ARTIKELS OOR lugrederye

Virgin vlieg nie meer na Kenia

2012-05-17 13:30

Virgin Atlantic het aangekondig die lugredery gaan sy vlugte uit Kenia staak weens toenemende kostes en ‘n daling in besoekersgetalle.

Nuwe lugredery vir Kaapstad

2012-05-08 20:03

Eritrean Airlines het sy eerste vlug na Kaapstad onderneem en daar sal weekliks vier vlugte vanaf Kaapstad na Asmara beskikbaar wees.

Computicket vergoed Velvet Sky-passasiers

2012-04-05 15:10

Klante wat Velvet Sky-kaartjies op Computicket gekoop het, sal oor die Paasnaweek hul geld terugkry, het die maatskappy gesê.

Oplossing vir vlugvoosheid dalk gevind

2012-03-16 14:54

Vlugvoosheid kan dalk iets van die verlede wees danksy nuwe oorfone wat deur die lugredery Finnair uitgetoets word.

Velvet Sky: 'Passasiers moet geld terugvra'

2012-03-07 20:02

Die lugredery Velvet Sky sê passasiers wat deur die kansellasie van vlugte geraak is, moet later vlieg of hulle geld terugvra.

Velvet Sky-reddingsplan: 'Laat ons na Afrika vlieg'

2012-03-07 12:16

Velvet Sky het 'n reddingsplan in die hooggeregshof in Pietermaritzburg voorgelê wat onder meer beplande vlugte na Afrikastede insluit.

Stakings sal Spaanse lugredery lamlê

2012-03-05 14:22

Vlieëniers en bemanningslede van die Spaanse lugredery Iberia gaan staak weens die bekendstelling van 'n nuwe laekoste-lugredery.

Air Australia: Passasiers dalk nie vergoed

2012-02-29 11:20

Air Australia krediteure miljoene skuld, wat waarskynlik beteken dat passasiers nooit hul geld sal terugkry nie.

Velvet Sky: Aansoek om likwidering uitgestel

2012-02-24 15:31

Velvet Sky, wat BP Southern glo meer as R29 miljoen skuld, is tot 5 Maart gegee om te reageer op BP se aansoek dat hy gelikwideer word.

Velvet Sky-passasiers wag nóg langer

2012-02-24 11:04

Velvet Sky-vlugte sal met vyf ure vertraag word – twee ure langer as wat voorspel is – het die lughawensmaatskappy van Suid- Afrika gesê.

Air Mauritius vlieg nie meer na Durban

2012-02-22 13:30

Air Mauritius beplan om vanaf Oktober sy roete na Durban te sluit en 'n tweede vlug vanaf Johannesburg bekend te stel.

Mango verskerp sekuriteitsmaatreëls

2012-02-10 21:51

Die uitvoerende hoof van Mango het veiligheidprosedures opgeskerp ná ‘n toename in kredietkaartbedrog en vervalste kaarte.

American Airlines gaan duisende afdank

2012-02-02 14:55

American Airlines beplan om 13 000 werknemers die trekpas te gee sodat die lugredery ‘n addisionele $3 miljard per jaar kan insamel.

Geen meer Comair-vlugte na Maputo

2012-01-16 11:33

Comair het bevestig dat al sy vlugte van Lanseria-lughawe in Johannesburg na Maputo in Mosambiek gestaak gaan word.

Air Zim stop vlugte na SA

2011-12-16 13:00

Air Zimbabwe het alle vlugte na Suid-Afrika gestaak uit vrees dat daar weens agterstallige skuld, beslag gelê kan word op sy vliegtuie.

Mango sal nie staak

2011-12-09 11:07

Die vakbond Solidariteit en Mango-lugredery het ná maande se gesprekke oor salarisse ‘n ooreenkoms gesluit en moontlike stakings vermy.

1time vlieg eersdaags van Lanseria

2011-12-06 09:50

Die laekoste-lugredery 1time sal van Maart 2012 van Lanseria begin vlieg, met twee daaglikse tweerigting-vlugte na Durban en Kaapstad.

