Britse wetenskaplikes se plan om deeltjies in die boonste laag van die atmosfeer vry te stel om aardverwarming te stuit, is vir eers uitgestel.
'n Nuwe molekule wat in die aarde se atmosfeer ontdek is, kan dalk help om die planeet af te koel, het wetenskaplikes gesê.
Tony Blair sê dis 'n groot fout om te dink die wêreldwye ekonomiese krisis moet prioriteit geniet bo kwessies oor klimaatsverandering.
'n Koalisie van nie-regeringsorganisasies (NRO’s) stel op COP17 ’n wetlike en regsraamwerk, ’n sogenaamde Groen Handves, op.
Die wêreld se voorste landbou-organisasies het by COP17-onderhandelaars gepleit dat landbou by ’n klimaatsooreenkoms ingesluit moet word.
Die Durban-verklaring, waarin owerhede hul verbind tot inwoners help om by klimaatsverandering aan te pas, is by COP17 onderteken.
’n Internasionale klimaathof, soortgelyk aan die Internasionale Strafhof in Den Haag, word by die klimaatsberaad in die vooruitsig gestel.
Die voetspoor van Nedbank se geboue en personeel is koolstofneutraal – die WWF het dié bank gehelp om koolstofneutraal te word.
Die bevolking van Tokelau, ’n klein eiland tussen Nieu-Seeland en Hawaii, word in 2012 die eerste om in geheel oor te skakel na die benutting van sonenergie.
Afrika eis dat ontwikkelde lande tot $600 miljard (R4,8 triljoen) per jaar betaal vir die “groen” ekonomiese ontwikkeling van dié vasteland.
Greenpeace het gister by COP17 ’n beroep op die regering gedoen om onmiddellik bouwerk aan die steenkoolkragsentrale Kusile te staak.
Volgens die Wêreld-Meteorologiese Organisasie (WMO) is die ysmassa in die Noordpool besig om vinnig te krimp.
Verskeie organisasies gaan by die Verenigde Nasies se konferensie oor klimaatsverandering vir die landbou en boere se belange veg.
Die kwessies waarmee COP17 in Durban gaan worstel, verteenwoordig “’n revolusie wat elke aspek van die mens se bestaan gaan raak”.
Gedink die klimaatkongres in Durban is net vir wetenskaplikes? Dié konferensie spog ook met van die wêreld se blinkste sterre en selfs ’n koninklike.
Maak gereed vir gevaarliker, onvoorspelbare, uiterste weersomstandighede weens klimaatsverandering, só het wetenskaplikes gewaarsku.
Die wêreld sal waarskynlik in die volgende eeu verder verhit, maar die verhitting sal nie egalig plaasvind nie, het navorsers bevind.
Dit is onverstaanbaar dat die regering CoAL toestemming kon gee om Mapungubwe, ’n Wêrelderfenisterrein, vir steenkool te vernietig.
Die mikpunt om aardverwarming tot hoogstens 2°C te beperk, is ’n droom wat nie meer haalbaar is nie, het ‘n Suid-Afrikaanse kenner gesê.
Meer as 2,4 miljoen mense in Afrika sterf jaarliks weens omgewingsfaktore wat aan klimaatsverandering en besoedeling toegeskryf kan word.
Samesprekings oor klimaatsverandering ter voorbereiding van die volgende Verenigde Nasies-beraad in Suid-Afrika het in Berlyn begin.
Australië oorweeg ‘n kredietstelsel waarvolgens die doodmaak van wilde kamele beloon word in ‘n poging om klimaatsverandering te takel.
'n Ma-beer het oor ‘n afstand van 687km in 232 ure geswem op soek na see-ys en kos, maar sy het byna alles verloor tydens haar lang reis.
Internet-swendelaars nooi kenners van klimaatsverandering na fiktiewe oorsese konferensies en slaan munt uit dié wat hotelkamers bespreek.
