Navorsingspermitte is heruitgereik aan Chris Fischer en ander wetenskaplikes wat ’n TV-dokumentêr oor haaie vir National Geographic maak.
Die Stad Kaapstad het ooreengekom ‘n haaikyk-program by Koeëlbaai in te stel waar ‘n lyfplankryer onlangs doodgebyt is.
Navorsing wat vir ‘n dokumentêr oor haaie gedoen word kan nie verbind word met ‘n aanval op ‘n lyfplankryer nie, het die stad Kaapstad gesê.
‘n “Enorme en aggressiewe” haai het ‘n lyfplankryer in Kaapstad doodgemaak, wat gelei het tot kritiek op ‘n Amerikaanse filmmaker.
‘n Lyfplankryer het gesterf toe twee haaie hom by Koeëlbaai tussen Gordonsbaai en Rooi-Els aangeval het, het paramedici gesê.
Twee tieners het ‘n noue ontkoming gehad toe haaie hulle binne minute van mekaar by die New Smyrna-strand in Florida aangeval het.
“Ek was minder as ‘n armlengte weg van die haai en al wat ek kon sien, was sy rye reusagtige tande,” het 'n passasier op 'n vissersboot gesê.
'n Een-en-vyftig-jarige Australiese man is gelukkig om te lewe nadat 'n haai 'n groot hap van sy branderplank geneem het.
‘n Branderplankryer het ‘n noue ontkoming gehad toe hy in Kalifornië deur ‘n haai in die nek en arm gebyt is.
Die owerheid in Australië het jag gemaak op ’n haai wat ’n duiker verskeur het. Daar word ook oorweeg om dié groot roofdiere uit te dun.
‘n Man wat verdwyn het terwyl hy by ‘n gewilde strand in Perth, Australië, geswem het, is waarskynlik die slagoffer van ‘n witdoodshaai.
Michael Cohen, die man wie se been deur ’n grootwithaai afgebyt is, het verskeie waarskuwings verontagsaam om nie die see in te gaan nie.
Sommige strande in Valsbaai is weer oop terwyl ander steeds gesluit is ná die onlangse haai-aanval naby Vishoekstrand.
Die Eskom-verwante kragonderbreking wat Kaapstad verlam het, het veroorsaak dat die sirene op die Vishoekstrand nie gewerk het nie.
Talle strande in Valsbaai in Kaapstad is steeds gesluit ná 'n witdoodshaai 'n swemmer by Clovelly naby Vishoek aangeval het.
Die man wat by die Vishoek-strand deur 'n haai aangeval is, het sy been verloor, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
'n Verslag deur die International Shark Attack File meen dat laekoste-lugrederye gedeeltelik blameer kan word vir die toename in haai-aanvalle.
Owerhede in die Seychelle sal spesiale haainette by ‘n gewilde strand installeer waar twee toeriste verlede maand in haaiaanvalle dood is.
‘n Australiese branderryer, wat in sy vroeë 20’s was, is dood nadat sy onderlyf deur ‘n haai aan die Australiese weskus weggeskeur is.
Die 49-jarige branderplankryer wat by Plettenbergbaai deur ‘n haai aangeval is en gesterf het, is uitgeken, het die NSRI gesê.
'n Man (49) van Plettenbergbaai is dood ná 'n haai-aanval by die die Keurboomsriviermond. Die man het vermoedelik sy been verloor.
Owerhede in die Seychelle het die eilande se strande gesluit nadat ‘n haai ‘n Britse man tydens sy wittebrood doodgebyt het.
‘n Man van Lancashire in Engeland het tydens sy wittebrood in die vlak water gesnorkel toe hy ten aanskoue van sy vrou verskeur is.
‘n Britse man is dood nadat ‘n haai hom tydens sy wittebrood in die Seychelle aangeval het terwyl hy in die see gesnorkel het.
Suid-Afrika is een van die lande wat die meeste haai-aanvalle in 2010 gehad het, volgens ‘n lys saamgestel deur Forbes.
'n 15-jarige branderplankryer wat aan die kus van Costa Rica deur 'n haai aangeval is, het aan sy wonde beswyk.
Vier mense is die afgelope drie jaar in Port St. Johns in haai-aanvalle dood, maar die gemeenskap is verdeeld oor haainette.
‘n Perlemoenduiker is deur haaie naby Port Lincoln in die suide van Australië verslind, het die televisiekanaal ABC berig.
‘n Jong man is deur die Mexikaanse vloot gered nadat hy erg deur ‘n haai gebyt is en ‘n gevaarlike hoeveelheid bloed verloor het.
Om helder baaikostuums aan te skaf is toe nie ‘n keermiddel vir vrese dat ‘n rustige dag op die strand vir tonele uit Jaws verruil sal word nie.
‘n Dodelike haai wat agter die aanvalle in Egipte is, het dalk sy sintuigstelsel beskadig en kon nie onderskei tussen mense en visse nie.
‘n Duitse toeris is deur ‘n haai doodgebyt naby ‘n Rooisee-vakansieoord in Egipte, het plaaslike beamptes aan AFP vertel.
‘n Jong branderplankryer is na die hospitaal gehaas nadat hy deur ‘n haai in Melkbaai, in die Strand, aan die voet gebyt is.
Die polisie in die Bahamas het gesê hulle poog om menslike oorskot te identifiseer wat in die maag van ’n tierhaai gevind is.
‘n 31-jarige branderplankryer het in Australië gesterf nadat hy deur ‘n haai aangeval is, het die plaaslike media berig.
'n Visserman wat aan New York se Long Island visgevang het, is deur 'n blouhaai gebyt wat hy gevang het toe hy die vishoek wou haal.
