ARTIKELS OOR krieket

Vrae oor Kallis en kie se ruskans

2012-02-08 07:00

Gaan Suid-Afrika se krieketspan in Nieu-Seeland dieselfde fout begaan as dié waaraan Engeland homself in Doebai skuldig gemaak het?

Engeland se loesing sal SA laat glimlag

2012-01-30 07:01

Die Suid-Afrikaanse krieketspan is binne bereik van die nommereen-plek op die wêreldtoetsranglys ná Engeland se skoknederlaag.

Aus in beheer van 4de toets

2012-01-26 15:28

Australië se krieketspan het met uitskeityd op die derde dag van die vierde toets teen Indië, 50/3 op die telbord gehad.

AB vat dit op die ken

2012-01-22 09:12

AB de Villiers het die Proteas se eerste nederlaag onder sy kapteinskap vierkantig op sy eie kennebak gevat.

Tsotsobe stel nuwe rekord op

2012-01-21 20:00

Lonwabo Tsotsobe het die vinnigste Suid-Afrikaner geword om 50 ODI-paaltjies te neem met sy vertoning van drie vir 51 teen Sri Lanka.

Sri Lanka wen 4de wedstryd

2012-01-20 23:06

Die Sri Lankaanse krieketspan het die vierde en voorlaaste eendagwedstryd teen die Proteas op Kimberley met vyf paaltjies gewen.

Smith verdien meer

2012-01-20 07:06

Graeme Smith het al baie vir Suid-Afrika beteken en verdien meer tyd as ander om weer sy voete vind, sê Gary Kirsten.

Gratis raad aan Sri Lanka

2012-01-19 07:01

“Duik, kyk en gooi.” Só eenvoudig, is hoe Faf du Plessis die paar sekondes beskryf waarin hy van Kumar Sangakkara ontslae geraak het.

Kriekethoës ‘het mekaar agteraf beswadder’

2012-01-18 09:00

Adv. Norman Arendse het in sy getuienis voor die Nicholson-kommissie vertel oor die “magspel” in Suid-Afrikaanse krieket.

Jong Proteas blom ondanks hitte

2012-01-17 10:10

’n Goeie boulvertoning deur die Suid-Afrikaanse o.19-krieketspan het hom sy eerste oorwinning oor Pakistan in die driehoekige reeks besorg.

Koelkop Lions-boulers helde teen Warriors

2012-01-16 10:21

Die Lions se krieketspan het koelkop gebly om die Warriors in hul SuperSport-wedstryd op St. Georgepark te klop.

Petersen, Philander terug vir Proteas

2012-01-15 14:45

Hashim Amla, Jacques Kallis en Rory Kleinveldt sal die res van die internasionale eendagreeks van vyf wedstryde teen Sri Lanka misloop.

Amla uit eendagreeks

2012-01-15 10:00

Die Suid-Afrikaanse staatmaker-kolwer Hashim Amla sal die res van die internasionale eendagreeks teen Sri Lanka misloop.

Proteas slaan vroeg toe

2012-01-14 11:07

Die Proteas het vroeg teen Sri Lanka toegeslaan toe Tillakaratne Dilshan uitgehardloop is na uitstekende veldwerk van Faf du Plessis.

Slag tref Proteas-bouler

2012-01-13 14:45

Die naatbouler Rory Kleinveldt sal weens 'n geskeurde bobeenspier die res van die Proteas se eendagreeks teen Sri Lanka misloop.

Knights ‘het nie met bal gepeuter’

2012-01-13 08:45

Die vervaardiger van 'n krieketbal waaroor vroeër in ’n SuperSport-wedstryd ’n bohaai gemaak is, kon geen beduidende fout daarmee vind nie.

AB glo daar’s ’n vars briesie

2012-01-13 06:51

Die Proteas gaan nie ná een oorwinning meegevoer raak nie, het AB de Villiers gesê voor Suid-Afrika se volgende eendagwedstryd teen Sri Lanka.

