Pres. Jacob Zuma het het besluit om adv. Menzi Simelane, as nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) aan te stel.
President Jacob Zuma het die Wysigingswet op Maatskappye na sewe jaar onderteken, het RSG Woensdagaan berig.
Pres. Jacob Zuma het kaalvuis onder kritici ingeklim en vrese dat die ANC mediavryheid wil inperk, as “histeries” en “misleidend” afgemaak.
Pres. Jacob Zuma se neef, Khulubuse Zuma, is gekap oor sy “uitspattige” leefstyl nadat hy glo R71 000 op drank by ’n partytjie uitgegee het.
Die sokkergogga het hom gebyt, het oudpres. Bill Clinton van die VSA aan pres. Jacob Zuma gesê voor die Amerikaanse span gespeel het.
President Jacob Zuma het aangevoer dat hy nie onderhewig aan kriminele vervolging is nie, omdat dit hom sal hinder om sy werk te doen.
Gerugte dat een van president Jacob Zuma se vroue ‘n verhouding met haar lyfwag gehad het, is nie deur Zuma se familie versprei nie.
Een van pres. Jacob Zuma se vroue sit dalk saans in die donker nadat die kragtoevoer na haar huis na bewering afgesny is.
Pres. Jacob Zuma is nie ’n pous nie, maar ’n mens met sterk en swak punte, het Jeff Radebe, minister van justisie, in die parlement gesê.
Pres. Jacob Zuma gaan Zimbabwe besoek om die magsdeling ooreenkoms na te sien, wat ‘n dekade lange politieke en ekonomiese krisis moet beeïndig.
'n Magstryd in pres. Jacob Zuma se binnekring het gelei tot die bedanking van Jesse Duarte, Zuma se hoof van operasies.
Lede van vroue-organisasies het hul stemme by die parlement dik gemaak teen onder meer hoë kospryse en geweld teen vroue en kinders.
’n Chaos het in die parlement losgebars, enkele minute nadat pres. Jacob Zuma repliek op die debat oor sy staatsrede gelewer het.
Die presidensie het Dinsdag geweier om 23 000 briewe van Suid-Afrikaners wat bekommerd is oor misdaad, te aanvaar.
Planne word beraam om pres. Jacob Zuma vandeesweek te pak oor sy regering se gebrekkige planne om misdaad te bekamp.
Sowat 20 000 mense word by die destydse Victor Verster-gevangenis verwag om oudpres. Nelson Mandela se vrylating, 20 jaar gelede te herdenk.
Indien pres. Jacob Zuma nie self bedank of die ANC hom dwing om dit te doen nie, sal Cope ’n mosie van wantroue in die parlement teen hom instel.
Pres. Jacob Zuma loop vir eers nie die gevaar om soos oudpres. Thabo Mbeki uit die Uniegebou herroep te word nie, maar gaan die kop gewas word.
Die presidensie wou nie kommentaar lewer oor óf Jacob Zuma se liefdeskind sal kwalifiseer vir enige staatsvoordele nie.
Die Europese en Amerikaanse media het erg krities berig oor pres. Jacob Zuma se 20ste – buite-egtelike – baba.
Sonono Khoza, dogter van die sokkerbaas Irvin Khoza, het gerugte ontken dat sy ‘n liefdeskind by pres. Jacob Zuma het.
Julius Malema, president van die ANC-jeugliga het gesê dit is "oneerbiediglik" om van pres. Jacob Zuma se liefdeskind te praat.
Die kantoor van die ANC-hoofsweep sê dit sal die Demokratiese Alliansie se voorgestelde wet op presidensiële kwytskelding "verwerp".
Die presidensie het bevestig dat ‘n aansoek vir ‘n presidensiële kwytskelding vanaf die veroordeelde Schabir Shaik ontvang is.
President Jacob Zuma se woordvoerder, Zizi Kodwa, het gesê is hy onbewus van die president se beweerde vyfde troue.
Khotso Mokoena, Natalie du Toit en Lewis Gordon Pugh is met Nasionale Ordes as uitsonderlike landsburgers deur pres. Jacob Zuma vereer.
Pres. Jacob Zuma se hulplyn – een van sy vlagskip-“omgeeprojekte” – ontaard in ’n groot verleentheid vir sy regering.
Kritiek op adv. Menzi Simelane duur steeds voort, enkele dae nadat pres. Jacob Zuma hom as die nuwe direkteur van openbare vervolgings aangestel het.
President Jacob Zuma gaan Bafana Bafana voor hulle wedstryd teen Jamaika vanaand besoek om hulle sterkte toe te wens.
Allan Boesak, wat as die Wes-Kaapse Cope-leier bedank het, ontken dat hy ‘n vergadering met pres. Jacob Zuma aangevra het.
Pres. Jacob Zuma het 'n beroep op die polisie gedoen om "gevolglik te reageer" as misdadigers 'n vuurwapen op hulle rig.
