In 1812 is ‘n wet ingestel wat bierbrouers toegelaat het om bier en brood aan mense te verkoop en 200 jaar later is biertuine nog netso gewild.
Die 18de Absa KKNK, wat die afgelope naweek ten einde geloop het, was ’n “reuse-artistieke én finansiële sukses”, sê Brett Pyper.
’n Skoon en gladde fees. Só het die uitvoerende hoof van die Absa KKNK, Brett Pyper, die kunstefees beskryf wat vandag ten einde loop.
Die Pinotage on Tap, wat jaarliks deur Diemersfontein-wynlandgoed gehou word, word vanjaar vir die eerste keer in die Verenigde Koninkryk gehou.
Die Suidoosterfees het, soos die lokreël lui, vanjaar “iets vir almal” gehad: van Mimi Coertse tot Casper de Vries.
Besoek die naweek die Stellenbosse wynlande wanneer die Eikendal-landgoed hulde bring aan 31 jaar van goeie wynmaak.
Maak seker dat jy 17-18 Maart op jou kalender merk vir ‘n naweek van pryswenner wyne en sensasionele kos by die Wellington Wyn Oesfees.
As jy ‘n liefde vir Whisky het kan jy nie die FNB Whisky Live Festival met sy meer as 180 internasionale whisky-handelsname misloop nie.
Die tyd het weer aangebreek om op die banke van die Breederivier buite Robertson saam te kom en met ‘n glasie wyn te kuier.
Daar is nooit ‘n rede om verveeld te wees in die Kaapstad-omgewing nie. Hierdie naweek is daar baie opsies om van te kies en te keur.
Durbanville-wynvallei se Seisoen van Sauvignon word by 12 wynplase op die pragtige wynroete gehou om die koms van die witwynseisoen te vier.
Gordon Ramsay, ‘n TV-sjef, en Adam Liaw, die wenner van Masterchef Australia, het groot skares na die Good Food & Wine Show gelok.
Die Groenberg-ekoroete, die wêreld se eerste biodiversiteitswynroete in die hart van die Kaapse Blommeryk, bied sy jaarlikse Bloeiselfees aan.
Duisende feesgangers het die Hart van Windhoek-musiekfees die naweek bygewoon met die Ierse popgroep Westlife as die grootste trekpleister.
Die gewilde Diemersfontein Pinotage on Tap is om die draai en besoekers kan uitsien na stoute plesiertjies soos baie wyn en sjokoladefonteine.
Waterblommetjies is eie aan die Wes-Kaap en blom net na die winter. Binnekort is dit weer tyd om Waterblommetjiefees te vier.
Kaapstad gaan gasheer vir die unieke Toffie-fees speel wat as ‘n "voedselsalon" beskryf word en werkswinkels en kosuitstallings sal insluit.
Die sewende jaarlikse Soweto Wynfees word by die Universiteit van Johannesburg in Soweto gehou en meer as 1 000 wyne word uitgestal.
Dit is weer die tyd van die jaar wanneer Italianers hul passievolle persoonlikhede kan uitleef en mekaar by die La Tomatina-fees met tamaties takel.
Die jaarlikse Oktoberfest in München is al vir 200 jaar ‘n kenmerkende deel van die Beierse kultuur en hierdie jaar kan jy dit saam in SA vier.
Vat die naweek die natuurskone Roete 62 na Robertson en geniet die eenvoudige plesiertjies van die lewe by die Robertson Slow.
Clover het ’n multimiljoenrandbelegging in die Aardklop Nasionale Kunstefees aangekondig. Die fees word jaarliks in Potchefstroom aangebied.
Anders as op ander kunstefeeste in die land het kontemporêre dans ’n beduidende plek op die Nasionale Kunstefees in Grahamstad.
‘n Fees van goeie kos, jazz en komedie beloof om feesgangers by hierdie jaar se Ballito Garnaal-en-jazz-fees te vermaak.
