Anders Behring Breivik (32), die Noor wat 77 mense in twee aanvalle doodgeskiet het, het ’n hof gevra om hom onmiddellik vry te laat.
Plaaslike amptenare moet nog in kennis gestel word oor of Shrien Dewani se appèl teen sy uitlewering na Suid-Afrika suksesvol was.
Bheki Cele het aan die hooggeregshof in Johannesburg gesê hy kan nie onthou dat hy aan polisiebeamptes gesê het om te “skiet om dood te maak” nie.
Mavericks het versoek dat die Wes-Kaapse hooggeregshof die terugtrekking van sy korporatiewe permitte as ongrondwetlik verklaar.
Die saak van ‘n 68-jarige karate-instrukteur wat tereg staan op aanklagte dat hy sy studente aangerand het, is uitgestel.
Die IVP en Cope se poging om die regering se hantering van die Dalai Lama se visum-aansoek ongrondwetlik te laat verklaar, het misluk.
‘n Karate-instrukteur verskyn weer in die hof verskyn op aanklagte dat hy sy studente tydens hul klasse aangerand het.
’n Pretoriase man eis ongeveer R64 000 van ’n gebruiktemotorhandelaar nadat die voertuig wat hy gekoop het glo skade van duisende rande gehad het.
‘n Man wat daarvan beskuldig word dat hy die lewens van ses mense geëis het toe hy beheer oor sy motor verloor het, het in die hof verskyn.
Die Noord-Kaap se ANC-voorsitter John Block sal in die hooggeregshof in Kimberley verskyn op aanklagte van bedrog.
Julian Assange, stigter van WikiLeaks, se verhoor van twee dae by Engeland se appèlhof het begin. Uitspraak word eers oor 'n paar weke verwag.
Die Krugersdorp-streekhof het beslis dat die media foto’s van die vermeende Sondagverkragter, Johannes Jacobus Steyn, mag publiseer.
’n Vlieënier wat beweer nege senior offisiere het hom in die lugmag geviktimiseer, sê hy moes vir sy meerderes tee maak.
'n Groep betogers met plakkate waarop negatiewe slagspreuke oor Eugene Terre'Blanche geskryf is het buite die hof in Ventersdorp saamgekom.
Die vrou van die vermoorde AWB-leier, Eugene Terre'Blanche, het bewerings dat hy een van die moordbeskuldigdes gesodomiseer het, verwerp.
Die saak teen die voormalige hoof van die Landbank, Philemon Mohlahlane, wat tereg staan op aanklagte van bedrog en vervalsing, is uitgestel.
Die hofsaak teen ’n Unisa-professor wat glo twee hawelose mans kort ná Kersfees verkrag het, is in die Pretoriase streekhof uitgestel.
Opleiding in die toepassing van die Kindergeregtigheidswet is tydens die Eugene Terre'Blanche-moordverhoor opgebring.
Donovan Moodley sê aanklaers wat nie die bewyse met sy beëdigde verklaring laat ooreenstem het nie, het tot sy skuldigbevinding gelei.
Die dissiplinêre verhoor van die kardioloog dr. Wouter Basson by die raad op gesondheidsberoepe in Pretoria gaan voort.
Die veroordeelde moordenaar Donovan Moodley het sy uitgerekte argument begin as deel van sy aansoek om herverhoor te word.
Die departement van omgewingsake moet in die hof sy besluit verdedig om ’n multimiljoenrand-bandeherwinningsplan toe te ken.
'n Bekende advokaat wat onder meer die f-woord in ’n verhoor in die Vrystaatse hooggeregshof gebruik het, is ernstig op die vingers getik.
‘n Saak van aanranding teen ‘n groep leerders van Parktown Boys’ High is vir die tweede keer van die hofrol geskrap.
Die Valke wou nie enige inligting bekend maak oor Nico Henning wat die hoofverdagte in die moord op sy vervreemde vrou, Chanelle, is nie.
