Die Springbokke kon beswaarlik vir ’n beter loting vra as die een wat Suid-Afrika vir aanstaande jaar se Rugby Kampioenereeks gekry het.
Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.
Die All Black-afrigter, Graham Henry, het die Wallabies ekstra motivering gegee voor die beslissende kragmeting in die Drienasies-rugbyreeks.
Jake White het die Bokke gewaarsku dat hulle hul verdediging sal moet verbeter indien hulle ’n kans wil staan om die Wêreldbeker te verower.
Dít was die groot vraag ná die Springbokke se sege oor die All Blacks in hul Drienasies-rugbytoets in die Nelson Mandelabaai-stadion.
Hier is slegte nuus vir senters – die oud-Springbok Danie Gerber verwag die Nieu-Seelandse frats Sonny Bill Williams kán nog verbeter.
Suid-Afrika se kaptein vir die Drienasies-toets teen die All Blacks in Port Elizabeth, Victor Matfield, sê die tyd vir verskonings is verby.
Nieu-Seeland se afrigter, Graham Henry, het die druk op Suid-Afrika gelaai voor die Drienasies-rugbytoets in die Nelson Mandelabaai-stadion.
Die All Blacks het hul span aangekondig wat in die Drienasies-toets teen die Springbokke in Port Elizabeth uitdraf.
Sonny Bill Williams is beslis nie die enigste All Black-senter wat eur die Springbokke dopgehou sal moet word nie, sê Jean de Villiers.
Patrick Lambie kan dalk in die laaste Drienasies-wedstryd teen Nieu-Seeland sy naam op Frans Steyn se wêreldbeker-trui stempel.
Die Bok-breier Peter de Villiers meen die media moes veel 'n groter bohaai oor die All Blacks se 'B-span' opgeskop het.
Jake White het sy kommer uitgespreek oor die manier waarop spelers bestuur word ná die Springbokke se Drienasies-nederlaag teen die Wallabies in Durban.
Die Bokke sal beter vertoon in die toets teen die All Blacks in Port Elizabeth het die afrigter, Peter de Villiers, rugby-ondersteuners verseker.
John Smit ís beseer, maar hoe ernstig die Bok-kaptein se elmboogbesering is, moet nog deur die Springbokke bekend gemaak word.
Hoe gemaak ná die nederlaag teen die Wallabies, wat met 14-9 gewen het in ’n wedstryd waar die tuisspan met rukke bitter goed gelyk het?
Die Kiwi’s het bekend gemaak hulle sal volgende week sonder verskeie strydrosse teen die Bokke in Port Elizabeth speel.
John Smit en Rocky Elsom bevind hulle in dieselfde bootjie – in die middel van die oseaan en sonder roeispane.
Een van die terugkerende Bokke, Bakkies Botha, het dit duidelik gemaak hy gaan nie die ander wang draai in die toets teen die Wallabies in Durban nie.
Australië se afrigter is bewus van die gevare wat ‘n ervare Springbokspan met ‘n indrukwekkende 810 toetse agter hul name het, inhou.
Die Springbok-breier, Peter de Villiers, het sy span bekendgemaak vir die Drienasies-toets teen die Wallabies op Kingspark in Durban.
Die man wat die Stormers die suinigste span in Super Rugby gemaak het wanneer dit kom by drieë afstaan, moet nou ook die Bokke help.
Detail gaan in die twee Drienasies-toetse teen Australië en Nieu-Seeland die vernaamste aspek wees waaraan die Springbokke aandag sal gee.
Fourie du Preez is die beste skrumskakel wat hy tot nog toe in sy lewe gesien het, het Will Genia van die Wallabies gesê.
Die Springbokke se losvoorspeler-krisis het verdiep, met Pierre Spies en Danie Rossouw wat hulle by die lang lys beseerdes gevoeg het.
Nieu-Seeland het Australië in hul Drienasies-sege op Eden Park in Auckland geklop nadat hulle teen halftyd met 17-0 voorgeloop het.
