ARTIKELS OOR gesondheid

Indiese krieketheld kry chemo vir longkanker

2012-02-06 13:01

Indië se Wêreldbeker-krieketheld, Yuvraj Singh, word vir longkanker in Amerika behandel, het die speler se fisioterapeut gesê.

Kanker: Moenie rook nie!

2012-02-04 08:46

Om te rook, kom neer op ’n doodswens. Dit is die grootste oorsaak van kanker, het dr. Carl Albrecht van Kansa gesê.

G’n bewys sy produk help brein

2012-02-01 08:05

Die vitamiensmous Patrick Holford mag nie beweer sy produk Mood Food ondersteun mense se gemoedstoestand of breinflinkheid nie.

Navorsers maan oor energiedrankies

2012-01-16 10:20

Navorsers in Australië het gevra dat gesondheidswaarskuwings op energiedrankies met 'n hoë kafeïeninhoud aangebring moet word.

Toeris kry glo MIV ná tatoeëermerk

2011-12-25 09:30

Australiërs is gewaarsku om nie tatoeëermerke of lyfringe oorsee te kry nie, nadat 'n toeris volgens berigte MIV opgedoen het.

250 Britse vroue dagvaar oor borsinplantings

2011-12-21 22:55

Meer as 250 Britse vroue sal hulle tot die hof wend nadat meer as die helfte van dié vroue probleme met borsinplantings ondervind het.

80% gespanne in SA vakansietyd

2011-12-15 07:31

Vakansie is ’n tyd vir familie, rus en ontspan, maar vir 80% van Suid-Afrikaners is dit ’n spanningsvolle tyd, toon 'n opname.

Studie: Vroeggebore babas het meer gedragsprobleme

2011-12-06 21:52

Kinders wat ‘n paar weke te vroeg gebore is, is merkbaar meer geneig om emosionele- en gedragsprobleme te hê voor hulle skoolgaan.

Vis hou vroue se harte gesond

2011-12-06 14:16

Vroue wat oud genoeg is om kinders te kry kan hul kanse op hartprobleme verlaag as hulle gereeld vis ryk aan omega 3-vetsure eet.

Baie sit maak boude vet

2011-12-06 08:29

Navorsers het bevind die druk wat sit en lê op sekere liggaamsdele plaas, veroorsaak ‘n groot toename in vet in daardie dele.

Slapelose nagte oor tiener-naakfoto's nie nodig

2011-12-05 10:31

Tieners stuur vir mekaar veel minder gewaagde foto’s van hulself oor selfone of die internet as wat mense dalk dink, het navorsers gesê.

Slimfoongebruikers voel die pyn

2011-12-02 15:07

Gebruikers van slimfone en tabletrekenaars begin hoë-tegnologie pyn te voel soos meer gebruikers met “SMS-nek” en “SMS-duimbesering” sukkel.

Jesus gloei rooi op Vigsdag

2011-12-02 10:57

Die Brasiliaanse stad Rio de Janeiro het op Wêreldvigsdag 10 van sy monumente rooi laat skyn om mense van die stryd teen MIV/vigs bewus te maak.

Gene geprogrammeer om vet af te skud

2011-12-01 13:00

Wetenskaplikes het ‘n manier ontdek om metaboliese gene in spiere te herprogrammeer om mens se atletiese vermoëns drasties te verbeter.

Krukke keer hulle glad nie

2011-12-01 09:02

Op hul krukke of in hul looprame het agt seuns gister gewys hoe hulle ondanks hul gestremdhede ’n sokkerbal kan skop of ’n doel kan afweer.

Studie: Mans het nie aldag seks op die brein

2011-11-30 13:21

Navorsers in Amerika het bevind mans dink nie soos geglo elke sewe sekondes aan seks nie – nie eers een keer elke sewe minute nie.

Dís waarom jy gaap

2011-11-28 13:42

Amerikaanse navorsers het uiteindelik met 'n wetenskaplike verduideliking vir die mense se nood om te gaap vorendag gekom.

