Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het die Oos-Kaap se departement van gesondheid sewe dae kans gegee om sy dokters te betaal.
‘n Voorlopige verslag oor ‘n ondersoek in die Oos-Kaap se gesondheidsdepartement het korrupsie van R200 miljoen oopgevlek.
Babas is per ongeluk by die die Katleho-hospitaal op Virginia in die Vrystaat omgeruil, het die departement van gesondheid bevestig.
Die Gautengse departement van gesondheid sal R1,5 miljard oor die volgende week aan diensverskaffers betaal om sy skuld te vereffen.
’n Ouerpaar is besig om ’n eis van sowat R15 miljoen voor te berei nadat hul eersteling homself tydens sy geboorte bewusteloos gewurg het.
Sommige staatshospitale en klinieke sit met ’n tekort aan ARM’s en insulien omdat medisynerekeninge nie betaal word nie.
Suid-Afrika het ’n ernstige tekort aan ginekoloë, het dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, in die parlement gesê.
Die departement van gesondheid sê daar is massiewe probleme by die Chris Hani Baragwanath- akademiese hospitaal in Soweto.
Die getal verpleegsters in Suid-Afrika het die afgelope nege jaar met meer as 37% gegroei, heelwat vinniger as die land se bevolking.
’n Maatskappy wat mediese toerusting aan staatsinstellings verskaf, sal personeellede moet afdank tensy die staat sy skuld betaal.
Kinders by ‘n skool in Mpumalanga is gevind waar hulle met mediese spuitnaalde van die provinsiale gesondheidsdepartement gespeel het.
Mediese verskaffers het gedreig dat hulle nie meer voorrade aan staatshospitale gaan stuur nie, het ‘n koerant berig.
'n Ondersoek is van stapel gestuur nadat 'n vrou se lyk in die kelderverdieping van die Addington-hospitaal in Durban gevind is.
Die aantal Suid-Afrikaanse kinders wat elke jaar weens voorkombare siektes sterf, is steeds besig om toe te neem.
'n Verpleegster wat voorbehoedmiddels aan laerskoolmeisies in Port Elizabeth toegedien het, sal dissiplinêr verhoor word.
Duisende van die land se ambulansdienswerkers is nie gekwalifiseerd om hul werk te doen nie omdat hulle onvoldoende opleiding het.
Dokters in die Oos-Kaap is beveel om nie by hul privaatpraktyk te wees wanneer hulle in diens van die staat is nie.
’n Veroordeelde rower wat op parool uit en in huisarres is, deel nou in die provinsiale hospitaal in Polokwane kos aan pasiënte uit.
Die departement van gesondheid het gesê die lykhuis by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal is 80% vol en dat die situasie beheerbaar is.
Die olie- en vetinhoud – veral van slegte transvette – van kosprodukte gaan van Augustus af in Suid-Afrika gereguleer word.
Vyf babas wat vroeg gebore is, het vandeesweek hy die Jubilee-hospitaal in Hammanskraal in die noorde van Pretoria gesterf.
’n Skoolhoof het sy skool vir ’n week vir die junior klasse gesluit nadat pampoentjies en varkgriep gelyktydig by die skool uitgebreek het.
Vier beamptes van die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement het in die hof verskyn nadat hulle glo van die staat se medisyne verkoop het.
Die minister van gesondheid het aan lede van die portefeuljekomitee gesê dit deug nie om soos vetkoeke uit die voorste banke te rys nie.
Die meeste leerders wat hospitale toe gejaag moes word met voedselvergiftiging ná hulle ou kougom geëet het, is ontslaan.
Die pa van 'n baba wat glo breinskade opgedoen het weens 'n staathospitaal se nalatigheid, eis meer as R15 miljoen van die provinsiale minister.
Die polisie en die nasionale departement van gesondheid het in Port Elizabeth beslag gelê op medisyne ter waarde van meer as R50 000.
Lewensbelangrike toerusting en beddens vir die sukkelende Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein kan moontlik in 'n begrotingsrede vervat word.
'n Man se bene is geamputeer omdat hy glo vir twee jaar nie genoegsame hulp by 'n staatshospitaal gekry het nie.
Solidariteit eis dat dienslewering verbeter nadat dit aan die lig gekom het dat 'n kankerpasiënt behandeling by 'n staatshospitaal weier.
Vyftien pasgebore babas moes ’n paar dae lank agt beddens in die waakeenheid van die Dr. George Mukhari-hospitaal in Ga-Rankuwa deel.
Daar is geen meningitis-uitbraak in Gauteng nie, het die gesondheidsdepartement gesê na aanleiding van berigte in The New Age.
Agt verpleegsters van 'n Oos-Kaapse hospitaal is in hegtenis geneem nadat hulle glo medisyne ter waarde van sowat R200 000 gesteel het.
Ingrypende stappe sal geneem word om die veiligheid by die Pelonomi-hospitaal te verbeter ná die verkragting van ’n vroulike dokter.
