Die All Black-senter, Sonny Bill Williams, is die tweede sportman wat onder diewe deurgeloop het nadat Cameron van der Burgh ook vroeër besteel is.
Die Oos-Kaapse polisie het 'n diefstal-sindikaat vasgetrek wat maande lank inwoners van Mthatha geterroriseer het.
Drie mans is in hegtenis geneem nadat hulle metaal uit ‘n myn in Welkom gesteel het, het die polisie in die Vrystaat gesê.
Drie Vrystaatse mans is in hegtenis geneem nadat hulle by ‘n onderneming op Petrus Steyn ingebreek en vleis en alkohol gesteel het.
Uit ‘n kantoor van 35 advokate is twee advokate, wat aan die Inge Lotz-saak werk, se skootrekenaars die afgelope naweek gesteel.
Meer as 100 mense is oor die Paasnaweek in Oos-Londen in hegtenis geneem in verband met verskeie misdade, insluitende moord.
‘n Vermeende rower sal in die Humansdorp-landdroshof verskyn nadat hy in ‘n bus probeer vlug het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Drie mans is by ‘n huis in hegtenis geneem nadat hulle met polisie-uniforms en talle ongelisensieerde vuurwapens betrap is.
Vyf mans van Soweto is in hegtenis geneem nadat hulle 'n gesin in Roodepoort beroof het, het die Gautengse polisie gesê.
Die Universiteit van Kaapstad (UK) het gesê meer as R70 000 is gesteel tydens ‘n rooftog op sy hoofkampus, het Eyewitness News berig.
Staatsamptenare het in net een finansiële jaar meer as R300 miljoen se openbare fondse in hulle eie sakke gesteek.
Die Vrystaatse polisie het vier mense in hegtenis geneem nadat hulle in die gesteelde motor van ‘n moordslagoffer rondgery het.
‘n Bejaarde vrou is in die vroeë oggendure in haar huis in Port Elizabeth verkrag en beroof, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Vyf werkers op die O.R. Tambo-lughawe is geskors weens diefstal uit bagasie, het die lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) gesê.
‘n Groep van vyf mans het kontant, selfone en drank uit ‘n drankwinkel in Pellsrus, Jeffreysbaai, gesteel, het die polisie gesê.
Twee mans is dood en twee is kritiek beseer nadat hulle deur gemeenskapslede in Diepsloot, noord van Johannesburg, aangeval is.
Twee OTM-masjiene is in Goodwood in Kaapstad opgeblaas, maar dit was nog onduidelik of enige geld gesteel is, het die polisie gesê.
Twee anonieme motordiewe van Soweto het met 'n koerant gepraat en die geheime van dié diefstalbedryf ontbloot.
Die polisie in Switserland sê diewe het weggekom met 'n kluis van 100 kilogram wat hulle by 'n hostel in 'n ski-oord gesteel het.
Twee rowers het R900 000 kontant by die Tshwane-universiteit van Tegnologie (TUT) gesteel, het ‘n koerant berig.
Die verhoor van ‘n kerk se boekhouer wat daarvan beskuldig word dat sy meer as R2 miljoen gesteel het, is in die George-streekhof uitgestel.
Rowers het R8 000 by ‘n bejaarde man by die Lenasia Mall in Gauteng gesteel nadat die diewe hom in ‘n lokval gelei het.
Die Poskantoor het nuusberigte oor die diefstal van nagenoeg R42 miljoen uit sy Posbank-afdeling veroordeel.
'n Bekende sjef wat op die televisiereeks Ready Steady Cook verskyn het, is gevang waar hy kaas en wyn by ‘n Tesco-supermark gesteel het.
Gordon April, burgemeester van Oudtshoorn, sal eersdaags vir ‘n tweede keer in die dorp se landdroshof verskyn, het die Valke gesê.
‘n Man is in hegtenis geneem vir die besit van voertuie wat vermoedelik gesteel is in Kameeldrift-Wes, het die polisie in Gauteng gesê.
Twee tieners wat skuldig bevind is aan moord en roof is 18 jaar en 25 jaar tronkstraf opgelê in Plettenbergbaai se streekshof.
Ses krematorium-werkers in Suid-Korea is in hegtenis geneem nadat hulle lyke se goue tande gesteel en verkoop het, het die polisie gesê.
Twee Premier Liga-sokkerspelers is in hul huis in Sandton in hegtenis geneem op aanklagte van aanranding.
Een man is doodgeskiet en ‘n ander een is beseer terwyl die twee glo ‘n motor in Rockville, Soweto, gesteel het.
'n Man wat in een dag 'n huis beroof, 'n man doodgesteek en 'n vrou verkrag het, is 'n week vantevore op parool vrygelaat.
Weke nadat ’n vrou se BlackBerry gesteel is, het sy agtergekom haar foon word steeds gebruik, hoewel dit geblokkeer is.
‘n Veiligheidswag van ‘n supermark in Ventersburg het na bewering R11 000 se kontant gesteel om vir hom ‘n motor te koop.
