ARTIKELS OOR kapings

'Polisiebeamptes' kaap man se Porsche

2012-05-14 08:45

‘n Man van Johannesburg se motor is gekaap en hy is met ‘n vuurwapen aangehou deur ‘n groep mans wat in polisie-uniforms geklee was.

Griekse tenkskip aan kus van Oman gekaap

2012-05-12 10:01

'n Griekse olietenkskip met sowat 'n miljoen vate ruolie aanboord, is deur seerowers in die Arabiese See gekaap.

Kaping by Sydney-lughawe skok

2012-05-01 07:16

Australiese polisiebeamptes is op soek na ‘n man wat ‘n chauffeur voor geskokte passasiers by die Sydney-lughawe gesteek het.

Kapers vas ná vrou alarm maak

2012-04-14 17:30

Twee mans is in verband met 'n kaping by Nwa Mitwe in Letsitele in hegtenis geneem, het die polisie in Limpopo gesê.

Man ontsnap van kapers wat te dronk is om te ry

2012-04-10 08:00

’n Jong man het van sy vermeende motorkapers ontsnap omdat hulle glo te dronk was om die gekaapte voertuig self te bestuur.

Carte Blanche-vrou se neef sterf in kaping

2012-03-27 08:03

’n Neef van die Carte Blanche-joernalis Devi Sankaree-Govender is die naweek dood toe sy motor aan die KwaZulu-Natalse suidkus gekaap is.

SA-gevangene in Amerika kwytgeskeld

2012-03-11 10:09

'n Suid-Afrikaanse man wat skuldig bevind is weens sy aandadigheid aan die ontvoering van en moord op 'n gesiene swart welsynwerker is kwytgeskeld.

Twee gyselaars sterf op gekaapte skip

2012-02-28 19:00

Twee gyselaars is dood ná ‘n Deense oorlogskip ‘n vragskip onderskep het wat deur seerowers op die Somaliese kus gekaap is.

Builders Warehouse: Twee vas ná doodskoot

2012-02-22 12:24

Twee van die vier verdagtes wat na bewering ‘n klant buite ‘n Builders Warehouse doodgeskiet het, is in hegtenis geneem.

Twee vas vir kaping, moord

2012-02-06 22:25

Twee mans is in Empangeni in hegtenis geneem in verband met ‘n kaping en die moord op ‘n vrou, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.

'Ek’s op pad,' sê man kort voor skietdood

2012-01-30 07:01

’n Dermatoloog wat koelbloedig deur kapers doodgeskiet is, het minute voor sy dood oor die foon aan sy vrou gesê hy is op pad huis toe.

Ses vas vir kaping van vragmotor vol sigarette

2011-12-29 22:00

Ses mense is in Kempton Park in hegtenis geneem toe die polisie 'n vragmotor met gesteelde sigarette ter waarde van R17 miljoen gevind het.

Twee vas ná hulle glo ambulans kaap

2011-12-07 14:28

Twee mense is in Qwaggafontein in hegtenis geneem nadat 'n ambulans vroeër vandeesweek in Daveyton gekaap is.

Man wat oor kaping lieg probeer polisie omkoop

2011-11-29 22:51

‘n Man is in Midrand in hegtenis geneem nadat hy gelieg het oor die feit dat sy huurmotor gekaap is en daarna die polisie probeer omkoop het.

Gospelsangeres in hegtenis oor kaping

2011-11-14 12:18

'n Vroulike gospelkunstenaar is in hegtenis geneem in verband met 'n kaping in Butterworth in die Oos-Kaap, het die polisie gesê.

Vermeende kaper in huis se plafon gevind

2011-11-02 17:03

'n Vermeende kaper, wat die polisie in die plafon van 'n huis in Highlands North in Johannesburg gevind het, sal binnekort in die hof verskyn.