‘Twee vingers!’ ná jare van blindheid

2011-11-28 09:00

Volgens een van die dokters wat die operasies om katarakte te verwyder gedoen het, is 160 000 mense in SA tans blind weens katarakte.

Indiese krieketheld herstel van longgewas

2011-11-27 18:52

Die Indiese krieketster Yuvraj Singh voer 'n stryd teen 'n gewas in sy long wat hom reeds sedert vanjaar se Wêreldbeker-toernooi affekteer.

Tuisgebore eerstelinge meer kwesbaar

2011-11-25 17:12

‘n Tuisgeboorte hou ‘n groter risiko vir die babas van ma’s wat hul eersgeborene die lewe inbring, het ‘n studie in Brittanje getoon.

Kitso volg in Oscar se voetspore

2011-11-25 09:01

Dit verg konsentrasie om met kunsbene te loop, maar klein Kitso Mokolometsa het hand-aan-hand met die lemkampioen Oscar Pistorius geloop.

Outistiese tieners minder sosiaal

2011-11-24 17:19

Tieners met outisme is heelwat minder geneig as ander tieners om ‘n sosiale lewe buite die skoolgronde te geniet, het navorsers gesê.

Vrou eis ná bors onnodig afgesit is

2011-11-24 09:02

'n Plaaslike vrou wie se regterbors in 2006 verkeerdelik verwyder is, eis R600 000 van Noordwes se LUR vir gesondheid.

Tabak-reus sleep Australiese regering hof toe

2011-11-22 13:37

Die tabak-reus Philip Morris dagvaar die Australiese regering oor 'n nuwe wet wat eenvoudige verpakking vir sigarette verpligtend maak.

Vigs-sterftes daal met 21%

2011-11-22 11:38

Vigs-verwante sterftes en infeksies het beide met 21% geval – die laagste getalle sedert die hoogtepunte in 2005 en 1997 onderskeidelik.

25% gebruik antibiotika verkeerd

2011-11-21 23:08

‘n Kwart van mense glo steeds verkeerdelik antibiotika kan ‘n ligte hoes en verkoues genees, het ‘n peiling in Brittanje bevind.

Anti-rookwetgewing in Australië verwag

2011-11-21 16:34

Sigarette in Australië gaan volgende jaar in eenvoudige groen pakkies verkoop word, volgens ‘n nuwe anti-rookwetgewing.

Slaap verhelder nie bejaardes se geheue

2011-11-21 11:37

‘n Goeie nagrus help dalk nie om ouer volwassenes se geheue te verbeter nie, want die probleem lê in hul breine, het ‘n nuwe studie bevind.

Miljoene nodig vir cholera-stryd in Kongo

2011-11-19 11:31

Die VN en noodlenigingsorganisasies benodig dringend R45 miljoen vir die stryd teen cholera in die Demokratiese Republiek van die Kongo.

Eier vir ontbyt hou jou wakker by die werk

2011-11-17 15:30

Om werk toe te gaan met ‘n eier in die maag hou dalk nie net die maag se gegrom stil nie – dit hou jou wakker by die werk en jou lyf slank.

Farmaseutiese maatskappye 'buit siekes uit'

2011-11-17 08:42

Suid-Afrikaners word ontneem van goedkoper medikasie wat hul lewe kan red omdat verouderde wetgewing groot farmaseutiese maatskappye beskerm.

Verskeie kankers eis alkoholiste meer

2011-11-16 11:23

Alkoholiste het ‘n groter kans om te sterf aan keel-, mond-, en lewerkanker as mense wat matiger drink, het navorsers bevind.

Verkragte vroue het meer hartsiekte

2011-11-15 08:15

Meisies wat erg fisies en seksueel aangerand is, het dalk ‘n groter kans om as volwassenes aan hartkwale te ly, het navorsers bevind.

Te min oefening, te veel TV lei tot depressie

2011-11-14 10:15

Ouer vroue wat meer oefening kry en minder televisie kyk is minder geneig om met depressie te sukkel, het ‘n nuwe studie bevind.