Proteas kolf eerste

2012-01-11 14:20

Suid-Afrika sal eerste kolf in die eerste van vyf internasionale eendagwedstryde teen Sri Lanka nadat AB de Villiers die loot gewen het.

Proteas klim ranglyste fluks

2012-01-09 08:00

Die Proteas se uitstekende vertoning teen Sri Lanka het hul spelers gehelp om teen die Internasionale Krieketraad se ranglyste op te skiet.

Kallis, jou doring

2012-01-08 08:43

As dit van die Proteas se veelsydige ster Jacques Kallis afhang, sal hy vir nog minstens drie jaar lank die Groen-en-Goud dra.

Spanwerk Proteas se geheim vir sukses

2012-01-07 10:42

Die Proteas het Australië vroeër vir net 47 uitgehaal, maar Graeme Smith glo SA se boulvertoning teen Sri Lanka was die beste van die seisoen.

G'n fout met Boucher, sê Smith

2012-01-07 07:33

Mark Boucher se twyfelaars moet maar vrede daarmee maak dat hulle die paaltjiewagter nog lánk in die Suid-Afrikaanse krieketspan gaan sien.

Proteas sál nie weer struikel

2012-01-06 08:34

Die Suid-Afrikaanse krieketspan staan op die drempel van ’n eerste toetsreekssege in hul agterplaas in meer as drie jaar.

Tahir-bybreke 'hou sleutel tot SA sukses'

2012-01-05 09:38

Die tyd het vir die bybreekbouler Imran Tahir aangebreek om enige twyfel oor sy plek in die Proteas se toetsspan uit die weg te ruim.

Kallis vier 150ste toets met tweehonderdtal

2012-01-04 12:13

Jacques Kallis het in Kaapstad sy 150ste toets gevier deur sy tweede tweehonderdtal in sy loopbaan aan te teken.

Proteas wil vandag nog lánk kolf

2012-01-04 07:27

Suid-Afrika ís steeds ’n moeilike kalant in sy agterplaas; hy het nét soveel kolf- as bouldiepte – en dis nog nie die einde van Jacques Kallis nie.

KSA wens Kallis geluk

2012-01-03 13:38

Krieket Suid-Afrika het Jacques Kallis gelukgewens met sy 150ste toetswedstryd in die derde toets teen Sri Lanka op Nuweland, Kaapstad.

Sri Lanka op hete kole

2012-01-03 08:46

Die Sri Lankaanse krieketspan is steeds in die wolke ná sy geskiedkundige sege in Durban, maar beserings dreig om sy partytjie kort te knip.

Kallis reg vir 150ste toets

2012-01-02 16:26

Jacques Kallis sal sy 150ste toetswedstryd vir die nasionale span speel wanneer die Proteas teen Sri Lanka te staan kom in die derde toets.

Smith hoop 2012 is beter jaar

2011-12-31 13:43

Die Proteas het Durban verlaat in die hoop om die Kingsmead-vloek agter hulle te sit en 2012 met ‘n oorwinning oor Sri Lanka te begin.

Dean, Rory kry kans

2011-12-31 07:42

Dean Elgar en Rory Kleinveldt is met plekke in die Proteas se eendaggroep vir die komende krieketreeks teen Sri Lanka vergoed.

Proteas jaag 450 na vir oorwinning

2011-12-29 11:24

Sri Lanka is vir 279 lopies uitgeboul op die vierde dag van die tweede toets teen Suid-Afrika en het op 256 vir sewe geëindig.

Smith-hulle ís bestendig (vrot)

2011-12-29 07:42

Ná die Proteas se droewige kolfvertoning in hul eerste beurt van die tweede toets teen Sri Lanka was hullle ewe vrot met die bal én in die veld.

Marchant klim met mening in

2011-12-27 12:35

Die Suid-Afrikaanse nuweling Marchant de Lange het die kollig gesteel in sy eerste toets vir die Proteas deur sewe paaltjies te neem.

