‘n Gevangene wat in aanhoudingselle was, het aan die Ramsgate-hooggeregshof gesê ‘n ander gevangene het swak gelyk voor sy dood.
Pres. Jacob Zuma het as deel van Vryheidsdagvieringe in Pretoria 'n plan aangekondig om die vonnisse van sekere oortreders te verkort.
Oproer by ‘n tronk in die oostelike Brasiliaanse staat van Sergipe het geëindig nadat die gevangenes 131 gyselaars vrygelaat het.
Een gevangene is doodgeskiet en ‘n ander is gewond toe hulle probeer het om uit die Landsdowne-polisiekantoor in Kaapstad te ontsnap.
Die Russiese polisie het ‘n misdadiger vasgetrek nadat hy per helikopter uit ‘n hoë-sekuriteit gevangenis in Rusland ontsnap het.
‘n Polisieman het ontken hy het Bongani Moyo, wat al drie keer uit die tronk ontsnap het, met die dood gedreig terwyl hy in aanhouding was.
Bongani Moyo was een van die drie mans wat glo probeer het om uit die Pretoria Sentrale gevangenis te ontsnap.
Palestynse vroue het op Internasionale Vrouedag oor Gaza en die Wes-bank betoog in ‘n beroep op die vrylating van ‘n vroulike gevangene.
‘n Vermeende rower wat uit die Malipsdrift-polisieselle ontsnap het, is weer in hegtenis geneem, het die polisie in Limpopo gesê.
‘n Man wat verhoorafwagtend was op ‘n aanklag van verkragting het uit die Bityi periodieke-hof naby Mthatha in die Oos-Kaap ontsnap.
Minstens 31 mense is dood en 13 is beseer toe gevegte tussen gevangenes by ‘n tronk in Mexiko uitgebreek het, het amptenare gesê.
Volgens ‘n verslag van die VN word bykans 7 000 mense glo steeds deur voormalige Libiese revolusionêre vegters aangehou en mishandel.
‘n Gevangene het uit die Mdantsane Korrektiewe Sentrum buite Oos-Londen ontsnap nadat hy bygestaan is deur ‘n wag, het beamptes gesê.
Oproerige gevangenes het ’n brand in die Grootvlei-tronk by Bloemfontein begin omdat hulle ontevrede is oor toestande by dié oorvol tronk.
Een van die drie verhoorafwagtendes wat hul tronksel aan die brand gesteek het, het in 'n hospitaal aan sy beserings beswyk.
Israel se sekuriteitskabinet het die uitruil van 25 Egiptiese gevangenes vir een Israeliese-Amerikaanse gevangene eenparig goedgekeur.
Vier verstandelik gestremde mense is in 'n kelder in 'n gebou aangehou terwyl drie ander mense hul ongeskiktheidstoelae kon geniet.
Israel is in die finale beplanningstadium vir die uitruil van 477 Palestynse gevangenes vir 'n Israeliese soldaat, Gilad Shalit.
Sewe gevangenes is dood en minstens drie is beseer toe ‘n oproer by ‘n gevangenis aan die buitewyke van Monterrey in Mexiko uitgebreek het.
Mianmar het Zarganar, ‘n komediant en regeringskritikus, saam met 6 300 ander gevangenes as deel van ‘n bevrydingsbeweging vrygelaat.
Twee gevangenes is doodgeslaan deur ‘n bewaarder by ‘n Mosambiekse tronk in die sentrale provinsie Zambezia, het ‘n beampte gesê.
Washington beoog om die Guantanamobaai-gevangenes voor die presidensiële verkiesing in November volgende jaar finaal te sluit.
Byna 1 000 gevangenes het uit ‘n gevangenis in die DRK ontsnap toe gemaskerde mans met wapens ‘n militia-leier uit die tronk gered het.
‘n Oorbevolkte gevangenis in Brasilië het ‘n nuwe sekuriteitsmaatreël teen voornemende ontsnappers ingestel: twee ganse.
‘n Opstand in ‘n gevangenis in Caracas, Venezuela, het ná net minder as ‘n maand sonder enige bloedvergieting tot ‘n einde gekom.
