Vir ‘n goeie kontemporêre kunsgalery om suksesvol te wees kan hy nie ‘n openlik politiese, godsdienstige of ideologiese agenda hê nie.
Een van die bekendste skilderye ter wêreld, Edvard Munch se "The Scream," het die hoogste prys ooit vir 'n kunswerk op 'n veiling behaal.
Navorsers in Florence, Italië sê hulle het dalk 'n verlore meesterstuk van Leonardo da Vinci gevind agter 'n versteekte muur in 'n stadsaal.
Antoni Tapies, wat een van die wêreld se mees beroemde kontemporêre kunstenaars was, het in die ouderdom van 88 gesterf.
Net een SA kunsgalery neem deel aan die tweede aanlyn-VIP-kunsskou van internasionale kontemporêre kuns wat van 3 tot 8 Februarie gehou word.
‘n Skildery deur die surrealistiese kunstenaar Rene Magritte wat twee jaar gelede gesteel is, is terug besorg deur die diewe.
'n Skildery wat in 1987 vir 'n skamele R2 300 aangeskaf is, is op 'n plaaslike veiling vir meer as R3 miljoen van die hand gesit.
‘n Iranse aktrise is 'n vonnis van 90 houe lyfstraf opgelê vir haar rol in ‘n omstrede film, sowel as 'n jaar gevangenisstraf.
Die diefstal van kunswerke in SA ontaard in ’n winsgewende bedryf – soos 'n Gregoire Boonzaier ter waarde van R85 000 wat onlangs verdwyn het.
Unieke kunswerke oor die spesiale handgebare wat Suid-Afrikaners gebruik om minibustaxi's nader te roep pryk nou in 'n museum in New York.
Die geteisterde omgewing kom onder die loep in twee tentoonstellings wat eersdaags in Stellenbosch en Kaapstad open.
Die skilder Lucian Freud, wie se kunswerke al vir soveel as $33,6 miljoen (R227 miljoen) verkoop is, is in die ouderdom van 88 oorlede.
Amerikaanse polisie is op soek na ‘n man wat ‘n waardevolle potloodtekening deur die kunstenaar Pablo Picasso in ‘n kunsgalery gesteel het.
’n Toevallige inloer by ’n kunsgalery in Lissabon het daartoe gelei dat Adrienne Silva haar eerste uitstalling in hierdie stad gaan hou.
Die geheim agter die Mona Lisa-glimlag van Leonardo da Vinci se beroemde skildery kan moontlik binnekort ontrafel word.
Polisie het ‘n man in hegtenis geneem wat na bewering by China se Verbode Stad ingebreek en sewe kunsstukke gesteel het.
Die vermoorde Pretoriase kunstenaar Cornelius Bosch het onlangs meer abstrakte kuns begin lewer en het ook met klankkuns eksperimenteer.
Moeg om die heeltyd van Charlie Sheen op die internet te lees? Daar's nou 'n program beskikbaar wat hom heeltemal uitblok.
Digters se kanse om in ‘n inrigting vir sielsiekes op te eindig, is 20-keer groter as die van die res van die populasie.
Jody Joyner, ‘n Amerikaanse kunstenaar, het ‘n reusenes van hibiscus-takkies in Robertson gebou – groot genoeg vir 'n mens om in nes te skrop.
Skaars ’n dag nadat ’n enorme skildery van die Kaapse stadsraad in die Kunstekaap-teater gehang is, het dit van die muur geval.
“As jy ’n foto van die Dawid-standbeeld deur Michelangelo neem en dit pornografie noem, sal dit belaglik klink!” sê kunstenaar Lizelle Kruger.
Die bekende Duitse straatkunstenaar, Manfred Stader, kom eersdaags in Suid-Afrika aan om sy kuns hier bekend te stel.
Irma Stern se olieverf-portret Gladioli, wat in 1939 geverf is, is vir ‘n rekordbedrag van R13,368 miljoen verkoop.
‘n Werknemer by ‘n museum is waarskynlik agter die verdwyning van ‘n Van Gogh-skildery wat die Egiptiese owerhede verneder het.
Gerugte oor oudpres. Nelson Mandela se gesondheid het in Slowenië gelei tot ’n diplomatieke verleentheid vir die Mandela-familie.
Die model en aktrise Jerry Hall gaan kunswerke uit haar private versameling verkoop om oor haar verlede met haar eksman, Mick Jagger, te kom.
’n Landskapskildery wat Jacob Hendrik Pierneef in 1945 in olie op doek geskilder het, Landskap met rivier, is vir R1,232 miljoen verkoop.
Die Verenigde Koninkryk se grootste museums en kunsgalerye het £1 miljard (R11,3 miljard) uit buitelandse besoekers in 2009 verdien.
Hy is die jong kunstenaar oor wie Brittanje die meeste gons. Sy skilderye haal aardige pryse en daar is ’n lang waglys vir sy nuwe werke.
’n Oorsig-tentoonstelling van Johannes Meintjes se skilderye is in die Sasol-kunsmuseum in Stellenbosch te sien. Liza Grobler het gaan kyk.