Lugrederye kry dalk gouer 'groen'-brandstof

2011-12-05 16:51

Die wêreld se 7 000 lugrederye kan moontlik baie vinniger as ander vervoerstelsels oorskakel na lae-koolstof brandstof.

1time voeg ekstra vlugte by vir Desember

2011-12-01 10:49

Die laekoste-lugredery 1time het ekstra vlugte by sy Desember-skedule gevoeg om te verseker sy passasiers het meer buigbaarheid.

SAA begin met direkte vlugte na Beijing

2011-11-29 09:00

Die Suid-Afrikaanse lugdiens (SAA) het bevestig dat hy in Januarie met direkte vlugte na Beijing, China sal begin.

Qantas: gesprekke was onsuksesvol

2011-11-21 12:59

Die Australiese lugredery Qantas het gesê die nywerheidsdispuut met vlieëniers en werkers kon nie voor die spertyd opgelos word nie.

Passasiers moet self vliegtuig se brandstof betaal

2011-11-17 19:57

Passasiers op ‘n Comtel Air-huurvlug van Indië na Birmingham moes meer as $30 000 vir brandstof opdok tydens ‘n oorstop in Wene.

Air Zim kanselleer Londen-vlugte oor brandstoftekort

2011-11-08 12:09

Air Zimbabwe het glo die afgelope naweek internasionale vlugte gekanselleer as gevolg van ‘n tekort aan brandstof.

Lang pad voor vir Qantas

2011-11-01 14:16

Qantas se dienste het ná dae se chaos na normaal teruggekeer, maar dié ikoniese lugredery sal nou passasiers se harte moet terugwen.

Qantas-kansellasies kan SAA raak

2011-10-30 11:15

SAA kan geraak word deur die Australiese lugredery Qantas wat alle vlugte tot verdere kennisgewing weens nywerheidsaksie gekanselleer het.

Qantas ly groot verliese

2011-10-28 22:02

Qantas is besig om finansieel te ly, maar as die lugredery gaan instem tot werkers se vereistes, kan dit sy toekoms in die gedrang stel.

Edelweiss Air vlieg nou ook na Kaapstad

2011-10-26 13:26

Edelweiss Air, ‘n Switserse lugredery, het sy eerste vlug vanaf Zürich na Kaapstad met meer as 150 passasiers onderneem, het Tourism Update berig.

Air Namibia spandeer miljoene op nuwe Airbus-vliegtuie

2011-10-19 17:42

Air Namibia gaan R90 miljoen op twee nuwe Airbus-vliegtuie spandeer wat in 1014 afgelewer gaan word, het ‘n Namibiese koerant berig.

Aswolk in Chili belemmer vlugte

2011-10-17 20:00

Lugvaartowerhede het gesê dat verskeie vlugte in Argentinië, Brasilië, Chili en Uruguay weens ‘n aswolk in Chili gekanselleer is.

Zambië kry nuwe lugredery

2011-10-17 09:40

Zambië beplan om ‘n nuwe nasionale lugredery, Fly Zambia, later in die jaar bekend te stel, wat oorspronklik al in September sou begin vlieg.

Emirates beplan gereelde vlugte na Zim

2011-10-10 21:47

Emirates-lugredery het aangekondig dat hy van volgende jaar af met vyf vlugte ‘n week tussen Zimbabwe, Zambië en Doebai sal begin.

Lugrederye plaas druk op EU oor koolstofbelasting

2011-09-28 16:01

Lugrederye het die EU gewaarsku dat hy ‘n internasionale handelsoorlog kan veroorsaak as hy daarop aandring om koolstofbelasting vir vliegtuie te vra.

Dronk sakeman op vlug tronk toe

2011-09-26 15:26

‘n Besope Amerikaanse sakeman is tot drie maande tronkstraf gevonnis omdat hy personeel op ‘n vlug van British Airways beledig het.

