Die DBV het meer inligting bekendgemaak oor 'n voorval waarin die komediant Mark Sampson glo ‘n kat se kop afgekap het.
Drie mans is gevangenisstraf opgelê nadat hulle in die hof daaraan skuldig bevind is dat hulle ‘n perd gesteel en gemartel het.
‘n Vrou van Krugersdorp is ‘n opgeskorte tronkvonnis opgelê nadat sy nie mediese bystand vir haar beseerde hond gekry het nie.
'n Australiese man is van dierewreedheid aangekla nadat hy 'n katjie se kop afgeruk en dit voor kinders in 'n straat gegooi het.
Belgrado het ‘n ambulansdiens vir beseerde katte en honde bekendgestel as deel van 'n eenheid wat hom vir diereregte beywer.
Die saak teen twee opsigters wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n hond lewend begrawe het, is deur die Khayelitsha landroshof uitgestel.
‘n Man het in die landdroshof op Ga-Rankuwa verskyn in verband met die verkragting van ‘n donkie, het die polisie in Gauteng gesê.
Versierde perdekarre is ‘n gewilde gesig in die Indiese stad Moembaai – maar dié toeriste-aantreklikheid is dalk binnekort iets van die verlede.
‘n Man van Noordwes het ‘n hond binne ‘n toilet verkrag voordat inwoners in die gebied hom aangerand het, het die polisie gesê.
'n Indonesiese man is deur sy honde opgevreet toe hy ná 'n vakansie waartydens hulle sonder kos in die huis gelaat is, teruggekeer het.
'n Man wat 'n koei na sy lot as offerande tydens 'n begrafnis-seremonie in Johannesburg vervoer het, is in hegtenis geneem.
Kriminele klagte is ingedien teen twee skoolmeisies van KwaZulu-Natal in verband met ‘n Youtube-video wat die marteling van ‘n hen vertoon.
Die DBV in Kimberley gaan ’n klag van dieremishandeling teen ’n plaaslike LUR indien nadat sy twee honde vir drie weke honger gely het.
Die eienaar van ‘n hond wat verlate en met ernstige brandwonde in Vereeniging gevind is, is van dieremishandeling aangekla.
Die polisie in Brasilië het gesê ‘n jaloerse man het sy hond opgetel en sy beweerde ontrou vrou met die dier oor die kop geslaan.
Maleisiese owerhede het 32 tiere en ‘n aantal ander diere uit wat hulle as ‘n "vuil en beknopte privaat-dieretuin" beskryf het, gered.
Die vrou wat haar worshond in haar motor op O.R. Tambo gelos het en oorsee gegaan het, moet R24 000 betaal om dié luukse motor terug te kry.
Die verteenwoordigers van ’n diereregte-organisasie het 15 minute te laat opgedaag om te keer dat ’n skare mense ’n blouapie lewend verbrand.
Spoorwegbeamptes het giftige koningkobras, wat saam 45 kg geweeg het, in sakke onder ‘n sitplek op ‘n trein in Viëtnam gevind.
‘n Vrou het beken sy het haar kinders en dosyne troeteldiere mishandel, soms deur honde en katte dood te martel voor haar jong dogters.
‘n Amerikaanse vrou het 'n hond met ‘n elektriese koord aan ‘n boom gehang en verbrand omdat die dier aan haar Bybel gekou het.
Diereliefhebbers is met afgryse vervul oor die dood van ’n hond wat in ’n motor in die O.R. Tambo-lughawe se parkeerterrein agtergelaat is.
Duisende produkte wat van die velle van honde en katte gemaak word, kan op die webwerf van China se grootste winkelgroep gekoop word.
Tussen 4 000 en 5 000 kuikens het erg gely en die meeste het gevrek nadat hulle op ’n ashoop by Lichtenburg in Noordwes gegooi is.
’n Wilde blouaap, wat glo gestuur is om ’n toordokter “te vermoor”, gaan besny word sodat “bose geeste” uitgedryf kan word.
'n Britse vrou wat op kamera gevang is terwyl sy 'n kat in 'n asblik gooi, het skuldig gepleit op aanklag van dieremishandeling.
Die DBV het die Hoërskool Zastron gekritiseer oor hul uitnodiging aan mense om 'n jakkals en 'n rooikat by ‘n fondsinsameling te jag.
Ses polisiebeamptes moes ‘n man wat in ‘n bui van waansinnigheid sy eie vinger afgesny en ‘n katjie geslag het, in hegtenis neem.
‘n Britse hof het ‘n man tot nege weke tronkstraf gevonnis na hy sy gunsteling hamster in ‘n mikrogolfoond gaargemaak het.
Morrissey, voormalige hoofsanger van The Smiths, glo dat Chinese ‘n subspesie is omdat hulle diere mishandel.
Die Britse vrou wat op kamera gevang is waar sy ‘n kat in ‘n vullisdrom gooi, sê sy verstaan nie “waaroor die bohaai gaan nie”.