’n Krisis dreig nadat dokters van die Pelonomi-hospitaal nou weier om ná die verkragting van ’n kollega snags in dié hospitaal te werk.
Sowat 16 kinders is na die Butterworth-hospitaal gehaas nadat hul glo vrot beesvleis geëet het, het die departement van gesondheid gesê.
Die regering het onlangs aangekondig hy beplan om Suid-Afrika se NGV in 2012 oor ’n tydperk van sowat 14 jaar te implementeer.
Sowat 150 gesondheidsamptenare in die Oos-Kaap het hul werke verlaat ná wydverspreide ondersoeke na korrupsie, is berig.
Die besnydenis-dodetal in die Oos-Kaap as gevolg van tradisionele besnydenis-seremonies het drasties tot 39 gestyg.
Die Noordwes-provinsie sal sowat 70 nuwe ambulanse ontvang voor die begin van die Fifa Wêreldbeker-sokkertoernooi.
Onsekerheid heers oor hoeveel gevalle van MIV-positiewe mense wie se CD4-telling getoets word opgevolg word met vigsbehandeling nie.
'n Boer is dood en sewe gevalle van die gevreesde slenkdalkoors is in die Vrystaat en die Noord-Kaap aangemeld.
Vier Somaliërs wat verlede week in isolasie-eenhede in hospitale in Transkei geplaas is, is met malaria gediagnoseer.
Die nasionale departement van gesondheid het entstof uit die buiteland bestel sodat hy met ’n masel-immuniseringsveldtog kan begin.
Meer as 80 mense in Limpopo is sedert verlede week in verskeie klinieke en hospitale in dié provinsie vir malaria behandel.
Die Gautengse departement van gesondheid het 'n komitee aangestel om vas te stel hoekom 'n kleuter se bene geamputeer is.
‘n Twee-jarige meisie wat hospitaal toe is vir brandwonde aan haar hande, se bene is per ongeluk geamputeer.
'n Staatshospitaal het een persoon dood en 'n ander potblou gelaat nadat pasiënte onder swak behandeling deurgeloop het.
Limpopo se departement van gesondheid sê hy weet waar al sy ambulanse is, en het gerugte van vermiste voertuie as onsin afgemaak.
22 pasiënte en twee werknemers van 'n hospitaal is beseer toe die bussie waarin hulle gereis het, glo 'n koei getref het.
Norman Mabasa, LUR vir gesondheid in Limpopo, het bevestig dat pasiënte se operasies in hospitale in die provinsie opgeskort is.
Die Gautengse departement van gesondheid het al sy skuld by mediese verskaffers tot en met die einde van Maart ten volle betaal.
Die Gautengse departement van gesondheid sê hy verwag om al sy skuld aan diensverskaffers teen die einde van Junie te vereffen.
Die departement van gesondheid in die Oos-Kaap kort ‘n ekstra R9 miljard om vakante poste te vul, met meeste poste wat vir verpleërs is.
Die departement van gesondheid oorweeg om die weermag te nader om uit te help by die Nelson Mandela- akademiese hospitaal in Mthatha.
‘n Vrou wat haar as 'n leerlingverpleegster voorgedoen het, het ‘n pasgebore baba uit die Dora Nzinga-hospitaal in die Oos-Kaap gesteel.
Staatshospitale in Gauteng kan ’n melkkrisis ervaar nadat die verskaffer van melk aan 38 hospitale sy aflewerings gestaak het.
Die gesondheidsdepartement in KwaZulu-Natal werk hard om te voorkom dat laboratoriums gesluit word, het die departement gesê.
Die Oos-Kaapse departement van gesondheid word beveel om sy begroting met R205 miljoen te sny, lui mediaberigte.
’n Pasiënt wie se lêer na bewering drie keer verlore geraak het, het 17 uur op die vloer van 'n hospitaal gelê sonder om gehelp te word.
Pasiënte by 'n psigiatriese hospitaal in Fort Beaufort in die Oos-Kaap beweer hulle is deur personeel aangerand en verkrag.
Die gesondheid van duisende pasiënte wat in die Chris Hani-distrikmunisipaliteit woon, is in gedrang weens 'n erge tekort aan medikasie.
Die departement van gesondheid het die verspreiding van 'n sogenaamde "superkiem" as 'n saak van nasionale kommer bestempel.
Die Pretoriase hooggeregshof het 'n besluit van die regering tersyde gestel ná die toekenning vir 'n tender vir Chinees-vervaardigde kondome.
Verskeie beamptes van die Oos Kaap se departement van gesondheid is van verskeie oortredings skuldig bevind en die trekpas gegee.
Mobiele gesondheidsklinieke wat basiese dienste verskaf in KwaZulu-Natal word erg geraak deur die munisipale staking.
Kenners het gewaarsku die regering se voorgenome nasionale gesondheidsversekering (NGV) kan die minister van gesondheid se magte uitbrei.
Tot R1,5 miljard word deur mediese fondse en ander befondsers aan hospitale in Gauteng geskuld, het die departement van gesondheid gesê.