Krieket in SA word ’n jong ster ryker

2011-12-27 07:25

Dit het die nuweling Marchant de Lange net 12 balle teen Sri Lanka se kolwers geneem om sy eerste paaltjie in toetskrieket te neem.

Sri Lanka gereed vir boulaanslag

2011-12-26 10:12

Sri Lanka het die loot gewen en het besluit om eerste te kolf in die tweede toets teen Suid-Afrika by Kingsmead in Durban.

IKR moet nóú besluit – Clarke

2011-12-23 11:44

Die gebruik van tegnologie vir betwisbare beslissings op die krieketveld moet eenvormig geskied – "óf daar moet weggedoen word daarmee".

SA kolwers wys staal

2011-12-17 08:55

Die bloed gaan vloei wanneer die witwarm Suid-Afrikaanse boulers vir ’n tweede keer losgelaat word op die lendelam Sri Lankaanse kolwers.

Vat (weer) vyf, Vernon!

2011-12-16 07:35

Die goeie werk van die Suid-Afrikaanse boulers op die eerste dag van die eerste kriekettoets teen Sri Lanka, moet deur die kolwers voortgesit word.

Proteas druk dalk op De Lange

2011-12-15 08:32

Daar sal asem opgehou word oor die vooruitsig dat een van dié Limpopo-dorp se seuns sy debuut vir die Suid-Afrikaanse krieketspan kan maak.

Aikôna, sê Mickey oor mediajag op Ricky

2011-12-14 13:30

Die Australiese krieketspan is deur dié land se media behoorlik oor die kole gehaal ná sy “vernederende” nederlaag teen Nieu-Seeland.

'Proteas hoef nie Sri Lanka se boulers te vrees'

2011-12-13 07:35

Die Proteas moenie te veel slapelose nagte hê nie oor die Sri Lankaanse boulaanval wat in die eerste kriekettoets in Centurion op hulle wag.

Proteas gaan swaar trek, sê Sangakkara

2011-12-11 18:35

Die ervare Sri Lankaanse paaltjiewagter Kumar Sangakkara dink die Proteas gaan swaar trek in hulle komende toetsreeks teen dié span.

Vra ’n bietjie oor Bacher se geld, sê Majola

2011-12-11 08:30

Dr. Ali Bacher, die voormalige krieketbaas en oudkaptein van Suid-Afrika, is ’n leuenaar wat sélf miljoene rande se bonusse ontvang het.

Sri Lanka-ster ná fel kritiek op pad na SA

2011-11-30 07:07

’n Groot geestelike uitdaging wag. Dít, glo Mahela Jayawardene, is Sri Lanka se voorland wanneer die besoekers die Proteas die stryd aansê.

Smith, Boucher terug vir Cobras

2011-11-24 23:01

Die Cape Cobras en die Warrior sê mekaar Vrydag op Nuweland die stryd aan vir die topposisie in die nasionale Eendag-krieketreeks.

Micky Arthur aangewys as Aussie-breier

2011-11-22 07:05

Die 43-jarige voormalige breier van die Proteas Mickey Arthur is as die hoofafrigter van Australië se nasionale krieketspan aangewys.

Aus hoop vir oorwinning in tweede toets

2011-11-20 18:28

In ‘n poging om sy span te red, het Ricky Ponting sy 57ste vyftigtal aangeteken en Australië met 142 vir die verlies van drie paaltjies gelaat.

Proteas: ABsoluut briljant

2011-11-20 08:57

Die Wanderers was dalk in pienk getooi, tog was één kleur in die Bullring op die Australiese krieketspan van toepassing – pimpel-en-pers.

SA gaan nie wurggreep verslap

2011-11-20 07:02

SA tokkel die kitaar ná die derde dag van die tweede kriekettoets teen Australië – en is nie van plan om nou sy deuntjie te verander nie.

 

Dit gons oor 7de span in reeks

2012-02-05 09:54

SA se Twintig20-kompetisie skop aanstaande week af met ’n splinternuwe sewende franchise-span, maar nie almal is gaande oor dié nuutjie nie.