Sleutelbord vuiler as toiletsitplek

2011-11-10 13:38

Sowat 16% van alle selfone het fekale stowwe op en dié toestel is nie die enigste nie – amper alle tegnologiese toestelle krioel daarvan.

E.coli in kaas gevind

2011-11-09 16:32

Sowat 22 ton ingevoerde Ierse kaas is vernietig omdat dit met E.coli-bakterie besmet is, het die Melkprodusente-organisasie (MPO) gesê.

Tsetsevlieg neem slaapsiekte na suide van Afrika

2011-11-09 10:14

Die tsetse-vlieg, wat slaapsiekte dra, versprei na suidelike dele van Afrika as gevolg van aardverwarming en kan daar meer mense besmet.

Alkohol kan allergieë vererger

2011-11-07 13:05

Alkoholiese drankies kan allergiese reaksies veroorsaak of bestaande allergieë vererger, toon die bevindinge van 'n nuwe studie.

'Doodgebore' baba toe lewendig in plastieksak

2011-11-04 11:11

‘n Hospitaal in China het werkers geskors na hulle ‘n lewende baba doodgebore verklaar het en soos 'n lyk van hom ontslae geraak het.

Meer beroertes vir depressielyers

2011-11-03 13:08

Mense wat aan depressie ly het ‘n groter kans om later in hul lewens ‘n beroerte te kry as mense wat nie aan dié geestestoestand ly nie.

Facebook, Twitter sê wanneer siekte kom

2011-11-02 13:14

Die manier waarop mense sosiale netwerke soos Twitter en Facebook gebruik kan help om die uitbreek van siektes te voorspel.

Paar drankies verhoog klaar kans op borskanker

2011-11-02 11:12

Vroue wat so min as drie alkoholiese drankies per week drink het ‘n groter kans om borskanker te ontwikkel as vroue wat glad nie drink nie.

Hoodia-plant demp toe nie eetlus – studie

2011-11-02 08:08

Hoodia gordonii-eetlusdempers het gelei tot newe-effekte soos braking, verhoogde bloeddruk en hartklop en het nie vroue se eetlus gedemp nie.

Mense 'drink hulle dood'

2011-10-31 13:09

Mense wat gereeld meer as die alkohol-perk drink verhoog onwetend hul kans om kanker, lewerkwale en geestesversteurings te ontwikkel.

Alkohol is dalk goed vir die hart

2011-10-28 15:05

Vroue wat gereeld alkohol gedrink het in die jaar voor hulle ‘n hartaanval kry, se kans op oorlewing is beter as vroue wat niks gedrink het nie.

Aspirien halveer kans op kolorektale kanker

2011-10-28 11:02

‘n Langtermyn, daaglikse dosis aspirien kan die kans op kolorektale kanker met tot 60% verminder by mense wat die siekte moontlik kan erf.

Toestelle ‘net geldmors’

2011-10-28 09:00

Terapeute sonder mediese kwalifikasies gebruik in Suid-Afrika omstrede toestelle vir “mediese diagnose” wat in ander lande verbied word.

Gaskoeldrank met gewelddadige tieners verbind

2011-10-26 14:15

Tieners wat baie gaskoeldrank drink is meer geneig om aggressief op te tree en wapens te dra, het ‘n nuwe studie bevind.

Mediterreense dieet verbeter kans op swangerskap

2011-10-26 09:54

Vroue wat ‘n Mediterreense dieet, gepak met vrugte, groente, neute en vis volg, is minder geneig om te sukkel om swanger te raak.

Varke se organe 'binnekort' in mense oorgeplant

2011-10-21 23:11

Varke skuif dalk binnekort van modderpoele na die operasietafel omdat navorsers meen hulle organe kan moontlik in die mens oorgeplant word.

 

Malaria: 'Gebied kan uitbrei'

2012-02-04 10:13

Die ses malariagevalle onder Pretorianers wat nie malariagebiede besoek het nie, moet ’n waarskuwing te wees oor die gevare van klimaatsverandering.