‘n Man is dood nadat hy probeer het om iemand in die Ilitha informele nedersetting naby King William’s Town te beroof.
‘n Polisiebeampte is ‘n boete van R10 000 opgelê in die spesiale hof vir kommersiële misdade nadat hy ‘n dronkbestuurder besteel het.
Onverskrokke rowers, gewapen met AK47-aanvalsgewere, het helder oordag by ’n besige betaalpunt met ’n groot bedrag geld weggekom.
Drie onbekende aanvallers het ‘n bruidegom aangerand en sy bruid ontvoer in die ooste van Libanon, het ‘n polisieverslag gesê.
‘n Spaanse dief het ‘n peperduur diamant wat hy by ‘n Britse toeris gesteel het, ingesluk toe die polisie hom vasgetrek het.
Ses mense is vir diefstal in hegtenis geneem in die Madelakufa-nedersetting in Tembisa, het die Ekurhuleni-metropolisie gesê.
‘n Taiwannese man, wat vir ‘n begrafnisonderneming werk, is in hegtenis geneem nadat hy 35 geraamtes opgegrawe en gesteel het.
Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle in Mthatha in besit van dwelms gevind is, het polisie in die Oos-Kaap gesê.
Arrogante diewe wat wapen- en geldkluise uit huise steel, het inwoners van Bloemfontein se noordelike voorstede op hol.
‘n Inbreker is in hegtenis geneem ná hy 'n peuselhappie geniet en aan die slaap geraak het in die huis wat hy besig was om te besteel.
Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) meen bagasiediefstal op die OR Tambo-lughawe het in die laaste paar jaar afgeneem.
Die polisie is op die spoor van twee mense wat daarvan verdink word dat hulle ‘n Rembrandt-tekening uit ‘n hotel in Kalifornië gesteel het.
Gerugte dat renosterhorings kanker kan genees is dalk verantwoordelik vir die toenemende diefstal van dié horings uit museums in Europa.
Die ontslape Amy Winehouse se huis is deur inbrekers geteiken en van haar liedjies wat nog nie vrygestel is nie, is gesteel.
‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy glo by ‘n vrou se huis in Mofolo, Soweto, ingebreek en haar verkrag het, het polisie gesê.
‘n Man is deur ‘n groep inwoners in Mthatha doodgeslaan ná hulle hom daarvan beskuldig het dat hy ‘n skaap gesteel het.
‘n Peruaanse vrou is in hegtenis geneem nadat waardevolle items van gaste by Emperors Palace naby Kemptonpark gesteel is.
Die Suid-Afrikaanse swemmer Cameron van der Burgh was die slagoffer van misdaad nadat diewe sy hele huis leeggedra het.
Waardevolle erfenisstukke uit die 18de en 19de eeu is tydens 'n inbraak by die herehuis by Groot Constantia gesteel, berig die Cape Times.
Twee mense is vandeesweek in hegtenis geneem vir moord en roof in Esikawini, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.
Drie mense is in Theunissen, 60 km suid van Welkom, in hegtenis geneem vir die besit van gesteelde plasmatelevisies en 'n skootrekenaar.
Drie skootrekenaars is uit Patrick Craven, woordvoerder van die vakverbond Congress of the SA Trade Unions (Cosatu), se huis gesteel.
Drie mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo 'n vermeende dief, wat duisende rande se drank gesteel het, doodgeslaan het.
Nadat hulle ‘n maand lank geswoeg het om 'n tonnel van een kilometer lank te grawe, is vier “diewe” op die laaste minuut vasgetrek.
‘n Man is in hegtenis geneem toe hy probeer het om ‘n werkgeleentheid te kry by die eienaars van ‘n huis wat hy vroeër beroof het.
Die polisie in Duitsland het ‘n Britse man in hegtenis geneem nadat hy glo gehelp het om renosterhorings uit ‘n museum te steel.
Sowat 30 huisbrake en 11 voorvalle van diefstal is in die eerste twee maande van die jaar op die vakansiedorp Paternoster aangemeld.
'n Skootrekenaar wat verlede jaar van Nasa gesteel is, het beheerkodes vir die Internasionale Ruimtestasie bevat.
Morné Steyn se pa, Johan Steyn, is kort voordat sy seun vir die Bulls op die rugbyveld uitgedraf het, in hegtenis geneem.
‘n Bende van vier het ‘n “ongelooflik gewaagde” diefstal van renosterhorings ter waarde van €50 000 (R510 757) uitgevoer.
Diewe het by 'n Griekse museum by die geboorteplek van die Olimpiese Spele ingebreek en 60 tot 70 artefakte van onskatbare waarde gesteel.
‘n Groep mans het twee kitsbanke in Goodwood opgeblaas en met ‘n onbekende bedrag geld gevlug, het die polisie gesê.
'n Koerantverkoper is in Johannesburg in die voet geskiet toe 'n metropolisiebeampte op 'n man wat 'n motor gesteel het losgebrand het.
Inbrekers het vier keer by die Kaapstadse kantoor van die dierereddingsentrum ingebreek en selfs die veiligheidskamera gesteel.