Die polisie in Colombia is op sowat 20 voortvlugtiges se spoor na ‘n onploffing en 'n ontsnapping uit ‘n tronk in die stad Tumaco.
‘n Gevangene in Michigan, Amerika, sê die feit dat hy nie toegang tot pornografiese materiaal het nie, is wreed en onregverdig.
Korrektiewe dienste oorweeg dit om sommige gevangenes elektronies te monitor in 'n poging om die druk op oorvol tronke te verlig.
Volgens ‘n opname sal bykans twee derdes van Israeli’s bereid wees om 1 000 Palestynse gevangenes vry te laat vir Gilad Shalit se vryheid.
Die meerderheid volwasse mans wat vir misdade in 10 Amerikaanse stede in hegtenis geneem is, het positief getoets vir dwelms.
Vier verhoorafwagtende gevangenes by die Ritavi-landdroshof sal nou ook van moord aangekla word nadat 'n mede-gevangene vermoor is.
Chinese wagte by ‘n tronk het gevangenes snags gedwing om videospeletjies op die internet te speel en duisende rande daaruit gemaak.
‘n Polisiebeampte en ‘n vrou wie se motor gekaap is deur gevangenes wat uit die Harrismith-landdroshof ontsnap het, is dood.
‘n Gevangene by die Potchefstroom-tronk is na bewering tydens 'n struweling met mede-gevangenes vermoor, het die polisie in Noordwes gesê.
Met 'n vol maag is regters meer bereid om gevangenes op parool vry te laat. 'n Lang gesmeek en dis glo terug na tjoekie toe.
Polisie is op soek na agt gevaarlike misdadigers wat uit hul aanhoudingselle in Esikhawini, KwaZulu-Natal, ontsnap het.
Bahrein se koning Hamad het daarop aangedring dat Shiite-gevangenes vrygelaat word en het die verhoor van ander aangehoudenes gestop.
Verhoorafwagtende gevangenes het tussen 1995 en 2009 met ’n rekordsyfer van 1044% toegeneem en gevonniste oortreders het met 18% toegeneem.
‘n Gevangene het ontsnap nadat hy ‘n tronkbewaarder in Port Elizabeth se Livingstone Hospitaal om die bos gelei en toe geskiet het.
‘n Gevangene het vir die tweede maal ontsnap nadat hy in verband met ‘n skietery in die hooggeregshof op Mthatha verskyn het.
‘n Intensiewe soektog is van stapel gestuur om die vyf mans te vind wat vanuit die aanhoudingselle by die Somerset-Wes landdroshof ontsnap het.
Wanneer Larry Joe uit die tronk kom, gaan hy nie net weer 'n vry man wees nie, maar 'n sanger met ’n album agter sy naam.
Die polisie is steeds op soek na ‘n 25-jarige gevangene wat uit die Kirkwood-landdroshof ontsnap het, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
Dertien polisiebeamptes is in hegtenis geneem in verband met die agt verhoorafwagtendes wat uit die Johannesburgse hooggeregshof ontsnap het.
Drie van die agt gevangenes wat van die Khayelitsha landdroshof se aanhouselle ontsnap het, is Saterdag weer in hegtenis geneem.
Volgens ‘n polisiebeampte het sowat 800 gevangenes uit ‘n tronk ontsnap in die noorde van Nigerië tydens ‘n aanval deur gewapende mans.
Viëtnam se president het daarop aangedring dat meer as 17 000 gevangenes vrygelaat moet word as deel van hul herdenking van nasionale dag.
'n Groep verhoorafwagtende gevangenes by die C-Max-gevangenis in Pretoria dreig om met 'n eetstaking te begin weens onregverdige behandeling.
Twee senior beamptes van Durban se Westville-gevangenis is geskors ná ‘n polisieman blykbaar seks gehad het met ‘n vroulike gevangene.
Nog twee verhoor-afwagtende gevangenes wat Maandag uit die Harrismith-tronk ontsnap het, is vasgetrek.