Pynmiddel tydelik aan mark onttrek

2012-02-03 07:01

Die pynmiddel Excedrin is tydelik aan die mark onttrek omdat die gevaar bestaan dat ander middels dalk daarin kon beland het.

R2 miljoen opsygesit vir rooibos-navorsing

2012-01-25 10:15

Suid-Afrikaanse navorsers gaan R2 miljoen spandeer aan navorsing om die voordelige eienskappe van rooibostee te bewys.

Pasiënt met dodelike siekte steeds soek

2011-12-25 09:30

Daar is nog steeds geen teken van die pasiënt met breinvliesontsteking wat drie weke gelede uit die Mamelodi-hospitaal verdwyn het nie.

Interpol wil eienaar vastrek oor borsinplantings

2011-12-24 22:55

Interpol wil die Fransman Jean-Claude Mas, stigter van 'n maatskappy wat borsinplantings vervaardig, in hegtenis neem.

Borsinplantings wek kommer

2011-12-20 22:55

Sowat 30 000 Franse vroue moet dalk hul borsinplantings verwyder oor vrese dat dit ernstige gesondheidsprobleme kan veroorsaak.

'40% van kankers kan voorkom word'

2011-12-07 15:26

Naastenby die helfte van alle kankergevalle wat in Brittanje gediagnoseer word, is as gevolg van rook, drink en slegte eetgewoontes.

Kinders se breine toon letsels van mishandeling

2011-12-06 15:21

‘n Nuwe studie het bevind tieners wat as jonger kinders mishandel is, se breine kan tekens van dié mishandeling toon.

Streng dieet 'genees' diabetes

2011-12-06 10:02

‘n Nuwe studie het bevind ‘n uiters streng dieet met drasties verminderde hoeveelhede kalorieë kan in vier maande met diabetes klaarspeel.

Laat slaap is in jou gene

2011-12-05 14:40

Mense wat hou van laat slaap het dalk nou ‘n verskoning as die baas woedend bel – dit is in hul gene, het navorsers bevind.

Gestremdes se regte nog daagliks geskend

2011-12-03 15:00

Die internasionale dag vir gestremde persone word vandag gedenk. Volgens die VN ervaar talle mense met gestremdhede steeds armoede en agteruitgang.

Vitamien-aanvullings kan help met swangerskap

2011-12-02 14:10

Vroue wat vitamienaanvullings saam met hul vrugbaarheidsbehandeling inneem, het ‘n groter kans om swanger te raak, het navorsers bevind.

Nuwe plan teen vigs

2011-12-02 09:00

Die nuwe Nasionale Strategiese Plan teen MIV/vigs sal ook op tuberkulose fokus, het Jacob Zuma hier op Wêreldvigsdag aangekondig.

MIV-probleem erger in China

2011-12-01 10:00

Die aantal nuwe MIV-infeksies styg in China en veral ouer mans en universiteitstudente word met die virus besmet, berig staatsmedia.

Vigs-syfers ’n probleem

2011-12-01 08:01

Vigsverwante siektes is waarskynlik die grootste oorsaak van sterftes in SA, maar die aantal sterftes bly steeds moeilik om te meet.

Vigs al hoe meer onder ouer mense

2011-11-30 09:05

Die styging in die voorkoms van MIV onder mense bo 35 beteken dalk die regering moet sy bewusmakingsprogramme op getroude paartjies fokus.

Studie: Rassisme voel soos trauma

2011-11-28 10:54

Slagoffers van rassisme ervaar dieselfde simptome as mense wat trauma beleef, het Amerikaanse navorsers bevind.

Kinders gevind wat met naalde en kondome speel

2011-11-27 18:54

Kinders by ‘n skool in Mpumalanga is gevind waar hulle met mediese spuitnaalde van die provinsiale gesondheidsdepartement gespeel het.

