ARTIKELS OOR geloof

N-Korea vervolg Christene die ergste

2012-01-09 07:00

In Noord-Korea word Christene die ergste vervolg. Terselfdertyd het Christene se posisie in die Moslem-wêreld die kwaaiste agteruitgegaan.

Uitlatings oor Christenskap 'n 'misverstand'

2011-12-21 19:30
79 menings

Die presidensie het pres. Jacob Zuma se omstrede uitlatings oor Christenskap verdedig en gesê dit is 'n "misverstand".

Iranse pastoor staar doodsvonnis in die gesig

2011-09-29 23:24

Die prokureur van ‘n Iranse pastoor wat tot die dood veroordeel is vir geloofsversaking, is hoopvol dat ‘n appèlhof sy kliënt sal vryspreek.

Program wat Jode identifiseer verbied

2011-09-15 13:27

Apple het gesê ‘n iPhone-program met die naam “Jew or Not Jew?” is van sy Franse App Store verwyder oor negatiewe terugvoer van gebruikers.

Kerke in Nederland raak ál minder

2011-09-06 07:00

Dit het pas bekend geword dat slegs 7 000 van die 19 000 kerke in Nederland nog as huis van aanbidding gebruik word.

Nigerië: 42 dood toe Christene, Moslems bots

2011-09-02 11:18

Botsings tussen Christene en Moslems het in Nigerië uitgebreek en moes deur soldate opgebreek word met die gevolg dat talle mense dood is.

Paltrow gaan haar kinders Joods grootmaak

2011-07-20 21:22

Gwyneth Paltrow het onthul sy gaan haar en haar man, die Coldplay-sanger Steve Martin, se kinders, Apple en Moses, Joods grootmaak.

Christene kry tronkstraf ná stryery oor kerk

2011-05-30 13:53

Twee Koptiese Christene in Egipte het vyf jaar tronkstraf gekry omdat hulle ‘n fabriek sonder toestemming in ‘n kerk wou verander.

Burkas ook in België verban

2011-05-26 10:05

België sal die tweede Europese land word om die volle Moslem-kopstuk, die burka, te verbied na die parlement ‘n wet ingesweer het.

Die Bybel binnekort ‘n televisiereeks

2011-05-24 14:31

Die koning van realiteitsprogramme, Mark Burnett, vervaardig ‘n dokudrama wat die Heilige Skrif op dieHistory-kanaal gaan sit.

‘Fotobewyse’ van wegraping op Twitter

2011-05-23 11:52

Gebruikers van sosiale media het die spot met die oordeelsdagverklaring gedryf en het foto’s as ‘bewyse’ van hul wegraping versprei.

Voorspellers 'skuld mense verduideliking'

2011-05-23 08:13

Al is die voorneme met die voorspelling van die oordeelsdag edel, is ons mislei wanneer ons dink ons kan die wederkoms voorspel, meen ds. Riekert Botha.

Paartjie beweer hulle is Jesus en Maria

2011-05-17 11:06

‘n Australiese paartjie van Queensland beweer hulle is die wederkoms van die Bybelse figure Jesus Christus en Maria Magdalena.

Lady Gaga wou nie Christen-geloof aanval

2011-05-06 12:36

Die omstrede sangeres Lady Gaga het teruggekap oor die geloofsaspekte rakende haar musiekvideo vir haar nuutste album Judas.

Kiwi-kerk briesend oor paasbolletjie-advertensie

2011-04-07 13:32

Die Nieu-Seelandse maatskappy Hell Pizza het die Anglikaanse kerk onstel met ‘n omstrede veldtog wat paasbolletjies adverteer.

Vrou voel ‘Here se hand’ in operasie

2011-03-25 09:15

’n Bloemfonteinse vrou het onlangs ’n “diep geestelike ervaring” gehad het toe sy “die Here se Hand op haar kop gevoel het en Hy haar van die dood gered het”.