Vier buitelanders, waaronder 'n Suid-Afrikaner, is deur die weermag in die Heglig-olievelde in Soedan gevange geneem.
Twee verhoorafwagtende gevangenes is in Kgomotso in hegtenis geneem nadat hulle uit polisieselle ontsnap het, het die polisie gesê.
Indonesiese amptenare het gevangenes wat tydens ‘n reuse-aardbewing ontsnap het gewaarsku dat hulle nie hul inhegtenisname moet weerstaan nie.
Altesaam 17 gevangenes, waaronder 10 Al-Kaïda-geaffilieerdes, het uit aanhouding by 'n tronk in Irak ontsnap, het 'n polisiebeampte gesê.
Owerhede van die Pretoria Sentraal-gevangenis ondersoek ‘n geval waar ‘n gevangene probeer het om homself aan die brand te steek.
Die voorval waar drie ontsnapte gevangenes by ‘n mediakonferensie geparadeer is, is skokkend en kommerwekkend, het prokureurs gesê.
Daar was drama buite die Pretoria Sentrale gevangenis waar tronkbewaarders gehaas het om ontsnapte gevangenes vas te trek.
Dertig gevangenes het uit ‘n tronk in Mexiko ontsnap tydens ‘n oproer wat die lewens van 44 gevangenes geëis het.
Minstens 272 gevangenes is dood nadat 'n brand deur 'n tronk in sentraal-Honduras gewoed het. Die oorsaak is nog nie bekend nie.
Japannese polisie het ‘n Chinese gevangene vasgetrek nadat hy met net sy onderklere uit ‘n Hiroshima-tronk ontsnap het.
Israel gaan 550 Palestynse gevangenes vrylaat as deel van 'n uitruilooreenkoms met Hamas in die Gasa-strook, het 'n woordvoerder bevestig.
Die Mexikaanse vloot het ses gevangenes wat uit ‘n eiland-gevangenis probeer ontsnap het, in die Pasifiese Oseaan opgepik.
Vyf “baie gevaarlike” gevangenes het uit die Ottoshoop-polisiestasie naby Zeerust ontsnap, het die polisie in die Noordwes gesê.
Nóg ‘n Krugersdorp-gevangene het gesterf nadat hy en mede-gevangenes ‘n brand in hul sel gestig het, het beamptes van die gevangenis gesê.
Israel en Egipte het voorberei vir ‘n ooreenkoms waarin Kaïro ‘n Amerikaans-Israeliese man sal vrylaat, in ruil vir die vrylating van 25 Egiptenaars.
Die polisie het 15 mense in hegtenis geneem wat deelgeneem het aan ‘n betoging vir die bevryding van nóg Palestynse gevangenes in Israel.
Gilad Schalit, die Israeliese soldaat wat vir vyf jaar deur Hamas aangehou is, ly aan wanvoeding en te min blootstelling aan sonskyn.
La Barbie, 'n vermeende dwelmhandelaar, het op 'n eetstaking gegaan omdat die tronkowerhede hom sy huweliksbesoeke weier.
'n Tekort aan bewyse dat medepligtiges saam met Anders Behring Breivik gewerk het, maak sy afsonderlike opsluiting onnodig, sê die polisie.
Thein Sein, president van Burma, gaan amnestie aan 6 300 gevangenes toestaan, het die staatsbeheerde media aangekondig.
Die polisie is op soek na drie mans wat vroegoggend uit die polisie se aanhoudingselle in Sebokeng, naby Vanderbijlpark, ontsnap het.
Minstens 32 gevangenes het op dieselfde dag uit drie verskillende gevangenisse in die staat Veracruz in Mexiko ontsnap.
Meer as 10 500 gevangenes in Viëtnam sal amnestie ontvang en as deel van die land se jaarlikse onafhanklikheidsvieringe vrygelaat word.
Ten minste 17 mense is dood in ‘n skietery by ‘n Mexikaanse gevangenis in Ciudad Juarez toe die gevangenes probeer ontsnap het.
‘n Skietery tussen gevangenes en sekuriteitswagte by ‘n tronk in Kazachstan het geëindig met 'n ontploffing wat 17 lewens geëis het.