Die Springbok-afrigter Peter de Villiers het 'n groep van 24-spelers aangekondig vir Suid-Afrika se tuistoetse in die Drienasies-reeks.
Die All Black-hulpafrigter, Steve Hansen, sê die Wallabies vrees nie meer die All Blacks nie en het ook geen respek meer vir hul Kiwi-opponente nie.
Peter de Villiers kom voor sy grootste toets as afrigter te staan, en die eerste vraag is hoe hy die haker- en kapteinskap-vraagstuk sal hanteer.
Richie McCaw het die versoeking weerstaan om in 'n woordestryd betrokke te raak op die vooraand van die Drienasies-toets teen die Wallabies in Auckland.
Die veteraan-slot Nathan Sharpe is weggelaat uit die Wallabies se span vir die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Auckland.
Nadat ’n bloedjong Bok-span in Australasië bloedneus geslaan is, het Peter de Villiers ’n gebrek aan ervaring op toetsvlak as ’n rede voorgehou.
Die Springbok-breier Peter de Villiers het gesê die insluiting van jong spelers vir die Drienasies-toerwedstryde is 'n goeie belegging.
Die gevaarligte flikker vir die Springbokke deurdat talle van die onervare spelers doodeenvoudig nie die mas opgekom het nie.
Peter de Villiers het alle hoop om die Drienasies-kroon te wen, laat vaar en sê die fokus is nou op die Wêreldbeker.
Vir verskeie ou Springbok-rugbyspelers is die Drienasie-toets teen Nieu Seeland in Wellington ’n geval van reg of weg.
Ná 328 punte in 27 toetse, insluitend ’n wêreldrekord in ’n toets teen Nieu-Seeland, maak Morné Steyn sy heelagter-debuut teen die All Blacks.
Gerugte dat 21 beseerde Springbokke 'n kamp in Rustenburg bywoon is deur SA Rugby se uitvoerende hoof, Jurie Roux, bevestig.
Die Springbokke gaan in die Drienasies-toets in Wellington teen die All Blacks vir eers nie met Sonny Bill Williams te doen kry nie.
Gerugte doen die ronde in Nieu-Seeland dat “sogenaamde beseerde” spelers ’n geheime Wêreldbeker-oefenkamp in Rustenburg bywoon.
Hy sou teleurgesteld wees as hy ’n Suid-Afrikaner was. So sê Sean Fitzpatrick, oud-All Black, oor die Bokke se Drienasies-nederlaag teen die Aussies.
Richie McCaw kan dalk vir die eerste keer in 95 toetse, die nr.8-trui oor sy kop trek wanneer die All Blacks die Springbokke in Wellington pak.
Die Springbok-heelagter Gio Aplon sal weens 'n skouerbesering nie vir die Drienasies-toets teen die All Blacks in Wellington oorweeg word nie.
Die All Blacks het met tradisie gebreek deur vir die eerste keer in die geskiedenis spelers toe te laat om in gekleurde stewels te speel.
Die Springbok-heelagter, Gio Aplon, sê hy moes die kookwater Wallaby-vleuel Digby Ioane in sy spore gestuit het.
In die laaste toets wat in die bekende Carisbrook-stadion in Dunedin gespeel sal word, het die All Blacks 60 punte teen Fidji opgestapel.
Hy is dalk in Hawston gebore en in die Kaap van Storms getoë, maar vir eens sou Gio Aplon verkies het dat dit nié reën nie.
Die Bokke moes 'n laat verandering maak vir die Drienasies-toets teen die Wallabies ná Johann Muller nie sy fiksheidstoets kon slaag nie.
Gee John O’Neill, die uitvoerende hoof van Wallaby-rugby, punte vir sy vermoë om tamboere te slaan oor alles buiten Aussie-rugby.
Drie spelers maak hul debuut vir die Springbokke wanneer SA in die Drienasies-openingswedstryd teen die Wallabies in Sydney uitdraf.
Die Springbokke gaan Argentinië in die eerste wedstryd van 2012 se Castle-toernooi, wat die Drienasies-reeks vervang, pak.