‘n Massiewe buitemuurse kunsplakkaat wat 'n beeld van Mickey Mouse met ‘n swastika en ‘n kaal vrou se lyf meng, maak groot opspraak in Pole.
Die Franse polisie het talle kunswerke gevind wat verlede jaar van ‘n private versameling gesteel is, insluitende ‘n werk deur Pablo Picasso.
Pablo Picasso se “Portrait of Angel Fernandez de Soto,” ‘n werk uit sy ‘blou periode’, het vir byna R394 miljoen verkoop.
Jay-Z sê sy vrou Beyoncé het haar voet neergesit en weier dat hy 'n kunswerk in hul huis bring wat nie haar goedkeuring wegdra nie.
Die Aardklop Nasionale Kunstefees bied vanjaar ’n uitstaande program aan met meer as 70 produksies, wat opera en dans insluit.
Hoewel hulle spog met van die indrukwekkendste kunswerke in die wêreld, is geluk nie aan die Italianers se kant nie.
Skokkende skilderye waarin die vermoorde AWB-leier, Eugene Terreblanche, as ’n vark uitgebeeld word, is "net ’n taal," meen die kunstenaar.
Sowat 5 200 kaal mense het mekaar omhels op die trappe van Sydney se ikoniese operahuis vir ‘n fotosessie saam met Spencer Tunick.
‘n Skildery wat herontdek is wat glo deur Vincent Van Gogh geskilder is, word tans in ‘n museum in Holland uitgestal.
‘n Lewensgrootte brons beeld van ‘n man wat deur Alberto Giacometti gemaak is, is by ‘n veiling in Londen vir R775 miljoen verkoop.
Italiaanse wetenskaplikes het aansoek gedoen om die liggaam van Leonardo da Vinci op te grawe om te bewys die Mona Lisa is 'n self-portret.
Die bekroonde Suid-Afrikaanse beeldhouer Jackson Hlongwane is op die ouderdom van 99 oorlede, het SABC-radionuus berig.
‘n Klein houtkitaar wat deur Pablo Picasso geverf is, is in ‘n houer in ‘n Italiaanse sakeman se woonstel gevind.
Bekende museums in Parys, soos die Louvre, Pompidou-sentrum en Musee d'Orsay, is gesluit ná ‘n staking deur ongelukkige werkers.
‘n Nuwe portret deur Leonardo de Vinci is moontlik gevind, te danke aan ‘n eeue-oue palm- en vingerafdruk.
Kunstenaars van verskillende genres van reg oor die land sal die geleentheid kry om aan ‘n reuse kunsuitstalling deel te neem.
Banksy het na bewering ‘n nuwe kunswerk met diep betekenis in Wood Green High Road in die noorde van Londen geskep.
Enigeen wat belang stel in Afrika se kunsnalatenskap kan nou oor die internet toegang verkry tot onder meer etlike voorbeelde van rotskuns in SA.
Design Indaba, een van SA se voorste toonvensters vir kuns en ontwerp, vind vanjaar van 29 Februarie tot 4 Maart in Kaapstad plaas.
Kunswerke ter waarde van meer as R500 000 is die afgelope jaar uit die Johannesburgse Kunsmuseum gesteel – moontlik selfs as skrootmetaal.
’n Versameling onvervangbare kunsskatte in die kelder van die Johannesburgse Kunsmuseum kan vernietig word weens die gebrek aan onderhoud.
New York het die Metropolitan Museum of Art, Parys het die Louvre en Londen het die Tate, maar Boston het sy eie, minder bekende, kunsmuseum.
Die kunstenaar Vincent van Gogh het nie selfmoord gepleeg nie, beweer die skrywers van die nuwe biografie Van Gogh: The Life.
‘n Duitser wat van bedrog aangekla word, het erken dat dit vir hom heerlik was om versamelaars met 14 nagemaakte skilderye te flous.
Die Lentekunsfees wat die naweek in Tulbagh gehou is, het die dorp se kunsmeesters van die verlede, hede en toekoms vereer.
Johannesburgse kunsstudente in verskeie dissiplines kan nou inskryf vir die CIT:Y-pryse en ’n beurs ontvang vir hul studie.
'n Unieke uitstalling wat opgedra is “aan die lewensbloed van alle lewe op aarde” is in die Standard Bank-galery in Johannesburg te sien.
Lede van die publiek sal binnekort vir die eerste keer 'n nuutontdekte Leonardo da Vinci-skildery in die Nasionale Galery in Londen kan sien.
’n Afgetrede elektrisiën en sy vrou gaan daarvan aangekla word dat hulle 271 van Picasso se kunswerke in hul motorhuis versteek het.
Die eerste omvattende oorsigtentoonstelling in Suid-Afrika van Vladimir Tretchikoff het in die Iziko: Nasionale Kunsmuseum geopen.
‘n Sketsboek van die beroemde kunstenaar, Marc Chagall, sal in Junie maand in New York deur Sotheby's opgeveil word.
Chinese beamptes het geskarrel om te probeer uitvind hoe diewe by die Verbode Stad in Beijing ingebreek en sewe kunsstukke gesteel het.