Wilddiewe in Niger het twee kameelperdjies doodgemaak. Dit is glo die eerste keer in 20 jaar dat ‘n bedreigde spesie hier aangeval is.
Die DBV het beslag gelê op 2010, die luislang wat glo gebruik word om die vordering van sekere spanne in die Wêreldbeker-sokkertoernooi te beheer.
Vyf jeugdiges, glo van Macassar, is daarvan beskuldig dat hulle ‘n afgetrede trekperd gemartel en doodgmaak het.
‘n Jong bull mastiff herstel in ‘n dierehospitaal nadat hy lewend begrawe was op die Kaapse Vlakte. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
'n Italiaanse sjef is sy werk kwyt ná hy hoog en laag gesweer het hy't al op verskeie geleenthede katbredie geëet, en dit baie geniet.
Uitgestrek en met ’n sterk tou vasgebind teen ’n treinspoor onder ’n brug in Wellington, is Lucy die hond gevind.
‘n Nieu-Seelandse man het erken dat hy vyf katjies aan sy Amerikaanse veghond (pitbull terrier) gegee het, om dood te maak.
’n Verteenwoordiger van die premier se kantoor in KZN het gesê dit was verkeerd van die ARA om hulle siening op Zoeloes af te dwing.
Weens ’n “gebrek aan geld” het die DBV “geen keuse” gehad nie as om die karkasse van diere op ’n stortingsterrein af te laai.
Pres. Jacob Zuma is deur 'n diereregte-aktivis gevra om die grusame bulslagting van die tradisionele Ukweshwama, stop te sit.
‘n Australiese man is tot tien jaar tronkstraf opgelê nadat hy sy eks-meisie se kat met 'n telefoondraad verwurg het.
In wat beskryf word as ‘n “skokkende” voorval van dieremishandeling het ‘n kat in Australië 13 kopskote oorleef.
Jan Serfontein kan aanhou boer met kuikens nou dat hy die haantjies in ’n kerfmasjien eerder as ’n dam doodmaak.
Die eienaar van ’n omstrede hoenderplaas in Noordwes gaan ’n eis van meer as R50 miljoen teen Carte Blanche instel.
Die hoenderboer wat glo weekliks 70 000 kuikens in ‘n leë plaasdam vir die dood gelaat het, sê dié aantygings is onsin.
Woolworths het bande met 'n hoenderplaas wat daagliks sowat 70 000 kuikens doodmaak, verbreek.
Meer as 500 honde is sedert begin Januarie in die Gautengse dorp Heidelberg gif ingegee.
Die SAPD, Johannesburgse metro-polisie, DBV en departement van omgewingsake het sewe perde in Zola, Soweto, gered.
‘n Skema waarin lewende hase met brood as kos in informele nedersettings verkoop sou word, sal deur die NDBV ondersoek word.
‘n Man van Kalifornië is van dieremishandeling aangekla nadat hy ‘n bal met ‘n gholfstok van ‘n Chihuahua se rug geslaan het.
Die man wat glo twee babahondjies doodgemaak, afgeslag en gevries het, het weer in die hof in Pretoria-Noord verskyn.
Selfs 'n rot het vanjaar Kersvreugde gevind nadat 'n polisievrou haar oor 'n klomp diere, wat aan hul eie lot oorgelaat is, ontferm het.
Die polisie het op ‘n toe Venter-sleepwaentjie propvol honde afgekom toe hulle ’n motor by die Vioolsdrif-grenspos deursoek het.
Dierebeskermingsgroepe het die Oekraïne daarvan beskuldig dat onwettige metodes gebruik word om rondloperhonde van kant te maak.
Die ietermagog wat vermoedelik in die Tzaneen-omgewing gevang, in ’n sak gestop en in dié dorp te koop aangebied is, sterk mooi aan.
‘n Sri Lankaanse hof het beveel dat ‘n jaarlikse offerritueel waartydens honderde boerbokke geslag word, gestaak moet word.
'n Man wat erken dat hy 'n alkoholis is en beheer verloor as hy dronk word, kan nie onthou dat hy sy troetelslang stukkend gebyt het nie.
Seuntjie, die worshond wat byna dood toe is nadat hy ’n dosis Cat ingekry het, het ’n storm laat losbars oor ’n onskuldige Carlien Crous.
Die Filippynse polisie het ‘n paartjie in hegtenis geneem wat talle videos van tienermeisies wat diere martel op die Internet gepubliseer het.
Twee klagte van dieremishandeling word in Welkom teen trekboere ondersoek nadat vier perde in haglike omstandighede vervoer is.
Die oorgrote meerderheid van honde wat in hondegevegte betrokke was, moet uitgesit word omdat hulle nie gerehabiliteer kan word nie.
‘n Man word van dieremishandeling aangekla nadat ‘n video van hom wat ‘n baba-rot eet op Facebook die rondte gedoen het.
‘n Paartjie wat ‘n apie aangehou het om die vrou, wat ly aan kanker, in en om die huis te help, is ‘n boete opgelê én hul helper kwyt.
