'n Beheerde ontploffing, treinstakings en onvoorspelbare bande, het 'n spannende atmosfeer op die vooraand van die Grand Prix in Monaco geskep.
Ferrari se Fernando Alonso het sy tuisskare hoop gegee toe hy die vinnigste tyd in die eerste oefensessie van die Spaanse Grand Prix gejaag het.
Skindertonge in die motorsport-wêreld is behoorlik los ná bewerings dat die Mercedes-span op die punt is om Formule 1 vaarwel te roep.
Nico Rosberg het die Chinese Grand Prix in Shanghai gewen. Jenson Button het tweede gekom terwyl Lewis Hamilton derde geëindig het.
Ferrari se sukkelseisoen in vanjaar se F1-reeks duur voort ná twee swak oefensessies op die vooraand van die Chinese Grand Prix in Shanghai.
McLaren se Lewis Hamilton het die pas aangegee in die eerste oefensessie vir die Chinese Formule Een-wedren in Shanghai.
Duitsland se tweemalige Formule Een-kampioen, Sebastian Vettel, het gesê sy teenstanders moet op hul hoede wees vir sy terugkeer.
McLaren se Lewis Hamilton het die vinnigste tye in albei oefenrondes op die vooraand van die Maleisiese Grand Prix in Sepang opgestel.
Die McLaren-jaer Jenson Button het die vinnigste tyd in die eerste oefensessie vir die Australiese Grand Prix in Melbourne opgestel.
Die F1-wêreldkampioen, Sebastian Vettel, sê hy hoop om die jongste bestuurder te word om 'n driekuns in kampioenskapstitels te behaal.
Die Brasiliaanse Formule Een-veteraan, Rubens Barrichello, het aangekondig dat hy aan die Amerikaanse Indy-reeks gaan deelneem.
Duitsland se tweemalige F1-wêreldkampioen Sebastian Vettel het die vinnigste tyd opgestel tydens ‘n oefensessie in Barcelona.
Ferrari het sy 2012 F1-motor op die internet onthul, nadat die amptelike bekendstelling in Maranello afgestel moes word weens sneeu.
Formule Een se grootbaas, Bernie Ecclestone, meen 'n Grand Prix-wedren gaan in 2013 op Suid-Afrika se kalender wees.
Red Bull se Mark Webber het uiteindelik sy eerste oorwinning by die laaste wedren van 2011 se Formule Een-seisoen in Brasilië behaal.
Lewis Hamilton het sy derde Grand Prix-sege vanjaar behaal nadat die geluksgodin haar rug op Sebastian Vettel gedraai het.
Die Britse Williams-span onderhandel met die voormalige Wêreldkampioen Kimi Raikkonen om die Fin weer agter die stuur van 'n Formule Een-motor te kry.
'n F1-wedren word in 2013 vir New Jersey langs die Hudson-rivier net buite New York beplan, het 'n amptenaar aan die AP-nuusagentskap gesê.
Die Britse renjaer Jenson Button van McLaren het die vinnigste tyd opgestel in 'n oefenronde vir die Japannese Grand Prix in Skukuza.
Die renjaer Sebastian Vettel het, met die wete dat hy sy titel as wêreldkampioen kan behou, ’n traan weggepink ná sy sege in die Italiaanse Grand Prix.
Die Formule Een-grootbaas Bernie Ecclestone het £5 miljoen (sowat R58 miljoen) op sy jongste dogter se troue spandeer.
Mercedes se Formule 1-jaer Michael Schumaker het gerugte dat hy aan die einde van die 2011-seisoen sal aftree as bog afgemaak.
Die Britse renjaer Lewis Hamilton het die vinnigste tyd by die eerste oefensessie vir die Hongaarse Grand Prix opgestel.
Die Spanjaard Fernando Alonso het met sy Ferrari die vinnigste tyd in die eerste oefensessie van die Duitse Grand Prix gejaag.
Fernando Alonso het Ferrari se eerste Formule Een-oorwinning vanjaar behaal toe hy Sebastian Vettel in die Britse Grand Prix geklop het.