Rusie woed in Duitsland oor Islam se plek

2011-03-09 08:46

’n Skerp rusie het in die geledere van die regerende Christen-Demokrate in Duitsland oor die plek van die Islam in die land uitgebreek.

VF+: Zuma-woorde onsensitief

2011-02-07 22:00

"President Jacob Zuma gee aanstoot aan baie Christene as hy godsdienstige begrippe soos hemel en hel vir politieke voordeel gebruik."

Spirituele leier uitgewys as Chinese spioen

2011-01-31 23:00

‘n 54-jarige man word daarvan aangekla dat hy namens Chinese agente op die Falun Gong-beweging se groepering in Duitsland gespioeneer het.

Troeteldiere stroom kerk toe

2011-01-17 23:00

Honde, katte, hamsters en selfs varke het na kerke in Spanje gestroom, op soek na die seën van St. Anthony, die beskermheilige van diere.

‘Boere-Viking’ gestraf

2010-12-02 08:16

Günther Kotze, die “Boere- Viking”, het skuld beken op aanklag van opsetlike saakbeskadiging nadat hy ’n gedenknaald afgebreek het.

Christene lewe nou in vrees

2010-11-11 09:07

Christene in Irak leef opnuut in vrees ná bom- en mortieraanvalle in die Irakse hoofstad, het veiligheidsbronne gesê.

Irak: 10 sterf toe motorbom ontplof

2010-11-08 11:21

Sowat 10 mense is dood en 38 is beseer toe ‘n motorbom in Karbala, Irak, afgegaan het, het owerhede bekend gemaak.

Man gehang oor 'sataniese dade'

2010-10-26 16:28

'n Man is in Iran gehang nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy "sataniese" en "onsedelike" dade uitgevoer het, berig 'n plaaslike koerant.

Erken Christene in Islam-lande, vra Wulff

2010-10-21 08:47

Die leier van ’n Europese land het die eerste keer sonder omhaal van woorde godsdiensvryheid vir Christene in ’n Islamitiese land bepleit.

Christene kap Woolies oor godsdiens

2010-10-20 07:30
77 menings

Christene dreig om Woolworths te boikot nadat hy besluit het om onder meer Christelike tydskrifte van sy winkelrakke te verwyder.

Woedendes in Malawi verbrand hope Bybels

2010-10-08 07:06

Woedende Moslems het dié week hope Bybels naby ’n gewilde toeriste-oord aan die suidoostelike oewer van die Malawimeer opgeskeur en verbrand.

Seremonie lok verskeie godsdienste

2010-09-27 07:38

Verskillende godsdiensgroepe het by die Nan Hua-tempel buite Bronkhorstspruit byeen gekom vir die jaarlikse seremonie van lig en vrede.

Advertensie oor swanger non verbied

2010-09-15 13:28

'n Advertensie vir 'n roomyshandelsmerk wat 'n hoogswanger non uitbeeld, is verbied omdat dit 'n "bespotting" van die Rooms-Katolieke geloof maak.

Twee sterf in Koran-betoging

2010-09-13 08:07

Twee mense wat betoog het teen die ontheiliging van die Koran, is dood in skermutselings met Afgaanse veiligheidsmagte.

Leraar sê nou hy gaan nie Koran verbrand

2010-09-10 14:01

Die leraar van 'n klein kerk in Florida het gesê hy beplan nie om eksemplare van die Koran te verbrand om die 9/11-aanvalle te herdenk nie.

Duisende betoog teen verbranding van Koran

2010-09-10 12:00

Sowat 10 000 Moslems het in Badachsjan, Afganistan teen Amerika betoog oor 'n leraar se planne om eksemplare van die Koran te verbrand.

Wêreld op hol oor leraar wat Koran wil verbrand

2010-09-09 08:50

Die predikant van ’n gemeente in Florida het die wêreld op hol met sy plan om eksemplare van die Koran in die openbaar te verbrand.

Hawking: God het nie heelal geskep

2010-09-02 14:38

God het nie die heelal geskep nie en die oerknal was 'n logiese gevolg van die wette van fisika. Só beweer Stephen Hawking.

