Vriende van ‘n visskieter wat in Brisbane verdrink het, het ten spyte van ‘n haai wat hulle omsingel het, hul vriend se lyk uitgeduik.
‘n Lyfplankryer het gesterf toe twee haaie hom by Koeëlbaai tussen Gordonsbaai en Rooi-Els aangeval het, het paramedici gesê.
'n Haaiwaarskuwing is langs die Suid-Kaapse kus uitgereik, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
’n Haaikenner wat haaie aan die kus van SA vang en met elektroniese opspoorders merk, is deur seeliefhebbers oor sy metodes aangevat.
Vissermanne en branderplankryers by Muizenbergstrand in Kaapstad is haaks oor vissersnette wat by ‘n swemstrand ingegooi is.
Twee tieners het ‘n noue ontkoming gehad toe haaie hulle binne minute van mekaar by die New Smyrna-strand in Florida aangeval het.
‘n Middeleeuse medaljon, wat uit die 11de eeu dateer, is in die maag van ‘n babahaai in die suide van Maleisië gevind, het ‘n nuusberig gesê.
Mense op die kus by St. Francis-baai in die Oos-Kaap moet op hul hoede wees nadat ‘n witdoodshaai daar gesien is, het die NSRI gesê.
Omtrent 400 robwelpies het in Valsbaai en Kommetjie uitgespoel, het die Stad Kaapstad se rampbestuur-eenheid gesê.
Die owerheid in Australië het jag gemaak op ’n haai wat ’n duiker verskeur het. Daar word ook oorweeg om dié groot roofdiere uit te dun.
‘n Branderplankryer het hom amper doodgeskrik toe sy branderplank iets hards tref en hy hom op die rug van ‘n grootwithaai bevind.
Minstens vier haaie is die laaste paar uur langs strande in Valsbaai gewaar, en die publiek is weereens gewaarsku om versigtig te wees.
‘n Franse diplomaat wat in Papoea-Nieu-Guinee werk, is per helikopter na Australië geneem nadat ‘n haai hom aangeval het.
Sy Springbokke kan daarvan vergeet dat hulle ’n vrypas na die Curriebeker-span gaan kry, het John Plumtree, die breier van die Haaie, gesê.
’n Video-opname wat ’n groot hond, haaie en ’n dooie doegong bevat, het miljoene kykers sedert 1 Junie na YouTube gelok.
‘n Skatkis van honderde nuwe spesies is in die Filippyne ontdek, insluitende ‘n haai wat homself “opblaas” om roofdiere af te skrik.
Navorsers hetbevestig oerhaaie het ‘n smaak vir dié delikate lekkerny gehad, maar 'n harde dop het ‘n paar tande geëis.
Vishoek se strand is vir baaiers gesluit nadat vier haaie daar in die see gesien is. Een haai is gesien waar hy ’n rob verslind.
Die departement van omgewingsake is min beïndruk deur ’n video waarin ’n withaai glo mishandel word tydens ’n hokduik-voorval naby Gansbaai.
Die Stad Kaapstad het ‘n haai-waarskuwing uitgereik as gevolg van hoë aktiwiteit in die westelike deel van Valsbaai.
Die Haaie is as 2010 se Curriebeker-kampioene gekroon na 'n skitterende vertoning teen die Westelike Provinsie op hul tuisveld in Durban.
Die Haaie het genoeg ervaring om weer die Curriebeker te wen en diegene wat onseker is, hoef maar net ná die speler langs hom te kyk vir inspirasie.
Die Springbok-legende, Danie Gerber, sit sy geld op die Westelike Provinsie om as vanjaar se Curriebeker-kampioene gekroon te word.
WP-breier Allister Coetzee, het pro-aktief opgetree om te verseker dat daar nie weer misverstande tussen sy span en blaser Craig Joubert sal wees nie.
WP-breier Allister Coetzee het dieselfde span wat die Cheetahs op Nuweland geslag het, gekies om in die Curriebeker-eindstryd teen die Haaie uit te draf.
Die Haaie se breier, John Plumtree, het sy bedenkinge oor die Westelike Provinsie se spel by die afbreekpunte uitgespreek.