Dokter blink op Joost se aand

2011-11-27 07:29

Joost van der Westhuizen was dalk die man van die oomblik op sy geldinsamelingsaand, maar dis die chirurg wat hom behandel, wat die manne laat swymel het.

Britse vroue Europa se vetste

2011-11-25 11:13

Britse vroue en Maltese mans is Europa se vetste, wys 'n studie wat ook die gewilde idee dat alle Franse vroue maer is, verkeerd bewys het.

Kort mense het tekort aan gene

2011-11-24 18:28

Wetenskaplikes het bevind kort mense vermis kopieë van sekere gene en dit kan veroorsaak dat hul merkbaar korter as gemiddeld is.

Macho mans verkies veilige seks

2011-11-24 15:26

Jong mans met hoër vlakke van die hormoon testosteroon is dalk bekend vir gewaagde gedrag, maar hulle is ook meer bedag op veilige seks.

Skraler mense sterf meer na operasies

2011-11-22 21:02

Skraler mense het ‘n hoër risiko om binne 30 dae na ‘n mediese operasie te sterf as oorgewig mense, het navorsers in Amerika bevind.

Hartgevaar grootste by onfikse mans

2011-11-22 12:36

Mans wat onfiks is en wie se werk fisiek uitputtend is, kan ‘n groter kans op ‘n hartaanval hê as fikse mans, het ‘n nuwe studie bevind.

Seldsame bloedvatsiekte kom in soeklig

2011-11-22 07:05

Sover bekend ly net 24 Suid-Afrikaners aan die seldsame bloedvatsiekte pulmonêre hipertensie (PH), maar dié syfer kan misleidend wees.

Medikasie vir borskanker verloor goedkeuring in VSA

2011-11-21 23:08

Die Amerikaanse voedsel-en-medisyne-owerheid (FDA) het die goedkeuring van gewilde medikasie vir borskanker teruggetrek weens risiko's.

Meer seks hou bejaardes gelukkig

2011-11-21 16:34

Bejaardes se seksuele verhoudings het ‘n merkbare invloed op hul geluk in die lewe en die huwelik, het ‘n nuwe studie bevind.

Oorgewig mense eet minder maaltye

2011-11-21 10:09

Oorgewig volwassenes eet minder maaltye as mense met ‘n gesonde gewig, maar eet meer kalorieë en is minder aktief, het navorsers bevind.

Gesondheid van duisende in O-Kaap in gedrang

2011-11-18 11:10

Die gesondheid van duisende pasiënte wat in die Chris Hani-distrikmunisipaliteit woon, is in gedrang weens 'n erge tekort aan medikasie.

Vroue se harte 'breek makliker'

2011-11-17 10:18

‘n Vrou se hart breek makliker as ‘n man s’n, het navorsers wat ‘n skaars harttoestand genaamd “gebrokehartsindroom” ondersoek, gesê.

Laer IK, groter middellyf

2011-11-16 19:38

Jong mans met laer IK’s mag dalk ‘n groter risiko as slimkoppe hê om later gewig op te tel en aan hartsiekte te ly, het ‘n studie bevind.

Slegs 2 soet drankies kan diabetes veroorsaak

2011-11-15 08:15

Slegs twee suikerige drankies a dag kan ‘n vrou se kans op hartkwale en diabetes vergroot – en haar middel ook daarby, het navorsers bevind.

Skoon tande hou hartaanvalle, beroertes weg

2011-11-14 11:16

Mense wat die tandarts gereeld besoek en hul tande laat skoonmaak verlaag hul kans om ‘n hartaanval of ‘n beroerte te ly, sê navorsers.

Bababottels wat kanker veroorsaak steeds gebruik

2011-11-12 19:28

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) het gesê miljoene bababottels wat glo kanker kan veroorsaak word steeds regoor die land gebruik.

'SA'ners drink bakkievrag drank jaarliks'

2011-11-09 22:00

Die gemiddelde Suid-Afrikaner drink jaarliks die ekwivalent van ‘n bakkievrag vol alkoholiese drank, het die Sentrale Dwelmowerheid bevind.