Aussie snelbouler op pad na Lions-blitsspan

2012-01-27 08:06

Australië se snelbouler Dirk Nannes gaan vir die Lions krieket speel. Uitvoerende hoof, Cassim Docrat, het bevestig hy gaan vir hulle beskikbaar wees.

Pad gesluit weens krieket

2012-01-22 11:07

Corlett-rylaan is gesluit as gevolg van ‘n hoë aantal voetgangers wat by die Wanderers opdaag vir die krieketwedstryd tussen SA en Sri Lanka.

Graeme hang aan 'n draadjie

2012-01-22 07:03

Graeme Smith se toekoms in die nasionale eendagspan hang aan ’n draadjie, met krieketkeurders wat vandag sy lot gaan beslis.

Smith breek droogte

2012-01-21 07:34

Die uitjouery is met ’n luide applous vervang toe Graeme Smith in die vierde eendagwedstryd teen Sri Lanka van die krieketveld af gestap het.

Engelse krieketspan in bek geruk

2012-01-20 09:38

Dit is beslis nie meer 2011 nie. Dít het die Engelse krieketspan deeglik van kennis geneem toe hy met 10 paaltjies teen Paki­stan verloor het.

Afridi duurste in nuwe blitsreeks

2012-01-20 07:06

Die Pakistanse krieketspeler Shahid Afridi het op die veiling vir die heel eerste Bangladesjiese Premierliga (BPL) die hoogste prys gehaal.

Ford bedank skielik as Dolphins se breier

2012-01-18 09:00

Graham Ford, ’n oud-afrigter van Suid-Afrika, het onverwags as afrigter van die Dolphins se krieketspan bedank.

Procter kap Proteas

2012-01-18 07:01

Die Proteas-kolwer Jacques Kallis se “ruskans” vir die res van die eendagreeks teen Sri Lanka het uiteenlopende reaksies tot gevolg gehad.

AB lugtig vir sluimerende 3

2012-01-17 08:01

Die plaasvervangers vir Ha­shim Amla en Jacques Kallis, is darem nie “onbekendes in die span nie”, waarsku AB de Villiers.

Sri Lanka plat, maar 'hoop om op te staan'

2012-01-16 07:03

Sri Lanka se krieketspan vestig sy hoop op sy senior kolwers om die eendag­reeks teen Suid-Afrika te red.

Australië beklink reekssege oor Indië

2012-01-15 13:15

Australië het Indië in die derde toets met 'n beurt en 37 lopies geklop om die reeks van vier toetse met 3-0 te beklink.

Proteas wen met vyf paaltjies

2012-01-14 19:06

Die Proteas het Sri Lanka met vyf paaltjies geklop in die tweede internasionale eendag-wedstryd wat op Buffalo-park, Oos-Londen gespeel is.

SA jonges loop hul vas teen Pakistan

2012-01-14 09:48

Suid-Afrika se o.19-krieketspan het sy rieme teen Pakistan styfgeloop toe hy met 54 lopies die knie voor sy Asiatiese teenstander gebuig het.

Tendulkar uit vir 15 in derde toets

2012-01-13 10:46

Sachin Tendulkar se soeke na sy 100?ste internasionale honderdtal, is wéér gekortwiek nadat hy deur Ryan Harris vir 15 uitgehaal is.

Petersen klits nóg ’n 100-tal

2012-01-13 08:45

Alviro Petersen het nog ’n pragbeurt vir die Lions op St. Georgepark gespeel toe hy die Warriors se boulers laat deurloop het.

Smith-dae getel?

2012-01-12 07:51

Graeme Smith het in die Paarl in die eerste eendagwedstryd in die reeks teen Sri Lanka weer nie ’n noemenswaardige beurt gespeel nie.

