ARTIKELS OOR kan jy glo

Pianis dalk tronk toe oor 'geraas'

2011-12-24 21:00

'n Spaanse pianis kan dalk agter tralies beland nadat sy agt uur lange oefensessies "sielkundige skade" by sy buurvrou veroorsaak het.

Pa koop vir seun nommerplaat van R180 000

2011-08-02 11:08

‘n Britse sakeman het £17 000 (sowat R187 000) tydens 'n veiling betaal vir ‘n persoonlike nommerplaat vir sy seun.

Vrou vang kleuter wat 10 m ver val

2011-07-03 15:55

‘n Kleuter is in ‘n kritieke toestand in die ooste van China nadat sy van ‘n 10 m verdieping geval en deur ‘n verbyganger gevang is.

Video: Wilde wit-waters en brawe mense

2011-04-13 14:38

As jy van riviersport en die natuur hou, sit terug vir drie en ‘n half minute wat jou asem sal wegslaan en jou hartklop sal opstoot.

Al meer SA mans laat suig hul boep

2011-03-27 07:56

’n Pens, hangborste, bak-ore. So lyk die manne wat die meeste geneig is om hulle by ’n plaaslike plastiese chirurg aan te meld.

Kunstenaars help uitsaai op radio Houtstok

2011-03-24 07:36

Die debakel rondom Radio Houtstok en sy grootbaas kring steeds uit, maar die radiostasie gaan desondanks voort om uit te saai.

Nou kan gestorwenes per e-pos bereik word

2011-03-06 09:03

Julia Theunissen, dogter van die bekende medium Marietta Theunissen, het pas aangekondig sy doen ook psigiese lesings per e-pos.

R3 000 vir pasmaat, maar nog g’n man

2011-02-20 07:33

Alleenlopers word as teikens gebruik om onder die dekmantel van godsdiens ’n stewige inkomste te genereer sonder dat die beloofde diens gelewer word.

Pap wiel kniehalter glo standbeeld-diewe

2011-01-25 23:00

Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n lewensgrootte standbeeld van die vryheidsvegter, Nokuthula Simelane, gesteel het.

Citrusdal se slim bobbejane is nou wêreldberoemd

2011-01-22 08:07

Die berig oor die trop bobbejane wat ’n nuwe sitruskultivar vir een van die land se voorste sitrusboerderye ontdek het, versprei soos ’n veldbrand.

Foto's: Snaakse tekens op jou reis

2011-01-21 14:24

'n Mens kom soms die snaaksste tekens tee op 'n reis, hier is 'n paar van hulle wat deur GoTravel24-lesers ingestuur is.

Vuiste klap... by grassnyer-resies

2011-01-17 15:40

‘n Grassnyer-resies by ‘n landbouskou in Nieu-Seeland het maar sleg geëindig toe twee ou vyande begin bolle rol.

Die waarheid agter reis-mites

2011-01-14 08:58

Party reis-legendes klink so eg dat jy dit net vir die volgende persoon moet vertel, maar hoeveel waarheid steek werklik daarin?

Dr. Dood sal sy eie lyk uitstal

2011-01-05 13:00

Die omstrede anatomis bekend as Dokter Dood het bekend gemaak dat hy terminaal siek is en dat sy lyk in sy nuwe uitstalling sal pronk.

Pasgetroude paartjie versmoor

2010-12-25 22:18

‘n Pasgetroude paartjie het weens versmoring gesterf nadat hulle ‘n gasverhitter oornag aangelos het, het ‘n sekuriteitsbeampte gesê.

Man wen saak na sirkus sy olifant 'verloor'

2010-12-22 12:03

'n Nieu-Seelandse man het 'n hoofsaak teen 'n sirkus gewen nadat hulle glo sy olifant verloor en die sirkus nie man afgedank het.

Man pensioen geweier want hy kort een werkdag

2010-12-21 08:00

’n Sestigjarige Serwiër is naarstig op soek na ’n werk vir slegs een dag sodat hy kragens wet ná 40 jaar amptelik kan aftree.

