'n Deelnemer aan American Idol is uit die top-12 gediskwalifiseer nadat daar vier lasbriewe vir sy inhegtenisneming uitgereik is.
Met byna 1 200 inskrywings (dubbel soveel as verlede jaar) staan Kaapstad beslis ’n goeie kans om weer ’n Idols-wenner op te lewer.
Mark Haze, naaswenner van Idols SA, het twee maande ná dié kompetisie 'n kontrak met Universal Music Group gesluit.
Dave van Vuuren, die nuwe Idols-wenner, het tydens ‘n geleentheid waar hy opgetree het, ‘n vloermoer gegooi, het 2Oceansvibe.com op hul webwerf berig.
Dave van Vuuren, die nuwe Idols-wenner van 2011, het tydens 'n onderhoud op Facebook gesê hy is gereed om sy eerste album op te neem.
Die voormalige Idols-wenners Elvis Blue en Karin Kortjé sê wie hulle dink met die gesogte Idols-kroon gaan wegstap.
Die 23-jarige Crushanda Forbes van Kimberley, wat uit die Idols-kompetisie gestem is, se dagboek is reeds vol besprekings.
Die Idols-deelenemer Freddie Van'Dango het gesê hy beplan om teen einde van die jaar sy eerste album, Red Horizon, bekend te stel.
Die Idols-deelnemer Lefa Pike (29) dié kompetisie se jongste slagoffer, gaan hom in Johannesburg vestig om sy loopbaan te bevorder.
Die Idols-deelnemer Kelly Fortuin is op pad terug Kaap toe, en sal graag in die nabye toekoms 'n album wil opneem.
Die 27-jarige Erin Fourie en 16-jarige Dené Vorster is nie meer deel van die Idols-kompetisie nie nadat hulle die trekpas gekry het.
Will Young, wenner van die eerste Idol-program, Pop Idol, het onthul dat hy graag wil kinders hê en 'n surrogaatma sal oorweeg.
Daar was ’n neerslagtigheid in die Idols-huis nadat Nolly Meje (24) Dinsdagaand uitgestem en teruggestuur is Kaap toe.
M-Net glo dat daar wél baie onontginde talent in Polokwane is, maar dat Gareth Cliff heeltemal geregtig is op sy eie mening.
Idols-kykers moet regskuif vir drama, trane, verrassings, talent en toondowe kwê-voëls wat van dié realiteitsreeks ’n TV-treffer maak.
Elvis Blue, wenner van die sesde reeks van Idols, se nuwe musiekvideo, Lighthouse, gaan op verskeie TV-kanale te sien wees.
Suid-Afrika se grootste realiteitsprogram, M-Net Idols, se sewende seisoen begin eersdaags met oudisies wat binnekort landwyd afskop.
M-Net het Idols as deel van ’n samewerkingsooreenkoms in 2009 gratis aan die SAUK én e.tv aangebied, maar albei het dit van die hand gewys.
Idols se nuwe beoordelaar, Unathi Msengana, voel sy sal empatie kan hê met die deelnemers van dié realiteitsreeks.
Mara Louw sal nie weer vanjaar deel wees van die Idols-beoordelaarspaneel nie nadat die verhouding tussen haar en M-Net erg versuur het.
As die Idols-kompetisie op SAUK-kanale aangebied word, sal daar beslis ’n ander uitslag wees omdat SAUK-gehore lyk anders as DStv-gehore.
Elvis Blue se pas uitgereikte enkelsnit "The Things My Father Said" het spesiale betekenis vir dié Idols-wenner.
Elvis Blue (Jan Hoogendyk) van George en Lloyd Cele van Durban gaan Sondagaand meeding om kykers se stemme in die eindronde van Idols.
Die deelnemers lyk na dik pelle op die verhoog, maar wat gaan ver weg van die TV-kameras agter die mure van die Idols-huis aan?
