Die voorsitter van Eskom het erken dat die kragstelsel onder baie druk is en dat daar bykans geen reserwe-kapasiteit is nie.
Inwoners van dele van Durban-Noord en omliggende gebiede kan tot en met twee dae sonder elektrisiteit wees ná ‘n massiewe kragonderbreking.
Pietermaritzburg se Msunduzi-munisipaliteit loop die gevaar om sy lisensie om elektrisiteit aan sy 600 000 inwoners te voorsien te verloor.
Die Tswaing-munispaliteit in die Noordwes het begin om die krag van inwoners en sake-ondernemings met agterstallige rekeninge af te sny.
Meer as drie miljoen huishoudings in Suid-Afrika het geen toegang tot krag nie, het ‘n woordvoerder van die departement van energie gesê.
Dit is in Eskom se beste belang om te verseker dat sy koopkragstelsel 100% operasioneel is, het The New Age berig.
Die kragverskaffer Eskom se vermoë om landwyd genoeg elektrisiteit te voorsien, is by tye steeds in die rooi gevaarsone.
Ingenieurs in Skotland het ure gespook om die krag weer aan te skakel nadat ‘n storm sowat 50 000 huise sonder elektrisiteit gelaat het.
Eskom se voorafbetaal-kaartstelsel het Vrydag landwyd tot stilstand gekom, het die elektrisiteitsmaatskappy bevestig.
Die beoogde sonkragpark by Upington kan aansienlik groter word as beplan indien voorgestelde veranderinge van Eskom aanvaar word.
Inwoners van eMalahleni (Witbank), Ogies en Phola in Mpumalanga sit reeds ‘n week lank sonder water, het Beeld berig.
Inwoners van die noordoostelike dele van Johannesburg sit met die hande in die hare aangesien hulle van vroegoggend al sonder krag sit.
Inwoners van Kroonstad se moed is baie laag en sakemense sê dié stad se elektrisiteitskrisis kos hulle derduisende rande.
Die kragkrisis wat sowat 80% van Kroonstad sedert Vrydag wéér verlam het, is veel groter as wat aanvanklik vermoed is.
Woedende inwoners van Kroonstad het matrasse en motorbande aan die brand gesteek en ‘n straat op verskeie plekke met klippe versper.
'n Forensiese oudit moet gedoen word nadat bewerings van bedrog in die hooggeregshof teen Windhoek se koopkrag-middelman gemaak is.
Pres. Jacob Zuma sal ‘n multi-miljoen-randse elektrisiteitsprojek in Nongoma in die noorde van KwaZulu-Natal van stapel stuur.
As die staking in die steenkoolmyne voortsleep of elektrisiteitsverbruik drasties toeneem, kan dit tot kragonderbrekings lei.
Tientalle mense het Eskom-werkers met klippe bestook toe die werkers onwettige verbindings vir elektrisiteit probeer verwyder het.
Dertig persent van Hatfield se kragtoevoer is weer herstel nadat beskadigde kabels die woonbuurt in donkerte gelaat het.
Inwoners van Johannesburg en Tshwane sal dalk binnekort selfs meer as 22% meer vir krag moet betaal as nuwe tariewe deur Nersa goedgekeur word.
Sedert 2009 tot voor die verkiesing is die Mangaung-munisipaliteit teen ’n maandelikse verlies van tussen R15 miljoen en R20 miljoen bedryf.
Met die winter maar pas hier is die elektrisiteitstekort reeds só ernstig dat Eskom gereeld van sy grootste kliënte se toevoer moet sny.
Boere is glo die grootste kragdiewe in die land en verantwoordelik vir meer as die helfte van die elektrisiteit wat by Eskom gesteel word.
Eskom is besig om Eenheid Een van sy Koeberg-kernkragstasie naby Kaapstad weer aan die gang te kry ná dit vroeër buite werking was.
Die elektrisiteitstoevoer is herstel ná 'n kragonderbreking vroeër in dele van Kaapstad, het dié stad se rampbestuur-owerhede gesê.
Elektrisiteit in die noordelike dele van Gauteng is herstel nadat 'n tegniese fout 'n ontploffing in 'n substasie veroorsaak het.
'n Nuwe gloeilamp bewys goedkoop koop is duur koop wanneer dit by die langtermyn gesondheid van jou beursie en die aarde kom – en dit brand ‘n kwarteeu.
Tegniese spanne het die kragtoevoer na die meeste gebiede in Pretoria op 'n rotasiebasis herstel, het die Tshwane-metroraad gesê.