Australië het die All Blacks in die beslissende Drienasies-toets in Brisbane geklop om vir die eerste keer in 10 jaar die wentrofee omhoog te hou.
Tien spelers wat deel was van die All Blacks wat die Wallabies in Auckland geklop het, begin ook in die beslissende toets in die Drienasies-reeks.
Die Wallaby-heelagter James O’Connor is weens wangedrag geskors en sal die beslissende Drienasies-kragmeting teen Nieu-Zeeland misloop.
'n Eerste wen in Port Elizabeth is die All Blacks steeds nie beskore nadat die Springbokke hulle in die Nelson Mandelabaai-stadion geklop het.
Die Nelson Mandelabaai-stadion sal ’n drukkoker wees wanneer die Springbokke en die All Blacks mekaar in hulle Drienasies-toets pak.
Fourie du Preez het toegegee die Wallabies het sy geduld in verlede week se toets in Durban by die afbreekpunte beproef.
James Horwill sal Rocky Elsom as Wallaby-kaptein vervang, het die afrigter Robbie Deans onthul toe hy sy Wêreldbeker-groep aangekondig het.
Die Springbok-slot Johann Muller is weer fiks en gretig om Suid-Afrika in die Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland te verteenwoordig.
Daar is vyf veranderinge aan die Springbokspan aangebring vir Suid-Afrika se kragmeting met Nieu-Seeland in Port Elizabeth.
Hy verdien nie ’n medalje vir sy uitsprake nie, maar daar skort niks met die Springbok-afrigter, Peter de Villiers, as ’n rugbymens nie.
Die heelagter Frans Steyn sal weens 'n dyspierbesering nie oorweeg word vir Suid-Afrika se Drienasies-toets teen die All Blacks nie.
Volgens Australiese media het die Wallabies een van hul dapperste oorwinnings in 'n toets oorsee behaal toe hulle die Bokke in Durban geklop het.
Dit was moeilike omstandighede om in te skop, maar Butch James het geen verskonings omdat hy met ’n belangrike strafdoelpoging misluk het nie.
Die kans om ’n reuse- sielkundige slag te slaan en plekke in Nieu-Seeland se groep vir die Wêreldbeker-toernooi is wat die All Blacks aanspoor.
Die Springbokke het hul derde agtereenvolgende Drienasies-toets verloor nadat die Wallabies op Kingspark in Durban geseëvier het.
Dit gaan dade, en nie woorde nie, wees wat in die Springbokke se Drienasies-toets teen die Wallabies in Durban sal tel.
'n Voormalige heelagter van die Wallabies meen die haka moet verban word omdat die All Blacks onregverdig voordeel uit dié oorlogskreet trek.
Gaan die 13 veranderinge wat Peter de Villiers aan sy span gemaak het vir die Drienasies-toets teen die Wallabies in Durban vir hom geluk bring?
Peter de Villiers het gesê sy span is slaggereed vir die Drienasies-wedstryd teen Australië nadat hy 13 veranderinge aangebring het.
Die Wallaby-breier Robbie Deans het die veteraan-slot Nathan Sharpe in die beginspan gekies vir die Drienasies-toets teen die Bokke in Durban.
Hoe meer mense vir hom gaan sê om sy hare te sny, hoe langer gaan hy dit laat groei, sê die “rebel” van die Springbok-rugbyspan, Frans Steyn.
Butch James besef dit sal op Kingspark in die Drienasies-toets teen die Wallabies sy taak wees om die wedstryd vir die Springbokke te beheer.
'n All Black-span sonder Dan Carter gaan die Bokke straks in Port Elizabeth aandurf, aangesien Carter in watte toegedraai gaan word vir die Wêreldbeker.
Daar is steeds geen plek vir Matt Giteau in die Wallaby-span nie, maar Nathan Sharpe, is nader getrek vir die Drienasies-toets teen die Bokke in Durban.