Sindi Nene (22) van Durban sou haar tassies moes pak as dit nie was vir die Idols-beoordelaars Randall Abrahams, Mara Louw en Gareth Cliff nie.
Die volgende persoon wat Idols dadelik met ’n skok verlaat is nie een van die deelnemers nie – dis die mede-aanbieder Liezel van der Westhuizen.
Sy kon nie help om die ironie daarin te sien dat sy in die uitslagprogram van Idols die liedjie “Save Me” vir die beoordelaars moes sing nie.
Hy het sy hart uitgesing, maar dit was nie genoeg vir die beoordelaars om Bongi Mthombeni (23) van Johannesburg te red nie.
"Dis in jul hande,” word kykers elke week meegedeel nadat die Idols-deelnemers hul harte uitgesing het in Fairland, Johannesburg.
Elvis Blue van George en Adeline Mocke van Kaapstad loop albei nou die gevaar om volgende uit Idols te val indien hulle nie genoeg stemme kry nie.
Gareth Cliff ’n bok vir sports? Nie as dit by ’n régte bok en 'n Idols-deelnemer à la Heidi-van-die-berge kom nie!
Jason Hartman, verlede jaar se Idols-wenner, gaan Monaco toe om vir prins Albert en sy Suid-Afrikaanse verloofde te sing.
M-Net se hipergewilde realiteitsreeks Idols is weer van Sondagaand af terug vir ’n sesde seisoen op die kassie met die Kaapse oudisies as wegspringpunt.
Steve Hofmeyr het ’n broertjie dood aan ouers wat dink hul kinders kan sing en dan klink soos ’n kat wat aan sy stert rondgeswaai word.
Die negende reeks van American Idol het op M-Net begin en die beoordelaar Simon Cowell het reeds sommige dromers se ideale verwoes.
Volgens die Fox netwerk gaan “American Idol” in Januarie terugkeer vir sy negende jaar en Ellen DeGeneres gaan beoordeel.
Victoria Beckham, die voormalige Spice Girls-ster blyk om die volgende beoordeelaar van die Amerikaanse Idol-program te wees.
Meer as ’n 1000 jong mense het die naweek in Soweto aan die laaste oudisies vir Idols se agtste seisoen deelgeneem.
Aspirantsangers wat droom om die verhoog met bekende kunstenaars te deel kan solank hul stembande begin oefen vir die volgende seisoen van Idols.
Dave Van Vuuren, Idols-wenner van seisoen sewe, is gereed om sy debuut-album Free The Animals bekend te stel.
’n Tweede speelvak van Karin Kortje se lewensverhaal in musiek, This is My Life, begin vandeesweek in die Baxter-konsertsaal in Kaapstad.
Dave Van Vuuren, wenner van die sewende Idols-kompetisie, het bekendgemaak hy wil volgende week sy meisie vra om met hom te trou.
Die Idols-deelnemers Dave van Vuuren van Krugersdorp en Mark Haze van Kaapstad gaan dinge uitspook om die sewende Idols-kroon.
Crushanda Forbes, die 23-jarige Idols-deelnemer van Kimberley, is uit dié kompetisie gestem nadat sy die minste stemme gekry het.
Om aan Idols deel te neem, is soos om berg Everest uit te klim met ’n sak bakstene op jou rug, kaalvoet én naak, sê Freddie Van’Dango.
Die Idols-deelnemer Lefa Pike (29) van Kimberley is uit die kompetisie gestem nadat hy die minste stemme gekry het, berig DStv Online.
Kykers het weereens die 21-jarige Kelly Fortuin uit die Idols-kompetisie gestem nadat die beoordelaars haar vroeër gered het.
M-Net gaan vir die Idols-deelnemer Freddie van Dango se operasie om sy wangbeen, wat in 'n kroeggeveg gebreek is, te herstel, betaal.
Die Idols-finalis Freddie Van’Dango was die afgelope naweek in ‘n bakleiery betrokke, het die tydskrif heat op hul webblad berig.
