Robert Mugabe, omstrede president van Zimbabwe, het sy land se jeug aangemoedig om Westerse waardes te verwerp.
’n Kuberstorm het losgebars om die kop van die bekende radiodominee Riekert Botha na aanleiding van sy standpunt oor homoseksualiteit.
Die NG Kerk sê 'n lesbiese teologiestudent mag nie op die preekstoel staan nie want sy wil nie by hul beleid hou nie.
‘n Hof in die stad Yaounde het drie Kameroense mans tot vyf jaar tronkstraf gevonnis omdat hulle gay seks gehad het.
‘n Nuwe, omstrede slimfoon-program beweer dit kan die gebruiker met twintig eenvoudige vrae "finaal laat wéét of jou seun gay is of nie".
‘n Beleid wat openlike homoseksualiteit in die Amerikaanse weermag verban het, is ná bykans twee dekades amptelik afgeskaf.
Godsdienstige polisielede in Indonesië sê hulle het ‘n lesbiese paartjie gedwing om te skei en hulle onder toesig geplaas.
Twee vroue, albei oumas, het die Amerikaanse staat New York se eerste wettig getroude paartjie van dieselfde geslag geword.
Nepal se statistiekburo gee nou amptelike erkenning aan ‘n sogenaamde derde geslag – homoseksuele en mense wat transgender is.
Twee jong gay mans is uit ‘n kroeg uitgegooi toe hulle mekaar begin soen het. Sedertdien het dié paartjie roem verwerf op die internet.
Burgerlike verbintenis vir mense van dieselfde geslag is nou wettig in Hawaii, maar dié paartjies word nog nie toegelaat om te trou nie.
GLBT History Museum, die VSA se eerste gay museum, gaan in San Francisco, wat as ‘n mekka vir alternatiewe leefstyle bekend staan, oopmaak.
‘n Gay paartjie wat in Texas wou trou, het ten spyte van dié staat se wetgewing, die seremonie voltooi deur Skype te gebruik.
‘n Koerant in Uganda het ‘n lys van die land se “top” 100 homoseksuele mans gemaak, met die woorde “hang hulle” langsaan geskryf.
Swart gays is deesdae geneig om op ’n vroeër ouderdom as hul wit eweknieë uit die kas te klim, volgens 'n meningspeiling van Unisa.
John Waters, die akteur van die fliek Hairspray, het ‘n voorstel hoe die gay en lesbiese gemeenskap huweliksgelykheid kan aanmoedig.
Rudi Claasen en Corlea Botha van Ons Lieflinge het geglo hul loopbaan sou verby wees as die publiek uitvind Rudi is met ’n man getroud.
‘n Voormalige Rotariër wat eis dat drie Rotariërklubs teen hom gediskrimineer het omdat hy homoseksueel is het die saak hof aangepak.
Zimbabwe sal hom nie steur aan mense wat eis dat regte vir gay mense deel van dié land se konsepgrondwet moet wees nie.
Die Malawiese gay paartjie wat deur hul president vrygelaat is, beskryf hom as ‘n “pa wat omgee” en ‘n president wat “verdraagsaam” is.
Twee gay mans wat in Malawi tot tronkstraf gevonnis is, is deur dié lande se president kwytgeskeld en sal vrygelaat word.
Die vonnisoplegging van die Malawiese gay paartjie het wêreldwye kritiek gekry nadat hulle met 14 jaar se tronkstraf gevonnis is.
Menseregte-aktiviste het die vonnisoplegging van die Malawiese gay paartjie as “verregaande” en ‘n “skending van menseregte” beskryf.
Amnestie Internasionaal (AI) wil hê die Malawiese gay paartjie wat van onnatuurlike dade en onsedelikheid skuldig bevind is, moet dadelik vrygelaat word.
Die bekende strokiesprent Archie wat die lewe van Archie Andrews en sy maats vertel, gaan 'n nuwe karakter wat openlik gay is, voorstel.
Drie Britse tienermeisies is in die hof ná hulle glo te veel gedrink het en 'n gay man oor sy seksualiteit doodgeskop het op Trafalgar-plein.
Die bekroonde gospelsangeres, Jennifer Knapp, het erken dat sy in ‘n lesbiese verhouding is ten spyte van haar Christelike geloof.
Kerkleiers het in Malawi vergader om die idee van paartjies van dieselfde geslag te verstaan, slegs dae voor twee mans dalk tronkstraf opgelê kan word.
'n Kerkvader in Rusland het gesê die kerk beskou homoseksualiteit as 'n sonde maar dat daar nie teen mense diskrimineer moet word nie.
Die storm rondom die American Idol Adam Lambert se wulpse danspassies het nou ook na die gay gemeenskap versprei.
