‘n Addisionele haatspraak-aanklag sal teen die president van die ANC-jeugliga (ANCYL), Julius Malema, aanhangig gemaak word.
Die president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, het nie opgedaag vir sy toespraak by ‘n musiekfees in Johannesburg nie.
Tot verlede week nog het Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, se lidmaatskap nie op die regerende party se databasis verskyn nie.
Verskeie media-organisasies wil steeds met pres. Jacob Zuma vergader om kwessies rondom vryheid van die media te bespreek.
Die ANC het bekendgemaak dat hulle die verbanning van die Boere-moordlied, Dubula Ibhunu (Skiet die boer) sal teenstaan.
Julius Malema, ANC-jeugligaleier is verbied om die "Skiet die boere"-lied te sing, nadat ‘n interdik deur die hooggeregshof in Pretoria toegestaan is.
Die Demokratiese Alliansie beplan om 351 klagtes teen die ANC-Jeugleier, Julius Malema by die Menseregtekomissie in te dien omdat hy ‘skiet die boere’ gesing het.
Beswaarde oudwerknemers van die regering help die ANC-jeugliga om op “vyande” van dié organisasie te spioeneer en sensitiewe inligting oor hulle in te samel.
Die ANC-jeugliga het die sogenaamde Julius Malema-ondersteunersgroep op facebook waarop haatspraak gepleeg is, as nonsens beskryf.
Dr. Farouk Meer het op haar staatsbegrafnis Saterdag die ANC en veral Julius Malema skerp gekritiseer.
Julius Malema, staar weens beledigende uitsprake en die sing van ’n slagspreuk minstens twee sake in die gesig.
Julius Malema, het vir die media gelieg toe hy op ’n mediakonferensie gesê het hy het geen aandele in ’n maatskappy met winsgewende staatstenders in Limpopo nie.
Kgalema Motlanthe, ANC adjunk-president, het die jeugleier Julius Malema se skoolbesoeke gekritiseer, volgens die Sowetan.
Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty (SAKP) probeer nie die ANC oor te neem nie, meen Buti Manamela, leier van die YCL.
Julius Malema en Jeremy Cronin staar nou dissiplinêre stappe in die gesig nadat hulle in 'n politieke moddergooiery betrokke geraak het.
Julius Malema het ‘n dreigende SMS aan Jeremy Cronin gestuur ná ‘n vernederende verskyning van Malema by ‘n SAKP-konferensie.
Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, wil hê drankadvertensies moet verbied word “omdat dit tot onbeskermde seks lei”.
Die Jong kommunisteliga van Suid-Afrika (YCLSA) wil met die ANC-jeugliga praat oor hul president, Julius Malema, se beledigings teenoor die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party se algemene sekretaris, Jeremy Cronin.
Die burgerregte-inisiatief Afriforum soek dringende antwoorde by die minister van polisie oor Julius Malema se duur BBP-beskerming.
Die bestuurder van Julius Malema, leier van die ANCYL, het ’n blou lig uitgepluk toe beamptes wys hy moet van die pad trek.
Die gelykheidshof in Johannesburg het die finale argumente in die haatspraak saak teen Julius Malema uitgestel.
Julius Malema en 'n ANC-jeugliga drukgroep ruk op Bloemfontein toe om Jonathan Jansen oor sy Reitz-besluit onder oë te kry.
Pres. Jacob Zuma het Julius Malema gevra om homself te gedra as hy die Sakhile-township later vandeesweek besoek.
Tito Mboweni gaan nie ‘n goeie posisie in die ANC kry as hy aanhou om te sê dat SA myne nie genasionaliseer gaan word nie.
Die ANC het teruggekap nadat die VF+ hulle aangemoedig het om dissiplinêre stappe teen Julius Malema te neem.
Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANCYL, het teen witmense uitgevaar terwyl Julius Malema sy tirade teen Nedbank voortgesit het.
Die polisiereservis wat beweer Julius Malema het hom tydens ’n partytjie aangerand, meen iemand moet opstaan teen die leier.
Julius Malema het in die hof verduidelik wat hy met sy uitspraak oor die vrou in die Zuma-verkragtingsaak bedoel het.
Julius Malema het wittes aangevat toe hulle glo nie atlete op die lughawe verwelkom het nie, maar die Bokke se aankoms gaan hy mis.
Die ANC-jeugliga se president, Julius Malema, se prokureur het aansoek gedoen dat die gelykheidshof sy haatspraak-klag moet skrap.
