ARTIKELS OOR mensehandel

Vermeende mensehandelaars mag land verlaat

2012-04-10 15:06

‘n Dokter en sy vrou wat van mensehandel aangekla word en daarvan beskuldig word dat hulle ‘n bordeel bestuur, het mag na Mauritius reis.

12 in hegtenis vir mensehandel en verkragting

2012-03-22 21:56

Die polisie in Oxford sê hulle het 12 mans in hegtenis geneem vir mensehandel met tienermeisies. Hulle het die meisies ook verkrag.

Aanklagte teen mensehandel-beskuldigde laat vaar

2012-02-24 21:59

Die staat het aanklagte teen een van vier mense wat van mensehandel en die bestuur van ‘n bordeel aangekla is, teruggetrek.

Man in hof vir mensehandel

2011-12-19 20:09

‘n Man wat in hegtenis geneem is nadat hy betrap is waar hy Zimbabwiese kinders by Suid-Afrika ingebring het, het in die hof verskyn.

41 Vroue uit bordeel gered

2011-12-14 20:11

Een-en-veertig vroue is by 'n bordeel in Thailand gered nadat hulle gedwing was om as prostitute te werk, het die polisie gesê.

Nigeriese vrou vas oor mensehandel

2011-10-14 08:18

‘n Nigeriese vrou het meer as elf jaar tronkstraf gekry vir die mensehandel van twee jong vroue, het Amerikaanse regsbeamptes gesê.

Aus: Twee vas vir mensehandel

2011-10-06 14:43

Die polisie in Australië het ‘n internasionale mensehandel-sindikaat oopgevlek deur twee vermeende rolspelers in hegtenis te neem.

Kongo en Benin staan saam teen kinderhandel

2011-09-20 21:58

Tot 1 800 Beninese kinders is na die Kongo ontvoer, maar dié twee lande het 'n ooreenkoms onderteken om kinderhandel tot 'n einde te bring.

Zim-man aangekeer vir mensehandel

2011-08-11 08:37

'n 32-jarige man van Bulawayo is in hegtenis geneem nadat hy 21 kinders uit Zimbabwe oor die Limpopo-rivier na Suid-Afrika wou smokkel.

Chinese vroue in hof vir mensehandel

2011-07-13 17:12

Twee Chinese vroue het in die Parow-streekhof verskyn op aanklagte van mensehandel vir seksuele doeleindes nadat hulle vroeër vasgetrek is.

Nóg aanklagte in bordeel-saak

2011-06-09 21:03

Twee Chinese vroue wat aanvanklik aangekla is van mensehandel en die aanhou van ‘n bordeel, staar nou 11 bykomende klagtes in die gesig.

'Baba-fabriek' oopgevlek

2011-06-01 23:01

Die Nigeriese polisie het ‘n klopjag op ‘n huis wat swanger tienermeisies huisves, wie se babas op die swartmark verkoop word, uitgevoer.

Duitse polisie vat mensehandel aan

2011-05-13 16:47

Die Duitse polisie het ‘n klopjag op 1 000 bordele uitgevoer in ‘n poging om 'n netwerk van mensehandel uit Wes-Afrika die hoof te bied.

Mensehandelaars skiet Egiptiese polisielid

2011-01-25 16:01

Smokkelaars het glo polisie se versoeke ingoreer en tydens ‘n konfrontasie 'n polisielid doodgeskiet en op die vlug geslaan.

Moore, Kutcher veg ook teen mensehandel

2010-11-05 10:46

Demi Moore en Ashton Kutcher het hul name gekoppel aan die stryd teen mensehandel – ‘n wreedheid wat wêreldwyd 2,5 miljoen mense raak.

Nóg twee vroue vas vir seksslawerny

2010-07-28 12:55

Nog twee vroue is deur die Valke in hegtenis geneem in verband met ‘n seksslawerny-skandaal naby Welkom in die Vrystaat, sê polisie.

Drie in hof vir mensehandel

2010-07-16 02:18

Drie mense het in die hof op Welkom in die Vrystaat verskyn in verband met beweerde mensehandel waarby minderjarige meisies betrokke is.

