloop het, het owerhede gesê.
‘n Man van Mamelodi, wat skuldig bevind is aan die moord op sy bejaarde werkgewer, is in Pretoria tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Die lyke van ‘n man en ‘n vrou is is met skietwonde in die bors op ‘n strand in Hartenbos gevind, het die polisie in die Wes-Kaap gesê.
'n Zimbabwiese man is in hegtenis geneem nadat hy by 'n Ford-motorskou in 'n vertoonmodel geklim en weggery het, het beamptes gesê.
Australiese owerhede het die afgelope jaar op 'n rekordhoeveelheid dwelmmiddels beslag gelê wat die land van oraloor ingestroom het.
Iemand wat hom of haar moontlik voordoen as 'n polisiebeampte trek motoriste in die Amerikaanse staat Mississippi af en skiet hulle dan.
‘n Britse man wat sy eksmeisie se ouers se huis in Kaapstad met ‘n petrolbom aangeval het, sal in die stad se streekshof gevonnis word.
Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle probeer het om by ‘n winkel in Johannesburg in te breek, het die polisie in Gauteng gesê.
'n Man se lyk wat in 'n kombers toegedraa was, is in die Mbhashe-rivier in Willowvale gevind, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Dominique Strauss-Kahn het 'n teeneis van $1 miljoen ingestel teen die skoonmaker wat bewerings van seksuele aanranding teen hom gemaak het.
Sagteware wat onwettig afgelaai of versprei word het die bedryf in 2011 wêreldwyd 'n allemintige $63,4 miljard (sowat R519 miljard) gekos.
Die borgtogaansoeke van die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Chanelle Henning vermoor het, word in die hof aangehoor.
'n Man (47) is deur 'n 26-jarige man geskop en doodgeslaan met 'n bierbottel in Uitenhage in die Oos-Kaap, het die polisie gesê.
Twee mans is in hegtenis geneem ná hulle na bewering 'n motor in Diepkloof, Soweto gekaap het, het die Johannesburgse metropolisie gesê.
Die polisie het 18 verminkte en onthoofde lyke in twee bussies naby Guadalajara in die weste van Mexiko gevind, het amptenare gesê.
'n Medalje wat aan 'n Taiwannese oorlogheld behoort het is glo deur 'n Chinese toeris gesteel, het die plaaslike media berig.
'n Priester wat in Libanon ontvoer is nadat hy 'n Moslem-meisie gedoop het, is vrygelaat, het die Libanese Nasionale Nuusagentskap berig.
Twee Franse burgers is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n Franse paartjie op ‘n afgeleë strand in die suidweste van Madagaskar.
‘n Fransman is dood, vier dae nadat hy op ‘n Indiese trein geslaan is omdat hy glo ‘n swanger vrou geteister het, het die polisie gesê.
'n Man is in hegtenis geneem nadat twee Europese toeriste na bewering met 'n geweer aangehou en in hul motor verkrag is.
Die tuinier van emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu se dogter het in die Kaapstad-landdroshof verskyn in verband met die moord op haar huishulp.
Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die onlangse skietery op ‘n man buite die Kaapstad-hooggeregshof nie.
Die voormalige Liberiese president Charles Taylor se veroordeling is 'n lokval vir Afrikaleiers, het 'n woordvoerder gesê.
'n Hawelose man het 'n menslike fetus wat na raming sowat vyf maande ver ontwikkel is in 'n asblik in Benoni gevind.
Vyf mans wat glo 'n brug naby Cleveland in die VSA wou opblaas, is in hegtenis geneem, het Amerikaanse owerhede gesê.
Vier mans is in Potchefstroom in hegtenis geneem nadat gesteelde goedere ter waarde van etlike duisende rande in hulle besit ontdek is.
'n Vrou in Ivorypark is met 'n mes gesteek en twee paramedici wat haar wou help is aangerand, het Johannesburgse nooddienste gesê.
Die verkorting van vonnisse vir gevangenes wat op Vryheidsdag aangekondig is, is 'n klap in die gesig van misdaadslagoffers, het die DA gesê.
Die DA het 'n beroep op die regering gedoen om die stryd teen perlemoenstropers opnuut te verskerp.
'n Ouma blameer "bose geeste" ná haar 15-jarige kleinseun 'n agtjarige meisie verkrag en haar brutaal aangeval het.
Twee nooddienswerkers is in die Masiphumelele-township in Vishoek met pepersproei aangeval terwyl hulle 'n pasiënt behandel het.
‘n Een-en-twintigjarige regstudent is in Mankweng Sone A doodgesteek toe hy van die kampus teruggekeer het na sy kamer.
‘n Man is buite die Wes-Kaapse hooggeregshof in die nek geskiet en twee jong mans is in boeie van die toneel weggelei.
Aanklagte teen een van die polisiebeamptes wat verbind word met die moord op die Ficksburg-betoger Andries Tatane is teruggetrek.
Die Wes-Kaapse provinsiale polisieraad het gesê daar is ‘n beduidende toename in misdaadvlakke in die Athlone en Rondebosch-omgewings.