Qantas waarsku oor nóg 'n staking

2011-09-26 10:30

Die Qantas-lugredery het gewaarsku dat sy bedrywighede ontwrig kan word weens sy personeel se tweede staking in twee weke.

1time aangewys as beste laekoste-lugredery in Afrika

2011-09-22 09:18

Die lugredery 1time het die 2011 World Travel Award vir Afrika se beste laekoste-lugredery vir die derde agtereenvolgende jaar gewen.

Haai-aanvalle toe lugrederye se skuld

2011-09-19 09:36

'n Verslag deur die International Shark Attack File meen dat laekoste-lugrederye gedeeltelik blameer kan word vir die toename in haai-aanvalle.

Qantas vermaak met tabletrekenaars

2011-09-15 12:20

Passasiers op Qantas-vlugte sal die eerste wees om vermaak op ‘n tabletrekenaar te geniet, het dié Australiese lugredery bekendgemaak.

Velvet Sky vlieg nou in Limpopo

2011-09-09 09:07

Nuwe vlugroetes is in Limpopo ingestel met die laekoste-lugredery, Velvet Sky, wat sy dienste hierheen uitgebrei het.

Van die wêreld se veiligste lugrederye

2011-08-30 19:48

Air France, British Airways en Lufhansa is die veiligste lugrederye in Europa, het ‘n studie deur die Air Transport Rating Agency (ATRA) getoon.

'Lugrederye moet meer sensitief wees'

2011-08-25 11:22

‘n Kenner van lugvaart meen dat lugrederye meer sensitief moet wees teenoor passasiers wat slegte ervarings op vliegtuie beleef.

Air Zim se toekoms steeds onseker

2011-08-24 09:28

Die toekoms van Air Zimbabwe is onseker aangesien die regering steeds nie daarin kon slaag om die nasionale lugredery uit hul skuld te help nie.

Akteur urineer op vliegtuig se vloer

2011-08-17 20:02

Gerard Depardieu wou kort voor opstyging ‘n vliegtuig se toilet gebruik, maar urineer toe sommer nét daar toe die lugwaardin sê hy moet wag.

Qantas snoei 1 000 poste

2011-08-16 13:55

Qantas Airways Ltd. het bekendgemaak dat hy beplan om 1 000 poste te snoei as deel van ‘n groot reorganisasie van sy internasionale besigheid.

Qantas wys stoute film op sy vlugte

2011-08-11 17:19

Een van die video’s wat Qantas as opsie aan sy passasiers bied om tydens ‘n vlug te kyk, is genoeg om enigeen te laat bloos.

Air Namibia styg alweer nie op nie

2011-08-04 22:59

Talle passasiers was ongelukkig omdat Air Namibië, glo vir die soveelste keer, nie betyds probleme en vertragings bekend gemaak het nie.

Meer vlugte vir Velvet Sky

2011-07-26 13:55

Die laekoste-lugredery Velvet Sky sal vanaf Augustus met meer vlugte op sy bestaande roetes begin en beplan ook om later op nuwe roetes te vlieg.

DRK-lugredery se lisensie opgeskort

2011-07-15 15:11

Die DRK se departement van vervoer het die lisensie van sy grootste lugredery gekanselleer nadat 85 mense in ‘n vliegongeluk dood is.

Lugrederye terug na normaal

2011-07-07 23:19

Vlugte by twee hoof-lughawens in Buenos Aires is weer hervat ná die lugverkeer weens ‘n massiewe aswolk tot stilstand gebring is.

Taxibedryf wil lugredery begin

2011-06-29 12:51

Die taxibedryf wil na ander vervoersektore, soos lugdienste, uitbrei, maar belowe dat taxibestuurders nie die vliegwerk sal doen nie.

Aswolke: Só besluit lugrederye of hulle vlieg

2011-06-24 09:24

Die afgelope paar weke se vlugkansellasies as gevolg van die aswolk het reisigers opnuut laat wonder waarop lugrederye hul besluite baseer.