‘n Klimaatverslag meen dat gewilde natuurlike paradyse erg beskadig word vanweë klimaatsverandering, en binnekort tot niet kan wees.
Vanjaar (en 1998) word beskou as die warmste jaar ooit, aldus die Amerikaanse regering se klimaatstatistiek van Januarie tot Augustus.
Die ys waarop ysbere loop word jaarliks dunner – só dun dat dié ikoniese spesie binne die volgende dekade kan uitsterf.
Miljoene mense het gisteraand wêreldwyd vir ’n uur lank hul ligte afgeskakel as simbool in die jaarlikse Aarde-uur.
Raak romanties, speel kaart by kerslig, vertel grappe of pamperlang jouself wanneer jy jou ligte as deel van die Earth Hour-veldtog afskakel.
Temperatuurveranderinge wat deur aardverwarming veroorsaak word, is aansienlik genoeg om erge storms te veroorsaak.
Beamptes van die Suid-Afrikaanse Regering wat by die klimaatsverandering beraad was, sê die geleentheid is deur wantroue gekenmerk.
Die Verenigde Nasies se konferensie oor klimaatsverandering het na twee intense weke en 31 ure van onderhandelinge geeïndig.
Woede het uitgebreek by die Kopenhagen klimaatsgesprekke oor ‘n ruwe ooreenkoms wat deur ‘n selektiewe groep leiers gemaak is.
Amerika, China, Indië en Suid-Afrika het 'n "betekenisvolle ooreenkoms" oor klimaatsverandering in Kopenhagen bereik.
President Jacob Zuma het op die voorlaaste dag van die VN se beraad oor klimaatsverandering in Kopenhagen aangekom.
Meer as 100 aktiviste is gearresteer nadat hulle 'n optog gehou het uit protes oor die Verenigde Nasies se konferensie oor klimaatsverandering.
Tom Vilsack, Amerikaanse minister van landbou, sê dié land gaan nou op koeie staatmaak op sy koolstofvoetspoor te verminder.
Die Deense polisie was genoodsaak om traangas te gebruik toe betogers in hul aanhoudingselle oproerig raak en chaos veroorsaak.
Die VN-klimaatsonderhandelinge is tot stilstand geruk ná ontwikkelende lande tydens belangrike onderhandelinge uitgestap het.
Ban Ki-moon het met sy aankoms in Kopenhagen gesê dat hy “versigtig optimisties” is oor die uitkoms van die VN se klimaatsgesprekke.
Aktiviste in Indonesië het voor die Amerikaanse ambassade betoog. Hul vra dat dié land ontwikkelende lande help in die stryd teen aardsverwarming.
Die gaping tussen ontwikkelende en ontwikkelde nasies by die VN-klimaatberaad in Kopenhagen begin al hoe groter raak.
George Soros het gesê onenigheid oor die finansiering van arm lande se klimaatsveranderingsprogramme kan die Kopenhagen-beraad “ontspoor”.
Diep verdelings tussen ontwikkelde en ontwikkelende lande, en ook tussen ontwikkelende lande onderling, word sigbaar in Kopenhagen.
Die jaar 2009 sal waarskynlik die vyfde warmste jaar wees sedert betroubare rekords hieroor gehou word (vanaf 1850).
SA het ’n ambisieuse aanbod oor syfers vir kweekhuisgasinkortings gemaak wat geld mits sekere voorwaardes nagekom word.
Saoedi-Arabië het in die Kopenhagen-klimaatberaad gesê vertroue in klimaatwetenskappe is geskud, en dring aan op ’n ondersoek.
Suid-Afrikaners is feitlik heeltemal oningelig oor klimaatsverandering, reken ’n internasionale instituut wat in omgewingskwessies spesialiseer.
Prins Charles van Brittanje sal die Verenigde Nasies se konferensie oor klimaatsverandering in Kopenhagen bywoon.
“Staan asseblief saam. Die wêreld het ’n verenigde stem teen weghol-klimaatsverandering nodig,” het Ban Ki-moon gepleit.