Sestien Wêreldbeker-wenners, die mees ervare slotpaar in die wêreld, die mees ervare haker ter wêreld, Springbok-rugby se mees ervare senterpaar.
Die borg van die plaaslike deel van die Drienasies, Castle, sal beslis ’n skuimkop knak as Peter de Villiers sy groep vir die tuistoetse bekend maak.
Die Springbokke was ’n verleentheid. Dick Muir, een van die hulpafrigters, het dié span se afgelope sukkeltoer in Australasië met dié woorde opgesom.
Die een goeie ding wat voortgevloei het uit die katastrofiese Drienasies-toetse is dat Peter de Villiers weet wie kan Wêreldbeker toe gaan en wie nie.
Die All Black-vleuel Sitiveni Sivivatu moes weens 'n kniebesering die Drienasies-oefensessie vir die toets teen die Wallabies in Auckland misloop.
Die span van die Wallabies het slegs goeie nuus voor hul groot Drienasies-rugbytoets in Auckland teen die All Blacks gekry.
'n Tweede lewe vir Morné Steyn, nog nie die einde van die pad vir CJ van der Linde nie en ’n eerste toets op eie bodem vir Gerhard Mostert.
Die Bok-afrigter, Peter de Villiers, het erken hy is geskok oor die omvang van die nederlaag in vanjaar se Drienasies-proefneming.
Springbok-afrigter, Peter de Villiers, sê die Drienasies-reeks is verlore vir die Springbokke ná sy span deur die All Blacks verwoes is.
Die Springbokke se Drienasies-veldtog het nog 'n knou weg ná 'n teleurstellende nederlaag teen die All Blacks in Wellington.
Nie net die diepte nie, maar ook die toekoms van Springbok-rugby sal in die Westpac-stadion onder die soeklig wees.
Patrick Lambie erken hy het geen idee oor hoe die haka gaan klink as hy dit die eerste keer in sy aangesig gaan ervaar en aanvaar nie.
Die Ierse skeidsregter Alain Rolland sal in sy 50ste toets blaas wanneer die All Blacks die Springbokke in die Drienasies-wedstryd in Wellington pak.
Die slot Gerhard Mostert is een van vier veranderinge aan die Springbok 15-tal vir die Drienasies-toets teen die All Blacks in Wellington.
Dié Springbokke gaan nie hul vlugbespreking verander, punte vir die All Blacks stuur en terugvlieg Suid-Afrika toe nie.
Gio Aplon se besering kan die beleërde Bok-breier, Peter de Villiers, kans gee om Lambie se Wêreldbeker-potensiaal onder die loep te neem.
Volgens die All Blacks beteken Suid-Afrika se Drienasies-nederlaag teen die Wallabies nie veel nie en bly die Springbokke ‘n span wat respek verdien.
Springbok-trots en die eer om dié trui oor die kop te trek, móét in Wellington die Bokke se oorsese deel van die Drienasies-rugbyreeks red.
Die All Blacks sal ten minste vier van hul sleutelspelers vir die Drienasies-toets in Wellington teen die Springbokke laat rus.
Hul skok-nederlaag teen Samoa is vergete nadat Australië die Springbokke gemaklik in die Drienasies-openingswedstryd in Sydney geklop het.
Quade Cooper moes weens 'n maagontsteking die Wallabies se spanoefening op die vooraand van hul Drienasies-toets teen die Bokke misloop.
Nie eens die verwagte nat toestande sal Suid-Afrika keer om die onervare middelveld-verdediging van Pat McCabe Saterdagaand te beproef nie.
Hoewel die wêreld se mees ervare toetshaker, John Smit, tussen twee debutante gaan sak, kan dié twee beslis spesiale aandag van die Wallabies verwag.
Dit is ’n span met ’n plan, verseker sy breier. Én, sê die Springbok-afrigter, Peter de Villiers, een wat hom baie opgewonde maak.
Die Wallaby-afrigter, Robbie Deans, sal na verwagting tot 10 veranderinge aan sy pan aanbring vir die Drienasies-toets teen die Springbokke.