Nico Henning is in die streekhof ten tyde van die getuienis in die saak as ’n moontlike verdagte in die moord op Chanelle Henning geïmpliseer.
‘n Karate-instrukteur van Fourways het in die Randburg-landdroshof verskyn op aanklagtes van seksuele aanranding van sy studente.
Die eienaar van ‘n gastehuis in Centurion is vrygespreek van moord nadat hy ‘n sekuriteitswag in die hand gebyt en die man gesterf het.
Vyf mans, wat beskuldig word van die moord op ‘n paartjie van Tongaat, het in die Verulam-landdroshof verskyn
Twee mans het in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn nadat hulle glo ‘n groen laserstraal op helikopters in die gebied gerig het.
‘n Vrou wat na bewering haar tweejarige seun, Tariq Jacobs (2), vermoor het, het in die Mitchells Plain-landdroshof verskyn.
Tando Mabunu het haar prokureur, Wesley Hayes, opdrag gegee om 'n aansoek vir minagting van die hof teen Mandla Mandela en sy vrou in te dien.
Nelson Mandela se dogter Zindzi moet R62,1 miljoen vir kontrakbreuk aan 'n bokspromotor van Los Angeles betaal, het 'n regter beslis.
Die vyf appèlregters wat bevind het dat adv. Menzi Simelane uit sy pos verwyder moet word, het 15 regs- en feitefoute in hul uitspraak gemaak.
'n Verpleër wat daarvan beskuldig word dat hy 'n kankerpasiënt verkrag het, het in die Bleomfontein-landdroshof verskyn.
Die veroordeelde moordenaar Jacob Humphreys sal Kersfees saam met sy gesin deurbring nadat sy borgtog verleng is.
Gert Conradie en Maritza Laubscher van Boer soek ’n vrou-faam is op Robertson getroud, maar geen wittebrood wag op die pasgetroudes nie.
’n Amerikaanse weermagintelligensie-ontleder wat daarvan beskuldig word dat hy dokumente aan WikiLeaks verskaf het, het in die hof verskyn.
Die Britse sakeman Shrien Dewani sal tot volgende jaar moet wag om te hoor of hy aan Suid-Afrika uitgelewer word.
Reinach Tiedt en Gert van Schalkwyk, eens deel van die sogenaamde Waterkloof- vier, het weer in die Zonderwater-gevangenis geslaap.
Die Britse sakeman Shrien Dewani sal geskik wees om in Suid-Afrika verhoor te word, het 'n hof in Londen gehoor.
“The bitch has the baby this weekend.” Dié woorde van die vermeende meesterbrein agter die moord op Chanélle Henning het haar dood uitgestel.
Twee polisiebeamptes wat daarvan beskuldig word dat hulle 'n vrou van Paulshof verkrag het, sê hulle wil gaan vir berading.
Drie mans verskyn Woensdag in die hof in verband met die moord op die 26-jarige Chanelle Henning van Faerie Glen, Pretoria.
’n 19-jarige student wie se baba volgende jaar gebore word, het ’n hofbevel verkry wat die pa van haar kind dwing om ’n rits betalings te doen.
Die voormalige polisiekommissaris, Jackie Selebi, is in die Steve Biko-staatshospitaal in Pretoria vir verdere behandeling opgeneem.
Twee polisiesersante sal na verwagting in die hof verskyn nadat hulle glo 'n vrou in Fourways, noord van Johannesburg, verkrag het.
Die Wes-Kaapse hooggeregshof sal na verwagting slotbetoë aanhoor in die moordverhoor van die taxibestuurder Jacob Humphreys.
Die departement van korrektiewe dienste sê dit is te gou om Jackie Selebi, voormalige nasionale polisiehoof, vir mediese parool te oorweeg.
Majoor Moses Segapho, ‘n ondersoekbeampte in die Molemo “Jub Jub” Maarohanye-moordsaak, is in 'n plakkerskamp in Soweto doodgeskiet.
