Die beseerde dwerg-potvis (ook bekend as die spermwalvis), wat Saterdag by Surfers Corner in Muizenberg uitgespoel het, is van kant gemaak.
'n Leeuwyfie het van 'n plaas in Botswana ontsnap en die grens na Suid-Afrika oorgesteek, het die Noordwes-polisie gesê.
Australiese omgewingsbeamptes het die dood van 27 pikkewyne, wat waarskynlik deur ‘n hond of trop honde by Katbaai doodgebyt is, ondersoek.
Prins Harry, 'n geliefde baba-dwergseeikoei, het weens komplikasies van 'n operasie gevrek, het die Cango Wildlife Ranch in 'n verklaring gesê.
Die geboorte van jagluiperdwelpies by ‘n sentrum in Limpopo is vir die eerste keer via ‘n webkamera op die internet uitgesaai.
Twee hiënas wat naby Ulundi, KwaZulu-Natal, ontsnap het, is nog nie opgespoor nie, het Ezemvelo KwaZulu-Natal Wildlife gesê.
Die polisie en wildbewaarders van Ezemvelo KZN Wildlife het in die noorde van KwaZulu-Natal na ’n ontsnapte leeu gesoek.
Lelies soos die tier-, Oosterse, stargazer- en daglelies, wat veral in blommerangskikkings gebruik word, hou ’n groot gevaar in vir katte.
John Varty sê hy het soos 'n lappop gevoel wat oopgeskeur word toe die tier Corbett hom deur die draadhek in die tierkamp wou intrek.
Een van die twee gevlekte laventel-albino luislange wat uit hul woning in Tugela Crescent in Gallo Manor, Sandton, ontsnap het, is gevind.
Harry, ’n seldsame dwergseekoei wat by ’n wildbesigtigingsentrum by Oudtshoorn gebore is, het almal se hart gesteel en sterk goed aan.
’n Navorsingsprojek in die Laeveld om met behulp van mikroskyfies die bewegings van swart mambas na te vors, het nuwe stukrag gekry.
‘n Beampte sê veldbrande wat op Berg Kenia woed en talle diere se lewens in gevaar stel, is moontlik deur stropers gestig.
Om eendag ’n dieretuin met lewende mammoete te kan besoek, is skynbaar glad nie vergesog nie, meen wetenskaplikes.
Die moontlikheid dat die grootwithaai wat in nette verstrengel geraak het, nog geleef het toe dit uit die water getrek is, word ondersoek.
‘n Video wat wys hoe 30 gestrande dolfyne deur mense op ‘n strand in Brasilië gered word, het ‘n internetsensasie geword.
Minstens 86 mense is in 2011 deur wilde diere in Mosambiek doodgemaak, met 60 ander wat beserings opgedoen het, het die regering gesê.
Uggie die akteur-hond het diamante ter waarde van £120 000 (R1,23 miljoen) na ‘n partytjie voor die Oscars gedra.
’n Veldwagter van Limpopo het heldhaftig in ’n rivier gespring om ’n kollega uit die kake van ’n krokodil te red.
Sowat 150 rondloper katte wat deur 'n bejaarde vrou versorg is, het doodgebrand toe 'n brand in haar huis in Beijing uitgebreek het.
Die wêreld se kleinste verkleurmannetjie – klein genoeg om op ’n vuurhoutjie te pas – is ontdek op ’n eiland naby Madagaskar.
Personeellede van die Johannesburg-dieretuin is in rou gedompel nadat een van hul kollegas deur ’n leeuwyfie by die leeuplaas doodgebyt is.
Bewaringsgesindes in Zimbabwe pogings om ‘n babaolifant, wat op ‘n besige hoofpad van sy ma geskei is, se lewe te red, was onsuksesvol.
Twee wipsnoetkobras het hul moses op ’n hoewe buite Pretoria teëgekom toe ’n dapper vrou en haar twee honde hulle gepak het.
Jenny, ’n 55-jarige sjimpansee en een van die Nasionale Dieretuin in Pretoria se eerste inwoners, is aan hartversaking dood.