Baaiers op verskeie strande in Kaapstad is uit die water geroep ná haaie sewe keer in die vroegmiddag na aan die Valsbaai-kus gewaar is.
Branderryers het by Kampsbaai byeengekom om hulde te bring aan die 20-jarige lyfplankryer wat deur 'n witdoodshaai naby Gordonsbaai verskeur is.
Die broer van die man wat in 'n haai-aanval op die strand by Koeëlbaai dood is, het gesê hy het gedoen wat hy kon om hom te red.
‘n Permit vir haainavorsing vir ‘n Amerikaanse dokumentêre filmmaker is met onmiddellike effek gekanselleer ná ‘n dodelike haai-aanval.
'n Man is ten aanskoue van strandgangers dood in 'n haai-aanval op die strand by Koeëlbaai, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
Keernette gaan vir die eerste keer aan die Kaapse kus gespan word om mense teen aanvalle deur grootwithaaie te beveilig.
‘n Vyf-en-twintig-jarige man is by Port St. Johns se Tweede Strand deur ‘n haai doodgebyt, het die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement gesê.
Die regering van Wes-Australië beplan om sowat $14 miljoen (R113 miljoen) te spandeer om haai-aanvalle te probeer voorkom.
'n Derde haai-aanval in drie maande het die Weskus van Australië geruk en toeroperateurs is bekommerd dat dit sleg is vir die bedryf.
‘n Amerikaanse duiker is dood nadat hy naby die gewilde toeristebestemming Rottnest-eiland in Australië deur ‘n witdoodshaai aangeval is.
’n Wêreldwye storm het losgebars oor ’n advertensie van die organisasie People for the Ethical Treatment of Animals (Peta).
Minstens vier haaie is die laaste paar uur langs strande in Valsbaai gewaar, en die publiek is weereens gewaarsku om versigtig te wees.
Die Britse media het breedvoerig oor die haai-aanval op Michael Cohen, ’n Britse burger wat in Plumstead, Kaapstad, woon, berig.
Michael Cohen moes meer as sewe liter bloed ontvang nadat hy Woensdag by die Vishoek-strand deur 'n witdoodshaai aangeval is.
’n Ooggetuie van die haai-aanval by Vishoekstrand sê twee mans wat die swemmer uit die water gehaal het, verdien medaljes.
'n Man is in 'n kritieke toestand ná 'n haai-aanval op die Vishoek-strand, het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, gesê.
‘n Franse diplomaat wat in Papoea-Nieu-Guinee werk, is per helikopter na Australië geneem nadat ‘n haai hom aangeval het.
Amptenare aan die Australiese weskus het gerugte ontken dat hulle 'n haai wat 'n lyfplankryer voor talle mense "in twee gebyt" het, sal jag.
Die slagoffer van 'n haai-aanval het gesê as hy eendag doodgaan, sal hy nie omgee as dit gebeur terwyl hy by Plett branderry nie.
Die man wat die branderplankryer, wat in 'n haai-aanval in Plettenbergbaai dood is, uit die water gehaal het, sê hulle het gewag vir iets om te gebeur.
Owerhede van Seychelle het hul skok en hartseer uitgespreek ná die haaiaanval waarin 'n 30-jarige Brit op sy wittebrood doodgebyt is.
‘n Haai het ‘n tiener in Rusland se Primorye-streek aangeval – slegs ‘n dag nadat ‘n man se hande in dieselfde streek afgebyt is.
‘n Vyf-en-twintigjarige man het sy arms tydens 'n seldsame haai-aanval langs die oostelike kus van Rusland in die See van Japan verloor.
‘n Branderplankryer (27) is deur ‘n haai by Cintsa-Oos in Oos Londen gebyt, het die Nasionale Seereddingsinstituut gesê.
‘n Skubaduiker van Amerika het erge beserings aan sy hande en linkerbeen opgedoen in ‘n haai-aanval by die Rockybaai-kus naby Durban.
‘n Man is noodlottig beseer toe ‘n haai hom by Kaap Vidal in KwaZulu-Natal aangeval het, het die Nasionale Seereddingsinstituut gesê.
'n Haai het 'n vrou in Nelson Bay noord van Sydney aangeval ná sy van 'n kielplank afgeval het wat deur 'n ski-boot getrek is.
'n Man is in die hospitaal in Port Elizabeth opgeneem nadat hy naby die Sondagsrivier-mond deur 'n haai aangeval is.
Haai-aanvalle is iets wat hulle elke dag vrees, sê die menseredders van Port St. Johns, terwyl sulke aanvalle al hoe meer algemeen raak.
’n Haai het ’n jong provinsiale branderplankryer voor die oë van sy voormalige afrigter en mentor op Port St. Johns doodgebyt.
Drie haai-kenners van Amerika is op pad na Egipte om te probeer verduidelik wat agter die ongewone reeks haai-aanvalle is.
Owerhede in Egipte het ‘n haai gevang wat glo vier buitelandse toeriste by 'n oord in die Rooi See in die dorp Sharm-el-Sheikh aangeval het.
Die lyk van 'n matroos wat naby Jaws Beach, 'n eiland waar een van die Jaws-rolprente geskiet is, verdwyn het, is in 'n haai se maag gevind.
‘n Australiese man is deur ‘n haai aangeval en in die gesig en nek gebyt tydens ‘n vakansie in die Solomon Eilande, het amptenare gesê.
Nuwe waarskuwingstekens om bewusmaking oor haaie te verskerp, is op Kaapse strande opgerig, het die stad Kaapstad gesê.
Die NSRI en die Working On Sharks het 'n dringende waarskuwing uitgestuur weens 'n toename in haai-aktiwiteit aan Valsbaai se kus.