Swede se Lutherse kerk het besluit om vanaf volgende maand homoseksuele huwelike uit te voer nadat dit in die land gewettig is.
Ramey Short, beter bekend as dr. Quinton Meyer in die sepie Binneland, is deur die gay-gemeenskap as die aantreklikste man aangewys.
Pres. Barack Obama en Hillary Clinton het diplomate in Genève, Switserland, oor gay regte en diskriminasie toegespreek.
Rusland se adjunk-premier het na bewering gesê federale wetgewers moet ‘n omstrede anti-gay-wetsontwerp oorweeg.
Die rubriekskrywer wat voorgestel het dat die duiwel verantwoordelik is vir homoseksualiteit het uit sy pos bedank.
’n Amerikaanse vlootoffisier en sy lewensmaat het getrou net nadat 'n omstrede wet van 18 jaar amptelike herroep is.
Brittanje gaan die verbod op homoseksuele bloedskenkers lig, mits hul laaste seksuele kontak met ‘n ander man meer as ‘n jaar gelede was.
Sowat 60 lesbiese paartjies gaan later vandeesmaand afhaak in Taiwan se grootste troue van mense van dieselfde geslag.
Ghulam Nabi Azad, Indië se minister van gesondheid, het homoseksualiteit as ‘n “siekte” bestempel wat van die Weste af ingevoer is.
‘n Hooggeregshof in Brasilië is ten gunste daarvan om gay paartjies dieselfde wettige regte as getroude heteroseksuele paartjies te gee.
‘n Katolieke skool in Queensland, Australië, het ‘n seminaar wat homoseksualiteit wil “genees” op hul kampus verban.
Singapoer se sensuurraad weier dat ‘n Oscar-benoemde film, wat gaan oor ‘n lesbiese verhouding, by algemene teaters gewys word.
Paniek heers onder gays en lesbiërs in Kenia ná opmerkings deur die eerste minister dat homoseksuele mense gearresteer moet word.
‘n Hooggeregshof in Uganda het ‘n koerant beveel om die publisering van die identiteite van homoseksuele in dié land, stop te sit.
Agt bendelede wat in hegtenis geneem is nadat hulle twee tienerseuns en ‘n man gemartel het, is aangekla van haat-misdade.
Duisende mense het aan Afrika se grootste viering van gay trots, wat bewustheid oor die vervolging van gays wil kweek, deelgeneem.
Toe die media begin navraag doen oor Rudi Claase se gay huwelik, was hy baie ontsteld en het die sangeres Juanita du Plessis gaan raad vra.
‘n Verbod op homoseksuele persone wat openlik kan dien in die Amerikaanse weermag is ongrondwetlik, het ‘n federale regter beslis.
Bio-etici beskuldig ‘n pediater van wat hulle beweer die eerste poging is om homoseksualiteit en biseksualiteit in die baarmoeder te voorkom.
Argentinië het gay-huwelike wettig gemaak; die eerste land in Latyns Amerika om gay paartjies dieselfde regte as heteroseksueles te gee.
Bingu wa Mutharika, president van Malawi, sê Malawi se mense moet ophou praat oor die vrygelate gay paartjie se “satanistiese” troue.
Een van die twee gay mans wat verlede week in Malawi met tronkstraf gevonnis is, is na ‘n ander tronk toe geneem, het ‘n gay regte-aktivis gesê.
Terwyl die gay Malawiese paartjie hul tronkstraf van 14 jaar begin uitdien, het Zambië ook in die kollig beland oor hul hantering van gay mense.
Die Malawiese gay paartjie wat skuldig bevind is van onnatuurlike dade en onsedelikheid is met die maksimum straf van 14 jaar gevonnis.
‘n Gay paartjie in Malawi is skuldig bevind van "onnatuurlike dade en onsedelikheid" nadat hulle by hul verlowingspartytjie in hegtenis geneem is.
'n Groep wat gay regte beskerm het die BCCSA gekritiseer aangesien hulle glo ingestem het om "gay" as 'n neerhalende term te gebruik.
Een van die mees prominente lesbiese paartjies in Amerika het besluit om te skei nadat hul nege jaar lank saam was.
Die gewilde Ricky Martin ontken nie meer die vele gerugte oor sy seksuele oriëntasie nie: Dié mooi man is inderdaad gay.
Die gay regte groep SA Glaad het die aanstelling van Jon Qwelane as SA ambassadeur in Uganda sterk veroordeel.
Die Ugandese regering oorweeg ‘n wet waarvolgens 'erge homoseksuele oortreders’ met die doodstraf gevonnis kan word.
Twee mans het Australië se eerste gay paartjie geword om in die huwelik te tree nadat die huwelikswette in die land verander het.