Die Haaie het aangekondig dat Absa besluit het om ná elf jaar hul borgskap van die Absa-stadion in Durban te beëindig.
Gio Aplon se vlugvoetigheid word teen Lwazi Mvovo se krag in ’n vleuel-stryd vir die fynproewers in die Curriebeker-eindstryd in Durban opgeweeg.
Vergeet maar van ’n doellose geskop in die Curriebeker-eindstryd, want besit sal vir sowel die Haaie as die WP goud werd wees.
Dit was ’n klassieke geval van die spreekwoordelike stilte voor die storm toe die WP by hul sentrum vir uitnemendheid in Bellville litte losgemaak het.
Die Haaie se breier, John Plumtree, gaan hom nie sit en verknies oor die feit dat hy 11 van sy spelers in die aan die Bok-oefenkamp moet afstaan nie.
In ’n epiese stryd het die voormalige kampioene – wat laas in 2008 die Goue Beker omarm het – die verdedigende kampioene van hul titel ontneem.
Die Haaie is deur na die Curriebeker-eindstryd nadat hulle op dominerende wyse met die Blou Bulle in Durban afgereken het.
Die breier van die Haaie, John Plumtree, het sy sterkste moontlike span gekies vir die Curriebeker-halfeindstryd teen die Blou Bulle in Durban.
Frans Ludeke, het die Springbok-agsteman Pierre Spies op die plaasvervangersbank gekies vir die Curriebeker-halfeindstryd teen die Haaie in Durban.
Die sewe drieë teen Griekwas, met die meeste van hulle uit eerstefase-besit, wys hoe gevaarlik die Bulle kán wees as hul agterlyn aan die loop gaan.
Dis die Haaie teen die Blou Bulle in Durban en die Westelike Provinsie teen die Vrystaatse Cheetahs op Nuweland in Saterdag se Curriebeker-halfeindstryde.
Dit raak al ’n cliché om na die oomblik te verwys wat die gety in Dunedin gedraai het, maar sal die ware Ricky Januarie asseblief sy kleure op Nuweland wys!
Ons gaan Kaap toe om die WP te keer om ’n tuis-halfeindstryd te kry.” Dit is die boodskap wat John Plumtree, die Haaie se afrigter, vir die Streeptruie het.
Die Blou Bulle het die Haaie ’n groot guns bewys deur die Westelike Provinsie op Loftus Versfeld in Pretoria te klop.
Die afrigter van die WP het in geen onduidelike terme nie uitgestippel wat van sy span verwag word in die Curriebeker-stryd teen die Haaie op Nuweland.
Ryan Kankowski is vir 'n week geskors nadat hy vir vuilspel in die Curriebeker-stryd tussen die Haaie en Leeus op Coca-Colapark uitgewys is.
Die Springbok-sewesspeler Lionel Mapoe moet hom weer by die Vrystaatse Rugbyunie aansluit, het die hooggeregshof beveel.
Die Leeus het die Haaie in die doodsnikke van 'n klipharde Curriebeker-stryd op Coca Cola-park in Johannesburg geklop.
Die breier van die Haaie, John Plumtree, het 'n onveranderde span vir die Curriebeker-kragmeting teen die Leeus in Johannesburg aangekondig.
Die Vrystaat, wat die vierde plek beklee, het waarskynlik die maklikste pad vorentoe met wedstryde teen die Pumas, die Leeus en die Luiperds.
Wanneer Barnie de Klerk oor haaiduik praat, raak hy skoon liries, en dié gesoute duiker meen die reis see toe is gevaarliker as die swem self.
Verbeterde eindpogings hou die Vrystaat op koers om die vierde jaar agtereenvolgens tot die halfeindronde van die Curriebeker-reeks deur te dring.
Die Haaie het hul eerste posisie op die Curriebeker-punteleer verstewig met 'n bonuspunt oorwinning teen die Pumas in Witbank.
Die Bulle het dalk weer ná hul Haaie-sege ’n huppel in hul stap, maar die Vrystaat sal self met ’n glimlag vir die Curriebeker-stryd teen die Ligbloues slyp.