Dr. Willie Cronjé is slegs een van twee mense wat die afgelope dekade buite die veld deur ’n buffel aangeval is, meen 'n kenner.
Dr. Willie Cronjé (44), 'n deeltydse wildboer van Pretoria, is voor sy seun dood nadat ’n buffel hom op sy wildsplaas aangeval het.
‘n Nuwe spesie van die steekvlieg wat ontdek is, is so “bootylicious” met sy goue agterstewe dat die wetenskaplikes dit na Beyonce vernoem het.
’n Zambezihaai wat by die mond van die Breërivier geslag is, het die bewaring van hierdie visse opnuut in die soeklig geplaas.
‘n Luiperd wat in ‘n stad in die ooste van Indië rondgedwaal het, het een man doodgemaak en ‘n gedeelte van ‘n ander man se kopvel afgeruk.
In slegs agt jaar het African Parks Network meer as 2 500 diere in die Majete-wildreservaat langs die Shire-rivier in Malawi gevestig.
Die DBV het ‘n beroep op troeteldier-eienaars gedoen om hul diere vanaand met die Nuwejaarsvieringe binnenshuis te hou.
Die rekordgetal olifanttande waarop beslag gelê is dui daarop dat dit ‘n vernietigende jaar vir olifante was, het die groep TRAFFIC gesê.
Die vyfjarige Mikayla Robbertse van Lephalale wat vandeesweek deur ’n Mosambiekse spoegkobra gepik is, se toestand het skielik verswak.
'n Vlugtende tier is in sentraal-Roemenië doodgeskiet nadat sy uit haar hok ontsnap en oor 'n wildtuin se 1,8 m hoë omheining gespring het.
Omtrent 400 robwelpies het in Valsbaai en Kommetjie uitgespoel, het die Stad Kaapstad se rampbestuur-eenheid gesê.
Chinese internetgebruikers het by ‘n wildpark gepleit om ‘n verliefde manlike skaap en vroulike takbok toe te laat om saam te bly.
'n Filmspan wat ‘n episode van 'n televisiereeks verfilm het, het op ‘n swanger kameelperd in ‘n swembad afgekom.
Op ’n dag wat spesiaal aan die bewusmaking van die bewaring van jagluiperds gewy word, het 27 bewaringswetenskaplikes in Namibië gegradueer.
Navorsers in Brittanje het bevind diere het 'n manier om aardbewings vroegtydig aan te voel en dit kan die mens ook van die rampe help red.
Die saak teen twee opsigters wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n hond lewend begrawe het, is deur die Khayelitsha landroshof uitgestel.
By die Super Hero-bloedbank in Pretoria het mens en dier vir die eerste keer in Suid-Afrika terselfdertyd bloed geskenk.
Twee opsigters sal na verwagting vandeesweek in die Khayelitsha-landdroshof verskyn nadat hulle glo 'n hond lewend begrawe het.
Jessica weeg 1,2 ton, het haar eie Facebook-blad, hou van tee en slaap in die aand op ’n matras met ’n duvet op die huis se stoep.
Primate in Amerika is besig om die Apple iPad te ontdek en orangoetangs is veral mal daaroor om met hierdie toestelle te eksperimenteer.
Tendai, wie se naam “dankbaar vir God” beteken, is van die ergste gevalle wat die dierewelsynsorganisasie Wetnose in ’n lang tyd gesien het.
Jy is al lankal lus vir ’n goeie dosis Afrika-wildlewe maar jy is nog nie heeltemal seker watter land jy moet besoek of watter park jy moet kies nie.
Liz, ’n drie meter lange krokodil by ’n wildbesigtigingsentrum op Oudtshoorn, is buite gevaar nadat ’n Coke-blik uit haar maag verwyder is.
'n Twee maande oue leeuwelpie met die naam Little Leo van Libanon het sowat 7 800 km gevlieg om ’n nuwe blyplek in Suid-Afrika te kry.
