‘n Kollege aan die KwaZulu-Natalse suidkus is gesluit nadat ‘n brand ‘n gebou verwoes het ná betogings deur studente.
‘n Godsdienstige groep eis dat emeritus-aartsbiskop dr. Desmond Tutu se besoek aan ‘n Katolieke universiteit in die VSA gekanselleer word.
Jacob Zuma het tydens die bekendstelling van 'n padveiligheidsprogram, gesê Christenskap het die bestaan van weeskinders en ouetehuise teweeggebring.
Hebsug, materialisme en selfsug het COP17-gesprekke laat vasval, en bedreig volgens ’n groep geestelikes die voortbestaan van lewe op aarde.
Die president van die Mormone sê dié kerk sal vyf nuwe tempels in stede oor die wêreld bou – insluitend twee in Afrika.
Goodluck Jonathan, die Nigeriese president, het sy weermag opdrag gegee om die geweld in die sentrale dele van die land stop te sit.
Afrikaners wat veg vir skoolbeheerliggame om Christelike onderrig in skole te vestig, skep ’n monster wat later buite beheer gaan raak.
“Ons is geestelike hoere. Ons het gesondig deur mense te verwar,” het die man wat verkondig het die wêreld sou tot ’n einde kom, gesê.
Gebruikers van sosiale media het die spot met die oordeelsdagverklaring gedryf en het foto’s as ‘bewyse’ van hul wegraping versprei.
Al is die voorneme met die voorspelling van die oordeelsdag edel, is ons mislei wanneer ons dink ons kan die wederkoms voorspel, meen ds. Riekert Botha.
Mense het feesgevier buite die Wit Huis in Washington en in New York nadat die nuus oor Osama bin Laden se dood aangekondig is.
“Ek is steeds baie lief vir apartheid en is ’n rassis,” het 'n predikant van Louis Trichardt op sy Facebook-blad oor homself geskryf.
‘n Katolieke Pakistanse minister, wat glo teen die land se omstrede wet rondom godslastering was, is deur gewapende mans doodgeskiet.
Die waarnemende kommissaris van Korrektiewe Dienste sê daar moet, pleks van tronke, meer kerke en skole gebou word om misdaad te beveg.
DNS-toetse het bevestig dat die Lemba-stam in Zimbabwe afkomstig is van Jode wat 2 500 jaar gelede uit die Heilige Land gevlug het.
’n Storm in die kleine het losgebars oor die Universiteit van die Vrystaat se besluit om die woord “God” in sy leuse te verwyder.
Eeu oue geskille tussen Jode, Christene en Moslems is vir eers opsy geskuif te midde van ‘n droogte van amper Bybelse omvang.
Die bier is goedkoop en die kelners spraaksaam, maar dié kroeg in 'n grafkelder in Rome is nie soos enige ander drinkplek nie.
Marokko sal meer as 1 000 onveilige moskees sluit om te keer dat minarette weer ineenstort, het die ministerie van godsdienstige sake gesê.
'n Aansoek om Moslems te verban om van die wêreld se duurste koffie, wat van die sivetkat se feses gemaak word, te drink, is verwerp.
’n Hof in Pakistan het die plaaslike owerhede vandeesweek tydelik beveel om die sosiale netwerk, Facebook, te blok.
‘n Joodse groep wil sekulêre Jode aanmoedig om die Sabat te eer deur, onder andere, hul selfone op dié heilige dag af te skakel.
Honderde Moslems het blykbaar na Vrydag se biduur Jode by die Ou Stad se Westelike Muur met klippe begin gooi.
Daar is woede en ontsteltenis by ’n klomp SA Metodiste ná ’n beslissing dat ’n predikant weens haar gay huwelik ontslaan moet word.
Die Protestantse Kerk in Nederland (PKN) het besluit dat die ateïstiese predikant ds. Klaas Hendriks in sy amp mag aanbly.
Die Vatikaanse koerant en radiostasie sê Avatar is simplisties en het die fliek selfs gekritiseer vir sy “flirtasie” met moderne leerstellings.
In Ierland woed die storm om 'n nuwe Ierse wet wat op 1 Januarie in werking getree het en godslastering onwettig maak.
Talle volwassenes in die VSA sê hulle het al spoke gesien en glo in astrologie, selfs al sê hulle dat hulle Christene is.
AfriForum sal die regskoste van skole met 'n Christelike etos betaal as hulle gedwing word om nie godsdiens in skole te beoefen nie.
Duisende word verwag by vanmiddag se verootmoedigingsbyeenkoms in George waar Angus Buchan, die bekende prediker en boer, sal optree.
Die herrie oor godsdiensbeoefening in skole kan dalk binnekort in die hof draai om ’n toetssaak oor dié kwessie te word.
Prof. George Claassen van Skepties Suid-Afrika, het begin om skole te monitor om dié wat godsdiens in klastye toelaat moontlik te laat vervolg.
Suid-Korea wil Christen-sendelinge keer om na die Midde-Ooste te gaan aangesien hulle glo teikens vir terroriste is.