'n Groep gewapende mans het inkopiegangers by 'n winkelsentrum in Fourways, Johannesburg, beroof, het die polisie gesê.
'n Bende gewapen met semi-outomatiese vuurwapens het drie OTM'e in Estcourt in KwaZulu-Natal opgeblaas.
‘n Seun het aan ‘n hof in Pretoria gesê hoe hy gesien het dat die moordbeskuldigde Nolan Schoeman ‘n slapende baba op die kop geslaan het.
Bene en kakebene van 'n twee meter hoë walvis, wat in 'n skuur by 'n toeristepark in Suid-Australië vertoon was, is gesteel.
‘n Vrou van Texas wat aangekla word van die moord op ‘n jong ma en die ontvoering van haar drie dae oue baba, wou die kind glo aanneem.
Altesaam 48 mans, waaronder 'n Switserse bankier en 'n skoolhoof, is aangekla nadat hulle betaal het vir seks met 'n minderjarige.
Die Katolieke kerk in Viëtnam sê ‘n priester is bewusteloos geslaan en die huis wat hy in ‘n weeshuis wou omskep is beskadig.
'n Vrou is buite 'n pediatriese sentrum in Houston doodgeskiet en haar pasgebore babaseun ontvoer, het ondersoekbeamptes gesê.
'n Man is in hegtenis geneem nadat hy glo 'n man by die Ndabakazi Station-treinstasie buite Butterworth in die Oos-Kaap doodgesteek het.
'n Dief is in hegtenis geneem terwyl hy gestort en reeds aan sjampanje geteug en 'n maaltyd in 'n huis in Kalifornië geniet het.
Ses vermeende dwelmhandelaars is in hegtenis geneem nadat die polisie in Puerto Rico beslag gelê het op 145 kg kokaïen.
Die voorverhoor-konferensie van Xolile Mngeni en Mziwamadoda Qwabe, wat van die moord op Anni Dewani beskuldig word, skop af.
‘n Man is tydens ‘n inbraak doodgeskiet ná hy homself losgekry het nadat die rowers hom en sy vrou met kabelbinders vasgemaak het.
Altesaam 1 070 mense is oor die Paastydperk in hegtenis geneem vir verskeie oortredings, wat moord, verkragting en roof insluit.
'n Vliegtuig wat vanaf Parys na Charlotte onderweg was, is herlei nadat 'n vrou beweer het 'n toestel is in haar geplant.
Bendes wat by huise in die voorstede van Durban inbreek, breek hekke en deure af, saai amok en steel luukshede – als binne vyf minute.
Twee mense is in hegtenis geneem in verband met die aanranding van ‘n bejaarde vrou in haar huis in Birmingham, Engeland.
‘n Man wat glo ‘n babadogtertjie vermink het om medisyne te maak, is agt maande ná die aanval steeds nie in hegtenis geneem nie.
Die Valke en beamptes van die nasionale vervolgingsgesag het eiendom van die vermoorde Chanelle Henning se vervreemde man, Nico, deursoek.
'n Reserviskonstabel van Mpumalanga is 60 dae tronkstraf of R1 000 boete opgelê nadat hy 'n pakkie kougom van R10 gesteel het.
'n Paartjie het 'n aanval op hul plaas oorleef, maar een van hul aanvallers is dood nadat die bakkie wat hy gesteel het, omgeslaan het.
'n Viëtnamese man is in hegtenis geneem nadat 10 renosterhorings tydens 'n klopjag op sy woonstel in Bedfordview in sy besit gevind is.
'n Pasgetroude bruid, wat glo 'n slagoffer van huishoudelike geweld was, is in haar trourok in 'n woonstel in voorstedelike Chicago doodgesteek.
Die moordenaars van lt.kol. Mark Ishlove, wat in ‘n skietery tussen die polisie en vyf mans dood is, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
‘n Man wat daarvan beskuldig word dat hy die Suid-Afrikaanse polospeler Sibusiso Duma doodgesteek het, is borgtog geweier.
'n 18-jarige man wat verdink word van 'n huisbraak is in hegtenis geneem nadat die polisie sy huiswerk op die misdaadtoneel gevind het.
'n Vrystaatse man verskyn Maandag in die Bethlehem-landdroshof nadat die lyk van 'n onbekende vrou in 'n hangkas gevind is.
Die skool wat in omstredenheid gehul is ná 'n beweerde verkragting wat op 'n rugbytoer plaasgevind het, het die voorval as 'n poets beskryf.
'n Nieu-Seelandse vrou het 'n gedeelte van 'n man se oorlob afgeruk omdat die skottelgoed nie ná 'n Sondagdiens gewas is nie.
‘n Priester wat in ‘n rooftog by die Constantia- katolieke kerk in Kaapstad aangeval is, sterk aan in 'n hospitaal.
Die polisie het beslag gelê op die skootrekenaar van die DA-raadslid wat na bewering kinderpornografie daarop gestoor het.
'n Man is in hegtenis geneem ná hy na bewering 'n vrou in Centane in die Oos-Kaap verkrag het, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
'n Grootskaalse polisiesoektog is van stapel gestuur nadat ses mans 'n bejaarde boer, 'n verpleegster en twee veiligheidswagte aangeval het.
