ARTIKELS OOR groen sake

Greenpeace se SA-hoof op olieboor gevang

2011-06-20 09:15

Kumi Naidoo, die Suid-Afrikaanse hoof van Greenpeace, is op die Cairn Energy-olieboor deur die Groenlandse polisie in hegtenis geneem is.

Japan: Sakemanne moet nou 'cool' raak

2011-06-01 14:32

In 'n land waar krag skaars is en lugversorging volop, wil die Japannese regering hê sakemanne moet hul geliefde pakke klere dié somer in die kas los.

Groen gloeilamp gee 25 jaar lig

2011-04-05 15:54

'n Nuwe gloeilamp bewys goedkoop koop is duur koop wanneer dit by die langtermyn gesondheid van jou beursie en die aarde kom – en dit brand ‘n kwarteeu.

Hotel gaan groen met iPads

2011-03-16 11:09

Die Rembrandt Hotel in Bangkok vat die konsep van 'groen' wees ‘n stappie verder met die nuutste interaktiewe dienste vir gaste.

Duitsers weier om bio-brandstof te koop

2011-03-09 15:54

Eko-vriendelike Duitsers sorteer hul vullis in vier aparte herwinningsdromme, maar hulle weier om brandstof met hoër vlakke etanol te koop.

Bio-brandstof passasiersvlug op die aanloopbaan

2010-12-01 15:54

Lufthansa het aangekondig hulle beplan om volgende jaar die wêreld se eerste bio-brandstof passasiersvliegtuig, ‘n Airbus A321, bekend te stel.

Ja vir myne by Vaal

2010-10-28 09:15

’n Omstrede mynmaatskappy het die reg verkry om op minstens 162 plekke langs die Vaal­rivier te prospekteer na steenkool.

Groen toeriste lief vir Tuinroete

2010-10-11 11:58

Meer en meer toeriste met ‘n belangstelling in eko-vriendelike bestemmings besoek Suid-Afrika se Tuinroete.

Australiër regop begrawe

2010-10-05 12:19

Allan Heywood, wat aan kanker gesterf het, het sy doodswens gekry en is regop begrawe in ‘n bioafbreekbare sak.

Tiere sterf uit

2010-09-16 09:50

Omgewingsbewaarders moet begin om tierbevolkings te beskerm indien hulle wil keer dat dié diere uitsterf, het wetenskaplikes gesê.

'Dra ou klere,’ sê Prins Charles

2010-09-02 15:02

Prins Charles van Wallis het lesers van die modetydskrif Vogue aangemoedig om meer herwinde klere te dra en natuurlike materiaal te gebruik.

Groenland-ys smelt ál vinniger

2010-08-16 10:19

’n Reuse-ysberg wat van Groenland se yskors weggebreek het, is volgens wetenskaplikes ’n teken dat aardverwarming die eiland se yslaag vinniger laat smelt.

Regering sluit omstrede myn

2010-08-11 09:00

Coal of Africa (CoAL) het sy omstrede Vele-steenkoolmyn op die voorstoep van die Mapungubwe-erfenisgebied op aandrang van die regering gesluit.

2010 dalk warmste jaar in geskiedenis

2010-08-08 11:00

Moenie dat die onlangse winterkoue jou flous nie – 2010 kan wêreldwyd nog een van die warmste jare in menseheugenis word.

Ethiopië herstel boomryke areas

2010-07-15 15:39

Ethiopië het sy woudagtige gebiede verdriedubbel sedert die jaar 2000, grootliks as gevolg ‘n reuse veldtog om bome te plant.

Nuwe Porsche 'n bietjie groener

2010-06-21 11:56

Porsche se hibriede Cayenne en diesel-model kom onder 200g CO2/km in, wat dié voertuig nou 'n bietjie minder van 'n omgewingsmonster maak.

Kenner: Aardverkoeling is op pad

2010-05-20 15:01

’n Wetenskaplike van Washington meen die mensdom kan tydelik vergeet van aardverwarming, want aardverkoeling is op pad.