Luidens navorsing wat in die tydskrif Energy Policy gepubliseer is, lê die ware koste van ’n hamburger in die grootte van sy koolstofvoetspoor.
Die Kioto-verdrag is in naam “gered”. Maar dit is leeg, net soos die Groen Klimaatsfonds, meen die nie-regeringsorganisasie Friends of the Earth.
Suid-Afrika het by COP17 'n witskrif oor klimaatsverandering tot die tafel gebring, maar intussen bou dié land twee reuse-kragstasies.
COP17 moenie ’n “vakuum die wêreld se stryd teen klimaatverandering” skep nie, het Ban Ki-moon, sekretaris-generaal van die VN gepleit.
Drie buitelanders wat aan ’n Greenpeace-protesaksie by die Protea Edward-hotel in Durban deelgeneem het, gaan gedeporteer word.
Die sogenaamde Basic-lande moet erken dat hulle nie meer arm lande is nie en moet ook geldelik bydra tot die Groen Klimaatfonds (GKF).
Duitsland en Suntech Power, die sonpaneelvervaardiger, is die op die COP17-beraad met die omgewingsweergawe van die Oscar-eerbewyse bekroon.
Die bedreiging wat klimaatsverandering inhou, kan enige vordering wat gemaak is om Vigs te keer, irrelevant maak, het Desmond Tutu gesê.
Nedbank het gister by COP17 in Durban onder skoot gekom oor sy aggressiewe reklameveldtog waarmee hy “voorgee hy is koolstofneutraal”.
’n Reuse–beeldhouwerk van ’n kremetartboom uit herwinde hout met liggies word verlig deur fietsspeke sing om dinamo’s aan te dryf.
Die Afrika-groep wend in Durban naarstiglik pogings aan om te keer dat COP17 die “begraafplaas” van die omstrede Kioto-protokol word.
Die Verenigde Nasies (VN) het Suid-Afrika op die 17de klimaatberaad (COP17) geroskam oor sy massiewe koolstofvoetspoor.
Die stad het ’n groentapyt uitgerol vir die geraamde 25 000 omgewingsaktiviste, ministers en staatshoofde wat vir COP17 opdaag het.
Aartsbiskop Desmond Tutu het klimaatsverandering ‘n “groot vyand” genoem wat die aarde, die mens se gemeenskaplike tuiste, bedreig.
Suid-Afrika is onder groot druk om ’n werkbare plan op te stel wat die sukses van die klimaatkonferensie, wat in Durban gehou word, sal verseker.
Van die lande wat die meeste deur klimaatsverandering geraak is moet ‘n “inspirasie” wees vir ryk lande oor hoe om hul uitlatings te verminder.
Na jare se soek en flitse onder klippe skyn, het ‘n Indiese navorsingspan 12 nuwe paddaspesies in tropiese woude ontdek.
Die oppervlakte by die Noordpool wat deur Arktiese see-ys bedek word, is die kleinste sedert satelliet-waarnemings in 1972 begin het.
Thailand se nuwe brandstofplan – om sy pryse te verlaag om armes te help – gaan die omgewing skaad en klimaatsverandering aanhelp.
Aktiviste is uiters skepties oor Suid-Afrika se voorbereiding om gasheer vir die volgende groot beraad oor klimaatsverandering te wees.
Indien die Noordpool se yslaag smelt, sal organismes van die Stille Oseaan die Atlantiese Oseaan die eerste keer in millennia binnegaan.
Die spoed waarteen ysplate smelt neem vinnig toe en laat die seevlak meer styg as wat vroeër voorspel is, het 'n nuwe studie bevind.
Die Verenigde Nasies se Wêreld-meteorologiese Organisasie het gevind die aarde word al warmer en 2010 was die hittigste nóg.
Brittanje het vanjaar sy koudste jaar sedert 1996 gehad terwyl die res van die wêreld die tweede warmste jaar sedert 1850 beleef.