Twee vroulike aktiviste in Saoedi-Arabië het eise teen die regering ingestel omdat hulle verbied word om 'n motor te bestuur.
Die beampte wat die moord op die regse leier Eugene Terre’Blanche ondersoek, is daarvan beskuldig dat hy die twee beskuldigdes mislei het.
Die uitleweringsaak van die vermeende Serwiese voortvlugtige, Dobrosjav Gavric is van die hofrol geskrap, het Die Burger berig.
Die verhoor teen 41 Libiese mans wat daarvan verdink word dat hulle Muammar Gaddafi gehelp het om 'n einde te bring aan die opstande, is uitgestel.
Die uitvoerende hoof van ‘n hospitaal in die Noordwes en sy vriend sal op aanklagte van statutêre verkragting in die hof verskyn.
Die ondersoekbeampte in die Eugene Terre’Blanche-moordsaak het glo gedreig om een van die beskuldigdes dood te maak.
Bongani Moyo, wat van roof beskuldig word, sal in die Pretoria-landdroshof verskyn nadat hy uit aanhouding ontsnap het.
‘n Man van die Amerikaanse staat Utah word van manslag aangekla nadat sy kinderoppasser ‘n oordosis dwelms geneem en gesterf het.
‘n Polisiekonstabel se vaardigheid om te lees is tydens die die moordverhoor van die mans wat Eugene Terre'Blanche vermoor het bevraagteken.
Daar is steeds talle onbeantwoorde vrae oor die moord op die student Leigh Matthews, het haar ouers, Rob en Sharon, gesê.
Die jeugdige wat aangekla word van die moord op Eugene Terre’Blanche ontken dat 'n handtekening op ‘n polisieverklaring syne is.
Die man wat daarvan aangekla word dat hy Louise de Waal van Roodepoort vermoor het, sal weer in die Krugersdorp-landdroshof verskyn.
Die veroordeelde moordenaar Donovan Moodley sal hoor of die hooggeregshof in Johannesburg sy aansoek om 'n herverhoor sal toestaan.
Martie Terre’Blanche het haar man glo met egskeiding gedreig, is in die hooggeregshof in Ventersdorp in die Noordwes gehoor.
Julian Assange, stigter van WikiLeaks, se verhoor by Engeland se appèlhof skop binnekort af in 'n poging om sy uitlewering aan Swede teen te staan.
Martie Terre’Blanche het die moordtyding oor haar man, Eugène, op 3 April 2010 gekry toe ’n radiostasie haar daaroor gebel het.
Die Nigeriese terreurverdagte Henry Okah het in die Hooggeregshof in Johannesburg verskyn, waar sy verhoor uitgestel is.
‘n Groep AWB-ondersteuners het buite die hooggeregshof op Ventersdorp saamgekom waar die moordverhoor van Eugene Terre'Blanche hervat word.
Donovan Moodley se aanklaer het die hof gemaan om die veroordeelde moordenaar se aansoek om herverhoor te word, te verwerp.
Die man wat lewenslange tronkstraf uitdien weens die moord op Leigh Matthews, het al drie kanse gehad om die waarheid te vertel.
Die veroordeelde moordenaar Donovan Moodley sal in die Johannesburgse hooggeregshof aansoek doen om 'n herverhoor.
Die saak teen Chanélle Henning se vermeende moordenaars is op die getuienis van twee selferkende dwelmverslaafdes gegrond.
‘n Sluier van geheimhouding is getrek oor die appèlverhoor van die voormalige ANC-jeugliga pres. Julius Malema, wat glo afgeskop het.
Dr. Conrad Murray, Michael Jackson se persoonlike dokter, hoef nie meer $100 miljoen as vergoeding aan die Jackson-familie te betaal nie.
Hosni Mubarak se regsverteenwoordigers meen die Egiptiese weermag is verantwoordelik vir betogers se sterftes tydens opstande.
Ses jeugdiges wat twee meisies glo tydens ‘n sataniese ritueel aan die brand gesteek het, sal op 2 Februarie weer in die hof verskyn.