 

Mango bied nou internettoegang op sy vlugte

2012-05-09 10:04

Die laekoste lugredery Mango het ‘n draadlose breëband-internetdiens op sy vlugte by Lanseria Lughawe bekendgestel, het die SABC berig.

Iberia kanselleer meer as 100 vlugte

2012-05-04 23:00

Spanje se grootste lugredery Iberia het 108 uit sy 326 geskeduleerde vlugte gekanselleer omdat bemanningslede gestaak het.

SAA vir R155 milj. gedagvaar

2012-04-04 11:02

Die gelikwideerde lugredery Nationwide Airlines eis R155 miljoen in skadevergoeding van SAA omdat hy glo sy dominante posisie misbruik het.

Rompe moet waai, sê vlugbemanningslede

2012-03-08 12:20

Vlugbemanningslede van Asiana Airlines wil glo ontslae raak van outydse uniformregulasies en die ongemaklike rompe wat hulle moet dra.

Vrou in tronk ná geveg oor naellak op vlug

2012-03-07 13:43

'n Passasier is gearresteer en het meer as 10 uur in 'n tronk deurgebring ná 'n geveg oor naellak met 'n vlugbemanningslid.

Velvet Sky vlieg steeds nie

2012-03-06 09:02

Velvet Sky gaan nie vandag sy vlugte hervat soos onlangs belowe is nie, aangesien BP se likwidasie-aansoek nog nie afgehandel is nie.

Lugredery vervoer nie meer dolfyne

2012-02-29 14:50

'n Lugredery in Hongkong het ingestem om nie meer lewendige dolfyne op sy vliegtuie te vervoer nie nadat aktiviste druk hom uitgeoefen het.

'Moeilike tye lê voor vir laekoste-lugrederye'

2012-02-27 11:00

'n Lugvaartkenner het gesê die stygende brandstofpryse en passasiersbelasting is groot uitdagings vir sommige laekoste-lugrederye.

Velvet Sky vlieg weer, toekoms in gedrang

2012-02-24 14:30

Velvet Sky was weer gereed om voort te gaan met vlugte ná vertragings vroeër honderde passassiers gestrand gelaat het.

Vlugte van Velvet Sky vertraag

2012-02-24 09:08

Vroegoggend-vlugte van Velvet Sky is met drie uur vertraag as gevolg van 'n sakedispuut, het die laekoste-lugredery gesê.

Aussies gestrand ná lugredery vou

2012-02-20 11:05

Talle Australiese vakansiegangers probeer desperaat terugkeer huis toe ná hulle gestrand gelaat is weens die bankrotskap van Air Australia.

Vet-belasting dalk gouer ingestel

2012-02-09 20:48

Passasiers wat oorgewig is gaan dalk moet opdok ná 'n beslissing dat hulle nie kan dagvaar wanneer hulle in die verleentheid gestel word nie.

Venezuela wil lugredery uitbrei

2012-01-23 14:00

Venezuela beplan om Embraer-vliegtuie van Brasilië en gebruikte Airbus-vliegtuie te koop om Conviasa,die nasionale lugredery, uit te brei.

Geen vet-belasting vir Aus-lugrederye

2012-01-12 13:25

‘n Beroep dat oorgewig passasiers ekstra betaal om op Australiese lugrederye te vlieg is deur die groot lugrederye verwerp.

Zimbabwe sal Air Zim help

2011-12-15 11:42

Nadat daar op een van Air Zimbabwe se vliegtuie Londen beslag gelê is weens agterstallige skuld, het die regering ingestem om te help.

1time vlieg binnekort na Mombasa

2011-12-08 13:11

Die laekoste-lugredery 1time het bevestig dat hy sy tweede Oos-Afrika roete na Mombasa, Kenia, in Maart bekend sal stel.

Air Zimbabwe skuld SA miljoene

2011-12-05 20:56

Air Zimbabwe sal moontlik nie meer na Suid-Afrika kan vlieg nie, aangesien dié staatsbeheerde lugredery Suid-Afrika geld skuld.