Die Oos-Kaap skud sy vere reg vir die Absa Kirkwood Wildsfees wat hierdie jaar in sy tiende bestaansjaar is en opwindende aktiwiteite beloof.
‘n Man wat in sy vyftigs was se lyk is in ‘n opslaantoilet by die Galstonbury-musiekfees in Engeland gevind, het die polisie gesê.
Bottels en bottels wyn is die naweek ontkurk, geskink en gedrink by die Wacky Wine Weekend in die Robertson-vallei.
By Guguletu se eerste wynfees was die keuse tussen spoeg of sluk nie te moeilik nie en selfs Helen Zille het 'n draai gaan maak.
Elke jaar ten tyde van die Gauteng Motorskou versamel Topcar meer as 40 van die nuutste motors op die Zwartkops renbaan buite Pretoria.
Prof. Laetitia van Dyk, wat sedert 24 November in die direksie van die KKNK dien, is tot voorsitter van die KKNK se raad van direkteure verkies.
Calitzdorp, wat wyd en syd bekendstaan as die port-hoofstad van Suid-Afrika, skud sy Klein Karoo stof af in voorbereiding vir die jaarlikse port-fees.
Die Taste of Cape Town bring sowat 20 000 van die stad se bekroonde restaurante en uitgesoekte koskenners saam.
Die tiende Suid-Afrikaanse Kaasfees is die grootste tot nog toe, het Johan Ehlers, uitvoerende hoof van Agri-Expo, gesê.
Die Aardklop Nasionale Kunstefees van in Oktober vanjaar plaasvind, het ’n bydrae van R25 000 gemaak aan die Teaterbystandsfonds (TBF).
Van 29 April tot 2 Mei kan kaasliefhebbers weer nader skuif vir die 10de SA Kaasfees, wat by Sandringham in Stellenbosch gaan plaasvind.
Die organiseerders van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees sê hulle sal dieselfde resep van 'n wye verskeidenheid genres in komende jare volg.
Boeremusiek is vanjaar met ’n knal terug by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Maar dit is nie die temerige boeremusiek van ouds nie.
Chutney de Ridder gesels met Jaco van der Merwe, hoofsanger van die Pretoriase hip hop-groep Bittereinder, by die KKNK op Oudtshoorn.
Meer as 4 000 Kaapse musiek-aanhangers en top musikante het die wynlandgoed Solms-Delta gerock om die Franschhoek oesfees te vier.
Simphiwe Dana tree by die Kaapstadse Internasionale Jazzfees op. Waldo Müller bied ’n oorsig van dié besonderse sanger se opgang.
Dave Koz, die saxofoonspeler, is nie net by die Kaapstadse Internasionale Jazz-fees nie, hy gaan ook 'n liedjie saam met Coenie de Villiers opneem.
Agt produksies word vanjaar in die Oudtshoorn Oraloor-program aangebied – die meeste nóg op die KKNK se buitelugprogram.
'n Langverwagte Top Gear-fees in Johannesburg die afgelope naweek het die publiek toe nie soveel beïndruk nie.
Duisende inwoners van Oudtshoorn het tou gestaan vir gratis toegangskaartjies tot die gewilde Rivierbuurt gedurende vanjaar se Absa KKNK.
Dis weer Skouspel Plus-tyd. En op 19 en 20 Maart kom gooi 22 van ons land se gewildste kunstenaars ‘n Kaapse draai by Grand West-casino in die Kaapstad.
Met die Kaapstadse Internasionale Jazz-fees om die draai kry Kapenaars die geleentheid om ‘n gratis konsert by die Green Market Square by te woon.
Guguletu, die informele nedersetting buite Kaapstad, sal binnekort sy eie wynfees hou waar wynmakers hul produkte kan bemark.
Inwoners van Formiga, ‘n plakkerskamp in Rio, het hulle eerste karnaval gevier sedert die polisie dwelmbendes uitforseer het.
Die presidensie het die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap se omstrede jeugmakietie in die parlement verdedig.
Wanneer dit by vreemde feeste kom, span “Gevriesde Dooiemansdag”, wat in die dorpie Nederland in Colorado gevier word, beslis die kroon.