Predikantsvrou by sentrum gekaap

2011-10-10 07:26

’n Predikantsvrou en onderwyseres van Bethlehem is deur twee gewapende mans in ’n besige parkeergebied in Bloemfontein oorval.

Vyf in Bfn vas wat pa en seun kaap, vermoor

2011-09-27 22:01

Vyf mans is in Bloemfontein in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ‘n pa en sy seun gekaap en vermoor het, het die polisie gesê.

Man sterf in Londense motorkaping

2011-09-14 13:07

Vier mans is in hegtenis geneem nadat ‘n man tydens ‘n kaping in die ooste van Londen met ‘n mes doodgesteek is.

Wapen teen kop terwyl vrou bid

2011-09-10 08:16

’n Rowerbende het op ’n veiligheidswoonkompleks in Pretoria-Noord toegeslaan waar hulle van die inwoners beroof, gekaap en een doodgeskiet het.

Gyselaarsdrama ontvou by plakkershut

2011-09-03 20:13

'n Gyselaarsdrama het in Soweto ontvou toe 'n familie deur 'n gewapende kaper in hulle plakkershut as gyselaars aangehou is.

Kapers slaan toe op toeris by Kaappunt

2011-09-01 08:24

’n Duitse toeris se gehuurde motor is helder oordag by Kaappunt deur drie mans gekaap, waarna hulle met die motor by die park uitgery het.

Vermeende kapers in Pta doodgeskiet

2011-08-16 16:57

Twee vermeende kapers is doodgeskiet en een is beseer tydens 'n skietgeveg met die polisie in Mamelodi, Pretoria, het die polisie gesê.

Vermeende kapers dood twee polisiebeamptes

2011-07-25 14:07

Twee polisiebeamptes is dood nadat hulle deur vermeende kapers naby Zonkizizwe aan die Oosrand geskiet is, het die polisie gesê.

Polisiebeamptes vas ná kaping

2011-07-20 16:17

Vier mense, insluitende twee polisiekonstabels, is in hegtenis geneem nadat hulle glo 'n motor in Midrand, Gauteng, gekaap het.

Rugbyspeler gekaap, geskiet

2011-07-18 08:43

Nadat hy gekaap en in die nek geskiet is, moes ’n vasgebinde rugbyspeler oor drade en klippe struikel tot waar hy later gevind is.

Vermeende kapers vasgetrek

2011-07-10 17:04

Drie vermeende kapers wat deel van ‘n bende is, is in Katlehong, oos van Johannesburg, in hegtenis geneem, het die polisie gesê.

Skoolkinders in gepoogde kaping gewond

2011-06-24 15:49

Twee gr.1-leerders is in 'n gepoogde kaping buite die Roseneath Laerskool in Parktown in Johannesburg gewond, sê 'n ooggetuie.

Gekaapte, gesteelde motors by bende gevind

2011-06-22 22:00

Drie mans en ‘n vrou is in hegtenis geneem in Rabie Ridge nadat hulle in besit van gesteelde voertuie en polisie-uniforms betrap is.

Kapers in Soweto vasgetrek

2011-06-14 19:57

'n Groep mans wat verbind word met 'n reeks kapings op gehuurde motors in Soweto, is deur die Gautengse polisie vasgetrek.

'Mandela' en 'Mugabe' gou in hof vir kaping

2011-06-12 12:18

Twee mans wat na bewering die VSA se ambassadeur in Botswana in die Noord-Wes gekaap het, sal eersdaags in die hof verskyn.

Mans vas wat Botswana-minister beroof

2011-06-11 13:22

Twee mans wat Botswana se destydse minister van vervoer naby Rustenburg tydens 'n kaping beroof het, is deur die polisie vasgetrek.

Saaiman ondergaan nóg ‘n operasie

2011-06-07 10:50

Die Kaapse musikant Chad Saaiman moet Dinsdag nóg ‘n operasie ondergaan nadat hy tydens ‘n mislukte kaping geskiet is.