Sibusiso Duma, die Suid-Afrikaanse polo-kampioen wat vroeër vandeesweel doodgesteek is, was glo betrokke in 'n liefdesdriehoek.
Nayati Moodliar, die 12-jarige Nederlandse seun wat sowat 'n week gelede in Maleisië ontvoer is, is met sy gesin herenig.
‘n Man is in Meadowlands, Soweto, in hegtenis geneem nadat hy glo sy vriend vermoor het, het die polisie in Gauteng gesê.
Die KwaZulu-Natalse LUR se gemeenskapsveiligheid en -skakeling het die moord op twee leiers van die Nasionale Vryheidsparty(NVP) veroordeel.
‘n Bloemfonteinse man wat verlede maand gedurende 'n gewapende roof in die kop geskiet is, het vroegoggend in ‘n hospitaal gesterf.
Drie mense is in Theunissen, 60 km suid van Welkom, in hegtenis geneem vir die besit van gesteelde plasmatelevisies en 'n skootrekenaar.
Die polisie het nog drie mans weer in hegtenis geneem ná hulle saam met 'n groep verhoorafwagtendes uit aanhoudingselle ontsnap het.
'n Polisieman is gewond tydens 'n skietgeveg met 'n bende wat twee OTM'e in Rustenburg opgeblaas het, het die polisie gesê.
Gevangenes wat ontsnap het en steeds voortvlugtig is, sal nie in aanmerking kom vir vonnisverkortings nie, het die minister van polisie gesê.
Pres. Jacob Zuma het as deel van Vryheidsdagvieringe in Pretoria 'n plan aangekondig om die vonnisse van sekere oortreders te verkort.
Die eienaar van 'n lykshuis is in hegtenis geneem ná hy 'n motorwertuigkundige doodgeskiet het terwyl hulle gestry het oor 'n ratkas.
'n Man is in 'n kritieke toestand in die hospitaal nadat hy Dinsdag buite die Wes-Kaapse hooggeregshof in die nek geskiet is.
'n Vyfjarige seun wat op 'n waglys is vir 'n hartoorplanting is vermoedelik deur sy pa uit 'n hospitaal in St. Louis ontvoer.
Waarskuwingsborde gaan by Noordhoek-strand naby Kaapstad opgerig word om besoekers te waarsku oor roof en ander misdaad in die gebied.
‘n Metropolisiebeampte van Johannesburg is in Pimville, Soweto, doodgeskiet, en sy vuurwapen is gesteel, het die metropolisie gesê.
Agt mense, waaronder vier vroue is, sal in die Mankwane-landdroshof verskyn in verband met die moord op ‘n tiener.
'n Ondersoek duur voort ná ‘n inbraak by die huis van Muzi Sikhakhane, Julius Malema se regsverteenwoordiger.
Drie vermeende diewe is dood en twee beseer toe die voertuig waarin hulle van 'n misdaadtoneel gevlug het, teen 'n ander motor gebots het.
Die moord op 'n verkeersbeampte deur 'n minibustaxi-bestuurder in Hillbrow was 'n "genadelose, brutale daad", het die minister van vervoer gesê.
Interpol sê Suid-Afrika is die wêreld se "verkragtingshoofstad" en minder as 1% van verkragtingsake word by die polisie aangemeld.
Die mans wat die voormalige provinsiale krieketspeler Louis Vorster doodgeskiet het, is steeds op vrye voet, sê die polisie.
Sewe mense, waarvan twee minderjariges, wat daarvan beskuldig word dat hulle 'n tiener van Soweto om die beurt verkrag het, verskyn in die hof.
Die 17-jarige meisie wat om die beurt deur sewe seuns verkrag is, is gevind en is tans by die Dobsonville-polisiekantoor in Soweto.
'n Tienerseun, wat daarvan aangekla word dat hy sy hoërskool wou opblaas, het skuldig gepleit en is tot ses maande in 'n jeugsentrum gevonnis.
Die polisiediens in Gauteng het misdadigers gewaarsku dat die diens sy aantal polisiebeamptes in die provinsie uitbrei.
Honderde mense is by die amptelike polisiebegrafnisdiens van die vermoorde konstabel, Francis Rasuge in Hammanskraal, noord van Pretoria.
Die Valke se eenheid teen handelsmisdaad ondersoek moontlike kriminele aanklagte van bedrog en korrupsie teen Gerald Majola.
David Bullard het kriminele aanklagte teen Mondli Makhanya, voormalige redakteur van die Sunday Times, aanhangig gemaak.
Die troosdiens vir die Steenkamp-egpaar en hul tienerdogter gaan vir hom ’n baie moeilike diens wees om te lei, sê ds. Piet Otto.
Twee patroondoppies wat op die toneel gevind is waar Richard Mdluli en drie ander glo 'n man doodgeskiet is, is “onverklaarbaar vernietig".
Bespiegelings oor wie drie lede van die Steenkamp-gesin van Griekwastad op Goeie Vrydag op hul plaas vermoor het, “sny diep”.