SA-reisigers vergoed vir Qantas se kansellasies

2011-12-05 12:32

Qantas het besonderhede vrygestel oor addisionele vergoeding vir internasionale reisigers wat deur die kansellasie van sy vlugte geraak is.

Kulula se verskuilde bagasiekoste

2011-11-29 14:58

Kulula het ‘n nuwe kostestelsel vir bagasie bekendgestel wat kan beteken sy kliënte sal veel meer vir swaar bagasie moet opdok.

Man vas wat kinderporno op vlug kyk

2011-11-28 09:26

‘n Man wat na kinderpornografie op ‘n vlug van Salt Lake City na Boston gekyk het, is in hegtenis geneem, het die polisie in Massachusetts gesê.

Lugrederye miljoene beboet oor kaartjiepryse

2011-11-18 14:08

Amptenare van die Nigeriese lughawe het British Airways ‘n boete van $135 miljoen en Virgin Atlantic ‘n boete van $100 miljoen opgelê.

Air Namibia gaan moontlik staak

2011-11-17 16:34

Die kajuitpersoneel van Air Namibia kan moontlik volgende week begin staak nadat die meerderheid van hul vakbondlede daarvoor gestem het.

Air France vlieg nou na Kaapstad

2011-11-04 14:05

Air France bied nou direkte vlugte na Kaapstad Internasionaal – net betyds om uit die feesseisoen voordeel te trek.

Qantas weer op dreef

2011-10-31 09:00

Australië se lugveiligheidsagentskap het Qantas toestemming gegee om weer te vlieg nadat dié lugredery sy bedrywighede opgeskort het.

Qantas tot stilstand gebring

2011-10-29 09:04

Die Australiese lugredery Qantas het die drastiese stap geneem om al sy binnelandse en internasionale vlugte op te skort.

WiFi binnekort op Mango-vlugte beskikbaar

2011-10-27 09:08

Die lae-koste-lugredery Mango sal die eerste Suid-Afrikaanse lugredery wees wat WiFi-tegnologie aan boord sy vliegtuie beskikbaar sal stel.

Regering sal Air Zim oorneem

2011-10-24 13:06

Die Zimbabwiese regering gaan glo sy nasionale lugredery se skuld van R1.1 miljard oorneem en beplan om die lugredery later te likwideer.

Air France voltooi wêreld se 'groenste' vlug

2011-10-19 12:36

Air France beweer hy het ‘n vlug met die laagste koolstofdioksied-uitlating ooit voltooi deur ‘n spesiale brandstof te gebruik.

Nóg probleme vir Qantas

2011-10-17 10:46

‘n Qantas-vlug wat na Sydney onderweg was moes terugdraai na Bangkok nadat ‘n harde slag aan boord gehoor is, het die lugredery gesê.

Velvet Sky vlieg nou na meer bestemmings

2011-10-12 12:00

Velvet Sky gaan met nuwe vlugte tussen Kaapstad en Durban, Kaapstad en Port Elizabeth en Durban en Port Elizabeth begin.

Kulula-vlugte uit Kaapstad vertraag

2011-10-03 12:36

Vlugte uit Kaapstad van die laekoste-lugredery Kulula is met 20 tot 30 minute vertraag, het die lugredery aan Nuus24 gesê.

Vliegtuie met 600 passasiers mis mekaar net-net in die lug

2011-09-27 14:46

Twee passasiersvliegtuie op pad na Hong Kong met meer as 600 mense aan boord moes in die lug vir mekaar uitswaai om ‘n botsing te voorkom.

Boeing se nuwe reus uiteindelik klaar

2011-09-26 11:48

Boeing het sy eerste 787 Dreamliner aan die Japanse lugredery All Nippon Airways (ANA) afgelewer na ‘n drie jaar lange vertraging.