Die polisie in Kalifornië het twee mans in hegtenis geneem wat daarvan verdink word dat hulle John Travolta se Mercedes gesteel het.
Drie Mosambiekse mans is in hegtenis geneem vir die besit van polisie-gereedskap en ander gesteelde goedere naby Phokeng.
Twee mans is gestenig nadat hulle twee meisies glo van hul selfone in die informele nedersetting Minitown naby Georgedale beroof het.
Twee mans wat daarvan aangekla word dat hulle die eienaar van ‘n winkel beroof en vermoor het, is by hul huise in hegtenis geneem.
‘n Man wat daarvan aangekla is dat hy beeste gesteel het, se lyk is met koeëlwonde in die kop in Giyani, Limpopo, gevind.
Sewe polisiebeamptes en vier burgerlikes is in hegtenis geneem vir die diefstal van 20 plasma-televisiestelle by ‘n ongelukstoneel.
‘n Skildery deur die surrealistiese kunstenaar Rene Magritte wat twee jaar gelede gesteel is, is terug besorg deur die diewe.
'n Kanoryer van Kaapstad wat geld ingesamel het vir operasies vir kinders met gesplete verhemeltes is in KwaZulu Natal beroof.
Drie veiligheidswagte is in Selby, Johannesburg in hegtenis geneem ná hulle R1 miljoen by hulle werkgewer gesteel het.
‘n Bejaarde man sê gewapende rowers het hom vroegoggend buite ‘n bank oorval, ontvoer en in ‘n veld buite ‘n dorp gelos.
Sewe voormalige werknemers van British Amercian Tobacco wat in die hof is vir diefstal kan dalk ook vir rampokkery aangekla word.
Amptenare in Pakistan het twee mans in hegtenis geneem nadat hulle grafte oopgegrawe het om bene te steel wat verkoop word vir towerkuns.
‘n Chinese man wat met gesteelde Transnet-items ter waarde van R300 000 gevang is, is beveel om ‘n uitbetaling aan die regering te maak.
‘n Man wat daarvan beskuldig word dat hy gesteel het terwyl hy as lyfwag gewerk het vir die minister van polisie het in die hof verskyn.
Die Bloemfonteinse polisie ondersoek ’n voorval waarin ’n sensusbeampte na bewering ’n blinde Kovsiestudent in sy huis beroof het.
Twee netjies geklede vroue en ’n man het Pyramid-juweliers in 'n winkelsentrum van ongeveer R70 000 se juweliersware besteel.
Veertien tasse word elke dag by die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg gesteel, maar die syfer is glo beter as drie jaar gelede.
‘n Vyftienjarige seun is in Jemen dood nadat militante van Al-Kaïda sy regterhand afgekap het as straf vir diefstal van elektriese kabels.
Ryk Neethling se swemakademie in Garsfontein, Pretoria, is deur inbrekers gestroop en al die toerusting vir sy gemeenskapsprojek is gesteel.
’n Boekhouer van Kestell wat meer as ’n miljoen rand van haar werkgewers gesteel het, is ses jaar tronkstraf opgelê.
’n Man wat in die hof moes verskyn, is in nog groter moeilikheid nadat hy glo met ’n duur, gesteelde fiets by die hof aangery gekom het.
‘n Vermeende inbreker is by die sangeres Celine Dion se herehuis in Kanada in hegtenis geneem, wat glo op die drumpel was om te bad.
Die diefstal van kunswerke in SA ontaard in ’n winsgewende bedryf – soos 'n Gregoire Boonzaier ter waarde van R85 000 wat onlangs verdwyn het.
Bedrieërs teiken Suid-Afrika se grootste transaksie-webwerf EasyPay om geld uit niksvermoedende kliënte se bankrekenings te steel.
‘n Dief het ‘n vierjarige meisie se gehoortoestel gesteel terwyl sy saam met haar maats buite haar ouers se huis in Kaapstad gespeel het.
‘n Paartjie wat duisende kunswerke by 'n vriend gesteel het, het die polisie gehelp om dié werke deur Europese meesters weer terug te kry.
Diefstal van bagasie by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg is “buite beheer” en SAA ly groot skade.
'n Bloemfonteinse rekenmeester en sakeman is in die hof aan diefstal van R950 000 van ’n weduwee van Dealesville skuldig bevind.
‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy en agt ander mans na bewering goedere ter waarde van R200 000 uit ‘n trein gesteel het.
Vyf Pakistanse mans is in die Pietermaritzburg-streekhof gestraf vir hulle betrokkenheid by 'n stroopwerf.
‘n Sewe-en-veertig-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo byna 100 winkeltrollies en ‘n koperkabel in Welkom gesteel het.
Vier mans is in hegtenis geneem ná 'n gesteelde motor en dwelms in Midrand, Gauteng in hulle besit gevind is, het die polisie gesê.
Vier leerlinge is in Dennilton in hegtenis geneem nadat hulle glo rekenaars en kruideniersware by hul skool gesteel het.