Kerri Bowie van Kaapstad was skaars 400 m weg van die hoofhek van die Skukuza-kamp in die Krugerwildtuin toe leeus ’n buffelbul plattrek.
'n Beseerde dwerg-potvis (ook bekend as die spermwalvis) het by Surfers Corner in Muizenberg uitgespoel, het die NSRI gesê.
'n Man, wat onlangs sy verhouding met sy meisie beëindig het, het hom tot die kuberruim gewend in 'n desperate poging om sy hond terug te kry.
'n Heldhaftige Zimbabwiese man is dood toe hy sy vriend uit die kake van 'n krokodil in noordwestelike Zimbabwe wou red.
'n Skotse vrou het 'n noue ontkoming gehad toe sy by die Kagga Kamma-wildreservaat deur 'n jagluiperd aangeval is.
Nederlandse amptenare sal dodelike gas gebruik om die stygende gansbevolking by Amsterdam se Schiphol-lughawe onder beheer te bring.
’n Erdvarkie wat sedert Januarie deur twee veeartse in Pretoria grootgemaak is, is nou in 'n private wildreservaat in die Kalahari hervestig.
’n Plaaswerker van Bloemfontein is dood toe hy deur twee leeus op ’n plaas in die Glen-omgewing aangeval en verskeur is.
’n Rinkhals, pofadder of kobra op jou voorstoep is nie meer buitengewoon nie – selfs al bly jy in Johannesburg, Kaapstad of Bloemfontein.
'n Stapper het beskryf hoe hy deur 'n bergleeu aangeval is terwyl hy gestap het en later deur 'n beer gered is.
’n Baie klein hondjie sit binne-in ’n koffiebeker en probeer vergeefs ontsnap deur haar pootjies teen die gladde oppervlak te krap.
Planne word beraam om meer studente toelating tot die fakulteit veeartsenykunde van die UP te gee om meer veeartse op te lei.
’n Gorilla van meer as 180 kg het uit sy hok in die Buffalo-dieretuin in die Amerikaanse deelstaat New York ontsnap.
Honde-eienaars in San Diego, Kalifornië, kan sedert verlede maand hul televisies op DOGTV los wanneer Wagter alleen moet tuis bly.
’n Babakonyn sonder ore wat ’n opkomende ster tussen Duitsland se dierebekendes was, se 15 minute in die kollig het tot ’n onverwagse einde gekom.
Seeskilpaaie en bedreigde doegongs word moontlik in Australië afgemaai vir onwettige vleishandel. Dié bewerings word ondersoek.
‘n Dieretuin in Japan het gehoop ritmiese slae op tradisionele tromme sal entoesiasme onder alligators uitlok om te paar.
Die situasie in die volstruisbedryf was laas in 1914, toe die veremark inmekaargestort het, so erg, sê Kallie Oosthuizen van die SAVBK.
Eer Die potplant-uil van Roodepoort waaroor ’n koffietafelboek al geskryf is, kry nou ’n ereplek onder die wêreld se uile.
‘n Sjef in Hanoi is op heterdaad betrap nadat hy ‘n bedreigde luiperd-kat verdrink het sodat hy dit in ‘n restaurant kan bedien.
‘n Skema waarin lewende hase met brood as kos in informele nedersettings verkoop sou word, sal deur die NDBV ondersoek word.
Is die spreekwoordelike son besig om te sak vir Suid-Afrika se roofvoëls, en spesifiek vir breëkoparende? Dít is opnuut op die tafel geplaas.
‘n Luiperd het ‘n 14-jarige meisie in die weste van Nepal weggesleep en verskeur – die vyfde dodelike aanval deur dieselfde dier.
Is jy ’n aanhanger van die ronde, deursigtige visbak met ’n klein goudvissie daarin? Dit mag dalk binnekort taboe wees.
Die Rottweiler wat ‘n tweejarige meisie verlede maand op ‘n strand in Clifton gebyt het, is uitgesit, het die Cape Argus berig.
‘n Veertienjarige Jack Russell het ‘n pofadder doodgemaak terwyl die slang aan ‘n vrou se toon gehang het, het die slagoffer gesê.
