Die Ierse rockster Bono se aandele in die sosiale netwerk Facebook sal hom binnekort die rykste rockster op die planeet maak.
'n Satiriese plakkaat van pres. Jacob Zuma en die DA-leier Helen Zille het sosiale netwerke behoorlik aan die gons.
Facebook mag dalk dokumente indien vir 'n aanvanklike openbare aanbod wat die sosiale netwerk vir tot $100 miljard kan waardeer.
Die sosiale mediareus het nuwe applikasies bekendgestel wat gebruikers die geleentheid gee om elke aspek van hul lewe te katalogiseer.
Vier vermeende Boeremaglede gesels nou vanuit die Pretoriase Lokale Gevangenis met hul families op Facebook.
Facebook wou nie toelaat dat gebruikers die dorp Effin in Ierland as hul tuisdorp lys nie, want die dorp se naam is glo kru taal.
Facebook het met die Amerikaanse federale handelskommissie geskik oor klagtes dat hy sy gebruikers met sy privaatheidsverstellings mislei het.
Facebook het die grade van skeiding tussen mense van ses na vier verminder, het ‘n studie oor dié sosiale netwerk getoon.
Die aanlyn finansiële transaksiereus PayPal het ‘n program bekendgestel wat vriende in staat stel om vir mekaar oor Facebook geld te stuur.
Facebook-gebruikers se kommentaar kan hul soms in ‘n verleentheid bring en nou sal dit vir die wêreld op Google se soekblad te sien wees.
Die manier waarop mense sosiale netwerke soos Twitter en Facebook gebruik kan help om die uitbreek van siektes te voorspel.
Een uit elke 10 Britte erken hulle soek na hul ekse op Facebook in die hoop om die liefde weer te laat opvlam, het ‘n peiling getoon.
Google maak gereed om Google-Buzz se dienste, wat veronderstel was om ‘n mededinger vir Facebook en Twitter te wees, finaal te beëindig.
Die man wat die “Facebook-verkragter” genoem word, het skuldig gepleit nadat hy twee vroue van Durban verkrag en beroof het.
‘n Man het skuldig gepleit op aanklagte van aanranding na hy sy vrou aangeval het omdat sy nie op ‘n brokkie op Facebook reageer het nie.
Gebruikers van Facebook het uitgevaar teen die nuwe veranderinge wat ontwerp is om die gebruik van die sosiale netwerk te vergemaklik.
Die ekosisteem van programme vir Facebook het 'n nuwe bedryf van minstens 182 000 werke geskep, het ‘n studie onlangs bevind.
Facebook het ‘n nuwe Subscribe-knop bekendgestel wat vreemdelinge in staat stel om toegang tot gebruikers se jongste brokkies te kry.
Die Duitse minister van gebruikersbeskerming het kabinetslede teen Facebook gewaarsku omdat die sosiale netwerk glo sekerheid ondermyn.
‘n Pa van Noord-Ierland dagvaar Facebook omdat sy 12-jarige dogter gewaagde foto’s van haarself op die sosiale netwerk kon laai.
Reisondernemings oor die wêreld heen steun al hoe meer op Facebook om besoekers na hul webwerwe te lok.
Die Menseregtekommissie het kommer oor die ongereguleerde aard van sosiale netwerke soos Facebook en Twitter uitgespreek.
Die man op die opspraakwekkende “trofee”-foto wat met ’n geweer by ’n lêende kind kniel, het die kind glo betaal om só te poseer.
Die Valke ondersoek 'n foto op Facebook waarop 'n wit man glo met 'n geweer oor die lyk van 'n swart kind staan, het die Sunday Times berig.
Facebook-vriende het in twee maande ‘n biljoen keer blaaie op die sosiale netwerk besoek, het 'n internet-statistiekgroep bevind.
Jy is een van vele as jy dit onlangs makliker gevind het om nie vriende se gekerm op Facebook te lees nie, het ‘n nuwe studie bevind.