Osama bin Laden het sy kommer oor klimaatsverandering en die vloede in Pakistan uitgespreek in ’n bandopname wat op die internet geplaas is.
Omgewingsbewaringsgroepe meen aardverwarming is die oorsaak vir die ergste droogte in Rusland in dekades.
’n Wetenskaplike van Washington meen die mensdom kan tydelik vergeet van aardverwarming, want aardverkoeling is op pad.
Taipei se 101-gebou, die wêreld se tweede hoogste gebou, was vir 'n uur lank pikdonker ter herdenking van die Aarduur-inisiatief.
Mense behoort minder kinders te kry om die globale krisis van klimaatsverandering te kalmeer, het die bewaringsgesinde Jane Goodall, gesê.
Om Australië se een miljoen kamele uit te wis, sal gelykstaande wees aan die verwydering van 300 000 motors op paaie.
Wêreldleiers het gesê dat die klimaat-ooreenkoms wat by die VN se beraad gesluit is, die beste is wat hulle kon doen.
“Ons het ‘n ooreenkoms,” het Ban Ki-moon gesê nadat ‘n klimaatskonferensie in Kopenhagen besluit het om ‘n politieke verdrag te erken.
Amerika gaan vanaf 2010 tot 2012 'n bydrae van $3,6 miljard maak om ontwikkelende lande te help klimaatsverandering aan te spreek.
Brasilië, Indië, Suid-Afrika en China het vergader om te bespreek wat hulle van die VN se 15de klimaatsveranderingsberaad verwag.
Hillary Clinton, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, het Donderdag by die klimaatberaad in Kopenhagen aangesluit.
NASA het data bekend gestel wat hul koolsuuruitlatings uitstippel, en die spoedige aardverhitting direk met humiditeit verbind.
Pres. Barack Obama wil hê wêreldleiers moet op 'n "betekenisvolle ooreenkoms" tydens die klimaatberaad in Kopenhagen besluit.
Die wêreld se ontwikkelende lande het drama by die VN-klimaatsonderhandelinge veroorsaak voor hulle na die groot saal teruggekeer het.
China huiwer om hulle deel van die finansiering, afkomstig van ontwikkelde lande vir klimaatsverandering, te aanvaar.
Derduisende mense het in Kopenhagen bymekaargekom om vir daadwerklike optrede teen klimaatsverandering te betoog.
Die Europese Unie het besluit om €7.2 miljard (R79 miljard) aan ontwikkelende lande te gee om klimaatsverandering te bestry.
Ontwikkelende lande het ‘n beroep gedoen op pres. Barack Obama om miljarde dollars beskikbaar te stel om klimaatsveranderinge te help beveg.
Navorsers het ’n manier gevind om plantbare ’n groter hoeveelheid CO2 te laat inneem, wat kan help om aardverhitting te verlig.
Onderhandelinge in Kopenhagen is ontwrig ná ontwikkelende lande woedend was oor dokumente wat uitgelek het.
Die minister van waterwese en omgewingsake gaan vandeesweek die VN se 15de kongres oor klimaatsverandering in Kopenhagen bywoon.
Die temperatuur in Uganda gaan oor die 20 jaar met 1.5°C styg en landbou en die voortbestaan van landelike gemeenskappe erg beskadig.
Die Kopenhagen-klimaatberaad waarsku dat die planeet in 'n kweekhuis kan verander as dié probleem nie aangespreek word nie.
Meer as ‘n honderd omgewingsaktiviste het gekamp op Trafalgar Square op die vooraand van die VN se konferensie oor klimaatsverandering.
Miljarde dollars vir Afrikalande om klimaatsverandering te hanteer, is maar net die begin, het die Verenigde Nasies gesê.
Klimaatsverandering verwoes reeds duisende lewens in Afrika ten spyte daarvan dat dié kontinent die minste wêreldbesoedeling bydrae.