Ondanks die staking deur farmaseutiese- en vervoerwerkers is daar nog geen tekort aan medisyne nie, het die gesondheidsdepartement gesê.
’n Beleidsdokument oor die NGV is die laaste paar maande vertraag sodat die departement van gesondheid beter vir dié stelsel kan voorberei.
Die LUR vir gesondheid in die Oos-Kaap, Sicelo Gqobana, het gesê daar word onverpoosd gewerk om die tekort aan ambulanse in die provinsie uit te wis.
'n Ma wat beweer haar seuntjie het breinskade in die hospitaal opgedoen weens nalatige verpleegsters dagvaar die gesondheidsdepartement vir R7 miljoen.
Die Gautengse departement van gesondheid sal R6,7 miljoen uitbetaal aan ‘n seun wat breinskade opgedoen het tydens sy geboorte.
'n Vrou dagvaar die staat vir R2,5 miljoen nadat 'n stuk gaas, wat tydens 'n operasie gebruik is, in haar buik gelaat is om te vrot.
Tygerberg-hospitaal in Kaapstad sal die openbare sektor se eerste wees om elektroniese plakkers op babas te plak om te keer dat hulle gesteel word.
’n Jaar nadat ses babas weens swak higiëne in die Charlotte Maxeke- Akademiese Hospitaal gesterf het, is dié hospitaal steeds vuil.
Die LUR vir gesondheid in Limpopo moet sowat R2,2 miljoen betaal aan ’n pa wie se dogtertjie ernstige breinskade opgedoen het.
Sowat 170 kinders het by 'n skool in die Oos-Kaap siek geword nadat hulle glo besmette hoender geëet het, het die departement van gesondheid gesê.
Terwyl die Noord-Kaap oor die oorsaak van die dood van twee doodgebore babas swyg, dring Cope en die DA aan op ’n dringende ondersoek.
Altesaam 21 dokters by die Chris Hani-hospitaal in Gauteng het hierdie maand nie hulle salarisse ontvang nie.
‘n Pasgebore baba wat as ‘n “wonderwerkbaba” beskou word is ongedeerd op Oujaarsaand deur lede van die publiek op ‘n sypaadjie gevind.
Die Wes-Kaapse minister van gesondheid wou geen kommentaar lewer oor die dood van ’n psigiatriese pasiënt in die Helderberg-hospitaal nie.
’n Bejaarde vrou het ure lank op ’n matras in ’n gang van 'n Bloemfonteinse hospitaal gelê omdat daar geen dokter was wat haar kon help nie.
Gesondheidspraktisyns het 'n beroep op Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, gedoen om veiligheid en sekuriteit by hospitale aan te spreek.
Agt beamptes van die Oos-Kaapse departement van gesondheid is geskors oor vervalste oortydbetalings van meer as R200 000.
Die land se nege provinsiale gesondheidsdepartemente het in die laaste boekjaar R11,6miljard se onreëlmatige uitgawes aangegaan.
Stakende gesondheidswerkers het die ingange van verskeie hospitale geblokkeer terwyl ‘n landswye staking sy tweede dag betree.
Die departement van gesondheid in Mpumalanga het ’n ondersoek gelas nadat ’n man se lyk op ’n sypaadjie in dié stad gevind is.
Meer as die helfte van die 1754 buitelandse dokters wat oor die afgelope ses jaar geregistreer het om in Suid-Afrika te werk is van Afrika-lande.
Dele van die Chris Hani Baragwanath hospitaal is sedert Maandag sonder elektrisiteit weens onbetaalde rekeninge.
Die presidensiële inbellyn, asook dié van die departement van gesondheid het 356 klagtes oor provinsiale hospitale ontvang.
'n Sewejarige seun lê op sy sterfbed omdat 'n hospitaal sowel as 'n kliniek hom glo nooit antiretrovirale behandeling gegee het nie.
Die Wes-Kaapse departement van gesondheid het amptelik die uitbreek van masels in dié provinsie verklaar.
Ken Boffard, ’n Suid-Afrikaanse professor is verkies tot die wêreld president van die Internasionale Vereniging van Chirurgie.
'n Dokter wat van professionele wangedrag beskuldig word, is met onmiddellike effek van die Suidrand-Hospitaal in Johannesburg ontslaan.
Die DA vra dat 'n onafhankike ondersoek gedoen word oor hoekom 'n kleuter se bene geamputeer is toe sy vir brandwonde behandel moes word.
'n Termiese masseerbed wat glo vigspasiënte ná 40 minute genees, word deur die ministerie van gesondheid ondersoek.
Lugbesoedeling kos die departement van gesondheid meer as R4 miljard, het die departement van omgewingsake gesê.
'n Finansiële verslag het geldverkwisting van miljoene rande by die Gautengse departement van gesondheid aan die lig gebring.
Die hoogste kwalifikasie wat die bestuurders van twee staatshospitale in Noordwes en die Oos-Kaap het, is standerd agt en matriek.