Kerk: Moenie per telefoon oor sondes bieg

2010-08-17 23:51

Die hoof van Egipte se Koptiese kerk het sy gemeentelede aangeraai om nie per telefoon oor hul te bieg nie, berig 'n plaaslike koerant.

Evolusieherrie: Moderator sal nie bedank

2010-08-02 07:54
182 menings

Prof. Piet Strauss oorweeg dit geensins om oor die woede weens sy standpunt oor evolusie, as moderator van die NG Kerk te bedank nie.

Herrie oor NG moderator se evolusie-mening

2010-07-27 08:50
185 menings

’n Herrie het losgebars om die kop van prof. Piet Strauss, moderator van die NG Kerk, oor ’n standpunt wat hy oor evolusie ingeneem het.

Christene en Moslems bots in Nigerië

2010-07-14 23:11

'n Polisiebeampte sê geweld tussen Christene en Moslems het bloedvergieting in die suidwestelike Nigerië veroorsaak.

Islam-fanatici kap onnie se hand af

2010-07-05 15:00

Radikale Islam-volgelinge het 'n kollege-lektor in Indië se hand afgekap oor 'n beweerde beledigende verwysing na die profeet Mohammed in 'n vraestel.

Franse hoor gou oor burka

2010-06-22 14:44

Franse wetmakers begin op 6 Julie 'n debat oor 'n voorstel van die regering om die burka uit openbare plekke te verban.

Paartjie kan sit ná seks in kerk

2010-06-17 14:05

‘n Moslem Ugandese paartjie kan tronk toe gestuur word nadat hulle seks in ‘n Christelike kerk gehad het, glo om dié geloof te beledig.

Empire State-gebou: nee vir Moeder Teresa

2010-06-09 10:32

Die Katolieke Bond is vies omdat New York se Empire State-gebou nie vir die eeufeesviering van Moeder Teresa se geboorte verlig sal word nie.

Afganistan wil Christen-groepe stuit

2010-05-31 10:03

Afganistan het ’n ondersoek gelas ná ’n Noorweegse organisasie daarvan beskuldig is dat hy die Christelike geloof verkondig, wat met die dood strafbaar is.

M&G hersien beleid oor godsdiens

2010-05-27 07:30

Die M&G gaan sy redaksionele beleid oor godsdienskwessies hersien ná die herrie wat sy spotprent oor die profeet Mohammed ontketen het.

M&G sal nie jammer sê oor spotprent

2010-05-25 16:41

Die Mail & Guardian-koerant het gesê hy sal nie om verskoning vra vir 'n omstrede Zapiro-spotprent wat Moslems woedend gemaak het nie.

Switserland wil burka verban

2010-05-24 11:18

Meeste Switserse burgerlikes is glo ten gunste van die verbanning van die Islamitiese gesigsluier, ook bekend as die burka.

Almal lag nie oor Zapiro-spotprent

2010-05-21 09:24

‘n Interdik is tevergeefs teen die Mail & Guardian gekry om te verhoed dat die koerant ‘n omstrede spotprent deur Jonathan Shapiro (Zapiro) publiseer.

Buchan beloof grootste saamtrek nóg

2010-04-11 14:31

Angus Buchan, die evangelis van Greytown, gaan in die woud naby sy plaas met net sy groot leer-Bybel en iets te ete, homself tot Vrydag afsonder.

55 000 Christene sal stadion vol pak

2010-03-22 08:04

Die 55 000 sitplekke in die Kaapstad-stadion sal na verwagting gevul wees wanneer Christene die Jesus vir Kaapstad-saamtrek bywoon.

Nederlandse kerk ál vrysinniger

2010-03-08 08:39

Die Nederlandse Protestantse Kerk (PKN) word klaarblyklik al hoe vrysinniger, blyk uit ’n peiling van ’n Nederlandse kerk­nuusagentskap.