Selfone dalk ‘n gevaar vir kinders se breine

2011-11-09 14:21

Selfone kan ‘n "tydbom vir die gesondheid" wees, het Britse kenners gesê wat dié land se regering aanmoedig om die publiek te waarsku.

Voel só vinniger versadig

2011-11-09 09:07

Dink net: Jy het pas begin eet, dan voel jy vol en stoot jou bord eenkant toe en sommer gou begin die kilo’s en die vetrolletjies wegsmelt.

Kinders wat ontbyt oorslaan 'steurnis' in die klas

2011-11-07 11:05

'n Britse peiling het bevind byna een uit ses hoërskoolleerlinge eet nie soggens ontbyt nie en dit kan hulle ‘n steurnis in die klas maak.

Britse dieet 'kan lewens red'

2011-11-03 14:30

'n Dieet soos dié van die Britte kan duisende mense in Skotland, Wallis en Noord-Ierland se lewens van kanker en hartsiekte red.

Dié medikasie kan oudag uitstel

2011-11-02 14:17

Wetenskaplikes het in ‘n poging om ‘n kuur vir ‘n dodelike kindersiekte te vind, ‘n manier ontdek om die proses van veroudering te vertraag.

Minder testosteroon, meer hartprobleme

2011-11-02 12:14

‘n Nuwe studie het bevind soos ouer mans se vlakke van die hormoon testosteroon verlaag, verhoog hul kanse om aan hartkwale te sterf.

‘Eerstejaarsindroom’ net ‘n mite

2011-11-02 10:10

Die bygeloof dat ‘n eerstejaar sonder ouertoesig en skoolsport gemiddeld 7 kg gewig aansit binne sy eerste maande op universiteit is ‘n mite.

'Superkiem' eis vierde slagoffer

2011-11-01 10:07

Die superkiem-geen, bekend as NDM-1 (New Delhi metallo-lactamase 1), het die lewe van 'n vierde persoon geëis, berig The Star.

Nierstene dalk teken van diabetes

2011-10-28 16:03

Mense wat in hul lewens al die pyn van nierstene moes deurmaak mag dalk ‘n vergrote kans hê om diabetes te ontwikkel, het navorsers bevind.

Dieet maak honger 'permanent' erger

2011-10-28 12:01

Selfs ‘n jaar nadat jy met behulp van 'n streng dieet jou vetrolletjies afgeskud het, beveel hormone jou om te “eet, eet, eet!”

Mugabe wéér in Singapoer

2011-10-28 10:01

Robert Mugabe van Zimbabwe het vir die agtste keer hierdie jaar vir mediese behandeling na Singapoer gevlieg, het ‘n regeringsbeampte gesê.

Dagga 'ontwrig breingolwe'

2011-10-26 18:07

Dagga veroorsaak chaos in die brein en aktiwiteit in die senuwees word ongekoördineerd en onakkuraat, het ‘n studie bevind.

Visolie kan prostaatkanker help vertraag

2011-10-26 11:03

‘n Gesonde laevet-dieet saam met aanvullings van visolie kan die groei van prostaatkanker by mans vertraag, het nuwe navorsing bevind.

Wonderbaba het beter kans om te oorleef

2011-10-26 07:59

Die kans op oorlewing van ’n Baaise baba wat met ’n uiters seldsame sindroom gebore is, het dramaties verbeter nadat hy geopereer is.

Ouers raadpleeg graag internet oor kinders se kwale

2011-10-21 22:05

Een uit agt ouers soek aanlyn antwoorde oor hul kinders se mediese toestand voor hulle die jongspan dokter toe neem, het navorsers bevind.

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Showers early. More sun than clouds. Warm.
Jhb: 17-26°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 19-29°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 20-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x2 MY06
2006
R 169,995.00

RENAULT

Fluence 1.6 Dynamique
2011
R 199,990.00

TOYOTA

Yaris ZEN3 1.3 5-dr
2011
R 117,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.