FOTO: Dié Kersboom is R75 miljoen werd

2010-12-20 09:05

Dié Kersboom, wat vier wagte 24 uur per dag oppas in die Emi­rates Palace Hotel, is $11 miljoen dollar (meer as R75 miljoen) werd.

U2 konsert: ‘Gestremdes moet net f*k*f!’

2010-12-18 09:02

Dít was 'n lelike boodskap wat ’n kontrakteur van Big Concerts per ongeluk aan ’n organisasie vir gestremdes gestuur het.

VIDEO: Politici slaan mekaar dat die bloed loop

2010-12-17 16:00

Lede van die parlement in Oekraïne het hul vuiste - eerder as hul woorde - gebruik om hulle 'punt van orde' oor te dra.

Geheime Kersvader gee geld aan armes

2010-12-17 07:48

Iemand wat soos Kersvader aangetrek is, is in arm gebiede van Kansas City raakgeloop waar hy kontant aan vreemdelinge oorhandig het.

Biskop vertel kinders Kersvader bestaan nie

2010-12-14 22:38

'n Argentynse aartsbiskop het vir kinders vertel dat Kersvader nie bestaan nie, maar eerder 'n kommersiële simbool van Kersfees is.

Mej. SA voorheen haar kroon kwyt

2010-12-13 22:53

Die nuwe Mej. Suid-Afrika is drie jaar gelede as Mej. Aarde SA “onttroon” omdat sy nie haar kontraktuele pligte nagekom het nie.

Vrou met stiletto in oog geskop

2010-12-11 10:28

‘n 29-jarige vrou is skuldig bevind nadat sy probeer het om ‘n ander vrou se oog met haar stiletto-hak uit te skop tydens ‘n bakleiery.

Man deel hok 23 dae lank met 400 spinnekoppe

2010-12-08 11:38

’n Inwoner van Melbourne meen hy het sy rekord van 30 jaar gelede verbeter deur 23 dae saam met meer as 400 spinnekoppe deur te bring.

'Konstabel, my sneeuman is gesteel'

2010-12-06 09:26

’n Britse vrou wat die polisie se noodnommer gebel het omdat haar spesiale sneeuman verdwyn het, is oor die vingers getik.

Man met pyl en boog doodgeskiet

2010-12-04 04:15

‘n Kanadese man is aangekla van moord nadat hy ‘n ander man met ‘n pyl en boog in die rug geskiet het by ‘n biblioteek in Toronto.

Kougom help glo dat kinders se punte verbeter

2010-12-02 04:00

‘n Primêre skool in die suide van Duitsland moedig kinders aktief aan om kougom te kou, aangesien dit tot beter punte lei.

Franse sjefs bak en brou ondergronds

2010-11-26 13:00

Bekende Franse sjefs is besig om mondwater-disse voor te berei in 'n reeks eienaardige kooksessies - in die moltreinstelsel.

Polisie verkoop spoedvrate se Ferrari en BMW

2010-11-26 10:40

Twee Kanadese spoedvrate is hul Ferrari en BMW kwyt nadat hulle resies gejaag het in Brits-Columbië en die owerhede hulle betrap het.

‘Jy’s ’n pedofiel!’ – Sarkozy aan joernalis

2010-11-25 07:55

Die wêreld is opnuut verstom deur ’n uitbarsting van Nicolas Sarkozy wat ’n kritiese joernalis daarvan beskuldig het dat hy ’n pedofiel is.

Wêreld se hoogste hotel eersdaags oop

2010-11-22 13:43

Ritz-Carlton het bevestig hulle nuwe hotel - die hoogste in die wêreld - gaan sy deure in Maart 2011 oopmaak.

Lady Gaga nou ‘n kursus op kampus

2010-11-17 14:46

Die opspraakwekkende sangsensasie Lady Gaga het reeds ‘n trofeekas vol toekennings gewen, maar nou kan sy ‘n nuwe eer tot haar naam byvoeg.

China het wêreld se vinnigste rekenaar

2010-11-15 12:20

China het die VSA 'n digitale bloedneus gegee deur aan die voortou van die rekenaar-wêreld te spring met die vinnigste masjien op aarde.