 

Christendom nie meer ’n Europese geloof

2012-01-01 08:14

As Christene werklik die sout van die aarde is soos die Bybel sê, het daardie sout die afgelope 100 jaar baie deeglik deur die dis getrek.

Kunstenaar trek klere uit teen Angus

2011-11-27 08:36
90 menings

Die evangelis Angus Buchan bekend om sy Mighty Men-saamtrekke en sy boek Faith Like Po­tatoes, is in sy lewe al uit talle oorde gekritiseer.

Sterk intuïsie beïnvloed geloof in God

2011-09-22 11:14

‘n Studie het bevind mense se intuïsie en die besluitnemingsproses daaragter beïnvloed of hulle geneig is om in ‘n welwillende God te glo.

Nege dood in aanval in Nigierië

2011-09-09 12:13

Nege mense, insluitend sewe broers en susters, is dood tydens ‘n aanval op ‘n Nigeriese dorp in ‘n omgewing wat erg deur geweld geraak word.

Nigerië: Moslems kap Christen-familie dood

2011-09-05 15:05

‘n Groep Moslems in Nigerië het ‘n Christenfamilie doodgekap nadat daar verlede week erge geweld tussen dié twee groepe uitgebreek het.

Man wat Jesus help kruisig se adres bekend

2011-09-01 10:19

‘n Inskrywing in ‘n antieke doos bewys dalk die inhoud daarvan het aan ‘n figuur behoort wat by die kruisiging van Jesus betrokke was.

Hongarye sny aantal erkende gelowe

2011-07-12 19:51

Luidens 'n nuwe wet wat in die Hongaarse parlement goedgekeur is, sal die aantal erkende gelowe in dié land drasties verminder word.

Lady Gaga bid eerder tot vroue

2011-05-27 22:00

Lady Gaga het baie godsdienstig grootgeword en terwyl sy geleer is om Jesus en God te aanbid, het sy dit verkies om tot vroue te bid.

'Geestelike hoer' sê jammer oor eindtyd

2011-05-25 09:03

“Ons is geestelike hoere. Ons het gesondig deur mense te verwar,” het die man wat verkondig het die wêreld sou tot ’n einde kom, gesê.

Wegraping: 'Nou is dit terug na die Skrifte'

2011-05-24 09:10
75 menings

Nou is dit terug na die Skrifte om te gaan kyk waar hulle dit verkeerd verstaan het, het Johannes Coetzee oor die "wegraping" gesê.

Wegraping: Volgelinge moet vir gelag betaal

2011-05-23 09:10

’n Stewige hotelrekening wag op ’n groep mense wat geglo het die einde van die wêreld sou die naweek aanbreek.

Mense vir oulaas gewaarsku oor 'wegraping'

2011-05-21 08:07
146 menings

Ondersteuners van die voorspellers wat glo 21 Mei begin die wegraping, het advertensies in koerante geplaas sodat mense tot bekering kan kom.

‘Die hemel is ‘n feeverhaal,’ sê Stephen Hawking.

2011-05-16 20:04
493 menings

Die hemel en die ewige lewe is ‘n “feeverhaal” vir mense wat die dood vrees, het die bekende Britse wetenskaplike Stephen Hawking gesê.

Betogings in Egipte duur voort

2011-04-19 17:55

Egiptiese betogers, wat deur Islamiete gelei word, gaan nie ophou betoog voordat ‘n nuut aangestelde Christen-goewerneur bedank nie.

Prediker kry skel tot byna in die hel

2011-04-03 09:24
268 menings

Rob Bell, een van die mees supergewilde Christen-predikers, wie se preekvideo’s landwyd in kerkdienste uitgesaai word, word nou deur vuurtonge gelooi.

Bid is balsem vir kwade gevoelens

2011-03-24 20:06

Of jy nou gelowig is of nie, dit maak nie saak nie. As iemand jou kwaad maak is die beste medisyne om daaroor te bid.

Dominee op stresverlof na herrie oor duiwels

2011-02-20 08:05

Die bevrydingsbediening van ds. Pieter Fourie van Rant en Dal het tot soveel ongemak in sy gemeente gelei dat hy daaroor praat om die NG Kerk te verlaat.