Vanjaar is die negende herdenking van die Robertson Wynvallei se grootste, jaarlikse wynfees, die gewilde Wacky Wine Weekend.
Kerkleiers is warm onder die kraag oor 'n beplande gay-fees wat dalk later vanjaar op die Klein Karoo-dorp van Oudtshoorn gehou sal word.
Die SA Kaasfees word vanjaar van 27 tot 30 April deur Agri-Expo op die plaas Sandringham aan die N1 tussen Kaapstad en die Paarl gehou.
Die doel van die Infecting the City-kunstefees, tans “op die planke” in ruimtes regoor Kaapstad, is om mense tot openbare deelname te inspireer.
Die wêreldbekende karnival in Rio de Janeiro, waar daar vir vyf dae tot in die vroeë oggendure gesamba word, skop oor 'n paar uur af.
Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees sal vanjaar meer as 150 produksies aanbied waarin van die land se beste akteurs te sien sal wees.
Rockgroepe, kabarette en akrobatiese vertonings is van die hoogtepunte wat voorlê op Emperors Palace se 2012-kalender.
Talle vlieër-liefhebbers hoop die windjie tel bietjie op vir die 16de Kaapstad Internasionale Vlieërfees wat in Muizenberg gehou gaan word.
Die produksies Mooi Maria, Rooiland, lig en …miskien het by die Aardklop Nasionale Kunstefees met die grootste pryse weggestap.
Net ’n beperkte aantal kaartjies is nog beskikbaar vir die Rocking the Daisies-musiekfees, wat hierdie naweek buite Darling plaasvind.
In Kaapstad loop die bierkoors hoog en bierliefhebbers kan by die Village Green, Nuweland-brouery, saamkom om Oktoberfest te vier.
Soveel mense het na die Kalahari-Kuierfees opgeruk dat die hoofkunstenaar, Ray Dylan, per watertaxi oor die rivier gekarwei moes word.
In 1992 was dit die SAD Rosyntjiefees – en vandag skud Upington steeds sy vere reg vir wat nou as die Kalahari Kuierfees bekend staan.
Die jaarlikste Oktoberfest het die naweek in München afgeskop en sowat ses miljoen besoekers sal die fees na verwagting bywoon.
Die program by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees is vol gesprekke oor boeke en sluit ook besprekings van toneelproduksies in.
Vanjaar se Gariep-kunstefees was die suksesvolste nóg, met meer as 75 000 mense wat deur die toegangshekke beweeg het.
Hermanus is weer besig om sy vere reg te skud vir die jaarlikse walvisfees wat aan die einde van die maand plaasvind.
Bunol, 'n klein dorpie van minder as 10 000 inwoners, is vandag oorval deur duisende besoekers vir die jaarlikse tamatie-oorlog.
Minstens vyf mense is dood en talle ander is beseer toe ‘n massiewe storm verwoesting by die Pukkelpop-musiekfees in België gesaai het.
Die strate van Hermanus gaan die naweek weer ‘n miernes van aktiwiteit wees met die jaarlikse Hermanus-wyn-en-kosfees.
Sorina Erasmus en die Flooze sal vanjaar by Huisgenoot se Hart van Windhoek-fees op 16 en 17 September op die planke te siene wees.
Die sanger David Fourie se pa is ernstig beseer toe ‘n sekuriteitswag hom glo buite ‘n tent by die Vryfees in Bloemfontein omgestamp het.
Met net vier weke oor voordat die Kalfiefees in Hermanus begin, skud die Overstrand sy vere reg vir ’n opwindende langnaweek.
Die trekklaviermeester Ollie Viljoen is die naweek by Innibos-fees vir sy lewenslange bydrae tot die kunste vereer.
Oesters mag dalk glibberig en glad wees, maar sowat 65 000 mense sal na verwagting hul tasse vir Knysna pak vir die jaarlikse Oesterfees.