Motor twee keer op een dag gesteel

2010-11-11 13:06

Die motor van ’n vrou van Elsburg aan die Oos-Rand is twee keer op een dag gesteel – die tweede keer van ’n polisiekantoor se perseel af.

Seun leef ná hy skêr insluk

2010-11-05 20:03

'n 12-jarige seun van Bristol, Engeland, het met ligte beserings ontsnap nadat hy 'n skêr ingesluk het, het sy ma gesê.

Wêreld se oudste vrou sterf

2010-11-05 03:39

Die wêreld se oudste vrou, 'n non bekend as Eugenie Blanchard, het in die ouderdom van 114 gesterf, het beamptes gesê.

Dokter vang kind wat uit gebou tuimel

2010-11-04 13:41

'n 18 maande oue Franse meisie het 'n noue ontkoming gehad toe sy van die sesde verdieping van 'n woonstelgebou in Parys af geval het.

Tydreisiger in Charlie Chaplin-fliek?

2010-10-30 00:37

Daar’s niks snaaks daaraan om ‘n vrou te sien wat op haar selfoon praat nie. Dit is wel effens onrusbarend as dit in die jaar 1928 is.

Poetin laat wenkbroue lig met grimering

2010-10-29 07:20

Wladimir Poetin, het die wenkbroue laat lig toe hy met ’n dik laag grimering in die openbaar verskyn het om ’n blou oog te probeer verberg.

Konserwatiewe burgemeester takel minirompe

2010-10-26 12:10

'n Burgemeester het mans verbied om sonder 'n hemp rond te loop en vroue belet om met rompies wat té kort is, in die openbaar te verskyn.

Vrou trou met haarself

2010-10-24 02:23

‘n Taiwanese vrou is vasbeslote om met ‘n wit rok en sluier voor die kansel te staan, al is daar nie ‘n man in ‘n manel aan haar sy nie.

Ma haal kind uit spogskool oor sexy onnie

2010-10-22 11:00

'n Voormalige skoonheidskoningin het ouers in Italië warm onder die kraag omdat hulle meen sy is te aantreklik om 'n onderwyser te wees.

Man roof bank om troue te betaal

2010-10-21 04:16

‘n Man is in ‘n hof in Wene skuldig bevind nadat hy ‘n bank beroof het om vir sy troue te betaal, het die media berig.

Man wou glo hondjie gaarmaak

2010-10-17 08:01

’n Winkeleienaar wat glo ’n hondjie geslag het en saam met aartappels wou kook, is betrap voordat hy dié afgryslike middagete kon berei.

Vermiste 'lyk' lê dronk in hospitaal

2010-10-14 08:14

’n Soektog na die “lyk” wat langs 'n pad gesien is, maar by die polisie se aankoms weg was, is afgelas ná sy beskonke in ’n hospitaal gekry is.

Vrou met GPS ry by moeras in

2010-10-07 23:49

‘n Vrou moes van haar motor se dak gered word nadat sy in ‘n geïsoleerde moeras gery het toe sy op GPS-navigasie staatgemaak het.

Ma vergiftig kinders

2010-10-06 05:10

'n Ma het probeer om haarself en haar twee kinders, 'n tweejarige en vyf maande oue baba in Diepkloof te vergiftig, het die polisie gesê.

Susan Boyle op 30 glo verbied om kêrel te hê

2010-10-04 13:18

Die sangeres Susan Boyle het vertel hoe haar pa Patrick haar op die ouderdom van dertig verbied het om ‘n kêrel te hé.

Man slaap in tronk oor skaapgeluide

2010-10-04 01:00

‘n Dronk man wat sy bure woedend gemaak het deur in die middel van die nag soos n skaap te blêr moes die nag in die tronk deurbring.

 

Porsche jaag verby polisie, 89km/h oor limiet

2011-08-02 17:30

‘n Porsche-bestuurder mag dalk die motor vol passasiers, wat hy verbygesteek het, beïndruk het behalwe vir die feit dat dit polisiebeamptes was.