Twee mans wat hulle as elektriese kontrakteurs voorgedoen het, is in Berea in hegtenis geneem ná 'n huiseienaar agterdogtig geraak het.
Sommige Kapenaars moes die nuwe jaar sonder enige elektrisiteit begroet, het Eyewitness News berig.
’n Kragprobleem by 'n hospitaal in Bloemfontein het veroorsaak dat alle groot operasies die afgelope sowat twee maande uitgestel moes word.
Optimal Energy het reeds R114,5 miljoen van die regering ontvang, maar het blykbaar nóg miljoene nodig om die projek te voltooi.
Abrie Oosthuizen, LPW en die leier van die VF Plus in die Vrystaat, meen die energiekrisis in die Vrystaat kan opgelos word.
Pasiënte, wat die afgelope week vir operasies in 1 M Hospitaal geskeduleer was, moes hul operasies weens kragprobleme laat herskeduleer.
Dele van die Chris Hani Baragwanath hospitaal is sedert Maandag sonder elektrisiteit weens onbetaalde rekeninge.
Die 35,16% verhoging in prys waarvoor NamPower by die ECB aansoek gedoen het, beteken die eindverbruiker moet hom staal vir ’n selfs nóg groter hap uit sy eie sak.
Suid-Korea het 'n manier gevind om die tegnologie in elektriese tandeborsels, vir omgewingsvriendelike vervoer te gebruik.
Mathews Phosa het skerp gereageer op vrae oor ’n verwagte geldinspuiting wat die ANC danksy hoër elektrisiteitspryse gaan kry.
Huishoudings met ’n hoë kragverbruik sal vanjaar reeds baie meer vir hul krag moet betaal as die gemiddelde verhoging van 24,8%.
Zambië het ingestem om elektrisiteit aan Suid-Afrika tydens vanjaar se wêreldbeker sokkertoernooi te voorsien.
Inwoners van Bethal, Mpumalanga en Pretoria-Noord moes duisende rande se bederfbare kos weggooi omdat hulle sonder krag sit.
Eskom wil volgende jaar meer gratis elektrisiteit aan arm huishoudings beskikbaar stel en kragpryse verder opstoot.
Duitse owerhede gaan koppe bymekaar sit om die vervaardiging van een miljoen elektrisie motors teen 2020 te beplan.
‘n Egpaar wat voorafbetaalde elektrisiteit gebruik, het ‘n water- en elektrisiteitrekening van R1,5 miljoen van die Stad Johannesburg gekry.
Miljoene mense in 5 200 stede oor die wêreld heen sal tussen 20:30 en 21:30 die krag in hul huise en kantore afskakel.
AfriForum sal ‘n klag teen die Mookgophong-munisipaliteit by die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) indien.
Die kragtoevoer na Steynsburg en Burgersdorp sal nie afgesny word nie, ná 'n ooreenkoms met die kragverskaffer Eskom aangegaan is.
Eskom het inwoners van Burgersdorp en Steynsburg in kennis gestel dat hy sy kragtoevoer na die Gariep-munisipaliteit gaan afsny.
Eskom sukkel om ‘n balans te handhaaf tussen bestendige kragvoorraad en ‘n groeiende behoefte om ou kragstasies te onderhou.
Eskom sê mense moet hul elektrisiteitverbruik met 10% verminder om Suid-Afrika se kragtoevoer aan die gang te hou.
Ná ‘n onderbreking van gelukkig net ‘n bietjie langer as ‘n uur, kan verbruikers weer elektrisiteit met die kaartstelsel aanskaf.
Eskom se netto wins het in die ses maande tot die einde van September tot R12,8 miljard gegroei, het sy finansiële direkteur gesê.
Suid-Afrika kan binne twee jaar die eerste beduidende bydrae van hernubare krag as deel van sy kragnetwerk hê.
Amerikaanse wetenskaplikes het 'n "kunsmatige blaar" ontwikkel wat sonlig in 'n chemiese brandstof omskakel wat geberg kan word.
Rugby-aanhangers se vlae en vlagstroke het gevaarlike kragonderbrekings in Auckland, Nieu-Seeland, tot gevolg gehad.
Kragonderbrekings in Kroonstad is ’n simptoom van die ineenstorting van infrastruktuur onder leiding van die ANC, meen die MBV-voorsitter.
Byna vyfmiljoen mense in dele van Kalifornië, Arizona en Mexiko is sonder elektrisiteit ná ‘n massiewe kragonderbreking.