Red Bull se Mark Webber het die vinnigste tyd tydens die eerste oefensessie van die Britse Grand Prix op 'n nat Silverstone-baan opgestel.
Inwoners van Groenpunt het koue water op die planne vir ’n Formule Een-straatwedren in dié buurt gegooi deur die projek teen te staan.
Bernie Ecclestone, F1-grootbaas het aan Eyewitness News gesê dat Kaapstad moontlik oor twee jaar die gasheer vir die Grand Prix gaan wees.
Die F1-kampioen, Sebastian Vettel, het met sy oorwinning in die Europese Grand Prix gewys sy 2de plek in Kanada het hom nie van stryk gebring nie.
Die Brit Stirling Moss, wat beskou word as die beste renjaer wat nooit 'n F1-kampioenskap kon wen nie, het sy uittrede op 81-jarige ouderdom aangekondig.
Hy het die straatbaan soos ’n meester hanteer en nou spog die huidige F1-kampioen, Sebastian Vettel, met sy eerste sege in die Monaco Grand Prix.
Dit was naelskraap en dramaties, maar die verdedigende wêreldkampioen, Sebastian Vettel, is steeds op die wenpad in die Formule Een-reeks.
Die tweemalige Formule Een-wêreldkampioen Fernando Alonso het sy kontrak met Ferrari tot die einde van 2016 verleng.
Die Red Bull-renjaer Sebastian Vettel moes sy oorwinning by die Turkse Grand Prix sonder 'n slukkie sjampanje vier, weens dié land se streng drankwet.
Die Formule Een-kampioen Sebastian Vettel en sy Red Bull-spanmaat, Mark Webber, het in die voorste posisies vir die Turkse Grand Prix gekwalifiseer.
Vanjaar se Bahreinse Grand Prix kan in die "baie nabye toekoms" plaasvind, maar 'n spesifieke datum vir die wedren is steeds nie bekend nie.
Die voormalige Formule Een-kampioen, Kimi Raikkonen, wat tans aan die wêreldtydrenreeks deelneem, gaan nou ook sy verskyning in 'n Nascar-motor maak.
Die wêreldkampioen, Sebastian Vettel, het die vinnigste kwalifiserende tyd in sy Red Bull opgestel vir die voorste wegspringplek in die Australiese Grand Prix.
Verby is die dae waar Formule Een-renjaers bloot voet in die hoek gesit het om eindelik vonkelwyn op die wennerspodium te drink.
Australië se Mark Webber het die grootbaas van Formule 1 se idee van die hand gewys om sproeiers te gebruik om die renbaan kunsmatig nat te maak.
'n Televisiestasie het berig dat die toestand van die Formule Een-renjaer Robert Kubica, wat beseer is in 'n motorongeluk, versleg het.
Die Formule Een-renjaer Robert Kubica is ernstig in 'n ongeluk beseer toe hy onderweg was na die Ronde di Andorra-motorwedren in Italië.
Groot opwinding heers onder Formule 1-geesdriftiges, met die amptelike aanloop tot die 2011-seisoen wat die afgelope week begin het.
Die Top Gear-fees, geïnspireer deur die gewilde BBC-reeks, maak eersdaags 'n verskyning by die Kyalami Grand Prix-renbaan in Johannesburg.
Fernando Alonso meen Michael Schumacher gaan sy gevaarlikste teenstander wees, ten spyte van die Duitser se sukkelende terugkeer na Formule Een.
Die Red Bull-span het die jaarlikse kompetisie gewen om met F1 se snaaksste Kerskaartjie vir 2010 vorendag te kom.
Die F1-grootbaas, Bernie Ecclestone, het sy ongeluk in 'n geluk verander deur in ‘n nuwe advertensieveldtog vir Hublot-horlosies te verskyn.
Planne om Afrika weer op die F1-kalender te kry, is steeds onderweg ná vroeëre spekulasie dat ‘n nuwe baan in Kaapstad gebou kan word.
'n Skokkende foto van Bernie Ecclestone, uitvoerende hoof van Formule 1 wat onlangs deur vier boewe aangerand is, het die lig gesien.