Tiener in die sop ná hy pa se Ferrari 'leen'

2011-07-15 09:58

‘n Duitse skoolseun van net 14 jaar oud het dié land se polisie in rep en roer gehad nadat hy sy pa se nuwe Ferrari "geleen" het.

Sak onderklere kelder byna Stormers-terugvlug

2011-06-20 08:55

Die Stormers se terugkeer na Kaapstad ná sy sege oor die Cheetahs is amper in die wiele gery toe ’n “bom” op die Bloemfonteinse lughawe ontdek is.

Spinnekop trek kransswaeltjie vas

2011-04-12 11:00

’n Spinnekop in die Vrystaat het weer die mensdom aan die praat nadat sy ’n kransswaeltjie in haar kragtige web gevang het.

Baartman voor stok, maar hy is houtgerus

2011-03-25 08:01

’n Hewige stryd woed nou tussen die uitvoerende hoof van Radio Houtstok, Louis Baartman, en Wimpie van der Sandt, die voormalige stasiebestuurder.

Omroepers los Radio Houtstok oor hul nie geld kry

2011-03-23 07:57

Omroepers van Radio Houtstok het alle bande met dié radiostasie verbreek omdat hulle nog nie betaal is nie. Die stasie is in ’n chaos gedompel.

Video: Motor wat self kan bestuur

2011-03-04 11:28

‘n Unieke motor wat homself kan bestuur het weer in Kalifornië by 'n konferensie sy verskyning gemaak.

Nagmaalwyn, hondepille laat vrou 100 jaar haal

2011-02-18 09:12

Géén drank nie, behalwe vir ’n lipnatmakertjie tydens Nagmaal – en Bob Martin-hondepille. Dít is die suksesresep van Alida Lewis.

Man wat Facebook uit tjoekie sy selfoon kwyt

2011-01-24 13:00

'n Gevangene in Suid-Carolina is sy ingesmokkelde selfoon kwyt nadat tronkbewaarders besef het hy dateer sy Facebook-profiel op.

Vrou sukkel 5j. om ID te kry

2011-01-22 07:00

Connie Nel sukkel al vyf jaar om ’n ID te kry omdat iemand by die departement van binnelandse sake glo haar permanente verblyfsertifikaat opgeskeur het.

Hotel uit 12 ton rommel in Madrid opgerig

2011-01-20 16:10

Ons is besig om ons planeet só erg te besoedel, dat daar kompleet 'n hotel uit 12 ton se rommel in Madrid, Spanje, opgerig is.

Vlieënier vertraag vlug vir man

2011-01-14 15:52

'n Vlieënier van Southwest Airlines het 'n vlug vertraag sodat hulle vir 'n man kon wag wat by sy sterwende kleinseun moes uitkom.

Foto's: Hier trek toeriste die swakste aan

2011-01-12 08:14

Ons sien hulle om ons in die vakansietyd, soms is ons self hulle as ons reis. Kyk hoe lyk die swakste gekleede toeriste.

Reën van swart voëls verbyster inwoners

2011-01-03 18:24

Inwoners van ‘n klein dorpie in Arkansas was uit die veld geslaan toe duisende swart voëls Oujaarsaand uit die lug uit begin val.

Spioen besoek vreemde sekswebwerwe voor sy dood

2010-12-23 11:02

’n Britse spioen wie se lyk in Augustus toegesluit in ’n sak in sy woonstel gevind is, het kort voor sy dood bondage-web­werwe besoek.

Slaggate gebruik vir ‘visvang’, wasgoed was

2010-12-22 10:10

As hul nie in die Vaaldam kan visvang nie, gaan hulle sommer hier in een van die baie slaggate in ons die straat probeer, skerts ’n pa.

Bangladesj: Pornografie wys op lughawe

2010-12-20 13:34

Amptenare van Bangladesj het ‘n ondersoek geloods nadat ‘n pornografiese fliek op ‘n reuse-skerm gewys is by die land se besigste-lughawe.

Twee skoolkinders is Brittanje se jongste ouers

2010-12-18 13:46

Twee 14-jarige skoolkinder het sopas Brittanje se jongste ouers ooit geword en hul beplan om 'n goeie werk te doen.