Navorsingspermitte is heruitgereik aan Chris Fischer en ander wetenskaplikes wat ’n TV-dokumentêr oor haaie vir National Geographic maak.
Baaiers mag nie by Scottburgh aan die KwaZulu-Natalse suidkus swem nie, aangesien die haainette tydelik verwyder is.
Die munisipaliteit van Knysna het 'n haaiwaarskuwing uitgereik nadat die karkas van 'n walvis op die strand by Buffelsbaai uitgespoel het.
'n Groep aktiviste het 'n petisie begin om 'n einde te bring aan die planne van 'n filmmaker van die VSA wat haaie in Valsbaai wil merk.
‘n Waarskuwing is uitgereik oor ‘n moontlike toename in die hoeveelheid haaie by Valsbaai se strande as gevolg van visaktiwiteit.
Keernette gaan vir die eerste keer aan die Kaapse kus gespan word om mense teen aanvalle deur grootwithaaie te beveilig.
Die aantal grootwithaaie, asook die genetiese diversiteit van dié visse, word deur navorsers aan die Universiteit Stellenbosch ondersoek.
Australiese wetenskaplikes het die ontdekking van 'n basterhaai verwelkom en gesê dié dier is moontlik die eerste van sy soort.
Asië se oudste hotelgroep het ‘n groot stap geneem deur haaivin-produkte van sy spyskaarte af te haal in 'n opging om haaie te bewaar.
Die Haaie se agttal het beheer geneem in die tweede helfte en die lewe uit die Bloemfonteiners gewurg deur hulle met 20-13 te klop.
Die Marshall-eilande het ‘n bewaringsgebied vir haaie geskep wat oor meer as twee miljoen vierkante kilometer strek.
‘n Beskermende chemiese stof gevind in haaie kan ‘n wapen teen virale infeksies by die mens wees, het nuwe navorsing bevind.
Die eerste plaaslike studie oor die herstelvermoë van ’n gewonde witdoodshaai het opslae gemaak en sal in 'n vaktydskrif verskyn.
Die Haaie kon daarin slaag om die Cheetahs se aanslag in die tweede helfte af te weer om dié span 43-34 in Durban te klop.
Die Haaie se Curriebeker-seisoen het op 'n hoë noot afgeskop met 'n oorwinning oor die Blou Bulle in Durban.
‘n Enkele rifhaai kan byna $2 miljoen (sowat R13 miljoen) in toerisme-inkomste werd wees in sy leeftyd, het ‘n studie getoon.
Drie vissermanne in die Golf van Mexiko het hulle boeglam geskrik toe ‘n reuse mako-haai in hulle boot inspring.
Vishoek-strand is gesluit nadat vier haaie raakgesien is. Die wit vlag is ook gehys om mense te waarsku om nie die water binne te gaan nie.
Die Haaie se skrumskakel, Rory Kockott, speel aanstaande jaar weer vir die Leeus nadat hy in 2006 sy buiging vir die Leeus teen die Haaie gemaak het.
Volgens 'n berig op OFM-radio se webtuiste het die Springbok-sewesspeler, Lionel Mapoe, hom by die span van die Leeus aangesluit.
’n Brandende begeerte... en koelkop onder druk. Dít is die wenresep vir vandag se Curriebeker-eindstryd tussen die Haaie en die WP.
In die volgende maand kan die vraag of Bryan Habana 'n kwynende superster of steeds die bobaas-vleuel van ouds is straks beantwoord word.
Die Haaie se John Plumtree het slegs een verandering gemaak aan die span wat in die Curriebeker-eindstryd teen die WP in Durban gaan uitdraf.
Terwyl die Cheetahs en die Haaie weer in die hooggeregshof oor Lionel Mapoe baklei, het die Leeus nou ook as ’n moontlike tuiste na vore getree.
Stefan Terblanche se vriende sal jou vertel watter aangename mens die Haaie-kaptein is. Vriendelik, goedgemanierd en uiters professioneel.
Die Springbok-slot Johann Muller glo die Haaie gaan net soos in 2008, die span wees wat die Curriebeker omhoog gaan hou.