Staan rassisme t(r)eë: Verf gesig of dra groen

2010-04-13 11:30

Moeg vir rassisme? Verf jou gesig groen en stap saam met duisende ander in ’n massa-optog om jou gevoel aan die wêreld te wys.

China: Boerdery beskadig meer as fabrieke

2010-02-13 05:26

China se eerste 'besoedlingsensus' het bevind dat boerdery meer skade aan die omgewing aanrig as die land se vervaardigingsektor.

Toyota Prius tops in Japan

2010-01-11 12:08

Die Prius, Toyota se hibriede motor, is die eerste van sy soort om as topverkoper onder Japannese verbruikers aangewys te word.

Obama vat klimaatberaad tot einde

2009-12-05 14:56

VSA president Barack Obama het besluit om die beraad op klimaatsverandering in Kopenhagen tot die einde by te woon.

China stel koolstofteiken voor beraad

2009-11-27 09:55

China het vir die eerste keer teikens vir kweekhuisgasvermindering bekend gemaak voor die Kopenhagen-omgewingsberaad.

Dié vragmotor is skoon

2009-10-27 13:06

Die vragmotorvervaardiger Hino is al lank ’n ondersteuner van omgewingsinisiatiewe, veral dié wat op 'n skoner atmosfeer gemik is.

Op rommel se spoor

2009-09-13 22:58

MIT navorsers gebruik ‘n elektroniese opspoortoestel om ongeveer 3000 van Seattle se rommelstukke te merk en hul pad te volg.

Jamie Oliver reis koolstofneutraal

2009-09-02 00:41

Jamie Oliver het ‘n koolstofneutrale reisreeks vir televisie gemaak deur al die CO2 wat sy produksie geskep het uit te balanseer.

Swede pronk met ‘groen’ voedseletikette

2009-07-16 13:45

Swede sal die eerste land ter wêreld wees wat op voedseletikette aandui of kosproduseerders kweekhuisgasse verminder.

 

Lugreisigers betaal volgens CO2-voetspoor

2011-06-15 11:23

Kenya Airways het ‘n nuwe vrywillige projek geloods wat passasiers belas volgens hoeveel kweekhuisgasse elkeen tot 'n vlug bydra.

Mpy se kragbesparing kan stad jaar lank verlig

2011-04-13 15:48

Terwyl een Suid-Afrikaanse selfoondiensverskaffer die nuwe rooi kleedsel van ‘n ander slegsê, word hul oranje eweknie se vingers groen.

‘Ysbeerman’ daag Shell uit

2011-03-28 11:03

’n Voorste kampvegter vir die omgewing, Lewis Pugh, het Shell gewaarsku om nie Suid-Afrikaners wat vir die Karoo omgee, te onderskat nie.

Tafelberg se wind 'ideaal vir kragturbines'

2011-03-16 08:16

Hoekom kan windturbines nie op Tafelberg gebou word nie? het ’n ANC-politikus aan senior Eskom-beamptes gevra.

Goedkoop brandstof dalk op pad

2011-01-31 09:07

Britse wetenskaplikes het 'n kunsmatige brandstof ontwerp wat minder as R2 kan kos en boonop geen koolstof in die atmosfeer vrystel nie.

Namibië, Zimbabwe vra omgewingsvriendelikheid

2010-11-15 12:53

Namibië en Zimbabwe het die alternatiewe gebruik van natuurlike hulpbronne as ’n meer omgewingsvriendelike manier vir kragopwekking beklemtoon.

Battery-fiets belowe (bietjie) meer

2010-10-26 10:08

Motorfietsvervaardiger Brammo se nuwe batterygedrewe baba, die Enertia Plus, belowe meer batterykrag, maar ook maar net 'n bietjie meer.

Fietse Fit draf onder Prius-prys uit

2010-10-08 12:17

Hie motormaatskappy Honda het ‘n hibriede weergawe van die Fit in Japan bekendgestel, wat dalk strawwe kompetisie vir die Toyota Prius kan wees.

Moederstad kry goud vir groen projek

2010-09-22 12:31

Kaapstad is deur Suid-Afrikaanse Instituut vir Afvalbestuur (IWMSA) vereer vir die sukses van sy sogenaamde Groen Doel-projek.