Met een kliek kan jou internet-leser onthul wie jy die meeste op Facebook bewonder – dalk die mooi gesiggie met wie jy nie bevriend is nie.
‘n Man van Philadelphia wie se eks-meisie op Facebook gesê het sy sal enigiemand $1000 (R7 100) betaal om hom dood te maak, is doodgeskiet.
’n Herrie het die laaste paar dae losgebars nadat Facebook-gebruikers besef het al die kontaknommers op hul selfone word op hul profiele gelys.
Die berugte aanlyn-aktivistegroep Anonymous het met ‘n onrusbarende YouTube-video gedreig om Facebook op 5 November te ‘vernietig’.
Die Facebook-stigter Mark Zuckerberg se suster, Randi, het haar pos as die bemarkingshoof van die sosiale netwerk verlaat.
‘n Voortvlugtige wat die polisie op Facebook uitgedaag het om hom te vang, is kort daarna opgespoor en in hegtenis geneem.
Internetswendelaars het kort na die dood van die Britse sangeres Amy Winehouse treurende aanhangers se gevoelens begin uitbuit.
Australiese amptenare oorweeg om strenger beperkings op Facebook te plaas om ouers meer beheer oor hul kinders se aktiwiteite te gee.
Die internetreus Google se nuwe sosiale netwerk Google+ het in die twee weke sedert sy ontstaan tot 10 miljoen gebruikers gegroei.
Die sosiale netwerk Facebook het ‘n program bekendgestel wat selfs die oudste selfone in sosiale vlinders kan verander.
Gebruikers sal binnekort op Facebook video-oproepe kan maak met behulp van Skype, het dié sosiale netwerk bekendgemaak.
‘n Australiese man wat op Facebook aangekondig het dat hy sy kind gaan vermoor, is ‘n lewenslange tronkstraf opgelê.
Google is die koning van internet-soeke, maar ‘n bleeksiel as dit met Facebook vir vriende moet kompeteer. Dit wil die maatskappy egter verander.
'n Gewapende man wat 'n vrou in Salt Lake City 16 ure gyselaar gehou het, het die hele episode regstreeks op sy Facebook-blad gedeel.
‘n Man word van dieremishandeling aangekla nadat ‘n video van hom wat ‘n baba-rot eet op Facebook die rondte gedoen het.
Die All Blacks is verbied om tydens die Wêreldbeker-rugbytoernooi boodskappe via Twitter of Facebook te stuur, glo omdat dit hul aandag sal aftrek.
Die Britse ministerie van verdediging het twee YouTube-videos opgelaai wat weermagpersoneel waarsku oor hul gebruik van sosiale media.
Met die spoed wat privaatheid ’n luukse op sosiale netwerke word, kan daar binnekort heelwat gebruikers met rooi gesigte wees.
Almal wil hul vriende na aan die hart hou, maar een vrou het besluit om haar gevoelens op haar mou te dra - in ink.
Google het sy eie weergawe van Facebook en Twitter se bekende “Like”- en “Tweet This”-knoppe gekry en dit word die “+1” genoem.
Zuckerberg se vreemde dieet is een van vele “persoonlike uitdagings” wat hy gereeld aanpak om homself dissipline te leer.
'n Man het homself doodgeval ná hy op sy maag wou balanseer op ‘n balkon, sewe verdiepings die lug in, in 'n nuwe internet-gier, "planking".
Mense wat brand om ekstra blaf by hul Facebook-byt te sit, maar te bangbroek is om dit onder hul eie name te doen, kan nou anoniem kef.
Die gemiddelde persoon het dubbel soveel vriende aanlyn as vriende wat aan die deur sal klop vir ‘n kuiertjie, meen Britse navorsers.
'n Opname wys dat mense wat die sosiale netwerkwerf Facebook sedert sy ontstaan gebruik nog glad nie moeg is daarvoor om hul gedagtes te deel nie.