Kapenaars wie se voorafbetaalde krag deur die stadsraad voorsien word, kan uitsien na ’n paar nuwe betaalopsies vir elektrisiteit.
Die nuut geboude Enyokeni-substasie in Nongoma, KwaZulu-Natal, is gereed om 15 000 huishoudings van elektrisiteit te voorsien.
Suid-Afrika is ná die onlangse yslike tariefverhoging nie meer die verskaffer van die wêreld se goedkoopste elektrisiteit nie.
Operasies by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal is meer as ‘n week lank gekanselleer as gevolg van ‘n tekort aan elektrisiteit.
Owerhede in Kaapstad het gewaarsku dat sommige inwoners van Seepunt se elektrisiteitstoevoer Donderdag afgesny gaan word.
Diegene wat Tafelberg saans vir spesiale geleenthede verlig wil sien, sal voortaan hul sakke behoorlik moet skud.
Die hooggeregshof in Pietermaritzburg, die stadsbiblioteek en meeste besighede in die middestad moes vroeg sluit weens ‘n kragonderbreking.
In 'n land waar krag skaars is en lugversorging volop, wil die Japannese regering hê sakemanne moet hul geliefde pakke klere dié somer in die kas los.
City Power het skedules oor beurtkrag bekend gemaak, maar sê dit beteken nie dat onderbrekings noodwendig gaan plaasvind nie.
Die woonbuurt Gardens in Kaapstad sal tussen Donderdag en Vrydag vir verskeie ure sonder elektrisiteit gelaat word, het die stad gesê.
Die byproduk van die whisky-brouproses word gebruik om die ligte aan die brand te hou, te danke aan ‘n nuwe fasiliteit in Skotland.
Dele van Johannesburg is weer in donkerte gehul ná 'n kabelfout by die Observatory-substasie, het die kragverskaffer City Power gesê.
Die kragverskaffer City Power sal Donderdagmiddag begin om gedeeltelik elektrisiteit in groot dele van Johannesburg te herstel.
’n Brousel van meganiese foute het die ontploffing veroorsaak wat 'n kragsentrale verwoes, en die nasionale kragnetwerk onder groot druk geplaas het.
’n Allemintige R180 miljoen. Dít is hoeveel die Mangaung-munisipaliteit se agterstallige Eskom-skuld teen volgende week gaan beloop.
Die DA het die regering gekritiseer vir die vertraging in die bekendstelling van onafhanklike elektrisiteitsverskaffers.
Die pa van ’n Krugersdorpse skoolseun by ’n nagklub inmekaargesak het en later by ’n hospitaal dood is, is vas oortuig ’n elektriese skok het tot sy seun se dood gelei.
Twee elektries-aangedrewe robot-kombi’s het hul reis van Italië na China afgeskop, sonder ‘n bestuurder aanboord.
Munisipaliteite in die Vrystaat het klaarblyklik daarin geslaag om te keer dat hulle krag afgesny word, nadat hulle skuld sowat R500 miljoen beloop het.
‘n Kragonderbreking het sowat 2000 Wêreldbeker-pendelaars gestrand gelaat na afloop van die wedstryd tussen Suid-Afrika en Uruguay.
Dele van die Suid-Kaap sal vir die dag sonder elektrisiteit wees, het Johnny Douglas, munisipale bestuurder, gesê.
Dele van Johannesburg is sonder elektrisiteit gelaat weens ‘n tegniese probleem by ‘n substasie in die Craighall-area.
Inwoners van Kaapstad gaan van 1 Julie af meer vir alle munisipale dienste betaal. Die grootste styging is dié vir elektrisiteit.
Barbara Hogan, minister van openbare ondernemings, sê dis "onwenslik" dat die ANC geldelik baat vind by Eskom se multimiljardrand-bouprojek.
Kommersiële boere kan nie op regeringshulp reken om die hoër kragpryse te oorleef nie, het die minister van energie gesê.
Zimbabwe moet ophou om elektrisiteit aan Namibië te gee en eers in sy eie behoeftes voorsien, meen 'n minister.
Die vervaging van die skeiding tussen politieke en administratiewe rolle het dienslewering belemmer, het pres. Jacob Zuma gesê.
Bykans die hele eiland van Sri Lanka is in donker gehul ná ‘n tegniese fout by ‘n verspreidingsentrum vir elekrisiteit.
Die kragtoevoer van sowat 67 skole in Pretoria wat gedurende verlede week afgesny is, is glo weer herstel.
Elektrisiteitsvoorsiening is hervat na sowat 70% van Johannesburg se middestad wat sedert Sondag sonder krag sit.