’n Polisie-hoë het glo opdrag gegee dat twee beseerde beeste, wat deur ’n motor getref is, na 'n polisiekantoor gesleep word vir ’n vleisbraaiery.
'n Rondloperhond van Malta wat half-begrawe was en vol gate geskiet is, het wonderbaarlik dié wrede mishandeling oorleef.
Twee verdagtes is by die internasionale lughawe van Jakarta in Indonesië vasgetrek nadat hulle met 40 luislange in hul besit betrap is.
’n Lasbrief is uitgereik vir die inhegtenisneming van ’n Mosambieker nadat hy glo sy hond se agterpote afgekap het.
‘n Man wat op kamera betrap is waar hy ‘n hondjie met geweld skop, sal aangehou word en mag vir vyf jaar nie diere besit nie.
’n Hond wat moontlik ’n ruk lank oorleef het deur die kondensasie van haar eie asem van ’n voertuig se ruite af te lek, het gesterf.
Die departement van omgewingsake is min beïndruk deur ’n video waarin ’n withaai glo mishandel word tydens ’n hokduik-voorval naby Gansbaai.
Die voorbereiding en eet van lewendige krewe in ‘n Johannesburgse restaurant is volgens die NSPCA ‘n oortreding van die wet.
’n Beweerde sindikaat wat hondegevegte in Namibië reël, is onlangs deur die Dierebeskermingsvereniging (DBV) op Walvisbaai oopgevlek.
’n Winkeleienaar wat glo ’n hondjie geslag het en saam met aartappels wou kook, is betrap voordat hy dié afgryslike middagete kon berei.
Twee vroue is aangekla van dieremishandeling ná die polisie 77 katte in twee motors gevind het, berig 'n koerant in Bennington.
Die “diere-slagplaas”. Dís hoe werkers dié plaas noem wat glo ’n sentrale punt is in die saak teen ’n beweerde renosterhoring-sindikaat.
Die omstandighede waarin honderde varke en ander diere op ’n munisipale plaas aangehou word, is van die ergste wat die DBV nog gesien het.
Die polisie beweer hulle is op die spoor van 'n meisie wat op 'n video gesien kan word waar sy hondjies in 'n rivier gooi.
Beeldmateriaal het op die internet verskyn van 'n vrou wat 'n kat langs die pad vir geen rede in 'n asblik gegooi het.
’n Inspekteur van die Dierebeskermingsvereniging is glo aangerand ná hy 'n man betrap het waar hy ’n konyn se kop platgetrap het.
'n Onlangse geheime ondersoek is in Brittanje na die handel in meerkatte gedoen. Daar is gevind dié diertjies is op baie Britte se wenslys.
Twee bedreigde olifante wat dood gevind is op Indonesië se Sumatra-eiland, is na bewering die slagoffers van ivoorstropers.
Vier mans het in die hof verskyn op verskeie aanklagtes wat verband hou met die jag van beskermde spesies en die onwettige handel in renosterhorings.
’n Man van Witbank is vas nadat hy sy hond glo met ’n graaf doodgeslaan en die karkas in ’n vlak graf in sy voortuin begrawe het.
‘n Man wat die kop van ‘n baba katjie voor sy familie afgdraai het, is twee jaar en vier maande tronkstraf toegedien.
'n Gesin se lieflinghond is dood nadat sy so geskrik het vir klappers, dat sy deur ’n venster in die huis probeer inspring het.
’n DA-wykraadslid is aan dieremishandeling skuldig bevind nadat haar hond in haglike toestande by haar huis gevind is.
Die diereregtegroep Animal Rights Africa het Sondag gesê dit beplan om die bulslagting-ritueel, Ukweshwama, in die hof teen te staan.
Die familie van die vrou wat deur ‘n sjimpansee verskeur en verblind is, eis sowat $150 miljoen (R1.1 miljoen) van die staat.
'n Vrou wat ‘n baba takbok met ‘n graaf doodgeslaan het, is met ‘n vonnis van 80 uur se gemeenskapsdiens opgelê.
'n Taxibestuurder is 'n boete van R1000 opgelê nadat hy 'n gans met 'n windgeweer geskiet terwyl hy visgevang het.
Die boer wat na bewering derduisende haantjies in ’n sementdam laat doodgaan het se lidmaatskap tot die SAPV is opgeskort.
Die Groen Skerpioene van die departement van omgewingsake het by die omstrede lêhoenderplaas Boskop Layer Chicks toegeslaan.
Die voormalige LUR Jan Serfontein en sy seun staar nege aanklagte ingevolge die wet op dierebeskerming in die gesig.
Diereregte-groepe is woedend oor die beweerde betrokkenheid van ‘n voormalige LUR by die wrede dood van kuikens op ‘n hoenderplaas.
Altesame 15 van hul honde is gisteroggend deur inwoners van Princessweg in Claremont, Johannesburg, dood gevind.