Een toeris is dood en sowat 20 ander is beseer ná ‘n brand by ‘n groot hotel in Bangkok uitgebreek het.
‘n Professionele skaatsplankryer het die skilderye van die mure van ‘n hotel in New York afgeruk terwyl hy onder die invloed van alkohol was.
Die plaas Babylonstoren is deur Tatler-tydskrif benoem as een van die beste hotelle van 2012 en sy restaurant, Babel, is net so geprys.
Asië se oudste hotelgroep het ‘n groot stap geneem deur haaivin-produkte van sy spyskaarte af te haal in 'n opging om haaie te bewaar.
Gate in die mure, vensters vol koeëlgate en bloedvlekke op die marmertrappe is al wat oor is van die hotel in Muammar Gaddafi se tuisdorp.
‘n Nuwe hotel buite Parys bied besige stedelinge en geesdriftige toeriste nou die kans om ‘n luukse aand onder die sterre te geniet.
Die oggendkoerant wat baie hotelle soggens buite gaste se hotelkamers geplaas het is besig om iets van die verlede te word.
Die Cape Grace, een van Kaapstad se mees eksklusiewe hotelle, het ‘n unieke pakket saamgestel wat gaste 'n seldsame juweliersware-ervaring bied.
Paartjies in Nederland wie se huwelike op die rotse is kan nou by 'n egskeiding-hotel inboek en die proses binne 'n naweek afhandel.
Besoekers aan die Krugerwildtuin het niks te vrees oor die twee hotelle wat by die Skukuza- en Malelane-ruskampe beplan word nie.
Minstens 12 hotelle in Turkye word daarvan beskuldig dat hulle sjimpansees onwettig gevange hou en gebruik om toeriste mee te vermaak.
Die Protea-hotelgroep het 'n fonds gestig om hotelle in Suid-Afrika wat in finansiële moeilikheid is, oor te neem, het RSG berig.
Die Kruger Nasionale Park wag steeds vir die groen lig om voort te gaan met planne om twee hotelle in die wêreldbekende natuurreservaat te bou.
Die Golden Gate-hotel (ou Brandwag-hotel) het die groen weg gevolg. Dit is nie bloot opgeknap nie, maar ook meer omgewingsvriendelik.
Die Cape Milner-hotel was die algehele wenner in die akkommodasie-kategorie van die Welcome Awards by die Toerisme Indaba.
As jy dink jy is ‘n swak hotelgas omdat jy jou bed deurmekaar los en skottelgoed in die wasbak agterlaat, dink gerus weer.
Die Queen Victoria, ‘n klein luukse hotel met 35 kamers en ‘n boonste verdieping met ‘n presidensiële suite, het by die V & A Waterfront oopgemaak.
China beplan ‘n hotel in die vorm van ‘n onderstebo tafeltennisraket as deel van ‘n nuwe sportkompleks van R307 miljoen.
Die wêreld se hoogste hotel het sy deure in Hongkong oopgemaak, met indrukwekkende uitsigte oor die gewilde Victoria-hawe.
Die Rembrandt Hotel in Bangkok vat die konsep van 'groen' wees ‘n stappie verder met die nuutste interaktiewe dienste vir gaste.
Hotelle in Londen het begin om hul kamerpryse vir volgende jaar se Olimpiese Spele op te stoot, in sommige gevalle vyf keer die gewone prys.
Sjanghai se brandowerhede het geweier om die stad se eerste kapsule-hotel goed te keur omdat boumateriale nie veilig is nie.
GoTravel24 het gaan uitvind wat die Toerisme Graderingraad van Suid-Afrika se vereistes vir elkeen van die ster-graderings is.
Ons is besig om ons planeet só erg te besoedel, dat daar kompleet 'n hotel uit 12 ton se rommel in Madrid, Spanje, opgerig is.
Diegene wat in die middernagtelike ure oorval word van die honger, en graag kombuis toe wil sluip, sal behoorlik tuis voel in die Food Hotel.
Al ooit gewonder oor die lewe aan die ander kant van die tralies? Nou kan jy gaan loer, en sonder 'n polisierekord huis toe gaan.
Hotelle in New York is moeg vir hotelresensies op TripAdvisor wat alles onthul van neus-in-die-lug personeel tot vuil toilette...
Die Mandarin Oriental-hotel word nou uitgehuur teen sowat R4.6-miljoen per nag , maar dan's die hele hotel joune.
‘n Kaapstadse vyfsterhotel is deur die Verenigde State se konsulaat op die swartlys geplaas ná bewerings oor talle diefstalle.
Met die land wat krioel van sokkertoeriste, het CNN 'n lys van Suid-Afrika se ses hotelle opgestel, van snaaksste tot die grootste bederf.
Al ooit gewonder waar jy 'n Pretty Woman kan wees of Dirty Dancing kan doen? Hier's die hotelle waar dié flieks, en vele ander, geskiet is.