Julius Malema moet weer in die hof verskyn oor kommentaar op 'n vrou wat 'n klag van verkragting teen pres. Zuma gemaak het.
“Ons het reeds besluit. Ons wil hê die parlement moet die tribunaal wet maak," het Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, gesê.
Die president van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, moet vir ‘n tweede termyn staan, het die liggaam se Limpopo-tak Sondag gesê.
'n Sondagkoerant het berig dat Julius Malema, president van die ANC-jeugliga sal nie sy dissiplinêre verhoor by die party se hoofkantoor bywoon nie.
Die leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, het aansoek gedoen om appèl nadat die gelykheidshof hom skuldig bevind het aan haatspraak.
AfriForum is verheug oor die interdik wat in die hooggeregshof in Pretoria teen Julius Malema toegestaan is.
Die vakverbond Cosatu het die verbanning van die lied ‘skiet die boere’ teengestaan en gesê dit vorm deel van die historiese stryd teen apartheid.
Julius Malema, ANC-Jeugleier glo dat ‘wit boer’ joernaliste betrokke is in ‘n sameswering teen hom, het 702 eyewitness news berig.
Die VF+ het ’n veldtog teen die ANC-jeugleier, Julius Malema, geloods sodat druk op die regering geplaas kan word om op te tree.
’n Aanhanger van Julius Malema plaas “opdaterings” van moorde op boere op die leier van die ANC-jeugliga se Facebook-blad.
Die DA in Noordwes het met boere in die provinsie saamgespan om sowat 186 individuele klagtes teen Julius Malema by die Menseregtekommissie in te dien.
Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, het weer ’n klop op die skouer van die rektor van die Universiteit van die Vrystaat gekry.
Die tonge is los oor Julius Malema nadat daar uitgevind is dat hy twee duur huise kontant gekoop het, maar slegs R20 000 verdien.
Die magstryd in die ANC-geleide alliansie is “walglik” het Winnie Madikizela-Mandela aan die Sunday Independent gesê.
Terwyl Julius Malema die SAKP met “oorlog” gedreig het, het adj.pres. Kgalema Motlanthe dié jeugleier met tugstappe deur die ANC gedreig.
Jeremy Cronin het gesê dat hy dit moeilik vind om te glo dat dreigende SMS’e wat hy ontvang het van Julius Malema af kom.
Die ANC-jeugliga doen hom voor as ’n nie-regeringsorganisasie en meen die organisasie is geregtig om maatskaplike werk te doen.
As politikus moet Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, sy woorde weeg en besef watter invloed dit kan hê.
Die LUR vir vervoer in Limpopo het ‘n klag teen ‘n koerant gelê oor berigte dat sy Julius Malema gehelp het om 'n boete vry te spring.
Julius Malema, ANC-jeugleier word glo gedreig en sy lewe is in gevaar. Lyfwagte is nou aangestel om hom dag en nag te beskerm.
Geen ondersoek sal gelas word om te bepaal of Julius Malema politieke inmenging gebruik het om verkeersbeamptes af te skrik nie.
Die president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, steun prof. Jonathan Jansen in sy besluit oor die Reitz-vier.
Julius Malema het gesê die ANC-jeugliga gaan 'n veldtog voer vir die 800m-atleet Caster Semenya om as "'n vrou deel te neem".
Julius Malema meen hy ken die regte kandidaat om die sokkerspan te brei, al het die persoon geen ervaring as afrigter nie.
Mense wat meen die dae van regstellende aksie is getel, leef klaarblyklik in ’n gekkeparadys, meen die hoof van die BMF.
Die VF+ het genoeg gehad van Julius Malema, leier van die ANCYL, en dreig om hom by die Menseregtekommissie te gaan aankla.
Julius Malema dreig om "die gemeenskap te mobiliseer" teen Nedbank na 'n besluit om 'n borgskap van ASA te onttrek.
Julius Malema, leier van die ANCYL, beskuldig Helen Zille en haar spioene vir die nuutste penarie waarin hy homself bevind.
Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, sal na verwagting op aanklagte van haatspraak in die gelykheidshof verskyn.
President Jacob Zuma het herken dat hy voel die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, gaan soms oorboord met sy aanmerkings.
Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, is weer in die gelykheidshof wanneer die verhoor van die haatspraak-klag teen hom voortgaan.
Oudpres. Nelson Mandela het sport gebruik om Suid-Afrikaners te versoen, nou gebruik die ANC dit om rassisme aan te blaas.