Pres. Jacob Zuma het Julius Malema gevra om homself te gedra as hy die Sakhile-township later vandeesweek besoek.
Die SANW se steun van vredesendings in Afrika het ’n aansienlike verskil in dié oorloggesteisterde kontinent gemaak.
Die langverwagte presidentslyn (17737) het sedert dit twee weke gelede oopgemaak het minstens ’n kwartmiljoen oproepe gekry.
Pres. Jacob Zuma het Sandile Ngcobo as die nuwe hoofregter aangewys. Ngcobo vervang regter Pius Langa, wat aftree.
President Jacob Zuma het bevelvoerders van polisiestasies aangemoedig om te praat oor die probleme wat hulle in die gesig staar.
Jacob Zuma het op Cosatu se nasionale kongres reguit gepraat oor gebreke in die onderwys en vakbonde se aandeel daarin.
President Jacob Zuma, ondersteun Bafana Bafana se oefenroetine en sal graag vir Benni McCarthy terug in die span wil sien.
Pres. Jacob Zuma sê soldate se reg om aan 'n vakbond te behoort plaas die land se sekerheid in ernstige gedrang.
SA bel pres. Jacob Zuma se tolvrye presidentsklagtelyn aan die brand en agente kan nie voorbly met al die oproepe nie.
President Jacob Zuma het herken dat hy voel die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, gaan soms oorboord met sy aanmerkings.
Jacob Zuma gaan binne die volgende twee dae 'n besoek aan Zimbabwe aflê om sekere twispunte met dié leiers te bespreek.
Caster Semenya was opgewonde toe sy vertel het hoe sy geweet het dat sy die 800m by die Wêreldkampioenskappe gaan wen.
President Jacob Zuma verwelkom die opposisie se verklaring waarin hulle kapsie maak teen sy benoeming van die nuwe hoofregter.
Pres. Jacob Zuma se lied “Umshini wami” kan eersdaags in Afrikaans deur die land weerklink as hy dié proteslied laat vertaal.
‘n Interdik van die Pretoriase hooggeregshof verhoed Jacob Zuma om ‘n NDOV permanent in Vusi Pikoli se plek aan te stel.
Pres. Jacob Zuma het tydens 'n mini-imbizo vir skoolhoofde gesê onderwys is die nommer een prioriteit vir sy administrasie.
Die besluit van president Jacob Zuma om slegs vier joernaliste by 'n nuusgebeurtenis toe te laat is onaanvaarbaar., sê Sanef.
Pres. Jacob Zuma se regering het opnuut sy steun aan adv. Menzi Simelane, nuwe omstrede nasionale direkteur van openbare vervolging, toegesê.
President Jacob Zuma se opmerkings oor die hemel en die hel tydens ‘n saamtrek op Mthatha is "nie lasterlik nie," het die ANC gesê.
Die ANC sal nou daarin poog om sowat 1 miljoen lede te hê wanneer dié party in 2012 sy 100ste bestaansjaar vier.
President Jacob Zuma het alle Suid-Afrikaners bedank vir die wyse waarop hulle buitelandse besoekers in die land verwelkom het.
Bagasie sonder ’n baas het onlangs op pres. Jacob Zuma se oorsese reis na Frankryk en Indië op sy vliegtuig beland.
President Jacob Zuma het Sondag sokkerspanne, toeskouers en toeriste in Suid-Afrika verwelkom – vyf dae voor die opening van die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi.
Fifa het met ’n diplomatieke nagmerrie te make nadat pres. Jacob Zuma meer staatshoofde en hul gades na die opening van die WB 2010 genooi het as wat die BBBP-losies by Soccer City kan huisves.
Hierdie is die enkele grootste kans wat Suid-Afrika nog gehad het om sy verskeidenheid en potensiaal aan die wêreld te vertoon.
Wagte buite pres. Jacob Zuma se huis in Forest Town het glo ’n fotograaf en kadetverslaggewer van die Mail & Guardian in hul eie motor voor die huis aangehou.
Luidens berigte het Pres. Zuma byna ’n jaar ná sy inhuldiging steeds nie sy belange verklaar nie, maar hy het glo niks om weg te steek nie.
Eerw. Mvume Dandala, Cope se parlementêre leier, het aangedui dié party gaan ’n mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma indien.
Oudpres. F.W. de Klerk moenie volle krediet kry vir die onderhandelings wat gelei het tot oudpres. Nelson Mandela se vrylating nie, het pres. Jacob Zuma gesê.
Die presidensie sê die vakbond Solidariteit mislei die publiek oor die 23 000 briewe oor Suid-Afrikaners se kommer oor misdaad.
Terwyl ANC-LP’s bontgestaan het om die regerende party se prestasies af te rits, het opposisiepartye geen genade getoon nie.
Pres. Jacob Zuma se staatsrede het verskeie omstrede kwessies waarby die president betrokke is, gesystap.
Alle oë sal op pres. Jacob Zuma vir sy tweede staatsrede wees, met politieke kringe wat bespiegel oor of hy die nasie om verskoning gaan vra.