In ’n regstreekse uitsending kry vyf Idols-deelnemers die geleentheid om na die toptien deur te dring nadat die publiek gestem het.
Die ANC-jeugliga in Limpopo het ‘n beroep op die organiseerders van Idols SA gedoen om Gareth Cliff, ‘n beoordelaar op die program, te verwyder.
Idols is terug op M-Net vir ‘n sewende seisoen, presies tien jaar nadat Heinz Winkler Suid-Afrika se eerste Idols-kompetisie gewen het.
Hy wil maar net nie nee vir ’n antwoord aanvaar nie. Jan Delary Wagner het vir die derde jaar agtereenvolgens by die Idols-uitdunne opgedaag.
Alhoewel Adeline nie die Idols-reeks gewen het nie, sê sy sy het baie gebaat by haar deelname in voel nou heeltemal gemaklik voor die kamera.
Kykertalle en belangstelling in dié gewilde realiteitsreeks, met hul nuwe beoordelaarspan, het blykbaar gedaal.
M-Net het die omstrede Idols-beoordelaar Mara Louw se plaasvervanger vir die sewende seisoen van dié gewilde program aangekondig.
Elvis Blue, wenner van vanjaar se Idols-kompetisie, het met sy eerste CD ná sy kroning die Suid-Afrikaanse publiek se harte gesteel.
’n Rassestorm is rondom Idols ontketen toe die beoordelaar Mara Louw teenoor Rapport vuur gespoeg het oor die nuwe Idol, Elvis Blue.
Elvis Blue van George het die Idols-titel gewen. Meer as twee miljoen mense het vir hul gunsteling deelnemer gestem.
Daar was ’n geskokte stilte in die gehoor toe die Boki Ntsime uitgestem is, al was hy nog nooit onder die drie met die minste stemme nie.
Uiters musikaal met uitstekende stemme. Dís hoe die sangeres Mynie Grové van AmaGroove Music vanjaar se top-ses Idols-deelnemers opsom.
Idols-beoordelaar Mara Louw het om verskoning gevra ná haar gedrag op die reeks en, onder andere, Vodka en Red Bull die skuld gegee.
Talle Idols-kykers gewonder of Mara dronk was tydens die uitsending van dié program omdat sy “gedisoriënteerd” voorgekom het.
Idols se Sindi is onvoorspelbaar, speels en energiek – en sy het beslis daardie X-faktor. Sy is ook die verrassing in die Idols-pakkie.
Mara Louw is moedeloos. Sy kan net nie wen nie, sê dié Idols-beoordelaar wat ná die uitsending van die program weer midde-in ’n omstredenheid is.
Of hy nou melodramaties was of nie dramaties genoeg nie, die Idols-deelnemer Elvis Blue voel hy het weer eens sy beste probeer.
Elvis Blue is harig, het agt pote en sterk gif. Maar, anders as sy Idols-naamgenoot, kan dié Elvis Blue nie sing nie.
Die lang wag is verby vir Idols-aanhangers, want die eerste episode waarin ons die deelnemers gaan sien optree, is dié naweek.
Lipstiffie op Randall Abrahams se kop en Mara Louw wat ’n deelnemer wil aanneem - dís enkele van die verrassings wat in Idols op kykers wag.
Rapport het na die eerste Idols-episode gekyk en kykers kan hulle regmaak vir baie meer trane, hartseer én teleurstelling as in vorige jare.
Voornemende Idols wat in Kaapstad woon het nog 'n paar uur om voor te berei voor oudisies vir die nuwe Idols-seisoen begin.
Dis tyd om jou mikrofoon te gryp en jou stembande voor die spieël te oefen, want SA Idols kom terug. Hier is die oudisie-datums.
As La Toya Jackson 'n sê in die saak het, sal sy graag Simon Cowell se skoene wil vul as hy klaarmaak met American Idol.
Carrie Underwood, die American Idol-wenner wat sedertdien een van die reeks se topverkopers geword het, gee raad aan nuwe deelnemers.