Net ’n ou grappie, sê Brendan Venter

2010-12-18 08:00

Die oud-Boksenter Brendan Venter sê hy het net ’n grappie gemaak en wou niemand beledig met sy bisarre televisie-onderhoud nie.

Man ingeloop met vakansieverblyf

2010-12-17 08:13

’n Pa se jaarlikse vakansie met sy drie kinders was amper bederf ná ’n vrou wat verblyf geadverteer het, hom met duisende rande ingeloop het.

Weerlig slaan gholfspeler dood

2010-12-16 13:09

Australië is deur 'n hewige donderstorm getref waartydens dit gehael het, vloede veroorsaak is en een gholfspeler deur weerlig doodgeslaan is.

Nommers glo gevind in Mona Lisa se oë

2010-12-14 16:48

Leonardo da Vinci se bekendste portret, die Mona Lisa, laat kunskenners, geskiedkundiges en Jan Publiek al jare lank kop krap.

Daar ruk iemand kerk se Kersliggies af

2010-12-13 22:44

Die gemeente van die Volle Evangelie Kerk in Randhart, Alberton, is geskok ná iemand die drade van hul kersliggies afgeruk en afgesny het.

Video: Die Griekse anargis-hond

2010-12-10 09:17

Kanellos was die eerste beroemde Griekse anargis-hond wat in 2008 nuus gemaak het. Nou is dit Louk se beurt.

Wêreld se grootste passasierskip geloods

2010-12-06 09:41

Royal Caribbean International se Allure of the Seas, die wêreld se grootste passasierskip, is gereed om op haar eerste tog te gaan.

Ma vergiftig self, kinders

2010-12-05 14:36

‘n Ma met selfmoordneigings het glo probeer om haar twee kinders te vergiftig voordat sy haar eie lewe wou neem, het nooddienspersoneel gesê.

Man 'toets' glo sy Mercedes uit

2010-12-03 22:09

‘n Motoris is gevang en in hegtenis geneem nadat hy 234 kilometer per uur op die N4-snelweg gery het, het Eyewitness News berig.

Man messel homself in kelder toe

2010-11-28 02:00

’n Duitse man het homself per ongeluk in sy eie kelder toe gemessel en kon slegs ontsnap deur sy pad na sy buurman se huis oop te boor.

Vrae ná tieners se redding op see

2010-11-26 11:00

Die redding van drie Nieu-Seelandse tieners ná 50 dae op see is 'n wonderwerk in sommiges se oë, maar vrae duik nou op rondom die voorval.

Ouma sit weke lank in badkamer vas

2010-11-26 00:07

‘n Bejaarde vrou van Parys, Frankryk het glo drie weke lank in haar badkamer deurgebring nadat die deur se slot gebreek het.

Bestuurder van 'ambulans-taxi' geskors

2010-11-22 16:10

'n Ambulansbestuurder van die Oos-Kaap wat voetgangers langs die pad opgetel en vir 'n rygeleentheid laat betaal het, is geskors.

The Stig se ID kos BBC toe baie

2010-11-19 09:00

Die BBC moes behoorlik hoes om die identiteit van 'The Stig', die mede-aanbieder op die gewilde TV-reeks Top Gear, te probeer stilhou.

‘Vuvuzela’ en ‘spillcam’ het wêreld aan praat gehad

2010-11-16 07:00

Die trefwoorde “vuvuzela” en “spillcam” was die woorde wat vanjaar op almal se lippe was, is bevind in ’n taalmonitor-opname.

China: Geen kaal troufoto’s, asseblief

2010-11-12 13:22

‘n Handelsvereniging van troufotograwe in China vra vir ‘n verbod op naakfoto's van pasgetroudes – ‘n nuwe gier onder jong paartjies.

Dytjies, borsies, soesji op een bord

2010-11-07 11:47

Niotaimori, die kuns om soesji op die lyf van 'n naakte vrou te bedien, kom al meer in Suid-Afrika voor. En dit is nie net die rykes wat dit geniet nie.