Het al op vakansie gegaan en iets vergeet? Vind uit wat die top vyf mees bisarre items is wat al in hotelkamers agtergebly het.
Ná ’n hotelskoonmaker se bewerings dat sy seksueel aangerand is, het hotelle New York ingestem om hul skoonmakers van paniekknoppies te voorsien.
'n Vierjarige meisie het in Hillbrow na haar dood geval ná sy deur 'n venster op 'n hotel se sesde verdieping gebars het.
Die gasvryheidsbedryf verwag ‘n “goeie” vakansieseisoen vir Kaapstad nadat verskeie hotelle en restaurante vanjaar hul deure gesluit het.
Ses mense het ernstige beserings opgedoen in ‘n gasontploffing by ‘n toeristehotel op die Spaanse Kanarie-eilande se Gran Canaria.
Vir die gesofistikeerde reisiger bied Kaapstad van die luuksste hotelle en vir bekendes is dit hierdie hotelle wat die trekpleister is.
Vir die sewende agtereenvolgende jaar is hotelle in Moskou as die duurste in die wêreld aangewys.
As jy moeg is vir dieselfde jaarlikse vakansie na Mosselbaai of Margate is dit dalk tyd vir ‘n vakansie in die ruimte.
Daar is hotelle in bome, in die vorm van seile, maar nou beplan Katar die wêreld se eerste amfibiese oord, kompleet met onderwater kamers.
Hoewel Londen byna 5,5 miljoen besoekers vir die 2012 Olimpiese Spele verwag, het die stad slegs sowat 120 000 hotelkamers.
Talle hotelle moes hul deure onlangs in Suid-Afrika sluit en daar word voorspel dat dié sektor waarskynlik nog talle moeilike maande kan verwag.
'n Nuwe funksie op 'n reiswebblad laat gebruikers toe om die perfekte hotel te vind deur na foto's van hotelgeriewe te soek.
Hoe het die Hangklip-hotel begin? Niemand weet regtig nie, maar die geboue is in 1939 deur ene John Pitt gebou...
Kaapstad se bemarkingorganisasie vir toerisme sê sy winter-toerismeveldtog kan slegs suksesvol wees as verskaffers bereid is om hul pryse te verlaag.
Namibië se eerste vyfster hotel het sy deure geopen na drie jaar se beplanning en bouwerk en beloof om ’n ekonomiese inspuiting te wees.
Twee mans is in hegtenis geneem ná hulle ‘n onbekende bedrag geld by ‘n hotel in Touws Rivier in die Wes Kaap gesteel het.
‘n Higiëne en sanitasie-maatskappy het gesê dat die gasvryheidsbedryf miljoene rande in hofsake kan verloor oor swak higiëniese standaarde.
Hotelgaste moet dalk nou twee keer dink voor hulle 'n hotel se snoesige kamerjapon of handdoek in hul tas pak.
Die wêreld se hoogste hotel het sy deure in Hongkong oopgemaak. Kry hier 'n eerste kykie van die binnekant en die asemrowende uitsigte.
Die reuse en gewoonlik besige ingangsportaal van die luukse Imperial Hotel in die hartjie van Tokio is nou skraps belig en byna leeg.
Dit laat mense altyd spesiaal voel as ‘n hotel ‘n sjokolade op hul kussing los, maar ‘n nuwe gier het die Ritz-Carlton in Dallas getref.
Met so baie verskillende hotelle oor die wêreld moet argitekte, ontwerpers en hotel-eienaars sorg dat hulle hotelle uitstaan.
Die Hilton-groep het een van Kaapstad se enigste hotelle wat nie alkohol verkoop nie, die Coral International, oorgekoop.
Gebruikers van die webwerf TripAdvisor het ander reisigers ‘n guns gedoen toe hulle Europa se tien vuilste hotelle aangewys het.
China se eerste kapsule-hotel het oor sy deure oopgemaak en kan dalk 'n nuwe mode word in die wêreld se digbevolkste land.
Ritz-Carlton het bevestig hulle nuwe hotel - die hoogste in die wêreld - gaan sy deure in Maart 2011 oopmaak.
Besoekers aan ‘n hotel in Stockholm sal eersdaags van selfone kan gebruik maak in plaas van sleutels om hotelkamerdeure oop te sluit.
Indien dit vir jou lekker klink om in 'n wigwam, op 'n olifant of in 'n bed van sout te slaap, is dié lys vreemde hotelle vir jou.
‘n Vyfster-hotel in Kaapstad is deur die VSA se konsulaat op 'n swartlys geplaas nadat verskeie amptenare diefstal daar aangemeld het.
Hotel Formula 1, wat leiers is in innoverende, lae-koste hotelle is, het onlangs die akkreditasie van een ster gekry.
Beplan jy 'n besoek aan Knysna? Bederf jouself dan met 'n aand of twee in die Tuinroete se lekkerste hotelle, lodges en gastehuise.
Sommige bekendes kies om hul geld op alternatiewe maniere te maak, soos om 'n hotel of twee te koop.