‘Geen ruimte vir gesprek in kerk’

2011-02-04 09:02

Hy is ’n NG predikant, hou die Sabbat op Saterdae en vier Joodse feesdae, maar dr. Jan de Beer voel hy kry nie kans vir ’n behoorlike gesprek binne die NG Kerk nie.

NG dominee sê hy toor nie, hy bid

2011-01-18 07:30

’n NG dominee van die gemeente Rant-en-Dal in Krugersdorp het verbaas gereageer toe ’n joernalis van die Kerkbode hom ’n wit sangoma genoem het.

Panga-aanval laat 13 Christene dood

2011-01-11 21:00

‘n Gemeenskapsleier in ‘n sentraal-Nigeriese dorp sê mans wat met pangas en jaggewere gewapen was, het 13 mense in dié dorp doodgemaak.

Britse skoliere geleer om hande af te kap

2010-11-22 04:56

By Islamitiese skole oor Brittanje heen word geleer hoe om ‘n misdadiger se hand af te kap en dat Jode saamsweer om die wêreld oor te neem.

Christene in Irak aangeval

2010-11-11 09:05

Minstens drie mense is dood en 26 gewond na 'n vlaag bomaanvalle op huise van Christene in Bagdad, sê die ministerie van binnelandse sake.

'Christene en Moslems kan nie saam aanbid'

2010-10-28 08:45

Christene en Moslems kan nie saam aanbid nie; daarvoor verskil hulle teologies te veel van mekaar. Só meen die opstellers van ’n verslag.

Bakkies Botha vra vergiffenis

2010-10-22 09:13

Die omstrede Springbok-slot, Bakkies Botha, het in 'n onderhoud met die tydskrif Juig!, gesê hy het God om vergiffenis gevra.

Woolworths knak

2010-10-20 16:52

Die herrie rondom godsdienstige tydskrifte wat van Woolworths se rakke sou verdwyn, het met ‘n omkeer van dié besluit geëindig.

Pastoor kry kar present ná Koran-herrie

2010-10-18 09:19

’n Pastoor se besluit om af te sien van sy plan om die Koran te verbrand ter herdenking aan die 9/11-aanvalle, het hom ’n motor ryker gemaak.

Hervormers groet apartheid

2010-10-02 08:20

Die algemene kerkvergadering het in Pretoria ’n besluit geneem wat hom van enige teologiese regverdiging van apartheid distansieer.

Pous in Brittanje vir omstrede besoek

2010-09-16 21:10

Pous Benediktus XVI het in Skotland aangekom vir 'n vier dag lange omstrede dog historiese staatsbesoek aan Brittanje.

Baie meer priesters is pedofiele

2010-09-13 10:15

Die omvang van pedofilie onder Belgiese Rooms-Katolieke priesters is groter as wat tot dusver vermoed is, het ’n kommissie van ondersoek bevind.

3 Dood in Koran-betoging

2010-09-10 20:19

Drie betogers wat deel was van 'n protesaksie teen teen die Amerikaanse leraar se planne om 'n Koran te verbrand, is buite 'n Nato basis in Afganistan doodgeskiet.

Man wil Bybels brand

2010-09-10 13:06

Daar is aansoek gedoen vir ‘n hofinterdik om ‘n plaaslike man te verhoed om Bybels by die Library Gardens in Johannesburg te brand.

'Koran-verbranding werwing vir Al-Kaïda'

2010-09-09 23:27

Pres. Barack Obama waarsku dat 'n leraar se plan om eksemplare van die Koran te verbrand, as werwingsmeganisme vir Al-Kaïda gebruik kan word.

Pastoor: “Jesus was MIV-positief”

2010-09-03 13:48

‘n Kerkman in Kaapstad het Christene in sy gemeenskap woedend ná 'n preek getiteld "Jesus was MIV-positief".