AB beloof om sý stempel af te druk

2012-01-11 07:01

Die AB de Villiers-tydvak in Suid-Afrikaanse krieket begin wanneer dié 27-jarige top-kolwer amptelik die leisels van die eendagspan oorneem.

Albie glimlag weer breed

2012-01-09 07:00

Ná ’n misrabele krieketjaar met verskeie terugslae kon die nuwe krieketjaar nie beter vir Albie Morkel begin het nie.

Graeme slaan terug

2012-01-08 07:43

Die Proteas se sege op Nuweland het nie net aan Graeme Smith ’n rekord-41ste oorwinning as toetskaptein besorg nie.

Proteas se ware toets lê voor

2012-01-07 08:28

Die vonkelwyn-proppe het ná ’n lang wag geskiet, maar dis drie komende wegreekse wat sal bepaal hóé goed Graeme Smith en sy span is.

Proteas kraai koning oor Sri Lanka

2012-01-06 16:18

Suid-Afrika het Sri Lanka met 10 paaltjies geklop in die derde en laaste toets op Nuweland om die drie-wedstryd reeks 2-1 te wen.

Tahir is 'n vars briesie

2012-01-06 07:33

Imran Tahir verleen broodnodige afwisseling aan die boulaanval én vuur die Proteas aan met sy onblusbare entoesiasme.

G'n oud en stadig, sê Kallis

2012-01-05 07:31

Kallis, wat in sy 150ste toets speel, het slegs die sewende Suid-Afrikaner tot nog toe geword wat twee keer ’n dubbele honderdtal bereik.

Botha lê die langsteel in

2012-01-04 09:41

’n Juweeltjie van ’n kolfbeurt deur die veelsydige Johan Botha het die Adelaide Strikers tot ’n oorwinning gehelp.

Kallis in beheer op Nuweland

2012-01-03 18:29

Jacques Kallis het sy 150ste toetswedstryd vir die Proteas gevier met 'n telling van 159 nie uit nie op die eerste dag van spel op Nuweland.

Graeme se raad oor 'wipplank'

2012-01-03 08:46

Suid-Afrika moet geestelik sterker word as hy die gewoonte wil afleer om ’n uitstekende vertoning met ’n skokkende een op te volg.

SA vestig hoop op Alviro

2012-01-03 07:45

Alviro Petersen moenie net sy toetsloopbaan weer op koers kry nie, maar sommer ook standvastigheid aan die Proteas-kolflys verleen.

Petersen gretig om vir Proteas 'n slag te slaan

2012-01-01 16:50

Alviro Petersen sê hy is so opgewonde om vir die Proteas te speel in die laaste toets teen Sri Lanka dat hy selfs as nommer 11 sal kolf.

Té min van dié span, sê Symcox

2011-12-31 09:24

Die afwesigheid van Dolphins-spelers in die Suid-Afrikaanse krieketspan is die hoofrede hoekom die Proteas so op Kingsmead sukkel.

Smith tree nié uit as kaptein

2011-12-29 20:45

Graeme Smith het gerugte op sosiale netwerke dat hy dit oorweeg om as kaptein van die Proteas uit te tree, ontken.

‘Draaier Herath kan laaste sê in dié stryd hê’

2011-12-29 09:11

Al het Sri Lanka ’n voorsprong van 426 lopies in die tweede kriekettoets, is daar nog geen teken dat die lopiekraan toegedraai gaan word nie.

Kirsten soek 'held' om Proteas te red

2011-12-28 21:04

Gary Kirsten, hoofafrigter van die Proteas, het gesê sy span het net hulleself om te blameer vir die moeilike posisie waarin hulle tans is.

Vinnige Fanie besing nuwe boulheld

2011-12-27 09:24

'n Blink toekoms wag op Marchant de Lange, die Proteas se nuutste snelboul-sensasie, míts die nasionale krieketkeurders hom in watte toedraai.

10 000 lopies vir Jaywardene

2011-12-26 12:36

Sri Lanka se Mahela Jayawardene het sy 10 000ste lopie aangeteken tydens sy span se tweede toets teen Suid-Afrika in Durban.