Die Britse poniekoerant The Sun berig dat Bernie Ecclestone na die hopsitaal gehaas is nadat vier skarminkels hom oorval en beroof het.
Sowat 31 mense is beseer en sewe ander is in die hospitaal opgeneem nadat 'n brand by die Spaanse Grand Prix naby Barcelona uitgebreek het.
Die driemalige Formule Een-kampioen Nicky Lauda is oortuig dat Michael Schumacher vanjaar nog op die wennerspodium sal staan.
Die F1-kampioen Sebastian Vettel is terug op die boonste plek van die punteleer met Red Bull se eerste oorwinning van die seisoen in Bahrein.
Nico Rosberg is vir die eerste keer in die voorste wegspringplek, met Michael Schumacher langs hom in die Chinese Grand Prix.
Die Formule Een-wedren in Bahrein sal voortgaan ten spyte van voortdurende teen-regeringsbetogings in dié woestynland.
Die F1-baas, Bernie Ecclestone, het erken dat hy spanne nie kan dwing om in Bahrein te jaag nie, te midde van hernude geweld in dié land.
McLaren se Britse renjaer, Lewis Hamilton, het in die voorste wegspringplek gekwalifiseer vir die Maleisiese Grand Prix in Sepang.
Jenson Button het koning gekraai by die Australiese Grand Prix, wat hom vir die derde keer in vier kaar kampioen van dié F1-resies maak.
Die voormalige Formule Een-kampioen Alain Prost het aangekondig dat hy aan vanjaar se Absa Cape Epic-fietstoer gaan deelneem.
Die Russiese Formule Een-span Marussia het die ervare Spaanse vroue-jaer, Maria De Villota, as een van hul toetsjaers aangestel.
Die Formule Een-seisoen begin binnekort wanneer die spanne die eerste oefensessie van die Australiese Grand Prix in Melbourne aanpak.
Michael Schumacher het die vinnigste tyd opgestel op die tweede dag van die Formule Een-reeks se voorseisoense oefensessie in Spanje.
Die Formule Een-renjaer Adrian Sutil (Force India) het opgeskorte tronkstraf van 18 maande ontvang nadat hy skuldig bevind is aan aanranding.
Die voormalige Formule Een-wêreldkampioen Kimi Raikonnen maak aanstaande jaar sy terugkeer nadat hy 'n kontrak met Lotus Renault gesluit het.
Sebastian Vettel het nóg 'n rekord gebreek toe hy vir hom die eerste wegspringplek by die Brasiliaanse Grand Prix verseker het.
Die baas van Formule Een-baas het in 'n hof erken dat hy miljoene euro aan 'n bankbestuurder betaal het om belastinggaarders op 'n afstand te hou.
Nieu-Delhi se oomblik in die kollig as gasheer van Indië se heel eerste Formule Een-wedren, is deur 'n rondloperhond gesteel.
Sebastian Vettel het die jongste F1-kampioen geword wat die titel agtereenvolgend kon verower, deur 3de te kom in die Japannese Grand Prix.
Red Bull se Sebastian Vettel het onder spreiligte sy negende sege van die Formule Een-seisoen in Singapoer behaal.
Die Red Bull-jaer en verdedigende kampioen Sebastian Vettel sal in die eerste plek wegspring in die Italiaanse Grand Prix.
Die eerste McLaren-vertoonkamer in Afrika open in September in Sandton, en sal 24-uur-diens aan kliënte bied.
McLaren se Jenson Button het sy 200ste Formule Een-motorwedren met 'n oorwinning by die Hongaarse Grand Prix in Boedapest gevier.
Volkswagen oorweeg ‘n toekoms myle ver weg van hul geskiedenis as die volk se motor – die elite motorsportwêreld van Formule 1.
Mark Webber is in die sop nadat hy bevele om sy Red Bull-spanmaat, Sebastian Vettel, nie by die Britse Grand Prix verby te steek nie, geïgnoreer het.
Die Red Bull-renjaer Mark Webber het die vinnigste kwalifiserende tyd opgestel om die voorste wegspringplek by die Britse Grand Prix te beklee.