‘n Suid-Koreaanse pastoor is dood nadat hy opgehou eet het en geglo het hy gaan uit die dood opstaan, het die polisie gesê.
‘n Self-geproklameerde profeet van Mandeni in KwaZulu-Natal beweer hy was al vier keer in die hemel, lui ‘n berig in die Sowetan.
Tot 17% van ateïste wat kinders het, is betrokke by kerke of geloofsinstellings, het navorsers in die VSA bevind in ’n studie onder 275 mense.
Ten minste 16 mense is tydens ‘n stormloop by ‘n godsdienstige seremonie naby die Ganges-rivier in die noorde van Indië dood.
‘n Sri Lankaanse hof het beveel dat ‘n jaarlikse offerritueel waartydens honderde boerbokke geslag word, gestaak moet word.
Gwyneth Paltrow het onthul sy gaan haar en haar man, die Coldplay-sanger Steve Martin, se kinders, Apple en Moses, Joods grootmaak.
Wanneer Suid-Soedan Afrika se nuutste onafhanklike land word, lui dit nie net op staatkundige vlak ’n nuwe bedeling in nie, maar ook op godsdienstige vlak.
Nou is dit terug na die Skrifte om te gaan kyk waar hulle dit verkeerd verstaan het, het Johannes Coetzee oor die "wegraping" gesê.
’n Stewige hotelrekening wag op ’n groep mense wat geglo het die einde van die wêreld sou die naweek aanbreek.
Duisende mense het na die Tahrir-plein in Kaïro opgeruk in 'n eenheidsgebaar ná onlangse aanvalle op kerke in die land.
Duisende mense het byeengekom vir 'n deurnag-biddiens ter nagedagtenis aan pous Johannes Paulus II op die vooraand van sy saligverklaring.
Ses Koptiese Christene is doodgeskiet en minstens 45 ander is beseer in hernude botsings met Moslem-groepe in Kaïro.
Gebed – ten minste in die vorm van ’n rits versoeke aan God – werk nie, meen ds. Albert Cruywagen van Kemptonpark.
Die beoefening van godsdiens in die Ernest Oppenheimer-teater in Welkom is voortaan taboe, blyk uit die fynskrif van ’n huurkontrak.
Johannes Coetzee van Pretoria is ’n besige man. Sy wêreld vergaan oor net meer as 100 dae en die boodskap moet die wêreld bereik.
’n Kragtige boodskap van eenheid in verskeidenheid is in Dordrecht gegee toe daar vir 'n 'Nasionale Sinode' byeengekom is.
Verskeie godsdiensregte - insluitende die reg op skolegodsdiens - kan in die toekoms uitdruklik in Suid-Afrikaanse wetgewing opgeneem word.
Mohammed Vawda, die sakeman wat die Bybel uit protes wou verbrand, is Vrydag deur ’n hofbevel verhinder om dit te doen.
Die Treatment Action Campaign het e.tv aangekla omdat dit ‘n advertensie van ‘n pastoor wat eis dat hy siektes soos Vigs kan genees, uitsaai.
Die M&G gaan sy redaksionele beleid oor godsdienskwessies hersien ná die herrie wat sy spotprent oor die profeet Mohammed ontketen het.
'n Lid van Saoedi-Arabië se invloedryke godsdienspolisie is sy werk kwyt omdat hy interaksie oor geslagsgrense heen aangemoedig het.
Die Nederlandse Protestantse Kerk (PKN) word klaarblyklik al hoe vrysinniger, blyk uit ’n peiling van ’n Nederlandse kerknuusagentskap.
‘n Onlangse studie het gevind dat seksuele, politiese en godsdienstige gedrag heel moontlik ‘n aanduiding van intelligensie kan wees.
Pleks van as ’n eienaarshandleiding vir die lewe, moet kerke die Bybel dalk eerder soos ’n klassieke boek, hanteer.
’n Belangrike stuk van die legkaart van die Bybel se geskiedenis het pas in plek geval met die ontsyfering van ’n Hebreeuse geskrif.
Die man wat die omstrede Deense spotprenttekenaar Kurt Westergaard in sy huis aangeval het word nou ook aangekla van terrorisme.
'n Kerkvader in Rusland het gesê die kerk beskou homoseksualiteit as 'n sonde maar dat daar nie teen mense diskrimineer moet word nie.
Europa se regbank vir menseregte sê kruisbeelde in Italiaanse publieke skole skend godsdienstige en opvoedkundige vryheid.
‘n Pastoor van Noord-Carolina beplan om Bybels en boeke deur Christen skrywers op Halloween te verbrand.
Duisende mense oor die wêreld het gelyktydig 10 minute lank op hul knieë gegaan om vir die behoud van godsdiens in skole te bid.
George Claassen, voorsitter van Skepties Suid-Afrika, het uit die debat rondom godsdiensbeoefening in staatskole getree.
Hy het soos ’n vulkaan wat jare al prut uiteindelik uitgebars, vertel Casper de Vries, en die geveg wat dit afgegee het, is nie mooi nie.