Die internasionaal-bekroonde kunstenaar, Marlene Dumas, sal ‘n eredoktorsgraad van die Universiteit van Stellenbosch ontvang.
Michelangelo se David-beeld loop die risiko om om te val met ‘n hoë-spoed spoorlyn wat onder Florence gebou gaan word.
Plunderaars het talle items, wat standbeelde van Tutankhamun insluit, uit die Egiptiese Museum gesteel tydens die onrus in dié land.
Binnekort sal jy danksy Google Art Project vanuit die gemak van jou rekenaarstoel die wêreld se bekendste kunsmuseums kan besoek.
Polisie is op soek na ‘n persoon wat honderde duisende dollar se kunswerke deur Andy Warhol en ander bekende kunstenaars gesteel het.
Drie kunswerke wat altesaam R2 miljoen werd is, insluitende een deur Irma Stern, is in Houtbaai gesteel, maar binne 24 uur teruggevind.
Kunswerke wat deur die Nazi’s as “onaanvaarbaar” beskou is en vermoedelik verwoes was, is tydens bouwerk naby Berlyn se stadsaal opgegrawe.
Die veteraan-kunstenaar Erik Laubscher (83) oorweeg regstappe teen die kunsgalery Stellenbosch Modern and Contemporary Art (Smac).
Die kunstenaar Bettie Cilliers-Barnard is Woensdag oorlede. Renée Rautenbach, ’n jarelange vriendin, bring aan haar hulde.
Die wenner vanjaar van die Sasol Nuwe Handtekeninge is Alhyrian Laue van Port Elizabeth met ’n beeldhouwerk getiteld Royal Visit.
Kunskritici het die legendariese musikant Bob Dylan as ‘n amateur-skilder bestempel en gesê sy kunswerke het geen plek in 'n museum nie.
Dit is weer daardie tyd van die jaar wanneer digters en skrywers saamdrom vir die Woordfees se Versindaba.
Die program vir die tweede jaarlikse KKK – ’n fees van klassieke musiek, visuele kuns, kos en wyn – is pas bekend gestel.
Gordon Froud is bekend as kunstenaar, kunsdosent, kunsbeoordelaar van talle kompetisies en kurator - en ook kenner van klerehangers.
The Rolling Stones se kitaarspeler Ronnie Wood beplan om sy skilderye en ander kuns in die Amerikaanse kollig te plaas.
’n Politieke storm het losgebars oor ’n skildery waarin oudpres. Nelson Mandela uitgebeeld word as ’n lyk in ’n nadoodse ondersoek.
‘n Portret van die Hollywood-aktrise Elizabeth Taylor wat deur die kunstenaar Andy Warhol in die 1960s geskilder is, is vir R76,6 miljoen verkoop.
‘n Kunsversamelaar was verras toe ‘n X-straal van ‘n duur kunswerk wys die skildery is bo-oor ‘n baie meer waardevolle portret geverf.
Die Britse skilder David Hockney het die nuwe Apple iPad vereer en gesê dat dit kuns kan transformeer en selfs as 'n nuwe kunsmedium beskou kan word.
’n Nuwe wêreldrekordprys vir ’n Irma Stern-skildery is behaal toe R7,575 milj. vir haar olieverfskildery betaal is.
’n Kunstenaar wie se uitbeelding van Eugène Terre’Blanche as ’n vark groot opslae maak, is ontsteld omdat hy nie aan die land se debat mag deelneem nie.
Volgens ‘n prokureur in Zimbabwe is ‘n kunsuitstalling wat kyk na die geweld wat deur Robert Mugabe veroorsaak is, gesluit.
Die minister van kuns en kultuur het by 'n uitstalling uitgestorm omdat die werk deur die kunstenaar "onsedelik" is.
Banksy, die geheimsinnige kunstenaar wie se werk op strate wêreldwyd voorkom, hoop dat sy film stedelike kuns in ‘n goeie lig sal plaas.
Tete de Femme, ‘n 1963 portret van Pablo Picasso se tweede vrou en muse, Jacqueline, is by ‘n veiling vir R97 miljoen verkoop.
‘n Pablo Picasso-kunswerk is beskadig nadat ‘n vrou wat ‘n kunsklas bygewoon het haar balans verloor het en daarteen geval het.
Sowat 30 skilderye, insluitende werke van Picasso en Rousseau, is uit ‘n privaat villa in die suide van Frankryk gesteel.
Die jaar 2009 sal in die visuele kunste wêreld onthou word as die jaar toe die ekonomiese resessie die geniepsigste gevoel is.
‘n Steendruk van Edvard Munch, ter waarde van R3 miljoen, is in Junie vanjaar gesteel, dae nadat ‘n ander kunswerk weggeraak het.
Pope Benedict beplan om met 500 kunstenaars te ontmoet in ‘n poging om die kerk se verhouding met die kunste, te herstel.
Leonardo de Vinci se “Mona Lisa”, met haar geheimsinnige glimlag, is uiteindelik gereed om vrae te beantwoord – in Mandaryn.