Kaartjies vir die maandlange Vodacom Funny Festival is byna uitverkoop. Dit begin Maandagaand (vanaand) in die Baxter-teatersentrum.
Op vanjaar se Standard Bank Jazzfees (SBJF) sal besoekers getrakteer word op ’n verskeidenheid top- internasionale en plaaslike musiektalent.
Sowat 60% van die 2 000 beskikbare kaartjies is reeds verkoop vir die Afrikaanse taalfees wat by die Tropentheater in Amsterdam gaan plaasvind.
Die Moederstad maak hom reg vir ’n groot makietie wanneer die eerste Guguletu-wynfees op 27 en 28 Mei gehou word.
Forerunners, ‘n Suid-Afrikaanse dokumentêre film deur die vervaardiger Simon Wood, het die Di-kalo jurie-toekenning gewen.
Dit is wéér tyd om die lagspiere te prikkel met Nando's se gewilde komdiefees, wat op 22 Julie by Montecasino in Johannesburg gaan afskop.
As jy lus is vir ‘n nuwe uitdaging, kan jy dié naweek deelneem aan ‘n olyfolie stoeiwedstryd of pitspoeg-kompetisie by die Riebeek-vallei Olyffees.
Kaasliefhebbers, maak gereed vir ‘n onvergeetlike kulinêre avontuur met die 10de SA Kaasfees wat van 29 April tot 2 Mei gehou word.
Mense soek enige verskoning om fees te vier. Al beteken dit hulle moet spring oor babas of kase by heuwels afrol...
Daar is niks so Engels soos ‘n goeie pint bier nie en met die Great British Beer Festival sal daar honderde tipes wees om van te kies.
Heelwat minder voete, maar meer gehalteproduksies het vanjaar se sewentiende Absa KKNK-fees op Oudtshoorn gekenmerk.
As jou voorliefde vir kos soortgelyk is aan sommiges se liefde vir die Blou Bulle, is Taste of Cape Town net die ding vir jou.
Daar gaan ‘n hele paar verrassings wees, en ‘n klomp treffers uit toentertyd, wanneer Corlea Botha by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees gaan optree.
Stef Kruger, plaaslike liedjieskrywer van formaat, beplan om op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees hier ’n huldeblyk aan Lucas Maree te doen.
Earth, Wind and Fire, die bekende Amerikaanse groep, vier vanjaar hul 40ste bestaansjaar en is ook by die Kaapstadse Internasionale Jazz-fees te sien.
Esperanza Spalding sê haar lewe het nie baie verander nadat sy die Grammy-toekenning vir die beste nuwe kunstenaar gewen het nie.
Die Kaapse rockers aKING het onlangs hul derde vollengte-album, The Red Blooded Years, uitgereik en gaan dit binnekort in Gauteng bekendstel.
Vanjaar is daar hope vermaak vir die kleinvolk op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees wat van van 2 tot 9 April in Oudtshoorn sal plaasvind.
Agt produksies sal vanjaar in die OudtshoornOraloor-program aangebied word – die meeste tot nog toe op die KKNK se buitelugprogram.
Altesame 2500 dansers staan reg om in Langstraat af te samba langs nege vlotte wat spesiaal vir die geleentheid gebou is.
Sewe debuut-uitvoerings van klassieke musiek sal vanjaar op die KKNK gehoor kan word en een van die hoogtepunte is die pianis, Ben Schoeman
Met die Klein Karoo Nasionale Fees om die draai kan feesgangers na ‘n aantal fisiese en visuele teaterproduksies, bekend as Iets Anders, uitsien.
Rio de Janeiro se uitspattige karnaval-parades het met vuurwerke en joviale feesgangers wat in die strate partytjie hou afgeskop.
Brasilië se Rio-karnaval het afgeskop met miljoene mense wat die strate van Salvador de Bahia ingevaar het om te dans en partytjie te hou.
Verskeie joernaliste gaan by vanjaar se Woordfees van die Universiteit Stellenbosch met van die land se talentvolste Afrikaanse skrywers gesels.