Voortrekkers se slawehandel in kinders onthul

2010-07-10 06:47

Die sluier oor een van die duisterste aspekte van die Afrikanergeskiedenis word in ’n nuwe boek gelig soos nooit tevore nie.

Polisie red tiener uit bordeel

2010-06-07 16:05

‘n 17-jarige meisie is deur die polisie gevind nadat sy glo in Klerksdorp ontvoer en in ‘n bordeel in Table View, Kaapstad aangehou is.

SA-mensehandelaar in JHB gearresteer

2010-05-31 05:25

'n Suid-Afrikaanse vrou is in hegtenis geneem nadat sy glo onwettig 'n bordeel vir mensehandelaars in Johannesburg bedryf het.

Prostitusie neem toe in Kaap voor WB

2010-05-25 09:00

'n Menseregte-organisasie meen mensehandel het reeds begin toeneem in die Boland vóór die Wêreldbeker-sokkertoernooi.

'Regering moet mensehandel takel'

2010-03-24 13:02

Die regering en die gemeenskap moet ernstige aksie teen mensehandel in Suid-Afrika neem, sê die Navorsingsraad vir Menslike Wetenskappe.

Inbellyn vir 2010-mensehandel

2010-01-27 14:30

Vrese van ‘n toename in mensehandel gedurende die Wêreldbeker-sokkertoernooi het die Heilsleër genoop om ‘n hulplyn te begin.

Mensehandel: borgtog vir vrou geweier

2009-12-30 13:41

‘n Vrou van Thailand wat in verband met mensehandel in Suid-Afrika in hegtenis geneem is, se aansoek om borgtog is geweier.

Vrouehandelaar op vlug

2009-09-16 15:08

‘n Man wat aan vrouehandel in Nederland skuldig bevind is, het tydens sy parool op die vlug geslaan, sê plaaslike owerhede.

 

Paartjie vas vir kinderhandel

2012-03-30 20:35

'n Dokter en sy vrou is in hegtenis geneem in verband met mensehandel en dat hulle kinders vir seks in KwaZulu-Natal uitgehuur het.

Lede van mensehandel-sindikaat swaar gestraf

2012-03-08 11:01

Altesaam 29 mense is tot tronkstraf gevonnis omdat hulle die grootste mensehandel-sindikaat in Viëtnam bestuur het, het nuusberigte gesê.

Vermeende mensehandelaar van Zim vas

2012-01-05 20:18

'n Vermeende Zimbabwiese mensehandelaar is in aanhouding by die landdroshof op Mafikeng nadat hy deur die polisie vasgetrek is.

Man van Kaapstad vas vir mensehandel

2011-12-16 19:02

'n Man is in hegtenis geneem vir mensehandel nadat hy 16 kinders uit Zimbabwe na Suid-Afrika wou smokkel, het polisie in Noordwes gesê.

Nigeriese 'seksslawe' in Mali gered

2011-11-16 11:46

Altesaam 104 Nigeriese burgers, meestal vroue, is in Mali gered nadat hulle glo gedwing is om as "seksslawe" te werk.

Oekraïniese broers van slawerny beskuldig

2011-10-12 19:59

Twee Oekraïnse broers word daarvan beskuldig dat hulle desperate Oekraïners na Amerika gesmokkel en as slawe laat werk het.

136 slagoffers van mensehandel gered

2011-09-30 14:48

Die polisie in Maleisië het vanjaar reeds 136 mense, wat 25 kinders insluit, gered wat slagoffers van mensehandel was.

Australiese hof teen "uitruil" van vlugtelinge

2011-08-31 14:02

Australië se hooggeregshof het op opspraakwekkende wyse beslis die regering se plan om vlugtelinge met Maleisië “uit te ruil” is onwettig.

China: 89 ontvoerde kinders bevry

2011-07-27 12:04

Die Chinese polisie het 89 kinders hierdie jaar in ‘n veldtog teen kinderhandel bevry en groot kriminele organisasies uitmekaar laat spat.