’n Nuwe aanlynhulpmiddel stel jou nou in staat om te sien wanneer iemand sy Facebook-vriendskap met jou beëindig.
Navorsers het bevind die sosiale netwerk kan mense ongelukkig maak deurdat dit jou laat dink ander is gelukkiger as jy.
Die sosiale netwerk Facebook is verantwoordelik vir tot ’n derde van egskeidings wat deesdae in sommige lande plaasvind.
Facebook het begin om sy nuwe bladuitleg geleidelik aan gebruikers beskikbaar te stel na die maatskappy privaatheidkwessies uitgepluis het.
Moet ek my ouers op Facebook bevriend – dié dilemma laat baie mense kop krap, maar wil mamma regtig aanlyn met jou bevriend wees?
Die aktrise Scarlett Johansson het gesê sy verstaan nie mense se neiging om hul alledaagse lewens op sosiale netwerke te verkondig nie.
’n Naakfoto van ’n 15-jarige meisie van Meyerton is op ’n slinkse wyse op Facebook gelaai en versprei. Die meisie het die foto self geneem.
Facebook ondersoek 'n vlaag van pornografiese en gewelddadige foto’s wat wyd en syd op die sosiale netwerk te sien is.
Facebook se “duiselingwekkende” hoeveelheid privaatheidsverstellings veroorsaak dat gebruikers van dié sosiale netwerk sukkel om by te hou.
Facebook het in sy amptelike blog bekendgemaak die sekerheid van gebruikers se profiele kom daagliks sowat 600 000 keer in die gedrang.
Toe ’n student Facebook gevra het om sy persoonlike inligting aan hom te stuur, was 1 200 bladsye die laaste ding wat hy verwag het.
‘n Voorgestelde maatreël wat parlementslede in Londen wou verbied om hul slimfone in die parlement te gebruik, is verwerp.
Aanlyn verkeer na Google+ het sedert die sosiale netwerk se deure vir almal oopgegaan het met 60% verminder, ondanks aanvanklike groei.
Die 22-jarige ‘Kuber-verkragter’ wat klaarblyklik meeste van sy slagoffers via die internet geteiken het, is in hegtenis geneem.
Meer as 140 miljard foto’s word na raming in Facebook-gebruikers oor die wêreld heen se albums gestoor.
Facebook-blaaie wat seksuele geweld aanmoedig, skep ’n omgewing waarin vrouehaat floreer, meen die Sonke Gender Justice Network.
Facebook het begin om erg aktiewe gebruikers se stroom e-posse oor hul vriende se doen en late met ‘n netjiese opsomming te vervang.
Die polisie is opsoek na ‘n man wat op Facebook gesê het "Moslems in plaas van skape", moet tydens Eid al-Adha keelaf gesny word.
Toe Leah Gibbs en Adam Minton mekaar se profiele op Facebook bekyk, sou Leah nooit dink ‘n onskuldige geflirt kan in ‘n rowery ontaard nie.
Facebook het reeds belonings van sowat R280 000 uitbetaal aan gebruikers wat sekerheidsgoggas op die sosiale netwerk aan hulle bekendmaak.
Seuntjie, die worshond wat byna dood toe is nadat hy ’n dosis Cat ingekry het, het ’n storm laat losbars oor ’n onskuldige Carlien Crous.
Die rasse-aspek moenie uitgesonder word in die kwessie waar 'n wit man op 'n foto met 'n geweer oor die lyk van 'n swart kind staan nie.
Sowat 100 tieners het die luukse woning van ‘n Britse parlementslid vertrap na hulle op Facebook van sy dogter se partytjie gehoor het.
Facebook het veranderings aan sy privaatheidverstellings aangebring en gebruikers sal nou die aanheg van hul name op brokkies moet goedkeur.
'n Streek in Duitsland het staatsliggame beveel om hul Facebook-blaaie te sluit en die Like-knop van hul webtuistes te verwyder.