Die verhoor van ‘n 24-jarige man wat glo betrokke was in die moord op Chanelle Henning is tot 16 Februarie uitgestel.
'n Ma wat haar 11-jarige dogter verkrag en dit verfilm het as 'n vorm van "seksonderrig" is tot vier jaar tronkstraf gevonnis.
Die ANC se vroueliga (ANCWL) het liedere buite die Modimolle-landdroshof voor Johan Kotzé se eerste hofverskyning gesing.
Zulpha Jacobs (30), vermeende moordenaar van haar tweejarige seun, Taariq, is bang dat die gemeenskap haar in ’n wraakaanval kan doodmaak.
Die jongste strydpunt om die regbank is ontketen toe hoofregter Mogoeng Mogoeng kaalvuis ingeklim het onder oudregters.
'n Man sal in die Kaapstadse landdroshof verskyn nadat dwelms, haaivinne en onwettige diamante in sy besit gevind is, het die polisie gesê.
Die tronkstraf van Ruby Marais, wat haar man laat vermoor het, is deur die Wes-Kaapse hooggeregshof tot 20 jaar verminder.
'n Chinese burger wat vir die onwettige besit van ivoor gearresteer is weier om sy vingerafdrukke te laat neem omdat hy onskuldig wil pleit.
'n Kaptein van die Valke wat van korrupsie beskuldig word, is in die Kaapstadse landdroshof borgtog van R10 000 toegestaan.
Die bloedmonsters van Zizi Kodwa, presidensiële woordvoerder, toon dat hy nie gedrink het toe hy in hegtenis geneem is nie.
n Man is in hegtenis geneem in verband met die moord op 'n vrou en haar twee dogters by Kameelsfontein in Pretoria, het die polisie gesê.
Die Noord-Gautengse hooggeregshof het beslis dat twee lede van die sogenaamde Waterkloof-vier onmiddellik in korrektiewe toesig vrygelaat word.
Die besluit om parool aan twee lede van die sogenaamde Waterkloof-vier toe te staan is onwettig en moet teengestaan word, het die DA gesê.
Die konstitusionele hof het beslis dat die ministerie van polisie verantwoordelik is vir die optrede van 'n beampte wat 'n meisie verkrag het.
Die polisie is besig om telefoonrekords van André Gouws na te gaan om die meesterbrein agter die sluipmoord op Chanelle Henning vas te trek.
'n Duitse hof het 'n voormalige F-16 vegvlieënier tot vyf jaar tronkstraf gevonnis nadat hy probeer het om staatsgeheime te verkoop.
Gerhardus du Plessis en sy medebeskuldigde Willem Pieterse is 18 jaar tronkstraf opgelê weens die moord op Chanelle Henning.
Shrien Dewani (31), wat sy uitlewering aan Suid-Afrika beveg, kan weens sy geestesiekte nie reken op ’n regverdige verhoor in Suid-Afrika nie.
Die vrou wat na bewering haar twee kinders by 'n winkelsentrum in 'n motor gelos het, is op borgtog van R2 000 vrygelaat.
'n Brit wat in die tronk is nadat hy sy vrou vermoor en haar lyk in 'n meer in Frankryk gegooi het, se derde verhoor het begin.
'n Vrou wat na bewering haar twee kinders by 'n winkelsentrum in 'n motor gelos het sal na verwagting in die Vereeniging-landdroshof verskyn.
'n Man is skadevergoeding van R1,7 miljoen toegeken nadat hy van 'n bakkie af geslinger is toe dié voertuig 'n slaggat getref het.
Esmare Weideman, hoof van Media24, is 'n stywe boete opgelê ná sy in 2008 'n artikel met bewerings oor die sanger Jurie Els gepubliseer het.
'n Voormalige skoolonderwysers is 25 jaar tronkstraf opgelê nadat sy vyf mans gehuur het om haar man dood te maak, het die polisie gesê.