Saaiman is op pad van kerk geskiet

2011-06-06 12:19

Die sanger Chad Saaiman, wat in ‘n mislukte kaping in Johannesburg geskiet is, was op pad huistoe nadat hy 'n kerkdiens bygewoon het.

Twee sterf ná kaping skeefloop

2011-06-02 14:10

Twee mense is dood en twee ernstig beseer in 'n motorkaping-ongeluk op die N3-hoofweg by Howick naby Pietermaritzburg.

Polisieman kritiek ná gevangenes ontsnap

2011-05-13 12:48

Die polisieman wat geskiet is nadat vyf gevangenes ontsnap het, is steeds in die hospitaal, het 'n polisiewoordvoerder gesê.

Polisieman doodgeskiet in kaping

2011-05-08 19:27

‘n Polisiebeampte van Noordwes het in die hospitaal gesterf nadat hy geskiet is in ‘n kaping naby Klipgat, het die polisie gesê.

Man (60) gekaap, ontvoer, beroof

2011-04-25 17:52

‘n Sestigjarige man is in Despatch gekaap en beroof terwyl hy met ‘n vrou wat hy pas ontmoet het, gesels het, het die polisie gesê.

Polisieman gekaap, vermoor

2011-03-23 21:00

‘n Polisieman is deur drie verdagtes by sy huis in Tsakane gekaap en later vermoor, het die polisie in Gauteng gesê.

Man vas ná kaping

2011-03-10 22:00

‘n 30-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy verbind kan word aan die kaping van ‘n motor in Kempton Park, het die polisie gesê.

Rowers kaap lorrie, steel varke

2011-03-04 12:39

Maleisiese polisie is op soek na ‘n groep rowers wat meer as 100 varke gesteel het nadat hulle ‘n vragmotor gekaap het.

Vrou ontsnap kapingsdrama net-net

2011-02-03 07:30

’n Jong vrou van Bloemfontein wat by ’n winkelsentrum gekaap is, het naelskraap ontsnap toe haar ontvoerder loeiende sirenes gehoor het.

Mans vas ná hul vragmotor kaap

2011-01-12 21:00

Twee mans is in Mamelodi in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n vragmotor, met sowat R1 miljoen se sigarette daarin, gekaap het.

Polisie skiet vermeende kapers dood

2011-01-06 22:27

Twee vermeende kapers is deur die polisie doodgeskiet. Die mans was glo verantwoordelik vir 21 kapings in die Durban-area.

Metropolisieman vas vir kardiefstal

2010-12-30 18:50

‘n Metropolisiebeampte van Tembisa is in hegtenis geneem nadat hy na bewering met ‘n gesteelde motor gery het.

Tienermeisie vas vir moord

2010-12-23 19:44

'n 18-jarige meisie is in Soweto in hegtenis geneem in verband met die kaping en moord van 'n Johannesburgse man.

Tweede kaping eis man se lewe

2010-12-21 08:20

’n Man van Roodepoort wat agt jaar gelede ’n motorkaping oorleef het, is verlede week vermoor toe daar glo wéér probeer is om hom te kaap.

Dewani dalk by Oos-Kaapse moord betrek

2010-12-11 10:18

Die polisie in die Oos-Kaap ondersoek bewerings dat Shrien Dewani moontlik vier jaar gelede by die kaping en skietery van ‘n dokter betrokke was.

Skip deur Somaliese seerowers vrygelaat

2010-12-09 09:24

Somaliese seerowers het ‘n Somaliese skip, Al Nisr al Saudi, vrygelaat nadat hulle ‘n onbekende bedrag geld ontvang het.

Dewani's was glo nie wettig getroud

2010-12-05 12:09

Anni Dewani, die toeris wat in Kaapstad gekaap en vermoor is, was glo nie wettiglik met haar man Shrien getroud nie, het haar pa gesê.