Die U2-sanger Bono het R7 miljard uit die sosiale netwerk Facebook gemaak nadat hy twee jaar gelede geld in dié webwerf belê het.
'n Vrou van Kalifornië het 'n Facebook-blad geskep en haar halfsuster, wat onbewus was dat sy aangeneem is, na 63 jaar met haar ma herenig.
David Cameron, die Britse premier, het Facebook en Twitter as sondebokke vir hul rol tydens onluste in Engeland uitgesonder.
Facebook kan ‘n goeie manier wees om met ou vriende in kontak te bly, maar vir die jonges kan dit meer skade as goed doen, meen 'n kenner.
Ouers wat binnekort ‘n nuwe paar pienk voete in die gesin gaan verwelkom kan nou die goeie nuus met hul vriende op Facebook deel.
'n Nuwe inpropprogram stel jou nou in staat om vas te stel presies hoeveel tyd jy op webwerwe soos Facebook spandeer.
Die doolhof van gekompliseerde verstellings nodig om privaatheid op Facebook te verseker het vandeesweek ‘n paar wange rooi gelaat.
In ‘n onlangse studie het navorsers bevind 55% van ouers gebruik Facebook om hulle met hul kinders se persoonlike sake te bemoei.
Die stigter van Facebook, Mark Zuckerberg, het die meeste volgelinge op Google+, Google se nuwe sosiale netwerk – meer as Google-stigters.
Internetboewe staan klaar gereed om die opgewondenheid oor Facebook se nuwe video-oproepfunksie tot hul voordeel te gebruik.
Facebook is dalk die grootste sosiale netwerk, maar hy is steeds besitlik en hy wil nie sy vriende deel nie – veral nie met Google+ nie.
Terwyl die internet-reus Google suinig vriende kies om na sy nuwe sosiale netwerk te nooi, staan 'n Trojaanse perd klaar binne sy mure.
Die Winklevoss-tweeling het besluit om die uitgerekte regstryd teen die Facebook-stigter Mark Zuckerberg na sewe jaar te laat vaar.
'n Voortvlugtige boer wat sy nuwe vrou glo vyf jaar gelede doodgery het, is uitgelewer nadat hy deur ’n Facebook-groep in Zambië opgespoor is.
‘n Internet-statistiekgroep het bekendgemaak dat die soekreus Google die eerste aanlyngroep is om ‘n miljard besoekers in ‘n maand te lok.
’n Jurielid wat ’n beskuldigde deur Facebook gekontak het en belastingsbetalers miljoene gekos het, is agt maande tronkstraf opgelê.
Planklê (oftewel “planking”), die gier wat sosiale netwerke wêreldwyd aan die gons het, het nou ook vastrapplek in die Wes-Kaap gekry.
Facebook gebruik nou gesigherkenningstegnologie om gebruikers se gesigte uit te ken en stel dan voor wie se gesig op die foto verskyn.
’n Lewenslange vonnis verhoed nie die veroordeelde moordenaar Johan Rosslee om op Facebook en MXit te sosialiseer nie.
'n Man van New York voer aan dat ‘n kontrak tussen hom en Mark Zuckerberg hom geregtig maak op die helfte van Zuckerberg se Facebook-aandele.
’n Program genaamd PhotoDNA gaan die miljoene foto’s wat daagliks op Facebook gelaai word ontleed en kinderpornografie uitwys.
‘n Prokureur en naamgenoot van die Facebook-stigter Mark Zuckerberg se Facebook-profiel is afgevee, want hulle laat nie valse name toe nie.
Lady Gaga gaan die treffers van haar nuwe album, Born This Way, deur 'n gewilde Facebook-speletjie met haar "klein monsters" deel.
'n Franse kunstenaar, Alexandre Oudin, het 'n Facebook-gier begin wat kreatief omgaan met Facebook se nuwe foto-uitleg.