Suid-Afrikaners móét begin herwin - Sonjica

2010-09-16 07:56

“Dít kan nie langer só aangaan nie. Ons het ’n weggooi-samelewing geword. Ons moet begin herwin,” was die wekroep van min. Buyelwa Sonjica.

Wat van 'n whiskey vir die pad?

2010-08-18 15:29

Wetenskaplikes beweer hulle kan bio-brandstof maak van afval wat tydens die distilering van Skotse whiskey vervaardig word.

Miljoen mense vir Mapungubwe gesoek

2010-08-11 13:42

Die Vele-steenkoolmyn naby Mapungubwe is tydelik gesluit, en nou wend omgewingsaktiviste hulle na die web vir Jan Publiek se ondersteuning.

‘Ons moet buiteruim kolonialiseer’

2010-08-10 14:44

Die wetenskaplike prof. Stephen Hawking het gewaarsku dat die mensdom sal verdwyn indien ons nie die buiteruim begin kolonialiseer nie.

Bedreigde lande sny koolstof-vrystelling drasties

2010-07-19 11:55

Ses lande wat gesien word as die mees bedreig deur die stygende vlakke van die see het ooreengekom om hul koolstof-vrystellings te sny.

Great Run kyk dieper

2010-06-30 09:30

The Great Run bied 'n intieme blik op 'n SA-atleet se reis oor die Chinese Muur.

Laai nou selfoon terwyl jy trap

2010-06-04 12:43

Die selfoonvervaardiger Nokia het ‘n laai-eenheid vir fietse geloods wat gratis elektrisiteit bied en boonop omgewingsvriendelik is.

Ry fiets vir gratis aandete

2010-04-21 11:21

Gaste van 'n Deense hotel kan op 'n oefenfiets spring en probeer om genoeg elektrisiteit op te wek om sodoende 'n gratis maaltyd te kry.

Myn by erfenisgebied kry wind van voor

2010-03-30 15:09

Die nuus dat ’n mynmaatskappy mynbouregte langs die Mapungubwe-wêrelderfenisterrein gekry het, word met groot teenkanting begroet.

Frankryk wil blouvintuna beskerm

2010-02-03 14:52

Frankryk wil oor 18 maande 'n verbod op handel in blouvintuna in plek hê om die visspesie te beskerm, maar vissermanne stem nie saam nie.

Klimaatberaad begin met kritieke taak

2009-12-07 10:14

Die Kopenhagen-klimaatberaad waarsku dat die planeet in 'n kweekhuis kan verander as dié probleem nie aangespreek word nie.

Indië sê ja vir klimaatsooreenkoms

2009-11-28 11:46

Indië is vir die eerste keer gereed om 'n ooreenkoms rondom die vermindering van koolstofproduksie te onderteken.

Planeet verhit vinniger, see kan tot 2 m styg

2009-11-25 13:44

Die Aarde verhit gouer as ooit en seevlakke kan teen 2100 tot 2 m styg, meen 'n verslag aan die Verenigde Nasies.

Groen Verso’s nou nie so dors

2009-09-19 01:47

Met die druk om meer omgewingsvriendelik te wees en minder geld uit jou beursie vir petrol te jaag stel Toyota sy nuwe Verso bekend.

Obama se groen-adviseur bedank

2009-09-06 09:19

President Barack Obama se groen-adviseur het onder druk van Republikeinse politici en onthullings oor kontroversiële stellings bedank.

VN-leier: China moet 'groen' leier wees

2009-07-24 12:04

China moet poog om die wêreldleier te word in die stryd teen klimaatsverandering, het die leier van die VN gesê.

Groen-dorpe beplan vir Engeland

2009-07-16 02:19

Die Britse regering beplan om teen 2016 te begin bou aan lae-energie, koolstof-neutrale dorpe om die land se behuisingskrisis te verlig

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Ranger 2.2i LWB PU MY09
2009
R 139,900.00

AUDI

A4 2.0 Multitronic 7-sp MY05
2006
R 200,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.