Thaise regeringsagentskappe en omgewingsbeskermers het ‘n ooreenkoms bereik met die doel om konflik tussen mense en olifante te verminder.
Meer as 50 dooie pelsrobbe het op ‘n strand in die suide van Australië uitgespoel in omstandighede wat nog nie verduidelik kon word nie.
Die regering in Uganda het besluit om sy nasionale parke te omhein in ‘n poging om verdere konflik tussen mense en wilde diere te voorkom.
Matilda, ’n horingsman-adder, is so pas ontdek, maar sy en haar soort word reeds as kritiek bedreig bestempel.
‘n Tier wat deel was van ‘n rondreisende sirkus in Rusland het ‘n driejarige seun ernstig beseer toe hy hom in sy kloue gegryp het.
Paramedici het probeer om ‘n kalfie se lewe te red wat deur ‘n minibustaxi getref is, maar die dier is dood nadat dit na 'n veearts geneem is.
’n Lewenslustige 2-jarige boerboel se laaste staptog het tragies geëindig toe hy aan hitte-uitputting dood is.
Cheetah, die sjimpansee wat in die vroeë 1930’s in die Tarzan-flieks gespeel het, is in die rype ouderdom van 80 dood.
Die gewilde hengel-strand by Blombos, tussen Stilbaai en Witsand in die Suid-Kaap, was besaai met nagenoeg 2 000 dooie visse wat uitgespoel het.
Roccy, die blinde weesrenoster wat diep in die land se hart ingekruip het, sal eersdaags dalk weer kan sien.
Die wêreld se oudste hond het op die ouderdom van 26 jaar en nege maande in Japan gesterf nadat hy asemhalingsprobleme ontwikkel het.
'n Australiese toeris is op Borneo-eiland dood nadat 'n dwergolifant op haar afgestorm en haar deurboor het.
Die reuse-pandas Tian Tian en Yang Guang, wat in Skotland aangekom het, is die eerste pandas wat in 17 jaar in Brittanje gaan woon.
’n Kaapse luiperdwyfie en haar tweede werpsel welpies is in die gebergtes naby die Wemmershoekdam met ’n sensorkamera gekiek.
Ape in Sentraal-Thailand is bederf met ‘n fees van vrugte en groente in ‘n jaarlikse tradisie wat daarop gemik is om toeriste te lok.
’n Man is deur ’n olifant op ’n private wildsplaas in die ooste van Botswana aangeval minute nadat sy vrou foto’s van die dier geneem het.
Namibiërs is ongelukkig oor die jag van ’n tamaai jagluiperd, volgens die Internasionale Safariklub die grootste wat nog ooit gejag is.
Televisie-roem wink vir ’n egpaar nadat hul verstommende beeldmateriaal van die redding van ’n olifantkalfie die internet aan’t gons het.
Die Diamantstad staan gevaar om een van sy grootste natuurlike bates, die kleinfaminke in Kamfersdam, weens swak watergehalte te verloor.
Die buitengewone spesie wat met slymerige tentakels en al op Kaapse strande uitgespoel het, is uitgeken as ‘n skaars soort eendmossel.
Twee mans is in die Morokweng-nedersetting in die Noordwes in hegtenis geneem nadat leeuwelpies, leeuvelle en beendere in hul besit gevind is.
‘n Bejaarde man van Vishoek is aangekla van onwettig jag omdat hy ‘n bobbejaan geskiet het wat hom en sy vrou na bewering aangeval het.
Die die uitgeteerde basterbrakkie Warrior, wat lewend in Khayelitsha begrawe is, leer nou weer loop – met die hulp van akupunktuur.
’n Nuwe laboratorium gaan help dat volstruisboere in die Klein-Karoo baie vinniger die resultate van toetse vir die H5N2-virus bekom.
Liz, 'n 25-jarige krokodil van die Congo Wildlife Ranch in Oudtshoorn, is in ‘n stabiele toestand nadat sy ‘n blikkie ingesluk het.