 

Kapers vas ná skietgeveg

2012-05-12 23:05

Twee mans is in hegtenis geneem ná hulle na bewering 'n motor in Diepkloof, Soweto gekaap het, het die Johannesburgse metropolisie gesê.

Polisie op soek na kapers in Noordwes

2012-05-07 16:01

Die polisie op Brits is steeds op soek na ‘n verdagte wat verlede week ‘n man se voertuig by ‘n plaaslike slaghuis gekaap het.

Bendeleier, onnie vas vir moorde, kapings

2012-04-17 14:16

Twee bendelede is in hegtenis geneem in verband met agt moorde, twee gewapende rooftogte en vier kapings naby Pinetown.

Twee Chinese studente naby VSA-kampus doodgeskiet

2012-04-11 22:57

Twee internasionale studente van China is naby die Universiteit van Suid-Kalifornië se kampus doodgeskiet in ‘n vermeende kaping.

Drie vas vir moord op Carte Blanche-joernalis se neef

2012-03-28 17:04

Die drie verdagtes wat glo ’n neef van die Carte Blanche-joernalis gekaap en vermoor het, het in die Scottburgh-landdroshof verskyn.

Gif gebuit wat soos kitskoffie lyk en ruik

2012-03-12 07:05

’n Vragmotor met ’n vrag gifstof wat soos kitskoffie lyk, is die naweek naby Heidelberg aan die Oos-Rand gekaap, sê die polisie.

Vrese oor giftige vrag op gekaapte trok

2012-03-10 14:47

Die polisie in Gauteng het 'n waarskuwing uitgereik nadat 'n vragmotor met 'n giftige middel wat soos koffie lyk, naby Heidelberg gekaap is.

Duimgooiers vermoor man, verkrag vrou

2012-02-24 22:54

Twee duimgooiers het ‘n man vermoor en ‘n vrou verkrag nadat hulle die rylopers ‘n rygeleentheid naby Zeerust aangebied het.

Twee kort ná kaping vasgetrek

2012-02-17 09:02

Twee kapers wat na bewering ’n vragmotor van ’n bestuurskool in Elsiesrivier gekaap het, is kort ná die voorval in hegtenis geneem.

Boewe vertel hoe hulle motors steel

2012-01-30 12:08

Twee anonieme motordiewe van Soweto het met 'n koerant gepraat en die geheime van dié diefstalbedryf ontbloot.

Man beseer tydens kaping in Noordwes

2012-01-05 15:00

‘n Man is beseer tydens ‘n kaping in Mothotlunng buite Brits, het die Noordwes se departement van openbare veiligheid gesê.

Polisiebeampte tydens kaping geskiet

2011-12-07 18:37

‘n Polisiebeampte is in KwaMhlanga in Mpumalanga deur drie mans wat geryloop het, geskiet, het die polisie gesê.

Somaliese seerowers laat skip gaan, hou gyselaars

2011-12-01 14:06

Somaliese seerowers het ‘n gekaapte palmolie-tenkskip en 21 bemanningslede vrygelaat maar vier Suid-Koreane word steeds as gyselaars aangehou.

Raadslid doodgeskiet in kaping

2011-11-17 17:41

‘n Raadslid van die Mbizana-munisipaliteit in die Oos-Kaap is doodgeskiet in ‘n kaping in Mount Ayliff, het die polisie gesê.

Vermeende kapers dood in skietgeveg

2011-11-11 18:12

Twee vermeende kapers is dood tydens 'n skietgeveg met die polisie in Umbumbulu, Durban, het 'n woordvoerder gesê.

Lee-Ann Liebenberg se man gekaap

2011-11-02 13:13

Die Suid-Afrikaanse model Lee-Ann Liebenberg het op Twitter gesê haar man, Nicky van der Walt, is in hul oprit deur rowers gekaap.

Vragmotor-kapers in Benoni vasgetrek

2011-09-29 21:13

‘n Voormalige polisiebeampte en 17 ander mense is in Benoni in hegtenis geneem vir die besit van R5 miljoen se gekaapte vragmotors.