Twee opwindende jong spelers van die Haaie, Pat Cilliers en Michael Rhodes, is van hul kontrakte vrygestel om aanstaande jaar vir die Leeus te speel.
Die Haaie wil maksimum voordeel trek uit hul tuisveld-eindstryd in ’n poging om die WP in die Curriebeker-eindstryd in Durban te oorweldig.
Aan die begin van die seisoen was Andries Strauss nie eens seker van gereelde speelkans nie, maar nou is hy een van die Haaie se onbesonge helde.
Hulle sou eerder sterf as om die wedstryd teen die Blou Bulle te verloor het, sê Grant Bashford, 'n hulpafrigter van die Haaie.
Die Haaie het al vrede gemaak daarmee dat hulle nie die gunstelinge gaan wees in die Curriebeker-eindstryd teen die Westelike Provinsie nie.
Dit was so hittete of die rugby was ’n bysaak, maar diegene wat van drama hou, is beslis nie in die steek gelaat nie.
Die Curriebeker-halfeindstryd in Durban tussen die Haaie en die Blou Bulle is onderbreek, weens 'n swerm bye wat op die veld toegesak het.
Conrad Jantjes sal vir die WP op heelagter uitdraf wanneer die Streeptruie die Vrystaat in die Curriebeker-halfeindstryd op Nuweland pak.
Die Blou Bulle ruk op Durban toe met Bakkies Botha en Victor Matfield as die mees ervare slotpaar tot nog toe in toetsrugby.
Die uiteinde van die nederlaag op Nuweland is dat die Haaie nou ’n Curriebeker-halfeindstryd teen die Bulle, eerder as teen die WP moet speel.
Die Westelike Provinsie het 'n Curriebeker-halfeindstryd op hul tuisveld verseker, deur die Haaie op Nuweland in Kaapstad te klop.
Die Springbok-senter Jean de Villiers draf uit op regtervleuel wanneer WP die Haaie in die laaste Curriebeker-ligawedstryd op Nuweland pak.
Gaan ’n Westelike Provinsie-span sonder ’n enkele Springbok tussen sy vaste voorspelers opgewasse wees vir die Haaie se hardebaarde?
“Dis wonderlik om in die Kaap te wees!” Dié stelling is nie vir baie mense nuus nie, maar komende Morné Steyn, voor ’n stryd teen Griekwas, is dit wel.
Die Haaie het nege drieë in hul Curriebeker-kragmeting op die Absa-stadion in Durban gedruk om 'n maklike oorwinning oor die Luiperds te behaal.
Die losskakel André Pretorius en die slot Gerhard Mostert is albei in die beginspan wat in die Curriebeker-stryd teen die Luiperds in Durban speel.
John Plumtree moet hom as breier nie net bekommer oor hoe hy sy Haaie weer op die wenpad gaan kry nie, maar ook wie sy nuwe kaptein gaan wees.
Die Leeus se afrigter, John Mitchell, móét ’n wedstryd om die Hawerabeker wen as sy span nog in die Curriebeker-wedloop wil bly.
Sukses in hul volgende twee wedstryde sal verseker dat die Haaie nie meer ingehaal kan word in die stryd om eerste op die Curriebeker-puntelys te eindig nie.
Die Haaie het hul eerste plek op die Curriebeker-punteleer verstewig nadat hulle die Vrystaat-Cheetahs op die Absa-stadion in Durban geklop het.
Al is die Haaie agt punte voor hul naaste teenstander op die Curriebeker-puntelys, dink hulle nog glad nie aan ’n halfeindstryd tuis nie..
Goeie nuus vir die Haaie is dat twee van hul beseerde spelers, Louis Ludik en Keegan Daniel, fiks sal wees vir die Curriebeker-stryd teen die Vrystaat.
Die Haaie se kaptein Stefan Terblanche sal in sy gunsteling posisie op heelagter uitdraf wanneer die Durbaniete die Pumas in Witbank pak.
Beserings en die lui van huweliksklokkies gaan die Haaie aansienlik uitdun vir hul Curriebeker-rugbywedstryd teen die Pumas.