Voortvlugtige vasgetrek ná Facebook-blaps

2010-11-05 14:57

'n Man wat meer as 12 jaar voortvlugtig was, is in hegtenis geneem nadat hy sy woonplek op Facebook bekend gemaak het.

Paartjie skenk byna alle lotery-wengeld

2010-11-05 03:15

‘n Kanadese paartjie het byna $10,2 miljoen (R69,5 miljoen) wat hul in die lotery gewen het aan verskeie organisasies geskenk.

Chileense mynwerker in New York Marathon

2010-11-02 05:40

Die Chileense mynwerker wat in die tonnels gedraf het terwyl hy ondergrond vasgekeer was, gaan aan die New York City Marathon deelneem.

Waaghalsige boekwurm se storie kortgeknip

2010-10-29 21:28

Die polisie het die wetboeke oopgegooi toe ‘n Kanadese boekwurm glo sit en lees het terwyl hy op ‘n besige hoofweg bestuur het.

Yank sit 1.6 miljoen km in 4 jaar op sy Ford

2010-10-27 11:24

Phil Marsella van Florida, Amerika, het niks minder nie as 1,6 miljoen kilometer in vier jaar op sy Ford F-250 bakkie gesit.

Man snork duisende los

2010-10-25 08:24

'n Man het die eerste prys van $1400 (sowat R9700) gewen nadat hy 17 minute lank in ’n besige winkelsentrum in Madrid geslaap het.

Meisie (3) en seun (5) raak verloof

2010-10-22 13:20

Twee kleuters se verlowing in Sirië ná 'n warrelwind vakansieromanse kan 'n onbenydenswaardige wêreldrekord opstel.

Knip ‘n uiltjie, wen ‘n prys

2010-10-21 22:39

Spanje se eerste nasionale siësta-kampioenskappe het in Madrid afgeskop in die hoop om dié jare lange tradisie aan te wakker.

Man se arm sit vas in toilet ná selfoon val

2010-10-20 00:11

'n Chinese man se arm het in 'n toilet vasgesit ná sy selfoon in die toilet geval het en hy dit wou uithaal, berig Telegraph.

Taxibestuurder besteel dronk toeriste

2010-10-14 14:09

‘n Taxibestuurder wat misbruik gemaak het van dronk buitelanders wat agter in sy taxi aan die slaap geraak het, is tronk toe gestuur.

Onnie geskors oor kaalfoto’s van spogskool se hoof

2010-10-10 08:34

’n Jong onderwyser van ’n private spoghoërskool in Johannesburg, is op die oorlogspad nadat hy geskors is oor kaal-vakansiefoto’s van die skoolhoof.

Vrou brand penis om man te 'reinig'

2010-10-07 12:26

‘n Australiese vrou het haar man se geslagsdele aan die brand gesteek nadat sy vermoed het dat hy owerspel gepleeg het.

Naked Cowboy wil president word

2010-10-05 13:38

Die Naked Cowboy, 'n bekende op Times Square wat graag in sy onderbroek, hoed en stewels kitaar speel, het homself vir president beskikbaar stel.

Talle kom saam vir baard-kompetisie

2010-10-04 02:00

Deelnemers met allerhande interessante baarde en snorre het in die Oostenrykse dorp Leogang bymekaargekom vir ‘n kompetisie.

Wat is vuiler as jou toilet?

2010-09-29 05:46

Hier is ‘n lys van plekke en dinge wat baie vuil is in jou huis en moontlik ‘n gevaar vir jou en ander familielede inhou.

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bfn: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

New Business development Sales consultant

Green Point, Cape Town, South Africa
Digicall
Market Related

SENIOR BUYER [AA/EE]

Johannesburg, South Africa
OUTGROW OUTSOURCED TECHNOLOGIES SA
R18000 - R20000

Bookkeeper Mozambique

Beira, Mozambique
Under African Skies Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Passat 1.9 TDi Comfortline Dsl MY06
2006
R 199,595.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

ISUZU

KB300 TDi D-Cab LX Dsl MY04
2005
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.