President Jacob Zuma moet vergewe word en die nasie moet “aanbeweeg”, het die National Interfaith Leaders Council (NILC) gesê.
President Jacob Zuma het gesê dat hy “erge berou het” oor die pyn waaraan hy sy familie, die ANC en Suid-Afrikaners blootgestel het.
Pres. Jacob Zuma het vir die volgende twee dae al sy publieke verpligtinge gekanselleer, sodat hy 'n bietjie kan rus.
Bewyse dat pres. Jacob Zuma en Sonono Khoza reeds getroud is volgens gewoontereg, is glo aan ‘n daaglikse koerant gestuur.
Opposisiepartye het vir Jacob Zuma gesê dat hy moet ophou om soos ‘n “gigolo” op te tree en eerder vir seksterapie moet gaan.
Jacob Zuma se onlangse liefdeskandaal het wêreldwyd opslae in die media gemaak oor die impak wat sy optrede op die stryd teen MIV/vigs het.
Jacob Zuma is 2009 nuusmaker van die jaar, en stof Joost van der Westhuizen en Caster Semenya uit, het die Nasionale Persklub gesê.
Die Christelike Demokratiese Party het pres. Jacob Zuma se tradisionele troue as 'n "reuse-stap terug na die Donker Eeue" beskryf.
Geoff Doidge, minister van openbare werke, het heftig ontken dat hy die naweek sou gesê het die regering het misluk.
Die regering is besig om ’n kliniek en ’n helikopterlandingsblad by pres. Jacob Zuma se woning in KwaZulu-Natal op te rig.
Pres. Jacob Zuma verwelkom robuuste debat, maar hy gaan hom nie vir ’n “rampokker” laat uitkryt nie. Dít is in reaksie op kommentaar op 'n blog.
President Jacob Zuma het koning Harald en Koningin Sonja van Noorweë hartlik in Suid-Afrika verwelkom tydens 'n spesiale funksie.
President Jacob Zuma is vereer met die toekenning vir die beste president van Afrika vir die jaar 2009.
Pres. Jacob Zuma is deur 'n diereregte-aktivis gevra om die grusame bulslagting van die tradisionele Ukweshwama, stop te sit.
Jacob Zuma het Botswana se president gelukgewens met sy herverkiesing en sy waardering van die verhouding met dié buurland uitgespreek.
Jacob Zuma en aartsbiskop Desmond Tutu het vrede gemaak, nadat Tutu gesê het hy sien nie uit na Zuma-presidentskap nie.
Jacob Zuma het die Amerikaanse president Barack Obama gelukgewens nadat hy die Nobelprys vir vrede ontvang het.
Die Grondwet sal gewysig moet word as Jacob Zuma dit vir polisiebeamptes makliker wil maak om vlugtende verdagtes dood te skiet.
Suid-Afrika se nuwe hoofregter sal ná baie omstredenheid oor ‘n paar uur deur president Jacob Zuma in Pretoria aangekondig word.
Pres. Jacob Zuma sê die beëindiging van apartheid kan dien as 'n voorbeeld van hoe die wêreld kan saamwerk om probleme op te los.
President Jacob Zuma het die beweerde onenigheid tussen Cosatu en die regering wat die betogende soldate betref, ontken.
Pres. Zuma is verhewe bo die reg en mag nie strafregtelik aangekla word terwyl hy as staatshoof dien nie, sê sy regspan.
Klagtes moet liefs eers aan plaaslike en provinsiale strukture gemaak word voordat die presidensiële blitslyn gebel word.
Jacob Zuma se nuwe klagtelyn het op sy eerste dag meer as 7 000 oproepe in drie uur van ontstoke Suid-Afrikaners ontvang.
Moe Shaik, broer van Schabir Shaik, is glo die voorloper om die huidige DG van die NIA, Manala Manzini, te vervang.
Die ondersoek na die geheime bandopnames wat moontlik tot pres. Jacob Zuma se vrylating gelei het, is byna op 'n einde.
President Jacob Zuma het laat Woensdagaand in Angola aangekom en dit is sy eerste staatsbesoek as president.
Die voormalige president FW de Klerk het president Jacob Zuma gewaarsku om sy hande van die provinsies af te hou.
Pres. Jacob Zuma sê hy respekteer die hof se uitspraak in die guns van die voormalige NDOV, adv. Vusi Pikoli, en sal daarby berus.
Opposisiepartye eis dat pres. Jacob Zuma sy "ongrondwetlike" nominasie om Sandile Ngconde as hoofregter aan te stel, onmiddelik terugtrek.
Kenners meen pres. Jacob Zuma het 'n "helse" eerste 100 dae agter die rug, maar dat hy steeds gewild is en goed gevaar het.
President Jacob Zuma en The Guardian koerant het ‘n skikking bereik nadat hy hulle sowat drie maande gelede hof toe gesleep het vir naamskending.