Mensehandel-sindikaat in Italië oopgevlek

2011-07-06 18:57

Italiaanse owerhede sê hulle het ‘n vermeende mensehandel-sindikaat wat migrante via Italië by Europa ingesmokkel het, oopgevlek.

Duitse gesin hou vrou as slaaf aan

2011-06-09 21:02

‘n Duitse gesin van drie is in hegtenis geneem op aanklagte daarvan dat hulle ‘n 20-jarige vrou as slaaf in hul huis aangehou het.

Chinese bordeel-bestuurders moet hof toe

2011-05-17 20:04

Twee Chinese vroue wat glo ‘n bordeel in Goodwood bestuur en jong vroue van China na Suid-Afrika gelok het, sal verhoor word.

Maatskappy sê jammer oor liggaamsdele

2011-02-25 22:58

Die advertensie-agentskap, Ogilvy, het om verskoning gevra vir ‘n pamflet en webwerf wat geld in ruil vir liggaamsdele aangebied het.

Pa amper twee keer kind kwyt

2011-01-04 10:11

’n Kleutermeisie van Bloemfontein het amper twee maal die slagoffer van waarskynlik mensehandel in Margate geword.

Duisende wat as sekswerkers gesmokkel is, gevind

2010-09-30 01:41

Sowat 40 000 meisies en vroue wat glo vanuit Nigerië as sekswerkers deur mensehandelaars gesmokkel is, is in verskeie lande gevind.

Sakeman vas vir seksslawerny

2010-07-16 07:02

’n Welkomse sakeman en sy twee koppelaars, ’n man en vrou, is in hegtenis geneem aangesien hulle glo agter mensehandel en seksslawerny is.

Sewe vas ná hul glo babas verkoop

2010-07-15 12:13

Polisie het vier kinders gered en sewe mense in hegtenis geneem nadat hulle vermoedelik deel van ‘n sindikaat was wat met babas handel.

Toeriste vas na sekskepades in Kaapstad

2010-06-27 00:12

Sogenaamde “eksotiese dansers” sowel as 17 kliente van verskeie lande, is tydens ‘n klopjag by ‘n klub in Kaapstad in hegtenis geneem.

21 Thaise vroue van ‘mensehandel’ gered

2010-05-31 07:28

Die polisie het die naweek 21 Thaise vroue, wat moontlik die slagoffers van mensehandel is, uit ’n kroeg in Pomona in Kempton Park gered.

Fop-e-pos saai paniek

2010-05-28 04:32

‘n Fop-e-pos wat beweer dat ‘n mensehandel-sindikaat in Port Elizabeth bedrywig is, is “onverantwoordelik”, het die polisie gesê.

Nege mensehandelaars in aanhouding

2010-05-01 04:27

Nege Nigeriërs wat vas is vir mensehandel is steeds in aanhouding nadat hulle nie vir borgtog aansoek gedoen het nie.

VN: SA is mensehandel-magneet

2010-03-18 02:38

Suid-Afrika se oop, kosmopolitiese samelewing is 'n teelaarde vir mensehandel, het die Verenigde Nasies (VN) gesê.

Mensehandel gaan nou vasgevat word

2010-01-20 08:30

'n Nuut gestigte nie-regeringsorganisasie het ’n rooi kaart vir “parasiete” wat tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi mensehandel wil toepas.

Mans koop, verkrag glo meisie (13)

2009-10-11 15:52

Vyf mans wat ‘n 13-jarige meisie glo by ‘n vrou “gekoop” het en haar daarna herhaaldelik verkrag het, is in hegtenis geneem.

Kinderhandel aan die toeneem

2009-08-31 19:30

Die persentasie kinders wat in gevalle van mensehandel slagoffers is het in die afgelope paar jaar drasties toegeneem, sê ECPAT.

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Ranger 2.2i LWB PU MY09
2009
R 139,900.00

AUDI

A4 2.0 Multitronic 7-sp MY05
2006
R 200,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.