Seerowers het nou visier op Wes-Afrika

2011-09-15 14:13

Die kus van Wes-Afrika kan die nuwe middelpunt van skeepskapings word nadat 'n olietenkskip langs die kus van Benin vermis geraak het, het RSG berig.

Twee vermeende kapers vas

2011-09-10 15:44

Twee mans is in hegtenis geneem nadat gevind is hulle is in besit van ‘n gekaapte motor naby Mmametlhake, het die polisie in Mpumalanga gesê.

Kapers slaan motoris met baksteen dood

2011-09-06 11:12

Kapers het 'n man in Rosettenville, suid van Johannesburg, ten aanskoue van sy vrou met 'n baksteen doodgeslaan.

Kaper verkrag 50-jarige vrou

2011-09-03 10:14

'n Vrou (50) is in Mthatha verkrag ná haar motor deur twee gewapende mans gekaap is, het die Oos-Kaapse polisie gesê.

Kapers in Jhb vasgetrek

2011-08-25 14:21

Twee mans is in Naledi, Soweto, in hegtenis geneem nadat hulle na bewering 'n motor gekaap het, het die polisie in Gauteng gesê.

Polisie skiet boef ná mislukte kaping

2011-07-29 14:30

Die polisie het ‘n man doodgeskiet en sy medepligtige in hegtenis geneem nadat hulle ‘n paartjie in Durban se middestad wou kaap.

Chad Saaiman se koeël verwyder

2011-07-25 10:32

Die koeël wat die Kaapse sanger Chad Saaiman tydens 'n mislukte kaping in Johannesburg getref het, sal Maandag verwyder word.

Griekse skip aan Nigeriese kus gekaap

2011-07-18 18:30

Gewapende mans het ‘n Griekse olietenkskip naby die Nigeriese kus gekaap en hou die 20 personeellede wat aan boord was as gyselaars aan.

Tiener vas ná hy glo taxi wou kaap

2011-07-13 15:16

'n Tiener is in Port Elizabeth in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hy en twee makkers glo 'n taxi probeer kaap het.

Saaiman wil kapingstoneel besoek

2011-07-04 19:01

Chad Saaiman, wat in ‘n mislukte kaping in Johannesburg geskiet is, wil die kapingstoneel besoek waar hy amper sy lewe verloor het.

Man beseer in kapingspoging

2011-06-23 22:03

‘n Man is beseer toe aanvallers probeer het om 'n vragmotor naby Olifantsfontein te kaap, het die polisie in Gauteng gesê.

Vier vas ná vragmotor-kaping

2011-06-17 12:32

Vier mans is deur die polisie vasgetrek nadat hulle 'n vragmotor, wat goedere ter waarde van R1,2 miljoen vervoer het, gekaap het.

Chad Saaiman uit hospitaal ontslaan

2011-06-13 10:43

Chad Saaiman, die Kaapse musikant wat in 'n mislukte kaping geskiet is, is uit die Charlotte Maxeke akademiese hospitaal ontslaan.

Oud-Bok Ashwin Willemse in skok ná kaping

2011-06-12 07:03

Die voormalige Springbokrugbyspeler Ashwin Willemse is erg getraumatiseerd ná hy by ’n vulstasie deur motorkapers oorval en ontvoer is.

Chad Saaiman praat ná operasie

2011-06-08 14:15

Chad Saaiman, die Kaapse musikant wat in 'n mislukte kaping geskiet is, herstel goed ná sy tweede operasie en praat met sy familie.

Saaiman nie meer aan ventilator gekoppel

2011-06-06 15:22

Die sanger Chad Saaiman, wat tydens 'n mislukte kaping geskiet is, haal nou op sy eie asem maar is steeds in die intensiewe-sorgeenheid.