Philander dalk fiks vir tweede toets

2011-12-25 11:30

Die Proteas se ster-bouler Vernon Philander behoort fiks te wees vir die tweede toets teen Sri Lanka nadat hy sy knie beseer het.

10 uit 10!

2011-12-18 08:11

Bel die VN, want wat Vernon Philander en sy Protea-spanmaats aan die Sri Lankaanse krieketspan gedoen het, grens aan die onmenslike.

Kallis steier ná ‘kopskoot’

2011-12-17 07:06

Die Suid-Afrikaanse sterkolwer Jacques Kallis het nie geweet of hy in Centurion of die Sederberge is nie nadat hy ’n “kopskoot” gekry het.

Proteas slaan vroeg toe

2011-12-15 11:20

Dale Steyn het vroeg toegeslaan en die paaltjie van Sri Lanka se Tillakaratne Dilshan in die eerste van drie toetse in Centurion geneem.

Khan skiet teen lys op ná sy lopie-vloed

2011-12-14 14:30

Younis Khan het ná sy dubbele honderdtal vir Pakistan teen Bangladesj tot die vyfde plek op die Internasionale Krieketraad se kolflys opgeskuif.

Albie versterk Titans; Boeta fiks ná eina

2011-12-14 08:30

Albie Morkel het volkome herstel van ’n blindederm-operasie en is in die Titans-span vir die SuperSport-kragmeting teen die Knights ingesluit.

Nóg reën, besering laat SL kopkrap

2011-12-12 10:36

Reën het wéér die Sri Lankaanse krieketspan se voorbereiding vir vandeesweek se eerste toets teen Suid-Afrika in die wiele gery.

Albie is terug – en hy gaan vir sy plek veg

2011-12-11 10:00

Albie Morkel is skeet-vry en het reeds een oog op ’n plek in die Suid-Afrikaanse groep vir die reeks van vyf kitswedstryde teen Sri Lanka.

Dis Warriors teen Cobras in eindstryd

2011-12-04 19:54

Die Warriors-kaptein Colin Ingram het ‘n honderdtal aangeteken om die Warriors na ‘n oorwinning met vier paaltjies oor die Knights te lei.

Proteas hou asem op oor seer Amla

2011-11-29 07:00

Daar heers ’n mate van kommer oor die Hashim Amla se voorarmbesering. Hy behoort egter betyds te herstel vir die eerste toets teen Sri Lanka.

Boucher onder valbyl

2011-11-23 07:01

Mark Boucher besef maar al té goed dat hy sy sokkies sal moet optrek óf hom binnekort ook in die toetswildernis kan bevind.

Dramatiese einde wink

2011-11-21 07:03

Ricky Ponting veg nie net om sy eie krieketlewe nie, hy staan ook vierkant tussen Suid-Afrika en ’n geskiedkundige sege in die toetsreeks.

SA vrouekrieketspan deur na WB-toernooi

2011-11-20 18:01

Suid-Afrika se vroue-krieketspelers het hul plek in die 2013 Wêreldbeker-kriekettoernooi vas gemaak met ‘n oorwinning oor Zimbabwe.

Rekords skeel Jacques min

2011-11-20 07:57

"As jy so lank speel soos ek, dan moet jy maar seker een of ander tyd sulke rekords kan kry,” het Jacques Kallis met 'n glimlag gesê.

Swak lig onderbreek toets

2011-11-19 17:10

Swak lig het dag drie van die tweede toets tussen Australië en Suid-Afrika by die Bidvest Wanderers in Johannesburg beeïndig.

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Showers early. More sun than clouds. Warm.
Jhb: 17-26°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 19-29°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 20-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris Sedan 1.3 T3 Plus
2007
R 119,990.00

AUDI

A6 2.4 130kW Multitronic 7-sp
2007
R 405,900.00

CHEVROLET

Captiva 2.4 LT 5-dr MY11 AT
2011
R 299,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.