Skuldbelaaide Air Zim vlieg met een passassier

2011-09-22 13:20

Dit gaan so sleg by Zimbabwe se nasionale lugredery dat een van sy vlugte verlede naweek met net een passassier gevlieg het.

Santaco takel kritici oor planne vir lugredery

2011-09-20 14:31

Die taxigroep Santaco het sy stem dik gemaak teen kritici wat skepties is oor sy nuwe laekoste-lugredery wat in November met vlugte begin.

Verlaat Sirië terwyl julle kan, sê Amerika aan burgers

2011-09-15 23:04

Amerika het alle Amerikaners in Sirië gewaarsku om die land te verlaat terwyl dit nog moontlik is om kommersiële vlugte te kry.

Reisigers lugtig vir vlieg op 9/11-herdenking

2011-09-12 13:27

Sommige reisigers was senuweeagtig om op die 10de herdenking van die 9/11-terreuraanvalle te vlieg, terwyl ander weer sekuriteit vertrou het.

Man verstik aan boord vliegtuig

2011-09-04 11:59

‘n Nieu-Seelandse man is dood nadat hy op ‘n vliegtuig aan ‘n Australiese lugrederye se kos verstik het, het ‘n koerant berig.

1time stel 'e-Checkin' bekend

2011-08-26 11:39

Die laekoste-lugredery 1time het “e-Checkin” bekend gestel wat sy kliënte toelaat om hul instapkaartjies elektronies te bekom.

Taxi-lugredery vlieg binnekort

2011-08-24 16:23

Die Nasionale taxi-vereniging sal binne drie weke sy eerste vlug die lug in stuur wanneer die nuwe laekoste-lugredery bekend gestel word.

Namibië kry eie private laekoste-lugredery

2011-08-22 14:54

Namibiërs kan vanaf middel September met die land se eerste eie private laekoste-lugredery internasionaal vlieg.

Air Namibia pas vliegskedule aan

2011-08-17 11:52

Air Namibia het verskeie addisionele vlugte by sy huidige skedule gevoeg en mik om passasiers se reiservaring te vergemaklik.

SAA stiptelikste plaaslike lugredery

2011-08-16 10:09

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) het 'n verslag oor plaaslike lugrederye se stiptelikheid op sy webwerf gepubliseer.

Air Zim soek hulp by regering

2011-08-11 09:48

Air Zimbabwe wil hom glo tot die regering wend vir finansiële bystand in ‘n poging om ‘n einde te bring aan 'n staking deur vlieëniers.

Miami: Dronk man op lughawe gearresteer

2011-07-30 23:27

Twee broers is op die internasionale lughawe in Miami in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n lid van die Amerikaanse Lugredery aangerand het.

Video: Lugredery span kinders in vir veiligheidsvideo

2011-07-25 16:09

Pegasus Airlines het besluit dis tyd dat mense weer aandag skenk aan veiligheidsvideo's en het kinders gebruik om in passasiers se harte in te kruip.

R1.3 miljard om Air Zimbabwe te red

2011-07-12 11:02

Die Zimbabwiese regering doen sy bes om te verhoed dat Air Zimbabwe se vlerke geknip word.

Terroriste 'kan bomme in mense plant'

2011-07-07 13:03

Die Amerikaanse regering het lugrederye gewaarsku dat terroriste hulle nou selfs tot chirurgie kan wend om bomme weg te steek.

Qatar Airways beste lugredery vir 2011

2011-06-24 13:57

Qatar Airways is by die 2011 World Airline Awards, 'n deel van die 2011 Parys-lugskou, as die wêreld se beste lugredery aangewys.

Lugredery gebruik kookolie as brandstof

2011-06-23 14:14

Die Nederlandse lugredery KLM het bekendgemaak hy sal biobrandstof gemaak van gebruikte kookolie gebruik om vlugte die lug in te stuur.

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Ranger 2.2i LWB PU MY09
2009
R 139,900.00

AUDI

A4 2.0 Multitronic 7-sp MY05
2006
R 200,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.