Idols se Chad Saaiman ‘haal nie asem nie’

2011-06-06 10:24

Chad Saaiman, 'n Suid-Afrikaanse sanger en voormalige Idols-finalis, is aan ‘n ventilator gekoppel nadat hy tydens ‘n mislukte kaping geskiet is.

Twee vasgetrek in gekaapte voertuig

2011-05-23 09:37

Twee mans is in Hillbrow in hegtenis geneem vir die besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen en 'n gekaapte voertuig, sê die polisie.

Motoris se vriend skiet kaper dood

2011-05-09 10:42

'n Vermeende kaper is in Birnam, Sandton, doodgeskiet nadat hy en twee makkers 'n motoris in Linksfield gekaap het, het die polisie gesê.

Vragmotorkaper vas ná wilde jaagtog

2011-05-04 21:49

Een man is in hegtenis geneem en twee ander is geskiet en beseer toe die polisie ‘n gekaapte vragmotor in Pretoria agternagesit het.

'Duimgooiers' kaap motoris

2011-04-14 11:53

'n Motoris is gekaap deur twee mans wat hulle as duimgooiers voorgedoen het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.

Taxi-bestuurder in kaping gewond

2011-03-17 19:00

‘n Taxi-bestuurder is gewond tydens ‘n kaping in Xhongorha naby Mthatha, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.

Man skiet vermeende kaper dood

2011-03-09 23:00

‘n Inwoner van Booysens in Johannesburg het ‘n vermeende kaper doodgeskiet, het die polisie in Gauteng bekend gemaak.

Man kritiek ná kaping

2011-02-17 23:00

‘n Man is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal nadat hy in Ekangala naby Bronkhorstspruit gekaap is, het die polisie gesê.

ANC-hoë langs hoofweg geskiet

2011-01-13 23:00

Die ANC se sekretarisgeneraal in die Hartbeespoortdam-area is op die M4-hoofweg onderweg na Pretoria geskiet, het die polisie gesê.

Vermeende kaper gewond

2011-01-11 20:00

‘n Vermeende kaper is gewond tydens ‘n mislukte kaping op die M2-hoofweg naby die Cleveland-oprit, het die polisie in Johannesburg gesê.

Predikantspaar deur kapers oorval

2011-01-05 07:00

’n Predikantsvrou het hardop vir ’n kaper gebid wat haar nogal daarvoor bedank en gesê het hulle gaan die gesin nie seermaak nie.

Polisie skiet dief in agterstewe

2010-12-23 22:45

Die polisie het een van die twee verdagtes wat ses passasiers in 'n minibus op pad na die OR Tambo-lughawe beroof het, geskiet en gewond.

Seuns (14) vasgetrek vir kaping, moord

2010-12-22 17:51

Twee tieners is in hegtenis geneem in verband met 'n kaping waarin die eienaar van die motor vasgebind en aan die brand gesteek is.

Dewani uitleweringstryd begin

2010-12-15 09:02

Die Britse sakeman wie se vrou verlede maand in Guguletu vermoor is, se stryd om nie aan Suid-Afrika uitgelewer word nie begin op 20 Januarie.

Shrien vroeër in Kaap

2010-12-11 07:25

’n Week voordat die Sweedse toeris Anni Dewani vermoor is, was haar man in Kaapstad. het Die Burger betroubaar verneem.

Seerowers wat SA’ners gekaap het word verhoor

2010-12-07 11:13

Die vyf Somaliese seerowers wat glo twee Suid-Afrikaners in die Seychelles gekaap het, sal in Nederland verhoor word.

Dewani was glo al voorheen in die land

2010-12-05 06:57

In ’n nuwe verwikkeling in die opspraakwekkende Dewani-moordsaak soek die polisie glo “meer inligting” by ’n onbekende Groenpuntse sakeman.

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Ranger 2.2i LWB PU MY09
2009
R 139,900.00

AUDI

A4 2.0 Multitronic 7-sp MY05
2006
R 200,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.