Moslems uit huise gesit oor seksdade

2010-08-23 13:41

Moslem-staatsdienswerkers wat in onwettige seksdade in Maleisië betrap is, is deur amptenare uit hul staatshuise gesit.

Gebed genees glo wel

2010-08-06 10:56

Gebed genees, het ‘n onlangse studie by die Indiana Universiteit glo bewys – maar sekere soorte gebede werk beter as ander.

Moslems bid in verkeerde rigting

2010-07-29 14:21

Aanbidders by 'n moskee in 'n Saoediese dorp naby Mekka, het uitgevind hulle bid al vir die afgelope tien jaar in die verkeerde rigting.

Indonesiërs 'bid in verkeerde rigting'

2010-07-17 07:02

Indonesiese Moslems het uitgevind hulle bid nog altyd in die verkeerde rigting en verkeerdelik in die rigting van Afrika bid.

Moor vir profeet, sê tydskrif

2010-07-11 18:54

'n Artikel in 'n Al-Kaïda-tydskrif het 'n beroep op lesers gedoen om enigiemand wat die profeet Mohammed beledig, tereg te stel.

Moslems baklei oor borste en ritme

2010-06-30 16:00

Die Moslemgemeenskap in Saoedi-Arabië is aan die baklei nadat omstrede opinies oor volwasse mans wat borsvoed, en musiek, gemaak is.

Kerk weier inenting teen masels

2010-06-17 21:00

Lede van ‘n Malawiese sekte het hulself in ‘n gebou toegesluit en weier om hulle kinders teen masels in te ent.

Lady Gaga wéér in sop oor video

2010-06-14 13:05

Die regisseur van Lady Gaga se nuwe video meen 'n toneel waarin die sangeres 'n non uitbeeld wat krale sluk, is nie oneerbiedig teenoor enige geloof nie.

Ses sterf in onluste in Nigerië

2010-06-08 11:37

Minstens ses mense is dood in gevegte tussen motorfiets-taxibestuurders en die polisie in Jos, Nigerië te midde geloofsgevegte.

Zapiro reageer met nuwe spotprent

2010-05-27 14:43

Die spotprenttekenaar Zapiro (Jonathan Shapiro) sal reageer op die omstrede profeet Mohammed-spotprent deur ‘n nuwe een te publiseer.

Saamblyverhoudings onder NG Kerk-vergrootglas

2010-05-26 08:24

Party saamblyverhoudings is eintlik niks anders nie as onbevestigde huwelike meen dr. James Kirkpatrick van die NG Kerk.

Staal-slagoffer: Ek's van Bo beskerm

2010-05-25 09:20

Die vrou wie se gesigbene vergruis is deur ’n stuk staal wat deur ’n motor se windskerm getrek het, sê sy het "op die Here se hand gesit”.

Koerant ontmoet Moslems ná spotprent-herrie

2010-05-24 09:12

Die redakteur van die Mail & Guardian sal met Moslem-groepe nadat 'n omstrede spotprent oor die profeet Mohammed woede ontlok het.

Biskop in sop oor seks

2010-04-15 12:14

‘n Biskop het in die landdroshof verskyn nadat ‘n hele string aanklagte van seksuele teistering teen hom aanhangig gemaak is.

Bid vir die land, vra Zuma

2010-04-01 13:49

Pres. Jacob Zuma het vakansiegangers gevra om "op hul hoede" te wees as hulle oor die Paastydperk langafstande reis.

'Pous het ons gefaal'

2010-03-20 19:19

Pous Benediktus XVI het gesê hy is "regtig jammer" vir die mishandeling wat slagoffers onder priesters in Ierland moes deurmaak.

Die ‘wonderwerk’ in Parys

2010-03-07 20:05

Honderde mense het die afgelope weke na ‘n huis in ‘n woonbuurt in Parys gestroom waar ‘n skildery van die maagd Maria glo huil.

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bfn: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 1.9 TDi Trendline MPV Dsl
2006
R 185,500.00

JEEP

Cherokee Country 4.0i 4x4 AT
1999
R 49,990.00

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.