'n Gevangene wat doodgeslaan is, is Saterdag in sy sel in Mankweng gevind, het die polisie in Limpopo gesê.
Die Oos-Kaapse polisie is steeds op soek na die vier gevangenes wat ontsnap het terwyl hulle na Fort Beaufort vervoer is.
Die ICRC dring daarop aan dat ‘n Palestynse groep Hamas-militante fisiese bewyse oplewer dat sersant Gilad Shalit nog lewendig is.
‘n Gevangene wat in die Oos Kaap uit die tronk ontsnap het, het gekies om eerder selfmoord te pleeg as om terug te gaan tronk toe.
Ten minste negentien gevangenes is dood in gevegte wat Sondag in die Venezuela se El Rodeo-gevangenis uitgebreek het.
Interpol het ‘n beroep op ledelande gedoen om te help in die soektog na 417 mense wat uit ‘n tronk in Afganistan ontsnap het.
Sewntien gevangenes het ontsnap deur ‘n ondergrondse tonnel van die wasgoedkamer van 'n tronk in Mexiko na buite die mure te grawe.
Die polisie het twee gevangenes wat uit die Botlokwa polisieselle in Polokwane ontsnap het, weer in hegtenis geneem.
Tien gevangenes in Jemen wat tot doodstraf gevonnis is, het uit ‘n tronk in Amran ontsnap ná hulle drie wagte doodgeskiet het.
“Ek kan nie waarborg dat hulle die wet nie weer gaan oortree nie,” sê min. Nosiviwe Mapisa-Nqakula oor 34 gevangenes wat binnekort op parool vry is.
‘n Irakkese man wat al vir 11 jaar aangehou word, is vyf jaar gevangenisstraf opgelê en geen tyd sal van die straf afgetrek word nie.
Die ingang tot een van die tonnels uit ’n krygsgevangenekamp wat deur The Great Escape beroemd geword het, is herontdek.
‘n Bakleiery onder gevangenes by ‘n tronk in Mexiko het 11 lewens geëis en twee werknemers van die tronk se liggame is dieselfde dag gevind.
‘n Drama is besig om by die Reigerpark-polisiestasie op die Oos-Rand af te speel ná ‘n gevangene ‘n polisiebeampte se vuurwapen gevat het.
Drie-en-dertig gevangenes het uit ‘n tronk in die Demokratiese Republiek van die Kongo ontsnap, terwyl vier ander deur bewaarders doodgeskiet is.
Meer as 8500 buitelanders word as verhoorafwagtendes of gevonnisde misdadigers in Suid-Afrikaanse tronke aangehou, het die minister van korrektiewe dienste gesê.
‘n Gevangene is doodgesteek en ‘n ander gewond in New Prison in Pietermaritzburg, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.
Duisende Amerikaanse seksoortreders en ander beskuldigdes kon vir 'n tyd nie gemonitor word nie, as gevolg van ‘n oorlaaide databasis.
‘n Groep van agt verhoorafwagtendes het uit die Johannesburgse hooggeregshof ontsnap, maar ses is onmiddellik weer in aanhouding geneem.
Polisie in die Wes-Kaap het ‘n soektog geloods vir vier ontsnapte gevangenes wat glo ‘n lesbiese tiener vermoor het.
Veertien verhoorafwagtendes het uit 'n polisiestasie ontsnap nadat hulle twee polisiemans oorval het, het die Vrystaatse polisie gesê.
‘n Gevangene wat die polisie in Australië ontglip het, is in ‘n kroeg met ‘n bier in die hand gevind en hy 'wou net sy ma sien'.
Vier gewapende mans het ‘n gevangene wat verhoor-afwagtend was gehelp om uit ‘n hospitaal in Port Elizabeth te ontsnap.
President Bingu wa Mutharika het presidensiële kwytskelding aan 287 gevangenes gegee om 46 jaar van onafhanklikheid van Brittanje te vier.
’n Advokaat van Bloemfontein wat ure lank in die ontsnappingsdrama in die Harrismith-gevangenis aangehou is, dank God dat sy lewe.