Inwoners van Groenpunt is nie die enigste belanghebbendes wat deur die Cape Town Grand Prix-bodmaatskappy tevrede gestel moet word nie.
Die maatskappy wat Formule Een na Kaapstad wil bring het gesê hy benodig ongeveer R670 miljoen om dié droom te verwesenlik.
Die voormalige Formule Een-kampioen Jacques Villeneuve meen die 2010-wenner Sebastian Vettel gaan vanjaar maklik met die titel wegjaag.
Sebastian Vettel het daarin geslaag om te verseker dat hy die Kanadese Grand Prix in die voorste plek wegspring.
Die Bahrein-been van die Formule 1-kompetisie is finaal gekanselleer ná wydverspreide teenkanting van ‘n besluit om die wedren na Oktober uit te stel.
Sebastian Vettel se oorwinning in verlede naweek se Spaanse Grand Prix was die beste van die 14 wat hy nou op sy kerfstok het, meen Hendrik Verwoerd.
Die Red Bull-renjaer Mark Webber het tot dusver die vinnigste tyd in die oefenrondes vir die Spaanse Grand Prix in Barcelona opgestel.
Motorsportentoesiaste sal vergewe word om te dink ‘n bekende soos Lewis Hamilton is die rykste Formule 1-bestuurder in die Verenigde Koninkryk, maar dis toe nie die geval nie.
Die Formule Een-wêreldkampioen, Sebastian Vettel, het sy aanspraak op vanjaar se titel met ’n sege in die Turkse Grand Prix verstewig.
Die Spanjaard Fernando Alonso was die pasaangeër in sy Ferrari tydens die eerste oefenronde vir die Turkse Grand Prix in Istanbul.
Die Duitser Sebastian Vettel het Lewis Hamilton met slegs 'n tiende van 'n sekonde geklop vir die voorste wegspringplek in die Maleisiese Grand Prix.
Sebastian Vettel van die Red Bull-span het gewys hy gaan moeilik as Formule Een-kampioen onttroon word toe hy die Australiese Grand Prix gewen het.
McLaren se Jenson Button en Lewis Hamilton het die vinnigste tye opgestel in die eerste oefensessie van die Australiese Grand Prix in Melbourne.
Spanje se tweemalige wêreldkampioen Fernando Alonso, het sy stem by kritiek oor die Pirelli-bande vir die nuwe Formule Een-seisoen gevoeg.
Die Formule Een-reeks se openingswedren in Bahrein is afgelas nadat protesoptogte dié land tot stilstand gedwing het.
Die F1-renjaer Robert Kubica sal waarskynlik vir 'n jaar buite aksie wees nadat hy in 'n ongeluk betrokke was en 'n operasie aan sy hand moes ondergaan.
Die McLaren-span het sy blinknuwe Formule 1-motor by 'n openbare geleentheid in Berlyn aan die media bekendgestel.
Formule Een-koors loop hoog in die Moederstad met ’n plan om 'n straatren, soortgelyk aan die Monaco Grand Prix, op en rondom die Groenpunt-meent te hou.
Gaan Formule Een-renne vanjaar meer verbysteke oplewer? Dit is die vraag wat gesprekke in F1-kringe tans oorheers.
'n Bankier wat na bewering omkoopgeld van $50 miljoen aanvaar het tydens 'n waardevolle Formule 1-transaksie, is in hegtenis geneem.
Renault het sy laaste aandele in sy voormalige Formule 1-span verkoop, en sy span sal voorts as Lotus Renault bekend staan.
Die Red Bull-renjaer Mark Webber het onthul dat hy met 'n skouerbreuk meegeding het vir die F1-titel in die laaste wedren van die jaar.
Bernie Ecclestone, uitvoerende hoof van Formule 1, het laat blyk daar is planne om 'n Grand Prix baan in Kaapstad te bou.
Sebastian Vettel is Formule 1 se jongste wêreldkampioen nog. Maar was hy 2010 se beste jaer? Egmont Sippel bespiegel.
Formule-1 renjaers is van die fiksste manne op die planeet. As 'n mens na hul meisies kyk, kan mens sien hul wéét watter pedale om te trap.